• No results found

HULPWETENSKAPPE EN DIE CHRISTELIK-TEOLOGIESE PERSPEKTIEWE

H OOP EN G EESTELIKHEID

5.3 DIE BEGINSEL VAN HOOP IN DIE NUWE TESTAMENT

5.3.1 Christologie en hoop

Christologie is die interpretasie en beskrywing van die persoon en werk van die Seun van God as die tweede Persoon in die God Drie-enigheid (Baker’s Dictionary Of Theology1969). Volgens die apostels Matthéüs en Petrus is die Nuwe Testamentiese

142

idee van hoop ’n erkenning dat, vir die Christen, die vervulling van al die Ou Testamentiese beloftes opgesluit is (Matt. 12:21, 1 Pet. 1:3) “in Christus”, binne die denkwyse van die Christologie of Christusleer. In die preek wat die apostel Petrus op Pinksterdag gepreek het, verklaar hy aan sy gehoor soos volg oor Jesus Christus: “Hom het God opgewek” (Hand. 2:24). En verder: “Want Dawid sê van Hom: Ek het die Here altyddeur voor My gesien, want Hy is aan my regterhand dat Ek nie sou wankel nie. Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop” (Hand. 2:25,26).

Op sy beurt staan die apostel Paulus as beskuldigde voor Felix die goewerneur sy saak en bepleit, en verklaar dat die godsdienstige tradisie van die dag as ‘n sekte beskou eerder die vervulling is van dit waaroor die wet en die profete geskryf het, maar ook verwag het, naamlik “dat daar ‘n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges.” (Hand. 24:14,15) Op sy beurt staan die apostel Paulus as beskuldigde voor Felix die goewerneur sy saak en bepleit, en verklaar:

“Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die Weg wat hulle sekte noem, so die God van my vaders dien, terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe is, en ‘n hoop op God het, ‘n hoop wat hulle self ook verwag, dat daar ‘n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges.” (Hand. 24:14,15)

Selfs later voor koning Agrippa, het Paulus sy verweer uitgelê soos volg: “En nou staan ek tereg oor die hoop op die belofte wat aan die vaders deur God gedoen is, waartoe ons twaalf stamme wat God aanhoudend dag en nag dien, hoop om te kom; oor hierdie hoop, koning Agríppa, word ek deur die Jode beskuldig” (Hand. 26:6,7). Die apostel was oortuig daarvan dat dit “oor die hoop van Israel” was dat hy met kettings geboei is en lyding moes verduur (Hand. 28:20).

La Mothe (2010:13) sê dat die temas van die lewe van Jesus Christus die hoop van die Christen is. Sy lewe en kruisdood, sy opstanding en wederkoms is die hoop van die Christen. Hoop is gegrond in die lewe, sterwe en opstanding van Jesus Christus. Hoop is meer as net ‘n troos in ‘n lewe wat vol onsekerheid en swaarkry is en wat eers deur die dood beëindig sal word. Geloof wat oorgaan in hoop veroorsaak nie die ideale lewe nie, maar strewe na die beter lewe in die potensiaal wat Christus vir ons

143

moontlik maak. Volgens Paulus, “’n apostel van Jesus Christus, volgens die bevel van God”, is die Here Jesus Christus “ons Hoop” (1 Tim. 1:1).

Venter (2003:38) sê in sy verklaring van Hebreërs 7:19 dat Christus die inhoud is van ‘n “beter hoop” wat die Christen deur geloof verkry. Die doel van godsdiens is om nader aan God te beweeg en dit gebeur deur die hoop in Christus. Dit gaan daaroor dat alle grense tussen God en mens verwyder word deur hierdie nuwe hoop, naamlik Christus. Hierdie beter hoop beteken dat die hoop en die wet teenoor mekaar geplaas word. Waar die wet die gewete skuldig gelaat het voor God, en nie die sonde kon wegneem nie, bring die verlossing in Christus hoop, omdat die gewete skoongewas is en die mens waarlik vry kan wees. Die hoop doen dus wat die wet nie in staat was om te doen nie en daarom is die hoop van “beter” waarde as die wet, omdat dit ons in Christus in ‘n nuwe verhouding met God plaas (Venter 2003:38,39).

Die skrywer van Hebreërs gebruik die geleentheid om in Hebreërs 7:19-22 die werking van die wet met die bediening van Jesus Christus te kontrasteer. Aan die een kant sê hy is daar die “opheffing van die gebod weens die swakheid en nutteloosheid daarvan”, maar aan die ander kant “is daar die invoering van ‘n beter hoop waardeur ons tot God nader. Dit is die Here Jesus Christus, wat “van ‘n beter verbond borg geword het.” Die hoop van die Ou Testament was beperk omdat die Here Jesus nog nie gekom het nie, maar noudat Hy gekom het, is die werkinge van die Nuwe Verbond meer effektief en het dit die vermoë om ‘n meer volmaakte hoop te verskaf. In ‘n kort lofspraak oor die “grote barmhartigheid van God”, verklaar die apostel Petrus in 1 Petrus 1:3 dat die Christen die “wedergeboorte geskenk” is tot, soos hy dit stel, “’n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode”. Die feit dat God Jesus Christus “uit die dode opgewek” het en “Hom heerlikheid gegee het” beteken dat, as gevolg van ons geloof in Jesus Christus, ons “geloof en hoop op God kan wees (1 Pet. 1:21). Al hierdie Christologiese waarhede in die Nuwe Testament is tot ons lering geskrywe, sodat ons deur “lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê”, want op Hom sal die nasies hoop (Rom. 15:4,12). Hoop in die terugkeer van Jesus Christus is die basis vir gelowiges om hulself van sonde en wêreldsheid in hierdie lewe te reinig (Tit. 2:11-14; 1 Joh. 3:3).

144

McBride (2007:16-19) reflekteer op die gemoedstoestand van die Emmaüsgangers soos wat hulle in die skadu van die kruis terugkeer na hul alledaagse lewens. Hul Messias het gesterf en is begrawe. Hulle het self gesien hoe hy gesterf het as ‘n misdadiger en daarmee saam is al hul hoop in dieselfde graf weggesit. Die stelling in Lukas 24:21, naamlik “ons het gehoop”, wys dat hul hoop in die verlede tyd vasgevang is. Om die verlede aan jou eie hoop vas te maak, sal ‘n swaar las daarmee vereenselwig. Hoop wat in die verlede is, is geen hoop nie en verwoes ons passie vir die lewe. McBride verklaar dat baie mense kies om op grond van die hoop van die verlede te leef (2007:16). Dit weerhou hulle om geleenthede raak te sien en verblind hulle vir die geestelike werklikhede van wat rondom hulle aangaan. Volgens McBride was dit die woorde en bediening van die opgestane Jesus Christus wat hul stofpad- ervaring verander het in ‘n hoop-pad-ervaring (2007:18).