• No results found

3.5 ‘N KWANTITATIEWE EN KWALITATIEWE ONDERSOEK OOR DIE TOEKOMSVERWAGTING VAN AFRIKAANSSPREKENDE JEUG, DEUR KAMPER EN

3.6 SAMEVATTENDE EVALUASIE VAN DIE EMPIRIESE NAVORSING

Ten einde die doelwit van hoofstuk 3 te bereik, gee die navorser eers ‘n samevattende evaluasie as inleiding vir die interpretasie van die empiriese navorsing wat in hoofstuk 4 sal volg en wat in hoofstuk 2 op die volgende manier gestel is:

 Watter dinge, volgens jou, dra by tot die hoop van Afrikanergelowiges en wat breek dit af? Met ander woorde, watter dinge moet ‘n Afrikanergelowiges in sy lewe inbring om hoop te ontwikkel en watter dinge moet hy wegneem of vermy?

72

 Hoe affekteer die teenwoordigheid of afwesigheid van hoop die daaglikse optrede en leefstylkeuses van Afrikanergelowiges?

 Op watter manier dink jy sal ‘n Christen wat gereeld kerk toe gaan, Bybel lees en bid, meer hoop hê vir die toekoms as iemand wat baie min daarvan doen?  Op watter manier kan ‘n Afrikanergelowige gehelp word om hoop (die tipe

hoop per jou definisie hierbo) te hê in ‘n veranderende Suid-Afrika?

 Dink jy dat iemand wat uitsien na die tweede koms van Jesus Christus meer hoop sal hê vir die toekoms, as iemand wat min daaraan dink en aangaan met die lewe?

Die volgende is ‘n verkorte, dinamiese weergawe van die Afrikanergelowige se beskouing van homself en die interpretasie-vrae en -antwoorde van die empiriese studie in hoofstuk 3.

3.6.1 ‘n Samevatting van die Afrikanergelowige se beskouing van homself

Dit is belangrik om vanuit die staanspoor te onthou dat hierdie resultate die siening is van onderhoude met individuele respondente en respondente in fokusgroepe. Daar is ‘n sterk ooreenkoms gevind tussen die inligting wat tydens die individuele onderhoude ingewin is en dít wat uit die fokusgroep-onderhoude kom. Die beskouing van die Afrikanergelowige van homself word soos volg opgesom:

 Wat identiteit aanbetref, beskryf die respondente hulself as Afrikaanstalige burgers van Suid-Afrika, wat ten alle koste ‘n eie kultuur van Christelike sedes wil behou.

 Wat opvoeding aanbetref, beskou die respondente hulself as deur ‘n konserwatiewe, godsdienstige en gereformeerde waardestelsel gevorm.  Wat godsdienstige oriëntasie aanbetref, beskryf die meeste respondente hulself

as navolgers van ‘n aangeleerde godsdienstige tradisie met dooplidmaatskap, gereelde kerkbywoning, die wettiese onderhouding van die tien gebooie en ‘n goeie kennis van die Bybel as basis.

 Wat ‘n algemene benadering tot die lewe aanbetref, beskou die respondente hulself as eienaars van ‘n geskiedenis van Afrikaner-nasionalisme in ‘n

73

politieke sin, die geloof in ‘n “uitverkore-volk-van-God” ideologie in ‘n godsdienstige sin en ‘n navolging van ‘n taal-eksklusiewe benadering in ‘n kulturele sin.

 Wat generasie identiteit aanbetref, verwys sekere van die respondente wat 40 jaar en jonger was, vrywilliglik na hulself as ‘n jonger generasie wat as gevolg van sekularisering en ontnugtering in die georganiseerde godsdiens, meer verlig en vry wil wees en nie meer hierdie tradisies wil navolg nie. Hierdie strewe na vryheid gaan gepaard met ‘n aanvaarding van die gebruike en gewoontes van ander kulture en nie noodwendig die losbreek na ‘n nuwe kultuur nie.

 Wat die morele en etiese waardestelsel van die samelewing aanbetref, beskou die respondente hulself as positiewe bydraers tot ‘n verbetering in die kollektiewe etos van alle ander kulture.

 Wat sosiale interaksie aanbetref, is die respondente skugtere deelnemers aan die godsdienstige aktiwiteite van ander groepe of kulture, maar wat as gevolg van die verlede begin om meer openheid te wys ten opsigte van nuwe kulture en denkrigtings. Daar is egter ‘n gewilligheid te bespeur om weg te beweeg van die ideologie van Afrikaner-nasionalisme na ‘n internasionalisme.

3.6.2 Watter dinge, volgens jou, dra by tot die hoop van Afrikanergelowiges en wat breek dit af? Met ander woorde, watter dinge moet ‘n Afrikanergelowiges in sy lewe inbring om hoop te ontwikkel en watter dinge moet hy wegneem of vermy?

 Die respondente wil met woorde soos wedergeboorte en heiligmaking verduidelik dat hoop net in en deur Jesus Christus beskikbaar is.

 Die respondente beskou nie hoop as die verwagting van dít wat materiële dinge bied nie.

 Die respondente beskou die Bybel as die bron van dit wat oor hoop geleer kan word.

 Die respondente wys daarop dat hoop sterk verband hou met die belofte van die wederkoms van Christus Jesus.

74

 Daar word gevind dat die respondente met ‘n belydende geloof in God, saamstem dat God in beheer is van die lewe en die toekoms.

 Daarmee saam word daar deur respondente spontaan erkenning gegee aan die selfopgelegde verantwoordelikheid om deel te neem aan die proses van voorsiening en nie net te sit en wag dat dit alles sal uitwerk nie.

 Respondente is van mening dat wanneer politieke of wêreldleiers optree op ‘n manier wat vertroue skend, hierdie ontnugtering sal bydra tot die aftakeling of afbreking van hoop.

 Respondente beskou negatiewe mediaberigte wat op ‘n sensasionele manier uitgesaai word, as bydraend tot die aftakeling van hoop.

 Respondente voel dat herhaaldelike swaarkry en beproewing waardeur mense gaan om ‘n lewe te maak, bydra tot die aftakeling van hoop. Daar word egter ook genoem dat hierdie beproewings op die lang duur ‘n positiewe en opbouende effek in die lewensverwagting van die respondente gehad het.  Volgens respondente kan die dienswerk wat vir hulpbehoewendes in ‘n

lewende geloofsgemeenskap verrig kan word, ook bydra tot die opbouing van hoop.

3.6.3 Hoe affekteer die teenwoordigheid of afwesigheid van hoop die daaglikse optrede en leefstylkeuses van Afrikanergelowiges?

 Die respondente spreek ‘n begeerte uit om ‘n morele en etiese standaard in die samelewing te handhaaf.

 Die respondente spreek ‘n begeerte uit om die sosiale struktuur van die samelewing te beïnvloed deur die verkondiging en verspreiding van die evangelie van Christus Jesus. Met ander woorde, respondente wil as ‘n tipe sendeling in Suid-Afrika optree.

 Die respondente beplan om met integriteit besigheid te bedryf.

 Die respondente toon aan dat hulle, ten spyte van die gemarginaliseerde leierskapsgeleenthede in die politiek en werksplek, steeds positiewe en opbouende leierskap wil neem.

 Die respondente toon aan dat hulle ‘n betekenisvolle, geestelike bydrae wil maak in hul persoonlike familielewe en die gemeenskap.

75

 Die respondente toon die behoefte om deel te wees van die opbou van ‘n sterk opvoedkundige stelsel.

3.6.4 Op watter manier dink jy sal ‘n Christen wat gereeld kerk toe gaan, Bybel lees en bid, meer hoop hê vir die toekoms as iemand wat baie min daarvan doen? Motiveer asseblief jou antwoord.

 Die respondente sien die bewustheid en erkenning van God se genade in tye van swakheid en beproewing as ‘n eienskap van ‘n geestelike mens.

 Die respondente sien ‘n nederige persoonlikheid van byvoorbeeld ‘n sendeling wat op die sendingveld werk, wat rustigheid en vrede ten toon stel, as ‘n eienskap van geestelikheid.

 Die respondente beskou ‘n geestelike persoon as ‘n mens in wie se lewe die Heilige Gees aktief is en wat beheer uitoefen deur die uitlewing van die Skrif.

3.6.5 Op watter manier kan ‘n Afrikanergelowige gehelp word om hoop (die tipe hoop per jou definisie hierbo) te hê in ‘n veranderende Suid-Afrika? Motiveer asseblief jou antwoord.

 Die respondente voel dat daar ‘n groeiende negatiewe sentiment bestaan wat verband hou met die negatiewe omstandighede in die land.

 Die respondente sien die tendens dat vriende en familie oorsee verhuis agter ander geleenthede op die internasionale mark aan, as ‘n indikasie dat hoop vir die toekoms onder druk verkeer.

 Sekere van die respondente verwys na die feit dat die ex-patriotte wat terugkeer vanuit die buiteland wys dat daar sekere kwaliteite in Suid-Afrika is wat nie in die buiteland gevind kan word nie.

 Sommige respondente is van mening dat die hoop van die Afrikanergelowige verband hou met die aftakeling van die historiese identiteit van Afrikaner- nasionalisme en dat daar nie regtig ‘n gelykwaardige vervanging daarvan gekom het nie.

76

 Dit blyk ook duidelik onder respondente dat die jonger generasie hul eie hoop wil skep en uitwerk, en nie noodwendig wag vir die leiers van die land om dit te skep nie.

 Dit wil ook blyk dat respondente wat aktiewe voorbereidings tref vir vakansies en aftrede oor die algemeen meer uitsien na die toekoms.

 Die respondente stel dat begeleiding van valse hoop of wensdenkery na ware hoop geskied deur pastorale berading.

 Respondente oor die algemeen glo dat bemoediging tot aktiewe lidmaatskap in ‘n lewende geloofsgemeenskap, vertroosting en hulp in “hopelose” tye, gebied word.

 Respondente beskou die verskaffing van hulp met ‘n lewensperspektief wat verby die sienlike dinge wat tydelik is, na die onsigbare dinge wat ewig is, as pastorale begeleiding.

3.6.6 Dink jy dat iemand wat uitsien na die tweede koms van Jesus Christus, meer hoop sal hê vir die toekoms as iemand wat min daaraan dink en aangaan met die lewe? (Ja/Nee) Verduidelik asseblief jou antwoord.

 Respondente se verwagting na die wederkoms van Christus Jesus gee blyke van een van die belangrikste dinge wat hoop gee om die lewe met entoesiasme aan te pak.

 Dit kom voor dat respondente wat die kans skep om by te dra tot die geestelike bearbeiding van andersdenkendes ‘n meer positiewe siening van die toekoms het.

 Die respondente voel dat hul deelname aan die aktiewe skepping van ‘n beter toekoms vir die gesin ‘n verandering aan die samelewing sal bewerkstellig.

77

3.7 ‘N SAMEVATTING VAN DIE ANDER BEDIENAARS VAN DIE WOORD SE