• No results found

Aurelius Augustinus oor die Bybel-as-literatuur

LITERÊR-TEORETIESE PERSPEKTIEWE OP LITERATUUR EN OP DIE BYBEL-AS-LITERATUUR

2.2 DIE BYBEL AS/EN LITERATUUR

2.2.2 Historiese oorsig oor die Bybel-as-literatuur

2.2.2.2 Die Patristiese tydperk (Vroeë Kerk)

2.2.2.2.3 Aurelius Augustinus oor die Bybel-as-literatuur

Aurelius Augustinus (AD 354-430) is al die „grootste‟ kerkvader genoem (Van der Westhuizen, 2003:56), die „kerkvader by uitnemendheid‟ (Schulze, 1978:67) en “...dalk die beroemdste en invloedrykste Christelike denker van alle tye” (Smit, 2006:22). Hy was ʼn teoloog van formaat wat ʼn geweldige invloed op die teologiese ontwikkeling in die kerk van die Middeleeue (die Rooms-Katolieke Kerk) én die reformatoriese kerke van die sestiende eeu en daarna uitgeoefen het (Schulze, 1978:67). In sy aanvanklike beskouing oor die literariteit van die Bybel is dieselfde spanning en worsteling by Augustinus te bespeur as dié wat sy tyd gekenmerk het oor die vraag wat die verband tussen die Bybel en die Klassieke literatuur is (Confessiones, III, circa 398). Hy was ook teleurgesteld toe hy in sy entoesiastiese strewe na wysheid, nadat hy ‟n geskrif van die Latynse skrywer Cicero gelees het, die Christelike Bybel vir sy retoriek (welsprekendheid en oor- tuigingstrategie) ondersoek het. Hy het die indruk gekry dat die Bybel onbeholpe en swak geskryf is en dat dit sonder die “majesty of Cicero” was (Harrison, 2005:76). Later, in sy De Doctrina Christiana, Boek IV, vi-vii (wat ongeveer AD 426/27 voltooi is nadat

53

hy moontlik reeds in 395 daarmee begin het – sien Green, 1995:xi), het Augustinus egter die belangrikste vroeë positiewe uitsprake oor die Bybel-as-literatuur gemaak. Dié uitsprake word deur Ryken so belangrik geag dat hy verklaar dat “…the subsequent history of the Bible as literature is a series of footnotes to Augustine” (Ryken, 1993b:53). Wat Augustinus veral geïnteresseer het, was die tekenleer, die teorie van tekens (en betekenis), in Grieks ζεκεἶα, of wat vandag deur geleerdes semiotiek genoem word (Smit, 2006:22).

Dit is in die lig hiervan gerade om verder op Augustinus se latere, positiewe beskouing en waardering van die literariteit van die Bybel in te gaan.

(i) Die Bybel vertoon dieselfde trekke van hoë literêre kwaliteit as die Klassieke retoriek

Augustinus se De Doctrina Christiana was ʼn werk oor eksegese en prediking, maar dit was terselfdertyd ook ʼn behandeling van die verhouding tussen die Christendom en die Kassieke kultuur en retoriek (waarin Augustinus deeglik geskool was). Hy het hom in dié werk uitgespreek oor die literêre meriete van die Bybel. Die Bybel staan vir hom op dieselfde vlak as die groot werke van die Klassieke literatuur (Harrison, 2005:77).

Daarmee het Augustinus hom in ʼn vergelykende waardeoordeel waarderend uitgespreek oor die hoë literêre kwaliteit van die Bybel. Die Bybel staan dus, aan literêre maatstawwe gemeet, op dieselfde vlak as die beste literatuur in die destydse bekende wêreld, maar daarom ook van die literatuur van alle tye (Van Vliet, 1998:18; Du Plooy, 2006:41; vgl. ook weer 2.2.1.1).

(ii) Die hoë waarde van die Bybel se welsprekendheid en skoonheid van uitdrukking

Vir Augustinus was taalondersoek ʼn metode wat hom met genoegdoening vervul het – om die waarheid juis te ontdek deur die literêre skoonheid en kunstigheid van die Bybel te ontleed (Harrison, 1992:93). In die twee baie bekende werke van Augustinus, naamlik Confessiones en De Doctrina Christiana, het hy onderskeidelik sy waardering vir die literêre skoonheid van die Bybel verwoord en die welsprekendheid van die Bybel prakties gedemon- streer.

54

In sy Confessiones (III, vi, 11) verklaar hy dat hy die fabels van die digters verkies bo die foute van filosowe, want dit is volgens hom moontlik om egte voedsel vir die gees uit verse en gedigte te put. Dit is duidelik uit Augustinus se eksegese dat hy sensitief was vir die genoegdoening wat daar in taal, en beelding en vèr-beelding deur taal, opgesluit lê (Harrison, 1992:93).

In Boek IV (vii) van sy De Doctrina Christiana demonstreer Augustinus op ʼn gedetailleerde en tegniese wyse (eie aan die retoriek) die retoriese wel- sprekendheid en voortreflike literêre afgerondheid van die Bybel. Hy gee ʼn uitgebreide uiteensetting en verklaring van Rom. 5:3-5 en 2 Kor. 10:10, 11:6 en 16-30, asook van Am. 6:1-6. Hy wys daarin op die apostel en profeet se retoriese of „literêre‟ vaardigheid ten opsigte van die gebruik van membra et caesa (in Grieks word dit cola et commata genoem, sê Augustinus) en ʼn daaropvolgende circuitus of periode (De Doctrina Christiana, Boek IV, vii, 11; in Green, 1995:208; vgl. ook Harrison, 2005:77). Hy verklaar dat daar nie alleen niks wyser (sapientius) kan wees as wat in die Bybel aangetref word nie, maar dat niks meer welsprekend (eloquientius) kan wees as die Bybelskrywers se styl waarin die wysheid gedra word nie (De Doctrina Christiana, Boek IV, vi, 9; in Green, 1995:206). Hy beklemtoon dat dit God is wat in sy goedheid die krag en die skoonheid waarin die Bybel sy boodskap dra, gegee het.

Augustinus waardeer dus die Bybel as literatuur met ʼn godgegewe skoonheid.

(iii) Vorm en inhoud is in die Bybel onskeibaar

Dit is reeds uit (ii) hierbo af te lei dat Augustinus die inhoud en die vorm van die Bybelteks as ʼn eenheid gesien het. Hy verklaar dan ook dat literêre vorm en inhoudelike betekenis onskeibaar is. Die stilistiese skoonheid van die Bybel het ʼn besondere funksie: net soos die betekenis van wat oorgedra word ongeëwenaard wys is, is elkeen wat werklik bewus is van wat die Bybel- skrywers geskryf het, onder die indruk daarvan dat dit op geen ander wyse behoorlik gesê kon word nie. Die literêre welsprekendheid van die Bybel- skrywers is ʼn onafskeibare begeleier van hulle wyse woorde. Dit gebeur asof vanself, sonder dat ʼn bepaalde vormgewing eers „gevra‟ moet word om so paslik en begeleidend op te tree. Die Bybelskrywer is slaaf van wysheid en (gelyktydig) meester van welsprekendheid, gelei deur die een (die wysheid), terwyl hy die ander een (die welsprekendheid) lei, en dit nie geringskat as die tweede hom volg nie (“comes sapientiae, dux eloquentiae, illam sequens,

55

istam praecedens et sequentium non respuens” – De Doctrina Christiana, Boek IV, vii, 12; in Green, 1995:206, 208).

Augustinus het dus al in sy geskrifte die geïntegreerdheid van die vorm en inhoud van die Bybelteks beklemtoon – iets wat in die moderne literêre teorie in baie opsigte steeds as belangrik vir betekenisbepaling aanvaar word (vgl. onder meer ook weer 2.2.1.2 (ii)-(iii) en 2.2.2.1.1 (ii)-(iii)).

(iv) Die Bybel is unieke literatuur

Alhoewel hy in sy uitspraak oor die literariteit van die Bybel die literêre meriete en hoë waarde van die Bybelboeke vergelykenderwys gestel het (in vergelyking met Klassieke tekste; vgl. 2.2.2.2.3(i) hierbo) en die Bybelse inhoud en welsprekendheid ook alles-oortreffend gestel het (vgl. 2.2.2.2.3(ii) hierbo), het Augustinus tog nie geredelik geneë gevoel om te sê dat die Bybel op dieselfde wyse literêr is as gewone (sekulêre) literatuur in die algemeen nie. Daarom het hy sy vergelykende waarde-uitspraak gekwalifiseer deur te sê dat dit nie die kwaliteite is wat die Bybelskrywers gemeen gehad het met die heidense orators en digters wat hom soveel onuitspreeklike genoegdoening gee nie; hy staan eerder verwonderd oor die Bybel se besondere eie wel- sprekendheid:

Sed non ipsa me plus quam dici potest in illa eloquentia delectant quae sunt his viris cum oratoribus gentilium poetisve communis. Illud magis admiror et stupeo, quod ista nostra eloquentia ita usi sunt per alteram quandam eloquientiam suam… – De Doctrina Christiana, Boek IV, vi, 10; in Green, 1995:206).

Augustinus het dus die Bybel as egte literatuur getipeer (gemeet aan literêre kenmerke soos dit ook in ander literatuur aanwesig is), maar tog ook as besondere literatuur met ‟n eie uniekheid (dus; ook onderskeie van literatuur in die algemeen).

Samevattend kan nou gestel word dat die Kerkvader Augustinus ʼn besondere bydrae ge- lewer het tot ʼn literêre waardebepaling van die Bybel-as-literatuur, terwyl hy die onder- skeidende literêre uniekheid van die Bybel ook beklemtoon het. Hy het die godgegewe skoonheid van die Heilige Skrif as die teksgeworde openbaringswoord op die voorgrond geplaas.

56

2.2.2.2.4 Samevattende konklusie in verband met die beskouing en benadering van

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN