• No results found

Ontwikkelinge in teologiese wetenskapsbeoefening se benadering van die Bybel-as-literatuur gedurende die eerste vyf en sewentig jaar van die

LITERÊR-TEORETIESE PERSPEKTIEWE OP LITERATUUR EN OP DIE BYBEL-AS-LITERATUUR

2.2 DIE BYBEL AS/EN LITERATUUR

2.2.2 Historiese oorsig oor die Bybel-as-literatuur

2.2.2.6 Ontwikkelinge in die twintigste eeu (tot ongeveer die sewentigerjare) 0 Inleidend: konteksbepaling van die eerste deel van die twintigste eeu en

2.2.2.6.2 Ontwikkelinge in teologiese wetenskapsbeoefening se benadering van die Bybel-as-literatuur gedurende die eerste vyf en sewentig jaar van die

twintigste eeu

Uit die konteksbepaling van die eerste driekwart van die twintigste eeu wat in 2.2.2.6.0 gemaak is, is dit duidelik dat die teologiese ondersoekmetodes van die Bybel in dié tyd oorheers is deur die sogenaamde Bronnekritiek, Vormkritiek, Tradisie-historiese Kritiek en Redaksiekritiek. Van die vier metodes was dit (soos genoem) dan veral eersgenoemde twee, Bronnekritiek en Vormkritiek, wat ‟n mate van ooreenkoms met ‟n literêre benadering tot die Bybel vertoon het. Alhoewel hierdie ondersoekmetodes in die twintig- ste eeu in volle gebruik gekom het, moet hulle vanuit hulle ontstaanskonteks verstaan word om hulle invloed op die tydvak wat hier ter sprake is, te kan begryp. Beide se wortels is naamlik in vorige eeue ingeslaan: Bronnekritiek in die agtiende en Vormkritiek in die negentiende eeu.

Die belangrike opmerkings van Jasper (2003:22-24) in verband met die skeiding tussen literêre en teologiese benaderings wat in 2.2.2.5.3 weergegee is, moet hier in gedagte gehou word. Omdat Bronnekritiek en Vormkritiek hulle ontstaan gehad het in die tyd wat in ‟n groot mate tegelyk die tyd van die Romantiek en die tyd van die Aufklärung (met sy rasionalistiese denke) was, het daar ‟n gaping en selfs ‟n verwydering tussen die teologiese en die literêre ondersoek van die Bybel gekom.

Ter wille van duidelikheid kan die onderskeie ondersoekbenaderings (literêr en teologies) nou skerp en ietwat veralgemenend gestel word:

♦ Die teologiese benadering het die Bybel geïsoleer (afgesluit) van ander literatuur.

83

• Daarteenoor het die literêre benadering die Bybel in ‟n mate gesekulariseer.

♦ Die teologiese klem is op die kontekstualiteit van die Bybelteks geplaas.

• Daarteenoor het die literêre klem op die tekstualiteit van die Bybelteks geval (sien weer die samevattende konklusie in verband met die bena- dering van die literariteit van die Bybel deur die Romantici, 2.2.2.5.4). As gevolg van die verskillende beklemtonings is ‟n literêre benadering van die Bybel van teologiese kant gesien as ‟n benadering wat met die ontstaans- en samestellingsaspekte van Bybelboeke te doen het. Dit is byvoorbeeld duidelik uit wat Koch in ‟n studie oor die Vormkritiese metode van Bybelverklaring daaroor skryf:

Literary criticism is the analysis of biblical books from the standpoint of lack of continuity, duplications, inconsistencies and different linguistic usage, with the object of discovering what the individual writers and redactors contributed to a text, and also its time and place of origin. (Koch, 1969:70.)

Dit korrespondeer met twee wetenskapsbeskouings gedurende die negentiende eeu wat sterk invloed uitgeoefen het, naamlik die Positivisme en die geistesgeschichtliche Methode. Eersgenoemde het veral op die kousale verbande tussen die literêre werk binne die milieu of moment waarin dit ontstaan het, en die outeur gefokus. Laasgenoemde het gepoog om die literêre werk te verstaan deur middel van intuïsie, belewenis en begrip van die tydsgees (Du Plooy & Viljoen, 1992:26).

Vir literatuurwetenskaplikes is dit wat Koch geformuleer het en wat hierbo aangehaal is, juis wat ‟n „literary criticism‟ ten opsigte van die Bybel nié is nie (Ryken, 1993b:59; vgl. ook Gros Louis, 1982:14-17). Reeds vroeg in die twintigste eeu was daar skerp reaksie teen bogenoemde twee benaderingswyses van die kant van die New Criticism, die Russiese Formalisme en die Deutsche werkimmanente Methode. Die beskouing van teologiese kant van wat ‟n literêre benadering tot die Bybel sou wees, het daartoe aanleiding gegee, soos Jasper dit stel, dat die eienaardige en kunsmatige kategorie van „literêre lesings‟ van die Bybel deur die agterdeur van Bybelondersoek ingesluip het (Jasper, 2003:22-23; vgl. weer 2.2.2.5.3). So ‟n lesing laat nie reg geskied aan die literariteit van die Bybel nie. Die teologiese Bybelondersoek was dus nie volledig blootgestel aan die sterk ontwikkelinge wat sedert die begin van die twintigste eeu van literatuurwetenskaplike kant plaasgevind het nie.

Hiermee is die gaping tussen literatuurwetenskaplike en teologiese Bybelondersoek (met ontstaanswortels in die Romantiek en Aufklärung) in die eerste driekwart van die twin- tigste eeu duidelik geïllustreer. Dit het verreikende gevolge vir die Teologie mee-gebring.

84

Die verwydering het veroorsaak dat die teoloog as‟t ware eers egte literêre analisering van die Bybel sou kon doen as hy sou uitklim uit sy teologiese metodes waarin hy ingegrawe is (Ryken, 1993b:59-60). Hy kon hom dus in sy teologiese ondersoek nouliks „vóór‟ die Bybelteks bevind en die teks literêr lees „soos-hy-daar-staan,‟ want hy moes volgens die konvensie van sy dissipline sy navorsing „agter‟ die teks gaan doen, waar hy volgens die bepaalde „objektiewe‟ variant van die Modernisme as‟t ware die eksaktheid van objektiewe waarhede moes gaan vasstel (vgl. weer Laffey, 1987:13, se onderskeiding tussen die twee verskillende, maar paradoksaal-oorvleuelende stromings binne die Moderne tydperiode; 2.2.2.6.0).

Wat hier weergegee is, was die stand van die teologiese navorsing met betrekking tot die benadering van die Bybel-as-literatuur gedurende die eerste ses dekades van die twintig- ste eeu. Aan die einde van die sestigerjare sou daar egter ook van teologiese kant ‟n beduidende wending in die literêre benadering tot die Bybel kom.

Die besondere invloed wat Northrop Frye van die kant van die Literatuurwetenskap op ontwikkelinge in die twintigste eeu op die benadering van die Bybel-as-literatuur gehad het (sien weer 2.2.2.6.l (iii) hierbo), het James Muilenburg van die kant van die Teologie daarop gehad. Sy presidensiële rede met die titel Form Criticism and Beyond (Muilenburg, 1969:1-18) by die jaarlikse konferensie van die Society of Biblical Literature op 18 Desember 1968 was verantwoordelik vir die wending wat daar in die teologiese bestudering van die Bybel-as-literatuur gekom het. Hy het daarmee ‟n hele nuwe generasie jonger navorsers geïnspireer vir ‟n nuwe verklaringsmetode (Whybray, 1983:76). Muilenburg het betoog dat dit nodig geword het om verby die tradisionele verklaringsmetode bekend as „form criticism‟ te beweeg. Daar hoef nie ‟n plaas- vervangende alternatief vir Vormkritiek te kom nie, maar daar kan en moes beslis ‟n aanvulling of uitbreiding van dié verklaringsmetode kom. Dit het volgens Muilenburg in die rigting gelê van ‟n besondere klem wat geplaas moes word op die wyse van formulering van die openbaringsgedagtes wat in die Bybelteks gegee is. Al was die (Hebreeuse) Bybelskrywers nie in die eerste plek op stilistiese en estetiese aan- geleenthede, op belles lettres, ingestel in hulle opskrifstelling van die openbaring nie, beteken dit nie dat die tekste wat hulle nagelaat het nie literatuur van hoë kwaliteit is nie. Inteendeel, sê Muilenburg, hoe dieper die Bybelverklaarder ingaan op die tekstuele formulering van dit wat as openbaring aangebied word, hoe meer sensitief word h/sy vir die rol wat woorde en motiewe in die tekssamestelling speel; hoe meer hy konsentreer op die wyse waarop gedagtes in linguistiese patrone geweef is, “...the better able he is to think the thoughts of the biblical writer after him”. Muilenburg vervolg:

…a responsible and proper articulation of the words in their linguistic patterns and in their precise formulations will reveal to us the texture and fabric of the writer‟s thought, not only what it is that he thinks, but as he thinks it. (Muilenburg, 1969:7; beklemtoning deur kursivering van JPB.)

85

Hierdie komplementering van die Vormkritiese ondersoekbenadering noem Muilenburg „rhetorical criticism‟ (Muilenburg, 1969:18). Die eerste saak van belang in so ‟n reto- riese benadering tot ‟n teks is vanselfsprekend om die grense of skopus van ‟n literêre eenheid vas te stel, om presies te omlyn waar en hoe die literêre eenheid begin en hoe en waar dit eindig. Dit mag wees dat daar ‟n subjektiwiteit aan hierdie proses van vasstel- ling en omlyning verbonde is, maar daar is geen plaasvervanger vir literêre sensitiwiteit nie (Muilenburg, 1969:8-9).28

Mede as gevolg van die besondere invloed van Muilenburg is die literariteit van die Bybel dus ook van teologiese kant aan die einde van die sestigerjare van die twintigste eeu beklemtoon en op die voorgrond geplaas as belangrik en noodsaaklik vir die proses van betekenisontsluiting van die Bybelteks. Soos Frye die literariteit van die Bybel prominent in die literatuurwetenskaplike navorser se ondersoekveld geplaas het, het Muilenburg dit as ‟n definitiewe punt op die teologiese navorsingsagenda aangeteken. Die teologiese navorser moes dus nie in die wêreld „agter‟ die Bybelteks vasval nie, maar moes sy ondersoek ook vanuit die teks in die wêreld „voor‟ die teks begin doen.

2.2.2.6.3 Samevattende konklusie in verband met die beskouing en benadering van

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN