• No results found

Inleidend: konteksbepaling van die resente tyd en uiteensetting van die ondersoek na die Bybel-as-literatuur in dié tydvak

LITERÊR-TEORETIESE PERSPEKTIEWE OP LITERATUUR EN OP DIE BYBEL-AS-LITERATUUR

2.2 DIE BYBEL AS/EN LITERATUUR

2.2.2 Historiese oorsig oor die Bybel-as-literatuur

2.2.2.7 Die resente tyd (ná 1975)

2.2.2.7.0 Inleidend: konteksbepaling van die resente tyd en uiteensetting van die ondersoek na die Bybel-as-literatuur in dié tydvak

Uit 2.2.2.6 hierbo het pas geblyk dat daar teen die sewentigerjare van die twintigste eeu ‟n nuwe tydvak betree is. Die invloed van die Romantiek en Aufklärung wat so sterk in die eerste deel van die eeu gegeld het, het begin taan. Die veranderinge wat ten opsigte van die literatuurwetenskaplike en die teologiese benadering van die Bybel-as-literatuur ingetree het, moet nou binne die konteks van resente veranderinge op makroparadigma- vlak nagegaan word.29

Die veranderinge wat sedert die vroeë sewentigerjare van die twintigste eeu ingetree het, word redelik algemeen aanvaar as die aanvangstekens van dit wat volgens Vorster ‟n omvangryke en universele hoofperiode in die geskiedenis genoem kan word (Vorster, 1999:10), naamlik die periode van Postmoderniteit. ‟n Hele nuwe pluralistiese interpretasiesituasie het ‟n onontkenbare en onontkombare werklikheid geword (vgl. Brueggemann, 1993:vii).

29

Dit beteken dat daar net soos by die konteksbepaling van die eerste deel van die twintigste eeu eers ‟n oorsig oor die Moderne era met die Modernistiese vergestaltings van dié denkwyse in die kuns en wetenskap gegee moes word (2.2.2.6.0), hier eers goed rekenskap gegee moet word van die nuwe denkwyse wat sedert die laaste driekwart van die vorige eeu wetenskaplike ondersoekbenaderings sterk beïnvloed. Dit kan uiteraard nie ‟n volledige uiteensetting van die nuwe tydvak met sy tendense wees nie, maar dit is noodsaaklik om tog oorsigtelike opmerkings te maak oor die denkwyse wat die tyd hier ter sprake oorheers, ten einde die konteks waarin die bestudering van die Bybel-as-literatuur sedert 1975 en op die oomblik plaasvind, te begryp.

87

Vanweë die wydlopige aard van die verskynsel(s) van die Postmodernisme is daaroor meer geskryf as oor ander stromings wat daaraan voorafgaan (Du Plooy, 1998a:73). Die bespreking van die hoofperiode van Postmoderniteit word daarom – en ook omdat hierdie studie sy plek in die resente tydkonstellasie vind – breedvoeriger as enige ander tydperiode in hierdie historiese oorsig bespreek.

Om ‟n voorkeur vir of afkeur van hierdie nuwe situasie te hê, bly natuurlik die keuse van die navorser. Wat hy of sy egter nie kan doen nie, is om dié bepaalde konteks mis te kyk, te ontken of te ignoreer nie. Niemand kan buitendien buite die interaksie tussen Zeitgeist en die ervaring van die indiwidu staan nie. Postmodernisme word ook nie net deur filosowe en akademici en „verwarde‟ kunstenaars bedryf nie – àlmal sit binne dieselfde denkpatrone vas omdat dit die hele kontemporêre menslike bestaan deurspoel (Du Plooy, 1998a:74-75). Janse van Rensburg verwoord dit so:

Recognising this reality (= that we live in a postmodern age or era) implies that we dare not go through life with our eyes shut, pretending that every thing is as it was in days gone by. To reminisce about those days may be fine, but to live as though the past were the present, is to live in a fool‟s paradise. (Janse van Rensburg, 2000:35.)

Daarom moet die benaderingswyses tot die literariteit (al dan nie) van die Bybel-as- literatuur ook in hierdie resente tydkonstellasie van Postmoderniteit ondersoek en verreken word. Dit gebeur hier steeds as deel van die doelwit wat aan die begin van hierdie historiese ondersoek gestel is (sien weer 2.2.2.0), naamlik om eerstens vas te stel of die Bybel literatuur was/is wat, histories gesien, deel is van ‟n algemeen menslike verskynsel, en om tweedens vas te stel wat die besondere plek was/is wat die Bybel deur die loop van die geskiedenis tussen ander literatuur ingeneem het.

Of die Postmoderne denkwyse en hoofperiode in die geskiedenis so presies gedateer kan word soos hierbo gedoen is (as synde ‟n wyse van dink sedert die vroeë sewentigerjare van die vorige eeu), word deur baie bevraagteken. Kloppers (2003:201) neem as vertrekpunt dat Postmodernisme gesien moet word as ‟n benadering, ‟n houding, of ‟n bepaalde geestesingesteldheid. Meer geleerdes handhaaf die beskouing dat wat oor die algemeen as Postmodernisme bekendstaan, nie primêr ‟n tydperiode verteenwoordig nie, maar dat dit méér is as ‟n tydperiode (Herholdt, 1998b:215). Daar is selfs deur Eco betoog dat die Postmodernisme nie gedateer moet word nie. “I believe that post- modernism is not a trend to be chronologically defined, but, rather, an ideal category – or better still, a Kunstwollen, a way of operating. We could say that every period has its own postmodernism.” (Eco, 1984:65-66.)

Cilliers sluit in ‟n mate hierby aan as hy sê dat daar nie aan waterdigte skeidings tussen die premoderniteit, moderniteit en postmoderniteit gedink kan word nie; dit is eerder ‟n ineenvlegting – soos die ondersese yslae van ysberge wat teen en by mekaar inskuif.

88

Talle van die Postmodernistiese uitgangspunte en kunsprodukte word in ander tydvakke as dié sedert die sewentigerjare van die twintigste eeu aangetref, wel in ‟n ander historiese baadjie, maar wesenlik dieselfde (Cilliers, 2002:3). As voorbeeld van relati- witeit, ‟n tipiese kenmerk van die huidige Postmoderne denke, verwys Cilliers (2002:22) na die bekende woorde van die Griekse filosoof Heraklitus, naamlik panta rei, wat letterlik met „alles vloei‟vertaal kan word. Dit stem ooreen met denke in die resente Postmoderniteit. Dit beteken dat die realiteit nooit gefikseer kan word nie en daarom ook nie gedefinieer kan word nie (Janse van Rensburg, 2000:13). Wat hy “verrassende ooreenkomste” noem, word deur Schulze tussen die kenmerkende opvattings van die Postmodernisme en die opvattings van die sofiste en skeptici van die antieke Griekse kultuur aangetoon (Schulze, 1998:14-22). Foshaugen sien Postmoderne denke as ‟n samevloeiing van uiteenlopende(!) kruisstrome: pragmatisme, eksistensialisme, psigo- analise, Marxisme, feminisme, dekonstruksionalisme en post-empiriese filosofie. Die oop-eindigende, onbepaalbare Postmodernistiese denkwyse het uit hierdie maalstroom van uiteenlopende impulse en tendense voortgevloei en saamgevloei (Foshaugen, 1999:1; vgl. ook Readings en Schaber se insiggewende 1993-versamelbundel met die titel Postmodernism across the ages. Essays for a Postmodernity that wasn‟t born yesterday). Meer voorbeelde van onderliggende strominge in die ontstaansmilieu van die Post- modernisme kan genoem word. Janse van Rensburg grawe byvoorbeeld die meer resente wortels van die „boom‟ van die Postmodernisme oop (Janse van Rensburg, 2000:34) as hy in ‟n verhelderende oorsig die filosofiese ontwikkeling van Postmodernisme op verskillende terreine skets (Janse van Rensburg, 2000:13-34). Hy beskou die volgende erkende filosowe as die „strong roots‟ van die boom: Friedrich Nietzsche, Ferdinand de Saussure, Martin Heidegger, Claude Levi-Strauss, Michel Foucault, Jacques Derrida, Jean-Francois Lyotard, Jean Baudrillard en Richard Rorty (Janse van Rensburg, 2000:34). Die saamgroepering van hierdie invloedryke filosowe deur Van Rensburg kan vreemd voorkom, aangesien daar naas die kontinue lyne wat deur hulle denkwyse en werk loop, ook definitiewe diskontinuïteit aangetoon kan word. Hulle kan nie sonder meer in een asem genoem word nie. Van Rensburg se betoog is egter dalk juis tiperend van die verskeidenheid filosofieë en fasette wat saam en afsonderlik verantwoordelik is vir die ontstaan van die Postmoderne denkwyse.

Wat die ontstaan van die denkwyse van die Postmodernisme verder betref, is dit belangrik vir hierdie studie om daarop te let dat dit spesifiek die Literatuurwetenskap is wat die leiding geneem het in wat in sekere opsigte gesien is as die ontwakende reaksie teen die Modernisme (Vergeer, 1999:13). Die term Postmodernisme is in die 1950‟s vir die eerste keer deur literêre teoretici gebruik om ‟n nuwe literêre eksperiment te beskryf wat uit die terme van „aesthetic modernism‟ voortgevloei het, maar ook verder as dit gegaan het. Dit het gepaard gegaan met ‟n klemplasing op die immanente of „situatedness‟ (Waugh, 2001:293). Waugh maak voorts die belangrike opmerking dat dit

89

in opposisie geplaas is tot die Modernisme soos dit verstaan is in terme van objektiwiteit, transendensie en onpersoonlikheid, soos weerspieël in die New Critics se teoretisering, en in abstrakte ekspressionistiese estetika. Sy beweer dat die Postmodernisme breedweg- gesproke verstaan moet word as die geleidelike indringing van die estetiese in die sfeer van die filosofie, die etiek en, mees onlangs, die „wetenskap‟ (Waugh, 2001:292). Van Peursen (1995:12) wys daarop dat dit veral die Argitektuur was wat die term Postmodernisme as aanduiding van ‟n nuwe tydperiode in gebruik gestel het en ‟n gebruiksfrekwensie daaraan begin gee het (vgl. ook Schulze, 1998:12).

Dit is ‟n geldige argument om te beweer dat Postmoderniteit as ‟n wyse van dink benader kan word wat oor verskillende hoofperiodes in die geskiedenis span. Postmodernistiese trekke kan inderdaad in verskillende fases van die geskiedenis aangetoon word. Hier word egter nie verder op die vroeëre denkvariante van Postmodernisme òf die ontstaans- geskiedenis van ‟n dateerbare Postmoderne tyd ingegaan nie. Alhoewel daar in die loop van die geskiedenis sekere denke en uitsprake kan wees wat ooreenstem met resente denke en uitsprake, kan met sekerheid gesê word dat die vroeëre wat met die resente ooreenstem, nie deel van ‟n algemene en omvattende stroming was nie. Daarom word dit daar gelaat. Daar word nou verder slegs gelet op die werklikheid dat ‟n omvangryke en universele hoofperiode wel in die geskiedenis ontwikkel het waarin die bepaalde denkwyse en geestesingesteldheid algemeen in swang was en is. Dit is verantwoordbaar om die aanvang van hierdie universele hoofperiode op die vroeë sewentigerjare van die twintigste eeu te stel.

Wat moet nou onder Postmodernisme verstaan word?

Dit is moeilik om Postmodernisme te definieer, selfs onmoontlik (Janse van Rensburg, 2000:5). Postmodernisme verwerp enige aanspraak dat daar iets soos ‟n definisie of beskrywing kan wees wat „neutraal‟ is (Vanhoozer, 2003:3). ‟n Definisie van post- moderniteit (word beweer) is ‟n contradictio in terminis: wie ‟n greep op die verskynsel wil verkry, verstaan dit nie (Cilliers, 2002:1; vgl. Adam, 1995:1-25, se beredenering in dié verband). Hutcheon wys ook op die teenstrydigheid: “…postmodernism is a contradictory phenomenon, one that uses and abuses, installs and then subverts, the very concepts it challenges…” (Hutcheon, 1988:3).

As gevolg van ‟n eiesinnige taalgebruik, ‟n heen-en-weer-spring deur die geskiedenis en die los-en-vas aanhaal van uitsprake, is dit byna onmoontlik om uit te maak wie, en wie nie, tot die Postmodernisme behoort (Van Peursen, 1995:27) – laat staan nog om ‟n definisie daarvan te kan uitmeet en neerpen. Dit maak dit ook moeilik om die denkwyse te evalueer: die term is op sigself ‟n verkleurmannetjie (Schulze, 1998:12). Eagleton (1996) praat van die illusies van die Postmodernisme. Hoe meer ‟n mens jou ingrawe in wat die Postmodernisme wesenlik is, hoe meer kom die navorser onder die indruk

90

daarvan dat dit so ‟n elastiese term is dat dit eintlik nutteloos is om dit te probeer omskryf (Waugh, 2002:289). Van Heerden (1997) noem postmodernisme die „term sonder naam‟, wat enersyds ‟n gemaklike term is wat aangegryp word om naam te gee aan die wye verskeidenheid kulturele verskynsels wat in die tweede helfte van die twintigste eeu hul verskyning op onder meer die gebiede van die argitektuur, literatuur, beeldende kunste, musiek en selfs die teologiese en politieke wetenskappe gemaak het. Andersyds is dit ook ‟n term wat die veelheid van verskille binne die ruimte waarop die term van toepassing gemaak word, maskeer (Van Heerden, 1997:11,12). Die enigste ooreenstemmende ele- ment tussen verskillende en gesaghebbende skrywers in verskillende vakgebiede is dat die Postmodernisme nie adekwaat beskryf kan word nie “…vanweë die kwiksilweragtige én vloeibare én wydlopige karakter van die verskynsel” (Du Plooy, 1998a:73-74). Pogings tot definiëring lyk futiel, want dit is die „benoeming van die onbenoembare‟, die „voorstelling van die onvoorstelbare‟ („naming the unnamable, representing the unrepresentable‟). Dit is oorspronklik woorde van Fredric Jameson wat deur Waugh (2001:289-290) aangehaal word (– tog wou Jameson die waarde van die Postmodernisme juis daarin sien). McHale se 1987-publikasie met die titel Postmodernist fiction se openingswoorde is veelseggend met betrekking tot die weerstandigheid van die Post- modernisme teen benoeming, beskrywing en tipering: “„Postmodernist‟? Nothing about this term is unproblematic, nothing about it is entirely satisfactory” (McHale, 1987:3; vgl. ook Van Heerden, 1997:12).

McHale verwoord die problematiek verder:

„Postmodernist‟? The term does not even make sense...„Postmodernist‟? Whatever we may think of the term, however much or little we may be satisfied with it, one thing is certain: the referent of „postmodernism‟, the thing to which the term claims to refer, does not exist. (McHale, 1987:4; beklemtoning van McHale.)

Postmodernisme is dus ‟n term en ‟n verskynsel wat weerstandig is teen beskrywing en definiëring.

Wat die verband of verhouding tussen Modernisme en Postmodernisme betref, is die natuurlike neiging om die Postmodernisme te probeer verstaan deur dit deurgaans te sien as ‟n reaksieverskynsel teen die Modernisme – Modernisme dan verstaan as die „objek- tiewe‟ variant van die Modernisme (vgl. weer eens Laffey, 1987:13, se onderskeiding tussen twee verskillende, maar paradoksaal-oorvleuelende stromings binne die Moderne tydperiode; sien 2.2.2.6.0 en 2.2.2.6.2 ). In so ‟n siening van die Postmodernisme is Postmodernisme ‟n reaksie teen die modernistiese klem op die dominansie van die rede, die objektiewe sekerhede en vasstelling van finale waarhede deur die wetenskaplike vermoë van die mens, die afdoende definiëring van die werklik-heid in al sy fasette, en sy humanistiese sekularisme en Skrifkritiek (vgl. weer 2.2.2.6.0).

91

Hassan (1987b) onderskei drie en dertig binêre opposisies tussen tipiese trekke van die Moderne en Postmoderne tydperiodes, waarin die Postmodernisme duidelik ‟n reaktiewe karakter openbaar. Hy put daarvoor uit verskeie dissiplines, naamlik Retoriek, Linguis- tiek, Literêre Teorie, Filosofie, Antropologie, Psigo-analise, Politieke Wetenskap en Teologie (Hassan, 1987b:92). Hy plaas die teenstellings in twee onderskeie asse waarvan ‟n aantal geselekteer en hier genoem word (Hassan, 1987b:91-92).

←→

“Modernism Postmodernism

Hierarchy Anarchy

Art object / Finished work Process / Performance / Happening Creation / Totalization Decreation / Deconstruction

Synthesis Antithesis

Genre / Boundary Text / Intertext

Paradigm Syntagm

Selection Combination

Signified Signifier

Narrative / Grande Histoire Anti-narrative / Petite Histoire

Master Code Idiolect

Origin / Cause Difference-Differance / Trace

God the Father The Holy Ghost

Determinacy Indeterminacy

Transcendence Immanence”

Kritiek is teen hierdie binêre teenstelling tussen Modernisme en Postmodernisme uitgespreek – dat dit naamlik ‟n oorvereenvoudiging van die verhouding tussen die twee denkwyses is (vgl. vir die kritiek: Van Heerden, 1997:40). Tog bring dit ‟n bepaalde insig in ‟n uiters moeilik formuleerbare verskynsel.

ʼn Beskouing dat die Postmoderne denkwyse ‟n reaksieverskynsel op die Moderne denkwyse is, moet duideliker as wat hierbo gedoen is, gekwalifiseer word, want die Postmoderne is nie in alle opsigte ‟n reaksie op en teen die Moderne denkwyse nie. Daar is naamlik ook ‟n kontinuering en selfs ‟n intensivering van elemente van Moderniteit in die Postmoderne tyd. Die bepaalde variant van Modernisme waarna in hierdie verband verwys word, is dan met name die subjektiewe, irrasionalistiese rigting van die Modernisme waarna ook in 2.2.2.6.0 verwys is (Laffey, 1987:13). Postmodernisme is – só gesien – te klassifiseer as laat-Modernisme, ‟n radikalisering en verdere ontwikkeling

92

van die Modernisme (Van Heerden, 1997:14). Die „post‟ van Postmodern beteken dus nie noodwendig anti-Modern nie, maar letterlik ná (= „post‟ as temporele aanduiding) die Moderne met sy eie kenmerkende „absolutes‟ en aksente.

McHale (1987:5) stel egter verder dat Postmodernisme nie nèt dui op ‟n tydfase ná ‟n vorige periode nie: “…I want to emphasize the element of logical and historical conse- quence rather than sheer temporal posteriority. Postmodernism follows from modernism, in some sense, more than it follows after modernism. (Beklemtoning van McHale.)

Lombard (1999:10) neem waar dat dit in Afrikaans die gebruik skyn te wees om Modernisme met ‟n hoofletter te skryf en postmodernisme met ‟n kleinletter. Sy sê dat dit waarskynlik daaraan toe te skryf is dat die postmodernisme veel minder die karakter van ‟n afgeronde sisteem aanneem as wat met Modernisme die geval is. Alhoewel dit ‟n interessante waarneming, verklaring en beredenering is, word in hierdie studie gehou by die skryfwyse om Postmodernisme met ‟n hoofletter aan te dui, aangesien die term hier deurgaans gebruik word as verwysing na ‟n omvangryke en universele hoofperiode in die geskiedenis (soos reeds hierbo genoem is; vgl. tweede paragraaf van 2.2.2.7.0).

Deur verskillende tipiese kenmerke van die Postmodernisme te noem, kom daar wel ‟n aanvoeling vir wat tuishoort in die denkklimaat van Postmoderniteit. Die volgende kan aangestip word:

(i) Multidimensionaliteit en oënskynlike onbepaalbaarheid van teksbetekenis (Cilliers, 2002:22) is ‟n tipiese vertrekpunt in die Postmodernistiese denke (Hassan, 1987a:445). Opskorting en uitstel van elke eksklusiewe keuse en enige finale oordeel is kenmerkend van dié soort denke (Du Plooy, 1998a:78) – sowel op wetenskaplike (intellektuele) as estetiese gebied (Ijsseling, 1998:57; vgl. Vos, 2000:179). Die Postmodernistiese literêre teorie stel byvoorbeeld dat daar nie slegs enkellynige of een enkele betekenis in taal- tekste is nie (Du Plooy, 1998a:87; vgl. in dié verband Howard Felperin se oorsig oor die resepsie van Shakespeare-sonette en die nuwe lesing wat hy aanbied – Felperin, 1985:147-199). Meervoudigheid (multidimensionaliteit) van teksbetekenis word beklemtoon. Hierdie opskorting van „finale‟ teks- lesings hang in ‟n sin saam met die onsekerheid, epistemologiese twyfel, skepsis en voorlopigheid van die Modernisme (vgl. weer 2.2.2.6.0 (ii), (iii) en (vi)).

(ii) Indiwidualisering is ‟n besondere kenmerk van die Postmodernisme. Die einde van die sogenaamde groot verhale of „meesterverhale‟ het aangebreek (vgl. Breytenbach, 1997:1161-1186; Lyotard, 1984:xxiv; Johnson, 2001:5).

93

Lyotard se onderskeiding tussen „métarécits‟ en „petits récits‟ in sy 1984- publikasie met die titel The Postmodern Condition: a report on knowledge (wat al deur sommige die „bybel‟ van die Postmoderne beweging genoem is) het die aandag gevestig op narratiewe wat pretendeer om universele waarhede bloot te lê. Dit is belangrik om te onthou dat hierdie onderskeid nie primêr met grootte of omvang te make het nie, maar met geloofwaardigheid (Du Plooy, 1998a:76; vgl. Van Heerden, 1997:44). Métarécits is nie meer geloofwaardig nie; inteendeel: binne ‟n Postmoderne perspektief is daar ‟n grondige wantroue teen meesternarratiewe (Breytenbach, 1997:1165). Dit word bevestig deur die ineenstorting van elke globale visie wat voorgee om alles te kan verklaar en alle probleme te kan oplos (Ijsseling, 1998:55; vgl. Vos, 2000:179). Die gevolg is ‟n deurlopende sinisme teenoor die waardes en lofwaardige doelstellings van die verlede (Johnson, 2001:5). Daar het net „klein‟ verhale oorgebly (petits récits), dit wil sê fragmentariese analises en voorlopige oplossings (Vos, 2000:179; Viljoen, 1995:397). „Totalization‟ word totaal(!) afgewys (Hassan, 1987a:445). Postmodernisme word ‟n term “...to designate a bewilderingly diverse array of „little narratives‟” (Waugh, 2001:290). Die indiwidualisering is dus in ‟n sekere sin probleemoplossings wat in ‟n eie verhaal geprivatiseer word.

(iii) Pluralisme is ‟n verdere besondere kenmerk van die Postmodernisme (Brueggemann, 1993:vii; vgl. Van Peursen, 1995:10; Vos, 2000:180-181). Dit vloei logies voort uit die indiwidualisering waarna pas in (ii) verwys is. Pluralisme in godsdiens word in Postmoderne denke as ‟n werklikheid erken en geakkommodeer. Die Christendom se hegonomie van eeue (soos dit in die Westerse kultuur gegeld het) word vervang met die pluralisme van ‟n pluralistiese gemeenskap wat saamgestel word uit die toenemende getalle van Moslems, Buddhiste, Jode, humaniste en mense van ander oortuigings (Anderson, 2000:9).

(iv) Daar word – veral wat die benadering van Bybeltekste betref – aangedring op aanvaarding dat daar ‟n egalistiese verhouding tussen (selfs teenstrydige) standpunte bestaan. Elkeen se sienswyse moet gerespekteer en erken word as gelyk(waardig) aan ander se sienswyses (Carroll, 2003:61; vgl. ook Foshaugen, 1999:3).

(v) Soos Modernisme godsdiens bevraagteken het, bevraagteken Postmodernisme die rede. Daar kan daarom meer as een moontlike waarheid oor dieselfde aangeleentheid wees: reg en verkeerd word vervang met geldig en óók geldig. Die slagkrete van die beweging is „nothing is sacred‟ en „everything goes‟ (Vorster, 1999:11; vgl. ook Van Deventer, 2001:72).

94

(vi) Die klem wat die Modernisme se „objektiewe‟ variant (vgl. 2.2.2.6.0) op die objek en op objektiwiteit geplaas het, word in die Postmodernisme verplaas na die subjek: die mens en sy ervaring. Wat historisiteit betref, is die Moderne ideaal van objektiwiteit byvoorbeeld laat vaar. Geskiedenis en geskied- skrywing word in die Postmoderne klimaat as ‟n verbeeldingryke rekonstruk- sie van die verlede beskou. Die grense tussen feite en fiksie het verdwyn, want neutraliteit is vir niemand moontlik nie (Strauss, 1998:102). Niks is meer absoluut nie (vgl. weer (i) hierbo). Universele waardes soos waarheid en vryheid word nie meer nagejaag nie – eerder intellektuele bevoegdheid (Van Huyssteen, 1999:43; Vos, 2000:179-180; Herholdt, 1998b:216). Waarheid as ‟n objektiewe realiteit bestaan nie (Janse van Rensburg, 2000:9). Alles word relatief, omdat alles vloei (panta rei; vgl. weer Cilliers, 2002:22; Janse van Rensburg 2000:13). Anderson praat van die „relativity of truth‟, omdat die mens ‟n beslissende rol speel in die skepping van ‟n „wêreld‟ deur taal. Hierdie wêreld is ‟n kreatiewe projeksie van die „knowing self” of die gemeen- skap waartoe h/sy behoort. Daar is geen werklikheid buite die gekonstrueerde werklikheid wat deur die gebruik van metafoor en antropomorfiese taal- uitdrukking geskep en herskep word nie (Anderson, 2000:8; vgl. ook Johnson, 2001:6). Dit gaan oor die representasie in taal as sentrale probleem. Die kennende subjek werk met die kenbare objek, maar, anders as in bogenoemde vorm van die Modernisme, is die objektiewe sekondêr en in elk geval steeds

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN