• No results found

HOOFSTUK 3: DIE INTERPRETATIEWE TAAK – INTERDISSIPLINÊRE

3.1.2 Doel

Met die bogenoemde parameters in gedagte, sal hierdie studie hoofsaaklik gedoen word uit teologiese literatuur, maar met raakvlakke by die hulpwetenskappe soos sosiologie en sielkunde om sodoende ’n beter begrip van die pastor se belewing en sy hantering van druk te verkry.

Materiaal sal versamel, geanaliseer en geïnterpreteer word met die doel om aan die hand van die normatiewe taak se resultate uiteindelike riglyne vir die formulering van ’n holistiese Skrifgefundeerde selfsorgpraktyk te ontwikkel wat in die pastorale praksis geïntegreer kan word (die pragmatiese taak).

Heelwat navorsing betreffende die uitwerking van druk op pastors is al gedoen. Wat die AGS- konteks egter betref mag daar, soos reeds in hoofstuk 1 vermeld is, ’n eie situasie wees wat uniek is tot die belewing van pastorale druk in die AGS. Oor hierdie moontlike eie situasie in die AGS-bediening en die uitwerking daarvan op die pastor as persoon, is nog geen studie gedoen nie.

’n Verskeidenheid van faktore dra by tot hierdie unieke situasie wat gevolglik as toenemend problematies deur AGS-pastore beleef word. In 1996 het die AGS-kerk se eenwording plaasgevind. Hierdie eenwording, tesame met die opkoms van kulturele veranderinge, naamlik postmodernisme en post-Christendom, het ’n beduidende invloed op pastore. Die eenwording het noodwendig beteken dat voorheen aparte eenhede met verskillende agtergronde, kulture, bestuurstyle en aanbiddingsvorme nou een geword het.

Hierdie eie situasie het egter ook ’n uitwerking op blanke pastors. In ’n internetartikel ondersoek Reyneke (2010: 3), wat self ’n AGS-pastor is, die toekoms van die Afrikaanssprekende AGS Kerk. Hy haal verskeie probleemareas aan wat op die blanke pastor inwerk, hoofsaaklik as gevolg van die opkoms van postmodernisme (Reyneke, 2010: 7).

Die probleme wat hy vermeld, sluit in afnames in kerkbywoning (Reyneke, 2010: 5), veral middestadgemeentes; die irrelevansie van die kerk vir jongmense (Reyneke, 2010: 8); die bestuurstyl in die kerk wat verander het (Reyneke, 2010: 10) soos, byvoorbeeld, dat leiers vir gemeentebeheerliggame nie meer soos voorheen twee- of driejaarliks deur die gemeente verkies word nie (die pastor wys self leiers aan en funksioneer ál meer as hoof- uitvoerende beampte [HUB] van ’n organisasie); die trots om verbonde aan ’n denominasie te wees, verloor sy greep (Reyneke, 2010: 11); liturgiese veranderinge (Reyneke, 2010: 11). Reyneke vermeld dat die afwesigheid van die jaarlikse Maranatha Park-konferensie ’n beduidende invloed op Afrikaanssprekende AGS-pastors het – dit het altyd bygedra tot ’n eenheidsgevoel wat vroeër sterk geheers het. Selfs preekstyle en preekbenaderings tot kerkloses het verander (Reyneke, 2010: 12,13) en verstedeliking en sekularisasie het ‘n probleem geword (Reyneke, 2010: 14). As ’n antwoord op die problematiek van die belewing van ’n gebrek aan eenheid, broederskap en samehorigheid, is groepe of netwerke gevorm (Reyneke, 2010: 16).

Die navorser kon ná vele pogings nie statistieke oor die grootte van die gemiddelde AGS- gemeente bekom nie. Die navorser het wel statistieke oor die gemiddelde bywoning van protestante en ander Christelike kerke in Amerika bekom deur die Hartford Institute for Religion

Research wat aandui dat die meerderheid (59%) kerke in ’n Amerikaanse konteks as kleiner

kerke klassifiseer met bywoningsyfers van slegs tussen 7 en 99 lede. Hierdie tendens mag dalk ook waar wees van die Christelike kerk in Suid-Afrika en meer spesifiek, die AGS. Alhoewel daar nie amptelike syfers beskikbaar is nie, is dit ’n onmiskenbare feit dat die meeste AGS-

gemeentes klein gemeentes is. By streekvergaderings en nasionale konferensies word hierdie pastore egter blootgestel aan die lering en bestuursmodelle van makrogemeente-pastors.

In menige gevalle word ’n makropersepsie daargestel as standaard en ideaal vir die bediening. Die leierskapmodelle word voorgehou vanuit ’n makroverwysingsraamwerk wat menigmaal afkomstig is uit oorsese kulture en nie altyd deur goeie teologie gerugsteun word nie. Agter hierdie modelle skuil daar egter ’n tipe van ghoeroe-mentaliteit wat prestasiedruk op die pastor plaas om met indrukwekkende planne, visies en strategieë vorendag te kom wat gemeentegroei en daarom ook pastorale sukses, sal verseker. Dis ’n mentaliteit wat hom besighou met syfers en ’n tipe gedrewenheid wat min ruimte laat vir die leiding, bemagtiging en werksaamheid van die Heilige Gees, soos gevind in die Bybel.

Dit laat menige pastor gefrustreerd en met ’n gevoel dat hy nie aan daardie standaard en persepsie van bedieningsukses (wat herhaaldelik op streeks- en nasionale leiersforumvlak aan hom voorgehou word) kan voldoen nie. Hy ervaar druk om modelle te implementeer, nie omdat hy oortuig is van die effektiwiteit daarvan nie, maar omdat dit van hom verwag word terwyl sy groter behoefte aan broederskap, ondersteuning en ’n gevoel van samehorigheid in ’n mindere mate ontmoet word. Die situasie vereis dat daar weer opnuut gekyk moet word na die manier wat die Bybel geïnterpreteer word (in hoofstuk 2 word kortliks daarna verwys), die beskouing van die rol en funksie van die Heilige Gees (daar word ook kortliks in hoofstuk 2 hieraan aandag gegee ) terwyl die fokus van hierdie studie hoofsaaklik te doen het met die beskouing van die bediening en wat sukses in die bediening (en kerk) behels.

Die stand van huidige navorsing wat die AGS-konteks betref, is daar reeds navorsing gedoen aangaande pastors op die platteland terwyl ’n ander studie fokus op uitbranding. Oor die uitwerking van pastorale druk op die persoon van die AGS-pastor en die kwessie betreffende doelbewuste riglyne vir moontlike Skrifgefundeerde holistiese selfsorgpraktyke, is daar betreklik min studie gedoen.

In Putter (2010: 106) se navorsing maak hy melding van die verskillende rolverwagtinge, rolle en verwagte vaardighede van ’n AGS-pastor in sy studie wat hoofsaaklik ten doel het om die voortgesette akademiese ontwikkeling van die AGS-pastor te ondersoek. Skematies lyk sy bevindinge soos volg:

Tabel 3.1 Putter (2010:106) se bevinding van die verskillende rolverwagtinge, rolle en verwagte vaardighede van ’n AGS-pastor

HOOFKATEGORIE SUBKATEGORIEE

Holistiese persoonlike karaktereienskappe wat van ’n  ’n Toegewyde verhouding met Jesus Christus

pastor verwag word: handhaaf;

 deurlopend vas en volgens God se volmaakte wil leef;

 gedurig deur die Heilige Gees gelei en gevul word;  groot ywer vir die missionêre opdrag van die Bybel

toon (Matt. 28:19);

 ’n deurlopende en volkome vertroue in God;  aanpasbaar en bereidwillig wees om sy/haar

swakhede te erken;

 gedissiplineerd, openhartig, geduldig en wetsgehoorsaam wees;

 selfkennis demonstreer;

 deurlopende vertroubaarheid, integriteit, eerlikheid en opregtheid demonstreer;

 meegevoel, nederigheid, beskeidenheid en gasvryheid bewys;

 onselfsugtig teenoor ander optree;  vergewensgesindheid moduleer;

 deurlopend gebalanseerd en standvastig optree; en

 emosioneel stabiel wees en aan niks verslaaf.

Vaardighede wat van die pastor verwag word om  Oor effektiewe menslike verhoudings beskik;

effektief te funksioneer:  luistervaardighede deurlopend ontwikkel;  bestuursvaardighede aanleer;

 oor effektiewe pastorale vaardighede beskik;  tegnologiese vaardighede aanleer;

 van terapeutiese vaardighede bewus word en dit gebruik;

 effektiewe kommunikasievaardighede; konflikhantering en mediasievaardighede demonstreer;

 ander kan motiveer en effektief organiseer; en  tegniese vaardighede ontwikkel.

Die rolle wat die pastor vervul:  Hy moet as ’n apostel, profeet, evangelis, herder en leraar funksioneer;

 ’n goeie huishoof wees;

 spirituele/geestelike leier/prediker;  leier en bestuurder;  opvoeder en opleier/bemagtiger;  berader, adviseur;  maatskaplike werker/fasiliteerder; en  motiveerder.

Die pastor benodig self volgehoue fisieke, Die pastor moet: intellektuele, emosionele en geestelike sorg,

 voldoende tyd vir volgehoue geestelike groei inrig;  deurlopend ’n student van die Woord bly;

selfversorging en opleiding:  oor ’n goeie teologiese fondasie beskik waarop

verder uitgebou kan word;

 deurlopend ingelig en wees en dit relevant kan toepas;

 voortgesette opleiding ontvang op tersaaklike gebiede (lewenslange leer);

 voldoende rus en persoonlike tyd vir fisieke en emosionele selfversorging inruim; asook  familietyd – getrou en toegewyd wees aan gesin.

Putter slaag wel daarin om die verskillende rolverwagtinge, rolle en verwagte vaardighede van ’n AGS-pastor vas te stel asook dat selfversorging en geestelike opleiding net so noodsaaklik is. Sy studie is egter nie gedoen vanuit die oogpunt van die pastor nie omrede die respondente in sy navorsing lidmate ingesluit het (Putter, 2006: 8). Sy studie slaag ook nie daarin om die pastor se belewing van pastorale druk vas te vang of hoe hy te werk gaan om pastorale druk self te hanteer nie. Sy studie was nie om riglyne vir ’n holistiese Skrifgefundeerde selfsorgpraktyk vir die pastor te formuleer nie.

Die doel van die huidige studie is gefokus op die persoon van die pastor en verskil dus met dié van Putter s’n in perspektief en fokus.