• No results found

HULPWETENSKAPPE EN DIE CHRISTELIK-TEOLOGIESE PERSPEKTIEWE

4.4 ‘N TEOLOGIE VAN HOOP: ‘N OORSIG VAN DIE BYDRAE VAN JURGEN MOLTMANN SE T HEOLOGY OF H OPE

4.4.7 Moltmann se siening dat die opstanding van Jesus Christus bloot ‘n

beskouing van geskiedenis is, eerder as ‘n historiese feit, verwerp die boodskap van die evangelie

Moltmann (1967:226) beskou die voorveronderstelling van Christus se opstanding as ie basis vir ‘n nuwe siening van geskiedenis, in die sin dat God steeds betrokke is in die herskepping van die geskiedenis in ‘n nuwe toekoms. Die opstandig word dus nie bloot as ’n historiese feit beskou omdat dit in die verlede plaasgevind het nie, maar omdat dit steeds in hede die geestelike weg wys na ‘n hoopvolle nuwe toekoms. Die opstanding moet dus gesien word vanuit ‘n toekomstige perspektief, asof Christus tans ook besig is om op te staan, en nie uit ‘n historiese perspektief nie (Scaer 1970:73). Scaer is van mening dat dit vir Moltmann slegs ‘n historiese feit is, bloot omdat dit in ‘n eskatologiese toekoms-openbaring materialiseer en daarom lê die begrip van die toekoms nie in dit wat in die verlede gebeur het nie, maar dit waarheen die Here ons in die toekoms sal lei.

Die bewys van die tipe wêreld wat gevorm gaan word, lê in die toekoms waarheen God die geskiedenis van die mens lei. Woodbridge (2010:111) is van mening dat Moltmann se beskouing van die Christen se hoop nie gegrond is op die liggaamlike opstanding van Jesus Christus wat ‘n bewys gelewer het van die aanspreeklikheid van hul sonde nie (soos Paulus in Handelinge 17:31 verklaar het), maar in die opstanding vanuit ‘n geestelike perspektief dat dit ‘n beskouing is van die geskiedenis wat soek na ‘n hoopvolle toekoms.

Hierdie ontkenning van die werklikheid van ‘n historiese opstanding van Jesus Christus is teenstrydig met dit wat Paulus in 1 Korinthiërs 15:14 verklaar, naamlik as die opstanding nie letterlik is nie, is ons geloof “tevergeefs”. Die ontkenning van die fisiese opstanding van Jesus Christus is ‘n ander evangelie, waar daar nie versoening is tussen God en die mense op grond van die betaling van die sondeskuld nie. Volgens Scaer (1970:97) is Moltmann se konsep van versoening slegs ‘n gebeurtenis tussen twee mense, magte en moondhede, wat plaasvind deur politieke en soms revolusionêre optrede. Sy beskouing van versoening verskil van die Bybelse siening dat versoening tussen God en die mens plaasvind, omdat die mens skuldig is voor

101

God vir sy eie misdade. Die ontkenning van die opstanding is dus ‘n ontkenning van die aanspreeklik van die mens om sy ongeregtigheid te bedek met ware geregtigheid.

4.4.8 Samevatting

Moltmann se teologie van hoop is geensins ‘n oppervlakkige bevestiging van die krag van positiewe denke nie, maar wel ‘n erkenning van die swaarkry en ongeregtigheid van die wêreld waarin ons leef. Deur hierdie erkenning kan mense wat hulle in die mees wanhopige situasies bevind, hoop hê.

Moltmann se teologie van hoop kan ook voorkom as ‘n sosiale of maatskaplike bemagtigingsteologie, wat slegs fokus op die moontlikhede van sosio-ekonomiese en maatskaplike transformasie van die wêreld in die toekoms. Moltmann het in sy teologie die mees belangrike element van die evangelie uitgelaat, dit wat te doen het met nie net bloot die fisiese en beter moontlikhede nie, maar wat ook hoofsaaklik te doen het met die mens se geestelike aanspreeklikheid voor God vir sy eie sonde en ongeregtigheid, transformasie of vernuwing van die lewe en die geloofslewe van individuele gelowiges.

Die hele wêreld lê in die mag van die bose (1 Joh. 5:19); die geregtelike oordeel van God oor die sonde van die mens is volgens die Skrif ‘n huidige en toekomstige aardse werklikheid. Onder hierdie oordeel van God word sy toorn daagliks geopenbaar oor hulle wat die waarheid onderdruk en gee Hy hulle oor aan die uitkoms van hulle eie sondigheid (Rom. 1:18, 24; 2 Thess. 2:10-12). Die hart van die mens is verdorwe en sal nie natuurlik wil soek vir verbetering nie (Ef. 4:18; Rom. 3:23).

Deur die liggaamlike opstanding van Jesus Christus te beperk tot ‘n historiese effek in die gedagtes van Afrikanergelowiges, verwerp Moltmann die fondasie van die Afrikanergelowige se hoop, wat in die evangelie van Christus Jesus se sterwe en opstanding gegrond is. Hierdie Christelike hoop behels die hoop van ons saligheid (1 Tes. 5:8), die inwoning van die Gees, naamlik “dit is Christus onder (in) julle, die hoop van die heerlikheid” (Kol. 1:27), die hoop van die gelowige se toekomstige opwekking uit die dood (Hand. 24:15), en die “salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus” (Tit. 2:13).

102

Om hierdie geestelike evangelie en beloftes te verwerp, is soos om die diamantring weg te gooi terwyl ons die houer waarin dit gekom het, behou. Behalwe vir die feit dat die bostaande analogie waar is, is dit ook belangrik om te sê dat enige verandering, van watter aard ook al, wat aan die evangelie aangebring word, beskou moet word as ‘n “ander” evangelie, wat volgens Paulus geen belofte van seëning inhou nie, maar eerder as ‘n vervloeking gesien kan word.

Dat Moltmann se teologie van hoop Afrikanergelowiges se hoop kan vestig op ‘n nuwe toekoms, kan nie ontken word nie. Hierdie teologie, wat ook aspekte van die Afrikanergelowige se teologie gevorm het, kan egter moontlik meer bydra tot die frustrasie wat kom as gevolg van die teleurstelling van die effekte van ‘n nie gerealiseerde belofte in ‘n vervalle wêreld.