• No results found

Die Bybel-as-literatuur in sy kontemporêre literêre konteks

LITERÊR-TEORETIESE PERSPEKTIEWE OP LITERATUUR EN OP DIE BYBEL-AS-LITERATUUR

2.2 DIE BYBEL AS/EN LITERATUUR

2.2.2 Historiese oorsig oor die Bybel-as-literatuur

2.2.2.1 Die Bybelse tyd

2.2.2.1.2 Die Bybel-as-literatuur in sy kontemporêre literêre konteks

Die Bybel toon ook op ander maniere as deur die genre-tipering van ʼn spesifieke boek (soos onder meer die boeke Prediker en Openbaring) dat dit „tuis‟ is in die literêre omgewing en tydkader van sy ontstaan. Dit blyk onder meer uit die onderstaande feite wat verder genoem kan word.

(i) Kontemporêre literatuur-nomenklatuur

Dit is opvallend duidelik dat die Bybel binne die kontemporêre literatuur- nomenklatuur van sy ontstaanstyd funksioneer. Daar kan verwys word na die feit dat bekende terme soos kroniek, geskiedenis (verwysende na historio- grafie), lied, brief, profesie en ander soortgelyke begrippe telkens in Bybel- boeke voorkom sonder dat dit verduidelik word. Die “psalms”, “lofgesange” en “ander geestelike liedere” van Ef. 5:19a en Kol. 3:16c is voorbeelde van terme wat onder meer so sonder meer deur Paulus gebruik word.

(ii) Die term evangelie as samevatting van populêre genres in die Hellenistiese literatuurwêreld

Reeds in 2.2.1.2(v) is daarop gewys dat evangelie ʼn Bybelse term is wat nie in die bekende kontemporêre nomenklatuur van literatuur in die ontstaanstyd van die Bybel aangetref word in die besondere betekenis wat dit in die Bybel dra nie. Evangelie vertoon tog wel ʼn verwantskap met die populêre genres van sy kontemporêre Hellenistiese literatuurwêreld, naamlik die genres wat deur Gabel, Wheeler en York „romance‟, „aretalogy‟ en „biography‟ genoem word (Gabel, Wheeler & York, 2000:184-185). Dié drie tekstipes behoort nou eers

48

nader toegelig te word, aangesien hulle in die term evangelie ʼn besondere, eg- Bybelse toespitsing ontvang het.

• „Romance‟

Die romance was basies ʼn verhaal oor die wedervaringe van ʼn held wat na vreemde plekke reis, buitengewone dinge sien, gevare oorkom en betrokke raak in ʼn liefdesverhouding wat bydra tot die gelukkige einde van die verhaal. Die held vertoon ʼn voortreflikheid van karakter wat anderkant die normale lê – wat met ander woorde bo die normale uit transendeer en dit oorstyg. Die Odusseia van Homerus word die „grand- father of all romances‟ genoem (Gabel, Wheeler & York, 2000:185). • „Aretalogy‟

Met die tweede populêre genre, aretalogy, word ʼn rapportering van die dade van ʼn buitengewone mens bedoel (Gabel, Wheeler & York, 2000:345). Dit was ʼn verslag van die merkwaardige dade waardeur die buitengewone mens of menslike wese in die kategorie van die goddelike geplaas is.

• „Biography‟

Die derde populêre genre in die destydse literatuurwêreld, naamlik biography, het in die Hellenistiese tyd uit geskiedenis en filosofie ontwikkel. Tot in daardie stadium (dus vóór die Hellenistiese tydperk) was daar nie veel belangstelling in die lewens van groot figure nie, behalwe natuurlik deur die groot figure self. Konings het skrywers gehuur om vleiende beskrywings van hulleself en die groot dinge wat hulle bereik het, op te teken. In die Hellenistiese tyd het die historici in hulle analisering van gebeurtenisse en die rol van die karakters, wat die dramatis personae in die gebeure was, meer gesofistikeerd geraak. Filosowe het konsepte vir die beskrywing van karakters en hulle lewenswyse voorsien waardeur dit moontlik geword het om te leer uit voorbeeldige menselewens (Gabel, Wheeler & York, 2000:185). Die doel van biografiese beskrywings was altyd om te onderrig.

Die belangrikheid van hierdie drie populêre Hellenistiese genres in die literatuurkonteks van die Nuwe Testament is duidelik as dit in verband met die term/genre-aanduiding evangelie gebring word. Evangelie ontwikkel teen hierdie agtergrond as ʼn genre waarin romance, aretalogy en biography

49

saamkom en unieke beslag kry. Die sekulêre kultuur met sy lewendige belangstelling in die loopbane van merkwaardige persone, min skeptisisme oor wondergebeurtenisse en die geloof in ten minste die moontlikheid van ‟n „goddelike mens‟ het – literêr-gesproke – ‟n gunstige milieu vir die ontstaan van evangelie as genre gebied. Tog is die Bybelse genre evangelie in sy eie unieke kategorie: dit is die (reis-)verhaal van die Seun van God se om- wandeling op aarde te midde van haat, verwerping en teenstand waaronder Hy tot die dood toe moes ly, maar met die „gelukkige‟ einde van die oorwinning deur God se liefde; dit is tegelyk ‟n verslag van die wonderdade van hierdie „goddelike mens‟ (Mens met ‟n goddelike natuur); laastens is die evangelie ‟n biografie van ‟n merkwaardige Mens waaruit baie geleer kan word. Waar daar in 2.2.2.1.1 hierbo daarop gewys is dat die Bybel invloed op die literatuur van sy kontemporêre ontstaanstyd en -wêreld uitgeoefen het, blyk dit uit hierdie punt se gegewens dat die sekulêre literatuur op sy beurt ‟n goed voor- bereide omgewing vir die ontwikkeling van ‟n verwante – maar tog unieke – Bybelse genre gebied het.

(iii) Verwantskap met sekulêre literatuur

Die Bybel toon ʼn verdere bewustheid van en aansluiting by sekulêre litera- tuur wat in die Bybelse tyd geproduseer is. Eksodus 20 se wetgewing, byvoor- beeld, dra al die kenmerke van die sogenaamde susereiniteitsverbonde of vasalverdrae van antieke Hetitiese konings (Ryken, 1993b:50). Trouens, ook in die struktuur van die Bybelboek Deuteronomium, en in besonder in die struktuur van hoofstuk 32 (wat Van Rongen die Volkslied van Israel noem), is die ooreenkoms met die bekende vasalverdrae maklik aanwysbaar (Van Rongen, 1968:6-7).

(iv) Onderskeidende kenmerke van literatuur

Alles wat as voorbeelde van die Bybel se literêre aard onder 2.2.1.2(i)-(iv) genoem is, is ook hier binne die konteks van die Bybelse tyd weer van toepassing.

Die Bybel en sekulêre literatuur het dus in die Bybelse tyd wedersydse invloed op mekaar uitgeoefen, maar dit het duidelik geword dat die Bybel, alhoewel op verskillende maniere verwant aan die literatuur van sy kontemporêre ontstaansmilieu, tog ʼn onderskeie, unieke vorm van literatuur is wat in dié tydvak ʼn eie plek tussen ander literatuur ingeneem het.

50

2.2.2.1.3 Samevattende konklusie in verband met die beskouing en benadering van

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN