• No results found

Inleidend: Wat bring die geskiedenis aan die lig in verband met die literariteit van die Bybel?

LITERÊR-TEORETIESE PERSPEKTIEWE OP LITERATUUR EN OP DIE BYBEL-AS-LITERATUUR

2.2 DIE BYBEL AS/EN LITERATUUR

2.2.2 Historiese oorsig oor die Bybel-as-literatuur

2.2.2.0 Inleidend: Wat bring die geskiedenis aan die lig in verband met die literariteit van die Bybel?

Indien die Bybel dan wel literatuur is soos hierbo in 2.2.1 voorlopig vasgestel en aan- getoon is, moet die volgende vrae noodwendig aandag kry: Was/is die Bybel literatuur wat – histories gesien – deel is van ʼn algemene menslike verskynsel? Wat is die besondere plek wat die Bybel deur die loop van die geskiedenis tussen ander literatuur ingeneem het?

Vir ʼn verantwoorde beantwoording van hierdie vrae is dit dan eerstens nodig om ʼn oorsig te gee oor hoe en in welke mate die Bybel deur die loop van die geskiedenis literêr beskou en benader is. Die huidige navorser oordeel dat ʼn historiese oorsig oor die beskouinge van en die benadering tot die „literêrheid‟ of literariteit van die Bybel ʼn integrale deel van hierdie studie behoort uit te maak. Die direkte en dringende belang- rikheid en noodsaak van sodanige ondersoek vir die aftasting van die huidige studie- onderwerp in al sy fasette mag dalk op die oog af nie so duidelik wees nie. Dat dit nogtans nodig geag word, kan egter goed en hopelik ootuigend gemotiveer word.

Motivering vir die bied van ʼn historiese oorsig oor die Bybel-as-literatuur:

▪ Daar bestaan blykbaar in ʼn groot mate ʼn leemte wat dokumentering en siste- matisering van historiese gegewens in verband met die literariteit van die Bybel betref. Dit is uit die wyd geraadpleegde literatuur vir hierdie studie opvallend dat die historiese aspekte van die onderwerp slegs fragmentaries aandag kry. ʼn Geïntegreerde historiese studie waarin die hooftendense geïdentifiseer en die hooflyne getrek word, kon nie opgespoor word nie. Historiese ontwikkelinge wat nagegaan, geanaliseer en geïntegreer word kan dus die leemte vul, of minstens gedeeltelik verklein.

▪ Namate die studie vorder, sal dit duidelik word dat historiese insig in die beskouinge en die evaluering van die literariteit van die Bybel tydens verskillende tydvakke in veral die Westerse literatuurstudie basiese en onontbeerlike inligting vir die navorsing beskikbaar stel. Himnografie is immers ʼn bepaalde vorm van literatuur; die liturgiese lied is ʼn literêre artefak wat direk of indirek aan die teksgeworde openbaring van die Bybel verbind is en daaruit ontspring. Die studie kan en sal sonder kennisname en verwerking van die historiese dus nie volledig en omvattend wees nie.

42

▪ Die historiese ondersoek kan verder in hierdie hoofstuk ook helderheid bring ten opsigte van die verhouding tussen die Bybel en ander literatuur (vgl. 2.2.3 hieronder).

▪ Historiese verantwoording bring ook ten opsigte van die regverdigbaarheid al dan nie van ʼn benadering waarin die Bybel onder meer ook as literatuur gelees word (2.2.4 hieronder), groter duidelikheid.

▪ Die historiese hou positiewe implikasies in wat die helderheid en sinvolheid van die ondersoekmetode oor die onderwerp van die literariteit van die Bybel betref (2.2.5 hieronder).

Die leser word versoek om in die lig van hierdie motivering nou eers rustig saam met die navorser deur die historiese landskap van die Bybel-as-literatuur te stap.

Die historiese oorsig word chronologies aan die hand van hooftydperke gebied (2.2.2.1 tot 2.2.2.7).11 Elke tydperk se behandeling word ingelei deur ‟n konteksbepaling van die betrokke historiese tydvak. Daar word in ʼn oriënterende waarneming vasgestel watter denkwyse(s) en algemene tendense tipies was en is van die besondere tydperk. Die uit- stippeling van die heersende denkrigtings en algemene tendense in ʼn bepaalde historiese fase word gedoen omdat die Bybel in elke fase van die geskiedenis gelees is, en omdat elke onderskeibare tydvak ‟n eie besondere invloed op die lees en verstaan van die Bybel binne daardie konteks en milieu uitgeoefen het. Smit (2006:21) wys op die noue verband tussen die kulturele konteks en die wyse van omgang met dokumente, dus ook met literatuur wat figureer binne die werkdefinisie van die berip literatuur wat reeds vir die huidige studie geformuleer is (2.1.4).

Keer op keer in die geskiedenis lees gelowiges die Bybel net soos wat hulle kulturele tydgenote ook maar ander belangrike, gesaghebbende of klassieke dokumente lees. Keer op keer gebeur dit gevolglik dat groot skuiwe in die kultuur en gepaardgaande skuiwe in

hoe mense dokumente lees en verstaan ook neerslag sou vind in die kerk se lees en uitleg van die Bybel. (Beklemtoning van Smit.)

Hiermee word deur Smit ʼn belangrike aspek van Bybellees en -verklaring uitgelig, naamlik dat die benadering tot die Bybel nooit in ʼn lugleegte – en „tydleegte‟! – plaas- vind nie. Die historiese konteks met sy sosio-kulturele tendense speel te alle tye ʼn rol.

11

Ryken verskaf ʼn breë raamwerk vir ʼn historiese oorsig oor die verloop van hoe en in watter mate die Bybel in die verlede en tot op hede as literatuur benader is en word (Ryken, 1993b:49-68). Dit is ʼn bruikbare raamwerk om die historiese tydperke in te deel, alhoewel hy die tydvak van die Middeleeue onbehandeld laat en ook ten opsigte van ander tydperke in die geskiedenis nie die historiese tendense en ontwikkelinge genoegsaam reflekteer nie. Daarom word vir die historiese oorsig van ‟n verskeidenheid bronne gebruik gemaak, soos telkens tersaaklik aangedui word.

43

Dit is veral ook belangrik om die literêre tendense in ʼn bepaalde historiese gemeenskap in berekening te bring. In die historiese ondersoek wat nou volg, wil ek juis dit doen, ten einde die beskouing, benadering en evaluering van die literariteit van die Bybel tydens die verskillende hoofperiodes van veral die Westerse literatuurstudie vas te stel. Dit moet meehelp om uiteindelik tot ʼn finale bevinding te kom ten opsigte van die vraag of die Bybel literatuur is, en indien wel, hoedanige literatuur dit is en in watter verhouding dit tot ander literatuur staan.

Die historiese oorsig oor benaderings tot die Bybel as ‟n literatuurdokument/-teks word soos volg georden: ʼn Konteksbepaling van elke historiese tydvak met sy kenmerkende denkwyse(s) en algemene tendense word telkens eers gemaak. Dit word gevolg deur ʼn bespreking van die belangrikste spesifieke tendense in die benadering van die Bybel in die betrokke tyd. Aan die einde van die behandeling van elke historiese fase word ʼn samevattende konklusie in verband met die beskouing en benadering van die literariteit van die Bybel in die besondere fase gegee. Die historiese oorsig in sy geheel word afge- sluit met ʼn samevatting van en gevolgtrekkings in verband met die inligting wat die historiese ondersoek van die Bybel-as-literatuur oplewer (2.2.2.8).

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN