• No results found

D IE D OEL , M ETODIEK EN O NTWERP VAN DIE E MPIRIESE N AVORSING

2.2 KWALITATIEWE NAVORSING: DIE DOEL EN METODIEK

2.2.1 Die navorsingsvraag en die doel van die navorsingprojek

Deur gebruik te maak van Richard Osmer (2010) se navorsingsmetodiek, wil die navorser vanuit ‘n pastorale bedieningsperspektief en op ‘n sistematiese wyse probeer bepaal wat die algemene lewensbeskouing van die Afrikanergelowige (1.2.1) is. Die bewering in die navorsingsvraag dat die Afrikanergelowige in ‘n sekere staat van ontnugtering verkeer weens ‘n veranderende Suid-Afrika, moet gestaaf word en daar moet ook bepaal word hoe hierdie lewensbeskouing beïnvloed kan word.

Die uiteindelike doel van hierdie navorsingprojek is om die hoopbeskouing van Afrikanergelowiges in ‘n sekere konteks te beskryf en prakties-teologiese beginsels te gebruik om inligting in te win wat ’n bydrae kan lewer om die situasie en gebeurlikhede te beskryf en te verstaan. Hierdie inligting wat in die normale verloop van die lewe as vanselfsprekend aanvaar word, word in hierdie navorsingprojek in meer formele terme uitgelê in ‘n poging om die spesifieke patrone en verhoudings tussen aspekte van die lewens van Afrikanergelowiges te identifiseer.

Die aard en werkswyse wat deur Osmer (2010) voorgestel word as ‘n gepaste prakties-teologiese navorsingsmetodiek en die wyse waarop dit hierdie navorsing op ‘n sistematiese manier lei, word vervolgens uiteengesit.

22

2.2.2 Die aard en werkswyse van die empiriese navorsing

Die navorsingsmetodiek wat deur Osmer voorgestel word, behels die vier take van ‘n hermeneutiese siklus. Hierdie vier take wat op mekaar volg, is die sleutelaspekte van Osmer (2010:33-135) se navorsingsmetodiek en gee struktuur aan die navorsingprojek om deur prakties-teologiese interpretasie die gebeure sistematies uit te lê. Dit is veral in die lig hiervan dat die prakties-teologiese, maar ook geestelike, sensitiewe metodiek wat deur Osmer voorgestel is, soveel waarde het in die beantwoording van die navorsingsvraag van hierdie navorsingprojek. Die verskillende take wat in hierdie proses gevolg sal word om die navorsingsvraag te beantwoord, word soos volg beskryf.

Die eerste taak is die beskrywende taak wat die volgende vraag vra: Wat is besig om plaas te vind? Dit is in wese die insameling van relevante inligting om ‘n empiriese perspektief te verkry van wat tans aan die gebeur is en wat ondersoek moet word om te bepaal watter patrone, gewoontes en interaksies tussen episodes en situasies mag voorkom. Hierdie vorm van waarneming help om die volle konteks van die situasie uit te lê. Ten einde hierdie beskrywende taak uit te voer, word ‘n stel onderhoude met respondente in die Afrikaanssprekende geloofsgemeenskap gedoen om te bestudeer wat besig is om plaas te vind.

Die tweede taak is die interpretatiewe taak en vra die vraag: Waarom gebeur dit? Daar word gepoog om ‘n hermeneutiese perspektief te verkry deur te probeer verstaan wat aan die gebeur is in elke gevallestudie of in die geheel. Die navorser sal tipies vra: Hoe kan ek dit wat gebeur het verklaar of interpreteer? Om hierdie interpretatiewe taak te voltooi sluit die navorser eerstens interpretasie-vrae in wat die laaste deel van die onderhoude met die respondente sal vorm. Die navorser maak ook gebruik van ‘n tweede stel onderhoude wat met bedienaars van die Woord aan soortgelyke Afrikanergelowiges gedoen is, ten einde te probeer verklaar wat reeds plaasvind. Verder word ‘n literatuurstudie gedoen om perspektiewe uit sekere van die hulpwetenskappe en die Christelik-teologiese veld te verkry.

Die derde taak is die normatiewe taak en vra die vraag: Wat is veronderstel om plaas te vind? Hier word gepoog om ‘n Skrifgefundeerde perspektief te verkry deur te

23

bepaal wat in hierdie omstandighede behoort te gebeur (volgens die Woord van God). Hierdie normatiewe taak sal uitgevoer word deur te trek vanuit die navorsing wat reeds in hoofstuk 2 voltooi is. Hierdie normatiewe waardes is die pastorale gids om ons reaksies, optrede en gewoontes volgens Bybelse beginsels en riglyne te rig.

Die vierde en laaste taak is die pragmatiese taak en vra die vraag: Hoe moet ons daarop reageer? Voordat hierdie vraag beantwoord word en die ontwikkeling van ‘n verbeterde handelswyse gedoen word, stel Pieterse (2010) voor dat daar ‘n hermeneutiese interaksie moet plaasvind tussen die normatiewe en die huidige handelswyse. Volgens hom moet die resultate van die normatiewe teologiese waarhede, wat op die Skrif gebaseer is, en die resultate van empiriese navorsing wat uit ‘n prakties-teologiese navorsingsprojek voortkom, gekonfronteer word deur middel van ‘n hermeneutiese interaksie (Pieterse 2010). Daarna sal gepoog word om ‘n strategiese perspektief te ontwikkel, deur te bepaal watter riglyne en strategieë van berading uitgewerk kan word om die huidige situasie en optrede te verbeter. Hierdie taak probeer ‘n nuwe denkwyse of gewoonte voor te stel of te vorm om sodoende die huidige situasie te verbeter.

Die inwin van inligting op ‘n sistematiese manier, wat help met die bepaling van patrone en gewoontes, is volgens Osmer (2010:5) die empiriese taak van prakties- teologiese interpretasie. Nadat die inligting ingesamel is, kan daar krities na die situasie gekyk word om te probeer sin maak van wat besig is om plaas te vind. Daarna moet bepaal word wat die norme is wat deur die Skrif daargestel word om die interpretasie te help. Laastens moet die resultate van die empiriese ondersoek met die normatiewe Bybelse beginsels gekonfronteer word, om daaruit rigting te gee vir ‘n nuwe orde en handelswyse.

Ten einde hierdie prakties-teologiese take van die uitleg en begrip van die konteks, asook die interpretasie van inligting en voorstelle vir ordening of verbetering te kan uitvoer, moet daar eers gekyk word na ‘n prakties-teologiese struktuur as onderbou van die verhandeling.

24

2.3 KWALITATIEWE NAVORSING: ‘N TEORETIESE RAAMWERK VAN DIE