• No results found

HULPWETENSKAPPE EN DIE CHRISTELIK-TEOLOGIESE PERSPEKTIEWE

H OOP EN G EESTELIKHEID

5.3 DIE BEGINSEL VAN HOOP IN DIE NUWE TESTAMENT

5.3.6 Geestelikheid en hoop

Die Griekse term pneumatikos (geestelike) soos gebruik word in 1 Korintiërs 2:15, word deur Louw en Nida (1989:26.10) beskryf as dit wat te doen het met die geestelike natuur van ‘n persoon. Dit wat te doen het met die geestelike of dit wat op ‘n geestelike grondslag plaasvind. Met verwysing na Efesiërs 1:3, het dit vervolgens ook te doen met die dinge wat kom van die Gees van God. Romeine 15:27 gebruik

pnuematikos (geestelike) in teenstelling met sarkikos (vleeslike) en verwys na die nie-

materiële aspekte van die mens se lewe teenoor die materiële of fisiese.

1 Korintiërs 2:14 gebruik ‘n soortgelyke vorm van die woord met die verskil dat dit hier te doen het met die kwaliteit van die oordeel wat ‘n geestelike mens maak as hy ‘n saak beoordeel. Hierdie bied Romeine 8:5-6 ‘n waardevolle Skriftuurlike beskrywing van pneuma (Heilige Gees of die geestelike) deur dit te vergelyk met die vleeslike, “Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede...”. Volgens Lou en Nida (1989:30.6), is hierdie geestelike benadering tot dinge ‘n sekere gesindheid of ingesteldheid wat aandui hoe ‘n persoon ‘n sekere saak sal hanteer of benader. ‘n Persoon met ‘n geestelike benadering tot ‘n saak of die lewe in die algemeen, sal dus ‘n sensitiwiteit toon wat die Heilige Gees se wil is.

Volgens Van der Merwe van die Kerkblad (2004:5) dui geestelikheid daarop dat mense hulle deur die Gees van God laat lei en is dit dus daardie lewenswyse, volgens Chafer, waarin die Gees van God inwonend teenwoordig is en onverhinderd werk (Rom. 8:4; Chafer Vol. 6 1948:292). Dit is hier waar die Afrikanergelowige onderdanig kan wees aan die Gees van God se leiding deur die Woord van God. Van der Merwe in die Kerkblad bied die volgende beskrywing van geestelike mense:

“Vleeslike mense beteken wêreldse mense. Geestelike mense dui op mense wat hulle deur die Gees van God laat lei. Paulus praat ook van ‘natuurlike mense’ (1 Kor. 2:14). Geestelike mense is mense in wie die wonder van die wedergeboorte gebeur het, mense wat deur die Heilige Gees verander is.

158

plaasgevind het nie, wat nog in hulle oorspronklike natuurlike, gevalle staat voortlewe.” (Die Kerkblad 2004:5)

Verder verklaar Van der Merwe die volgende rakende geestelike Christene:

“Geestelike Christene is vir Paulus mense wat nie alleen deur die Heilige Gees weergebore is nie, maar in wie se lewe die Heilige Gees ook só kragdadig werk dat hulle hele bestaan, innerlik en uiterlik, daarvan die stempel dra. Dit is mense met ’n lewenspraktyk deur die Heilige Gees vernuut, gelouter en verheerlik. Hulle is geestelik in hulle gesprekke, geestelik in hulle doen en late, geestelik in alle aspekte van hulle lewe, sonder om lewensvreemd te wees. Hulle is toonbeelde van die omskeppende werk van die Heilige Gees.” (Die Kerkblad 2004:5)

5.3.7 Samevatting

Net soos in die Ou Testament, staan die konsep van hoop nie op sy eie nie, maar vorm dit ‘n integrale deel van al die hoofteologiese temas van ook die Nuwe Testament. Hierdie teologiese temas soos Christologie, Pneumatologie, Soteriologie en Eskatologie vorm ‘n teologiese raamwerk waarbinne ons die konsep van hoop kan verstaan en kan gebruik as ‘n toepassing vir die geestelike lewe van die Christen, wat die Afrikanergelowige insluit. Die Nuwe Testament beskryf hoop op die volgende manier:

 Die Nuwe Testamentiese leerstellings aangaande Christus, leer ons dat hoop onlosmaaklik verbind is tot die persoon, kruiswerk en opstanding van Jesus Christus. Die mens se hoop lê buite homself, in Jesus Christus, wat nie net die volle inhoud van die Christen se hoop is nie, maar die hoop self. Die beperktheid van die Ou Testamentiese hoop word weggeneem in Jesus Christus as die waarmaker en vervulling van die Ou Testamentiese beloftes van God aan sy volk en die wêreld in die algemeen. Hierdie kennis van Jesus Christus in die Skrif bring hoop. Christus is eerstens die vervulling van die beloftes van God in die Ou Testament. Sy opstanding as die eersteling van almal wat ook uit die dood gaan opstaan, is deel van die hoop van die Christen. Die Here Jesus se lewe en wederkoms is dus die hoop van die Christen.

159

 Die Nuwe Testamentiese leerstellings aangaande die Heilige Gees, leer ons dat die Heilige Gees die hoop is vir die bevryding/verlossing van die Christen, omdat Hy as die onderpand/waarborg van ons verlossing ons bekragtig deur die innerlike geestelike werk van sekerheid van ons verlossing en vrymoedigheid om tot God te nader. Daarmee saam is die inwoning van die Heilige Gees ook die hoop vir ‘n nuwe en ewige lewe.

 Die Nuwe Testament leerstellings aangaande ons ewige saligheid leer ons dat die hoop van die Christen gegrond is in die reddingswerk van Jesus Christus. In Jesus Christus het dié wat vroeër vyande en vreemdelinge was van God, nou die geleentheid om kinders, vriende en selfs erfgename van God te word deur geloof in Jesus Christus. Die geregtigheid wat daar deur geloof in Jesus Christus beskikbaar is, bring vrede met God en die potensiaal van ‘’n nuwe goddelike gesinslewe in die liggaam van Christus met hierdie vrede as ‘n anker vir die siel in die storms van die lewe.

 Die Nuwe Testamentiese leerstellings aangaande die eindtyd leer ons van hoop as ‘n lewende verwagting/afwagting na wat nie gesien kan word nie, maar wat voorlê as ‘n nuwe bedeling wat die oue sal vervang. Die opstanding van die Here Jesus en die belofte van sy wederkoms vorm die basis van hierdie “lewende hoop” dat ook ons liggame soos Syne opgewek sal word. Die hoop wat die Christen het, is egter ‘n onsigbare, nie-tasbare hoop wat deur die beloftes in die Skrif ondersteun word.

 Hoop maak saam met geloof en liefde ‘n deel uit van die totale geloofservaring van die Christen. Hoop vorm saam met geloof en liefde ‘n essensiële geestelike trio, wat ‘n deug is van die Christelike lewe, deur die Skrif geïnisieer en aangemoedig word en die lewe van die Christen rig. Die Christen se hoop ontwikkel as hy sy vertroue in die aardse rykdom en waardes vervang met die hemelse, wat die belydenis is van sy hoop in die hiernamaals.

160

 Geestelikheid is ‘n onderdanige gesindheid wat die gelowiges behou om toe te laat dat die Gees van God leiding neem deur middel van die waarheid in die Woord van God.