• No results found

Die Bybel en onderskeidende kenmerke van literatuur

LITERÊR-TEORETIESE PERSPEKTIEWE OP LITERATUUR EN OP DIE BYBEL-AS-LITERATUUR

2.2 DIE BYBEL AS/EN LITERATUUR

2.2.1 Die Bybel is literatuur(?)

2.2.1.2 Die Bybel en onderskeidende kenmerke van literatuur

Om te weet of die Bybel aan die „vereistes‟ voldoen wat aan literatuur in die algemeen gestel word, moet ʼn paar onderskeidende eienskappe wat tradisioneel aan literatuur toegeskryf word, kortliks gestel word en dan nagegaan word òf en hóé elk van die kenmerke in die Bybel as ʼn literêre teksdokument figureer.7

7

ʼn Bekende literatuurwetenskaplike wat sy aandag deur die loop van meer as twintig jaar besonderlik toespits op die onderwerp van algemene literêre eienskappe en hoe dit in die Bybeldokumente aanwesig is, is Leland Ryken. Die insiggewende neerslag van sy werk is in agt bronne te vind wat onder die kopieregdatums 1984, 1984 ed., 1987a (hersien in ‟n 2001-uitgawe), 1987b (opgeneem in die 2001- publikasie), 1990, 1993 (saam met Temper Longman III), 2001, 2005 en 2007 (laasgenoemde saam met sy teoloog-seun, Philip Graham Ryken) gepubliseer is. Sy bydrae bied ‟n gesistematiseerde oorsig oor die studie van die Bybel-as-literatuur. Daar word van hierdie verskillende bronne in die bespreking van die Bybel en die onderskeidende kenmerke van literatuur gebruik gemaak. Verwysings na verskeie ander skrywers oor die onderwerp se bydraes word egter ook verwerk.

35 (i) Literatuur vergestalt menslike ervaring

ʼn Kenmerk van literatuur is dat dit menslike ervaring en belewing beeldend tot uitdrukking bring. Literatuur wil ervaring vergestalt, eerder as om dit net te stel. Dit wil die (of ʼn) werklikheid voorstel, nie maar net daarvan vertel nie (Ryken, 2005:457; 1984 ed.:3). Dit wil dus (ʼn) werklikheid „opvoer‟, nie net informeer nie.

Vir voorbeelde van hoe die Bybel hierdie trek van literatuur vertoon, kan na verskillende Skrifgedeeltes verwys word.

- Die verhaal van Kaïn en Abel (Genesis 4). Die gebod „jy mag nie dood- slaan/moord pleeg nie‟ word ten tonele gevoer in die onderskeidende literêre vorm wat as narratief bekend staan (Ryken, 1993:17; 2007:x). - Die gelykenis van die sogenaamde barmhartige Samaritaan (Luk.10:25-37

par.) is ʼn konkrete voorstelling van wat naasteliefde (hoe om vir iemand ʼn naaste te wees) inhou.

- Die Openbaringboek is met sy beeldende taal ook ʼn uitmuntende voor- beeld van hierdie eienskap van literatuur.

So stel die Bybel voor, eerder as om waarhede net informatief te dokumenteer (alhoewel dele soos wetsbepalings en geslagsregisters se styl natuurlik meer informatief-mededelend as aktief-voorstellend is).

(ii) In ʼn literêre teks word betekenis onder meer deur vorm gekommunikeer

ʼn Verdere eienskap van literatuur is dat dit nie net inhoudelik betekenis dra nie. Vorm is ook betekenisdraend (Ressiguie, 2005:18-19; Aune, 2003:315; Ryken, 1984:28-29). Hoe ‟n skrywer iets voorstel, is in die literêre teks net so belangrik vir betekenisontsluiting soos dit wat hy oordra (Ryken, 2001:20-21; 2005:457; 2007:vii, ix, xii, xiv, xvii). Vorm en inhoud kan nie geskei word nie. Literatuur kommunikeer juis die inhoud deur die vorm. Die literêre gestalte van ‟n teks is dus inherent deel van die betekenisinhoud.8

8

Dit is veral New Criticism en Practical Criticism wat as tekssentriese benaderingswyses tot literêre tekste aan die begin van die twintigste eeu die gedagte dat die vorm deel van die inhoud of betekenis van die literatuurteks word, sterk op die voorgrond geplaas het. Die vorm is wesenlik deel van die „literêrheid‟ van ʼn teks (Bertens, 2003:33-35). Sien later in dié verband by 3.1.2.2.1(i.i) die bespreking van die New/Practical Criticism. McKnight (1985) beweer op voetspoor van Aristoteles (Poëtika, 51, kolom a, reël 36 tot 51, kolom b, reël 11; in De Kock & Cilliers, 1991:15-16, 156-157) dat ʼn teks wat as geskiedenis gelees word, gelees word as ʼn spesifieke gebeurtenis, terwyl ʼn teks wat as literatuur gelees word, gelees word as ʼn universele waarheid. Eersgenoemde lesing gee aandag aan wat gesê word en nie soseer aan hoe

36

Dat die Bybel in hierdie opsig ook egte literatuur is, is sonder meer duidelik. • Die herder en skaap in Psalm 23 dra byvoorbeeld juis deur middel van (dalk beter gesê: deur vorm van) metaforiese voorstelling by tot die verstaan van die verhouding tussen Jahwe en die gelowige digter (Ryken, 1993:17-18; 2007: x).

• Chiastiese strukturering soos dit in Eksodus 15 voorkom, is ʼn vormaspek wat bydra tot beklemtoning van die onvergelykbare hoogheid en heiligheid van Jahwe wat vìr sy volk optree, maar téén die heidense volke (vgl. Bingle, 2000:26-27). Soos later sal blyk (vgl. Deel 3) is chiastiese strukturering volgens sommige ook besonder opvallend teenwoordig in sowel afsonderlike kleiner dele as in die oorhoofse makrostruktuur van Openbaring.

Die Bybel gebruik dus die literêre gestalte waarin sy openbaringsinhoud tot uitdrukking getekstualiseer is, as aktiewe openbaringselement (Van der Walt, 1975:58).

(iii) Literatuur is artistiek van aard

Nog ʼn tipiese kenmerk van taaltekste wat daarvan literatuur maak, is dat dit taalkuns of woordkuns is wat definitiewe artistieke of estetiese skoonheid en vaardigheid – selfs vernuftigheid – van tegniek vertoon (Ryken, 1987a:16; 2001:16).9 ʼn Literatuurteks vestig onwillekeurig die aandag op sy eie be- sondere samestelling – in die mate wat diskoers of gewone beskrywing nie doen nie (Ryken & Longman, 1993:18). Dit sluit aan by dit wat in (ii) hierbo aangetoon is, naamlik dat dit wat ʼn teks onder meer ʼn literatuurteks maak, nie net geleë is in die wat (dit is die inhoud) van die tema wat dit tot uitdrukking bring nie, maar ook in die hoe (dit is die vorm) waarin dit tot uitdrukking kom (Ryken, 1993:18; 2007:xi-xii).

Die elemente van artistieke vormgewing wat deur alle kunsvorme gedeel word, sluit in: patroon of ontwerp, tema of sentrale fokus, organiese eenheid en dit gesê word nie, terwyl laasgenoemde lesing die klem laat val op die styl en die vorm van wat in ʼn teks gesê word (McKnight, 1985:10).

9

Dit is by 2.1.1 reeds gestel dat die begrip literatuur veral sedert die agtiende eeu ʼn toegespitste betekenis gekry het. Geskrifte moet as woord- of taalkuns beskou kan word om literatuur te kan wees, die sogenaamde skone literatuur of belletrie, afkomstig van die Franse „belles lettres‟. Vergelyk verder ook weer Van Peer se benadering van literatuur wat daarvan uitgaan dat literatuur taalkuns is (Van Peer, 1991:129 e.v.; 2.1.3 hierbo).

37

variasie (ook eenheid-in-verskeidenheid genoem), samehang, balans, kontras, simmetrie, herhaling, herhaalde terugkeer van motiewe en integrerende progres- sie (Ryken, 1984:23-24; 1984 ed.:6; vgl. hierbo in 2.1.3 Van Peer, 1991:136, vir sy beredenering van literatuur). Die artistieke kwaliteit van ‟n teks maak daarvan ʼn artefak, ‟n voorwerp van skoonheid, geproduseer deur die vaardige aanwending van verbale en (ver-)beeldende tegnieke. Die artistieke vorm het die intensivering van die impak van dit wat gesê word ten doel.

Wanneer die artistieke eienskappe van literatuur op die Bybel „gepas‟ word, is dit baie gou duidelik dat die Bybel ʼn literêre meesterstuk is wat vir sy skoon- heid waardeer kan word (Ryken, 1984:24). Oral kom ʼn mens dit in die Bybel teë dat die skrywers hulle sterk - en blykbaar wèlbewus – verbind het tot die hoe van hulle betekenisoordrag en nie net tot die wat daarvan nie (Ryken, 2005: 457).

• Die apostel Johannes se weergawe van die evangelie wat opgebou is uit die beskrywing van die wondertekens wat Jesus gedoen het en dan die aansprake van Jesus wat daarby aansluit, is ʼn goeie voorbeeld hiervan (vgl. onder meer Joh. 9:5: “Terwyl Ek in die wêreld is, is Ek die lig vir die wêreld”, en onmid- dellik daarna laat Hy ‟n blindgeborene sien).

• By die behandeling van die himniese dele in die Openbaringboek sal die artistieke skoonheid van dié besondere Bybelboek aan die lig tree (sien die behandeling daarvan van Hoofstuk 4 af verder).

Die Bybel is dus ʼn woordkunstige vormgewing van die Godsopenbaring (Van der Walt, 1975:57; sien ook by (ii) hierbo).

(iv) Literatuur word gekenmerk deur ‟n besondere, spesiale gebruik van taal

Dit vloei logies uit (ii) en (iii) hierbo voort dat literatuur ʼn besondere gebruik van taal vertoon. Die moontlikhede wat taal bied, word in literatuur optimaal ontgin en benut, veral in poësie (vgl. Bronzwaer, 1993:11-12).

Twee kategorieë van taal se besondere uitdrukkingsmoontlikhede wat benut word, kan genoem word.

Eerstens is figuurlike en beeldende taal kenmerkend van literatuurtekste (Miller, 2002:41-43). Dit kom tot uitdrukking in metafoor, vergelyking, simbool, hiper- bool, sinspeling, woordspeling, paradoks, personifikasie, apostroof en ironie (Ryken, 1984:27; 1984 ed.:9; 2007:xi-xii).

38

Tweedens word die retoriese moontlikhede van taal ingespan in die gebruikmaking van bekende retoriese elemente soos parallelisme (veral te vind in Hebreeuse poësie), enige patroonmatige organisering van sinne en frases, retoriese vrae, konstruksies van vraag-en-antwoord, verbeeldingryke dialoog en die aforistiese bondigheid van ʼn spreuk of spreekwoord (Ryken, 1984 ed.:9). Die Bybel is ʼn woordkunstige vormgewing van die Godsopenbaring (vgl. weer (iii) hierbo), waarin die besondere, spesiale gebruik van taal dus ʼn beduidende rol speel. Verskeie voorbeelde uit die Bybel kan aangehaal word om dit te illustreer.

• Die prominente Bybelse voorbeelde van figuurlike en beeldende taal is die Psalms, Wysheidsboeke, die uitsprake en gesprekke van Jesus, asook die taal van die boek Openbaring in sy geheel.

• Liedere is met name taaltekste wat metafore soos lig en duisternis, water, woestyn, herder-skaap en l(L)am inspan.

• Vir retoriese aanwending van taal sal ʼn blote verwysing na die gelykenisse van Jesus voldoende wees om te staaf dat ook hierdie tipiese kenmerk van literatuur in die Bybel voorkom en ryklik van gebruik gemaak word.

Dit is moeilik om ʼn bladsy in die Bybel te vind waar daar nie van hierdie effektiewe moontlikhede wat taal bied, gebruik gemaak word nie.

(v) Sekere genres kenmerk die kanon van literatuur

Deur die eeue het mense wat met literêre tekste werk, saamgestem dat sekere genres eie aan en tiperend van die kanon van literatuur is (Ryken, 1984 ed.:6; 2005:457). Sekere genres word as literêr van aard beskou. Prosa en poësie is seker die mees opvallende kategorieë van literatuur (Ryken, 1987a:15; 2001: 15).

Die Bybelboeke is ryk gevarieerde versamelings van literêre genres.

• Binne ʼn bepaalde boek wat as ʼn bepaalde genre beskou kan word, is daar ook kleiner gedeeltes wat ʼn verwisseling van genres in die opbou en samestel- ling van die boek bevat. Die Openbaringboek is ʼn goeie voorbeeld hiervan – soos later aangetoon sal word (vgl. onder meer 4.2.1.1.4). Prosa en poësie is wisselend, verwisselend en wisselwerkend daarin teenwoordig.

39

• Sekere genres is spesifiek eie aan die Bybel, soos evangelie.10

• Binne die breë tweedeling van genre-kategorieë in prosa (verhaal en narratief) en poësie (taalverdigting in die poëtiese, soos wysheidsliteratuur, in die briewe, visioenêre geskrifte – dit sluit beide profesie en apokaliptiese stof in (Ryken, 1984:26) – en himniese stof soos Psalms en ander liedere) kenmerk verdere literêre diversivering en variëring van genres die Bybel-as-literatuur. Die Bybel is dus ook in die opsig van literêre genre-onderskeidings kenmerkend en onmiskenbaar literatuur – selfs ʼn groot versameling daarvan, waarin daar ook binne ʼn bepaalde boek genre-variasies voorkom.

(vi) Eenheid en geheelheid kenmerk literatuurtekste

ʼn Laaste tipiese, onderskeidende kenmerk van literatuur wat genoem kan word, is dat ‟n literatuurteks – om as literatuur geken te word – samehang en eenheid vertoon (Aune, 2003:315). Dit word selfs beskou as die belangrikste beginsel in die benadering en bestudering van ‟n teks (Ryken, 1987a:21; 2001:21).

Al is die Bybel ʼn versameling van geskrifte met ryk gevarieerde genres, sub- genres, tipes en soorte wat saamgebundel is, is dit tog ʼn besonder geïnte-greerde korpus literatuur.

• Die mees voor die hand liggende element van literêre eenheid is narratiewe eenheid (vgl. Ressiguie, 2005:18-19; Aune, 2003:315; vgl. ook later 4.2.1.2.2). Die Bybel, in geheel genome, is ʼn geskrewe taalteks in die klas- sieke verhaalstyl met ʼn begin (die skepping van die heelal), ʼn middelstuk (die geskiedenis van die gevalle mensdom en die herstel wat gekom het) en ʼn einde (die voleindiging van die geskiedenis in die finale oorwinning oor die Bose). Die rangskikking van die teksmateriaal van die Bybel is dus min of meer chronologies in ooreenstemming met die ontplooiing van hierdie globale narratiewe eenheid. Die raamwerk van die geheel is ʼn historiese narratief (Ryken, 1993:35).

• Binne die ontplooiing van die narratief is verwysings en toespeling ʼn opvallende bindmiddel. Die Bybel is die voorbeeld par excellence van inter- tekstuele literatuur (vgl. later 4.2.6.2.2 en 4.2.6.2.3).

10 Vergelyk later by 2.2.2.1.3(ii) hoe evangelie binne die populêre genres van die Hellenistiese

literatuurwêreld, naamlik „romance‟, „aretalogy‟ en biografie as ʼn verwante, maar tog as ʼn onderskeidende genre ontwikkel het (Gabel, Wheeler & York, 2000:184-185).

40

• Eenheid kom ook tot stand deur die argetipes van die Bybel (vgl. later: 2.2.6.1.3(iii); Frye, 1957, 1986[1981]). Dit bestaan uit terugkerende plot- motiewe (soos verlossing en uitredding), karaktertipes (soos held en teen- stander) en beelde (soos lig en bergtop). In die geïntegreerde geheel van die literatuurtekste van die Bybel is die karakter van God en sy dade die grondliggende stramien (Ryken, 1993:36, 2007:xiv-xv).

Die Bybel vertoon dus ook ten opsigte van eenheid-in-verskeidenheid ‟n samehang en eenheid.

Met hierdie paar onderskeidende eienskappe van literatuur wat algemeen geld, word nie op volledigheid aanspraak gemaak nie. Die vasstelling daarvan of – en indien wel in watter mate – die Bybel die eienskappe vertoon, is eweneens nie volledig nie. Daar sou fyner onderskeidinge in meer besonderhede gemaak kon word, maar wat hier gebied is, toon genoegsaam aan dat die Bybel nie vreemd is aan onderskeidende literêre kenmerke wat van taaltekste literatuurtekste maak nie. Inteendeel: die Bybel vertoon die kenmerke baie duidelik en is vanweë sy omvang en rykdom aan literêre eiendomlikhede mede- bepalend vir wat as die onderskeidende kenmerke van die literatuur geld.

2.2.1.3 Samevattende konklusie in verband met die vraag of die Bybel literatuur is

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN