• No results found

D IE D OEL , M ETODIEK EN O NTWERP VAN DIE E MPIRIESE N AVORSING

2.4 DIE NAVORSINGSONTWERP: KEUSE VAN RESPONDENTE EN BESKRYWING VAN DIE NAVORSINGSVELD

2.4.5 Fokusgroep-onderhoude met Afrikanergelowiges

Die fokus-groep onderhoude is gedoen nadat die persoonlike onderhoude gedoen is en het ‘n geleentheid geskep om die navorsingsdata tussen die persoonlike onderhoude en die fokus-groep onderhoude te vergelyk. Die doel met die gebruik van fokus- groep onderhoude is om die navorsingsdata wat uit die persoonlike onderhoude kom aan te vul en te verryk. Gibbs (1997:1-5) gebruik Krueger en Casey (2000:64) en beskryf fokusgroepe as ‘n informele data-inwinningsinstrument wat gebruik kan word

32

om deur middel van georganiseerde besprekingsvrae ‘n omvangryke weergawe te kry van die situasie waarin ‘n geselekteerde groep individue hulself bevind.

Die navorser het verder ook besluit om sekere van die respondente in twee verskillende fokusgroepe in te deel, met vier (4) tot ses (6) respondente per groep, wat aan die onderhoude deelgeneem het. Die fokusgroep maak nie ‘n onderskeid tussen die verskillende geslagte nie en die respondente is almal tussen 30 en 65 jaar oud. Dieselfde vrae is aan hierdie twee groepe gegee. Die vrae word soos volg hieronder uiteengesit:

2.4.5.1 Wat is ‘n gepaste beskrywing van ‘n Afrikanergelowige?

2.4.5.2 Watter dinge, volgens jou, dra by tot die hoop van Afrikanergelowiges en wat breek dit af? Met ander woorde, watter dinge moet ‘n Afrikanergelowiges in sy lewe inbring om hoop te ontwikkel en watter dinge moet hy wegneem of vermy?

2.4.5.3 Hoe affekteer die teenwoordigheid of afwesigheid van hoop die daaglikse optrede en leefstylkeuses van Afrikanergelowiges?

2.4.5.4 Op watter manier dink jy sal ‘n Christen wat gereeld kerk toe gaan, Bybel lees en bid, meer hoop hê vir die toekoms as iemand wat baie min daarvan doen? Motiveer asseblief jou antwoord.

2.4.5.5 Op watter manier kan ‘n Afrikanergelowige gehelp word om hoop (soos per jou antwoord op die vorige vraag) te hê in ‘n veranderende Suid-Afrika? Motiveer asseblief jou antwoord.

2.4.5.6 Dink jy dat iemand wat uitsien na die tweede koms van Jesus Christus meer hoop sal hê vir die toekoms, as iemand wat min daaraan dink en aangaan met die lewe? (Ja/Nee) Verduidelik asseblief jou antwoord.

Die fokusgroep-onderhoude het verskil van die persoonlike onderhoude in die sin dat daar minder vrae gevra is, maar meer geleentheid gebied is vir spontane deelname in die groep. Daar is gevind dat die respondente in groepsverband meer vrymoedigheid

33

gehad het om spontaan te antwoord. Die respondente het mekaar as te ware aangemoedig om meer spontaan by te dra tot die bespreking.

2.4.6 ‘n Kwantitatiewe en kwalitatiewe ondersoek oor die toekomsverwagting van die Afrikaanssprekende jeug, deur Kamper en Steyn (2007)

Die volgende is ‘n verkorte weergawe van Kamper en Steyn (2007) se verslaggewing van die ontwerp van die kwalitatiewe en kwantitatiewe ondersoek wat gedoen is onder die skoolgaande Afrikaanssprekende jeug. ‘n Empiriese ondersoek is deur Kamper en Steyn (2007) gedoen na die Afrikaanssprekende jongmense se perspektiewe en verwagtings rakende hul toekoms in Suid-Afrika. Die ondersoek is gefokus op graad 11-leerders, oftewel leerders wat in hul voorlaaste skooljaar is en volgens die navorsers veronderstel is om reeds met toekomsbeplanning besig te wees. Daar is besluit om graad 11-leerders van ’n groot Afrikaanse sekondêre skool in Pretoria te pols oor hul toekomsverwagtinge in Suid-Afrika. Die skool bedien ’n welvarende wit gemeenskap, tesame met ’n bruin gemeenskap wat gekenmerk word deur wesenlike sosio-ekonomiese probleme.

Die werkswyse was om deur bemiddeling van die Afrikaansonderwyser die leerders opstelle te laat skryf met die tema “My toekoms in Suid-Afrika”. Teksanalise is op die opstelle uitgevoer ten einde die strekking van, en temas in die toekomsverwagting van die leerders te bepaal.

Met die doel om die data te verifieer, is ’n fokusgroep-onderhoud met agt van die leerders gevoer, geselekteer om ’n balans tussen seuns en dogters, wit en bruin leerders, asook positiewe en negatiewe standpunte soos dit uit hul opstelle geblyk het, te verkry. Die navorsers se slotsom was dat die fokusgroep-bevindings die inhoud van die deelnemers se opstelle (en by implikasie dié van die hele groep opstelskrywers) oortuigend geverifieer het.

In hierdie stadium is daar oorgegaan na ’n kwantitatiewe navorsingsbenadering. Die opsteltemas is gebruik as basis vir die opstel van ’n vraelys vir toepassing op groter skaal. Daar is geoordeel dat ’n vraelys beter tussen temas sou kon onderskei en rangordes sou kon uitlig. ’n Vraelys is gevolglik ontwerp en proefondervindelik

34

toegepas in ’n groot sekondêre skool in Centurion, Pretoria (Skool A) met algeheel wit Afrikaanssprekende leerders uit hoërinkomstegroep-ouerhuise. Hierdie proeflopie was suksesvol en die vraelys is daaropvolgend in nog vier Afrikaanse sekondêre skole toegepas, weereens met graad 11-leerders as respondente.

In die keuse van hierdie skole is die aanname gemaak dat ekonomiese en geografiese veranderlikes (soos sosio-ekonomiese peil, boerdery-omgewing, industriële omgewing, ensovoorts) die toekomsverwagting van jongmense mag beïnvloed. Doelmatige steekproeftrekking is gevolglik gebruik en die keuse het geval op sekondêre skole in respektiewelik ’n laerinkomstegebied in Pretoria-Wes (Skool C), ’n plattelandse boerdery-omgewing in die Mpumalangaprovinsie (Skool D), en ’n myndorp op die Vrystaatse goudvelde (Skool E). Om die perspektiewe van spesifiek bruin leerders te verkry (kyk inleidende opmerkings) is ’n sekondêre skool in Eersterus, Pretoria (Skool B) in die ondersoek betrek. Goeie samewerking is deurgaans verkry en in elk van hierdie skole het die universum van graad 11-leerders die vraelyste voltooi, in totaal 608 respondente.

Alhoewel die navorsing tot op hierdie vlak nie in die kader van ’n grootskaalse ondersoek val nie, en die navorsingsresultate sekerlik nie as die spreekwoordelike laaste woord beskou kan word nie, is die navorsingsbevindings betekenisvol, soos blyk uit die toeligting van Kamper en Steyn (2007).

2.5 SAMEVATTING

Dit was vanuit die staanspoor duidelik dat ‘n sekere metodiek gevolg moet word om die verskeidenheid van veranderlikes wat in hierdie navorsing geïdentifiseer is, te behandel. Die navorser het beplan om die navorsingsvraag op ‘n prakties-teologiese en sistematies manier te benader en te beantwoord deur die navorsingsmetodiek van Richard Osmer (2010) te gebruik. Dit behels eerstens die beskrywing van die perspektiewe van die Afrikanergelowige wat in ‘n sekere staat van ontnugtering verkeer weens ‘n veranderende Suid-Afrika. Hierdie beskrywing word moontlik gemaak deur die inwin van inligting deur middel van ‘n reeks persoonlike en

35

fokusgroep-onderhoude wat met Afrikanergelowiges gevoer is. Daarna word die inligting geëvalueer op grond van sekere van die hulpwetenskappe en die Christelik- teologiese perspektiewe wat bekom is uit die navorsing wat reeds ten opsigte van die onderwerp van hoop gedoen is. Derdens word die Skriftuur genader om te sien wat die tekorte is vanuit ‘n normatiewe gesigspunt. Laastens word alle inligting deur middel van ‘n hermeneutiese interaksie geïntegreer, in ‘n poging om prakties- teologiese riglyne daar te stel vir die pastorale berading van hulp terug na hoop.

36

H

OOFSTUK

3