• No results found

Die gedeelde kultuurhistoriese konteks van die Renaissance en die Reformasie

LITERÊR-TEORETIESE PERSPEKTIEWE OP LITERATUUR EN OP DIE BYBEL-AS-LITERATUUR

2.2 DIE BYBEL AS/EN LITERATUUR

2.2.2 Historiese oorsig oor die Bybel-as-literatuur

2.2.2.4 Die Renaissance en Reformasie van die sestiende en sewentiende eeue

2.2.2.4.1 Die gedeelde kultuurhistoriese konteks van die Renaissance en die Reformasie

Renaissance is sedert ongeveer 1860 die term wat verwys na die kultuurperiode tussen die Middeleeue en die sogenaamde Nuwe Tyd (Smitskamp, 1977:615). Dit was ‟n weder- geboorte in die Westerse kultuur, die dramatiese oorgang van die Middeleeue na die tyd wat ook as die Moderne tyd bekend is (Smit, 2006:38). Die Renaissance, wat dan primêr ‟n kultuurterm is wat veral in die algemene historiografie en estetika gebruik word, was ‟n ontwaking waarin die Westerse mens humanisties volwasse begin word het (vgl. Strydom, 1994:49-50). Dié tyd, gesien vanuit die hoek van algemene kulturele ontwik- kelinge, is gekenmerk deur die soek na die klassieke bronne en na menslike prestasie (Viljoen, 1990:28, 35).

Reformasie is op sy beurt die term waarmee die ingrypende kerklike en teologiese veranderinge en vernuwing wat indertyd plaasgevind het en alom erken word (Olivier, 1997:91), benoem word. Calvyn en ander Reformatore se basiese beginsel in die gods- diens, teologie en erediens was: ad fontes!, wat beteken: „(terug) na die (oorspronklike) bronne!‟ (Bingle, 2000:100; vgl. Feldmeth, 1988:322). Waar hierdie motto in die algemene kultuur en opvoeding na die idees en bronne van die antieke Hellenistiese kultuur en filosofie verwys het, het dit in godsdienstige en kerklike kringe na die oorspronklike Bybelse geskrifte verwys, met ander woorde die eerste oer-dokumente, die Bybel self (Smit, 2006:38-39).

Daar is dus ‟n opvallende ooreenkoms tussen dit wat in die sestiende en sewentiende eeue op kultuurgebied ‟n ontwaking of nuwe geboorte was en dit wat in die kerklike en teologiese lewe as ‟n hervorming beleef is. Die gemeenskaplike is dat daar ‟n vernuwing gekom het, maar dan ‟n besondere vorm van vernuwing. Dit was ‟n „nuwe‟ tyd wat gemotiveer is deur die klassieke bronne wat die basis van die vernuwing gevorm het. Dit was die oue nuut gebruik, nuut gedink en nuut ontwikkel.

Die verstaan en waardering van die literariteit van die Bybel en die algemene estetiese (in besonder: literêr-estetiese) ontwikkelinge binne hierdie gegewe kultuurhistoriese en kerklik-teologiese tydkonteks word vervolgens uitgelig.

63 2.2.2.4.2 Aansluiting by Augustinus

Daar is in 2.2.2.2.4 hierbo samevattend gekonkludeer dat die Kerkvader Augustinus in die Patristiese tyd ‟n grondliggende bydrae gelewer het tot die bepaling van die literariteit van die Bybel en die evaluering van die betekenis daarvan. Daar is bevind dat sy beskouing van die Bybel as egte en hoë kwaliteit-literatuur (beoordeel aan die hand van ‟n literêre vergelyking met die dominante, invloedryke Klassieke literatuur), terwyl dit vir hom tog uniek onderskeie is van alle ander literatuur, ‟n verantwoorde prinsipiële basis bied vir verdere beskouings oor die Bybel-as-literatuur en die verhouding waarin die Bybel tot literatuur in die algemeen staan.

Tydens die Renaissance en Reformasie is daar nóú aangesluit by die prinsipiële basis wat deur Augustinus gelê is. Die sestiende en sewentiende eeue het duidelik getoon dat die basis wat die Kerkvader gelê het, suiwer en rigtinggewend is. Alhoewel Augustinus se uitsprake oor die literariteit van die Bybel ‟n minderheidstandpunt in die Patristiese tyd verteenwoordig het (vgl. weer 2.2.2.2.2 en 2.2.2.2.3), het die literêre waardering van die Bybel in die Renaissance en Reformasie geblom (Ryken, 1993b:53). Augustinus se benadering tot die literariteit van die Bybel was nog vanuit die kontemporêre literêre waardes wat in die Klassieke welsprekendheid en retoriek begrond was. In die sestiende en sewentiende eeu was die benadering van die Bybel-as-literatuur egter een van ‟n intensiewe ondersoek van die inhoud van die Bybel sowel as sy genres en styl. Die baie belangrike nuwe faktor wat deur die Reformasie gebring is, is die “overwhelming emphasis on the written word as the embodiment of divine truth” (Lewalski, 1979:6). Die suiwer grondliggende basis van Augustinus se bepaling van die literariteit van die Bybel en die betekenis daarvan is in die sestiende en sewentiende eeu met hierdie nuwe aksentuering bevestig.

Woorde van Luther, vertaald aangehaal deur Clines, staaf die besondere invloed van Augustinus op die Reformatore. Die nuwe, oorweldigende aksentuering deur die Refor- masie van die geskrewe w(W)oord as die beliggaming van die goddelike waarheid is daaruit duidelik.

The distinction between the Bible as literature and the Bible as scripture is largely artificial. The church can properly hear its Bible as scripture only when it reads it as literature…I see that there has never been a great revelation of the Word of God unless He has first prepared the way by the rise and prosperity of languages and letters, as though they were John the Baptist‟s…Certainly, it is my desire that there shall be as many poets and rhetoricians as possible, because I see that by these studies, as by no other means, people are wonderfully fitted for the grasping of sacred truth and for handling it skillfully and happily…Therefore I ..urge .. young people to be diligent in the study of poetry and rhetoric” (Clines, 1980:115).

64

Die invloed van Augustinus op sowel die eksegete as die leidinggewende literêre figure in die Renaissance- en Reformasietyd is dus onmiskenbaar.

2.2.2.4.3 Sleutelkonsepte van Sir Philip Sidney in verband met die Bybel-as-literatuur In die Renaissance-/Reformasietydperk is die beskouing van die Bybel-as-literatuur, afgesien van die invloed van Augustinus, onder meer bepaal deur ‟n poging om verbeeldingryke fiksieliteratuur te verdedig en te regverdig (Ryken, 1993b:53). Sir Philip Sidney het herhaaldelik na die literêre karakter van die Bybel verwys in sy verdediging van literatuur wat met die verbeelding en die fiktiewe werk.

Drie sleutelkonsepte in die beskouing van die Bybel-as-literatuur het hierdeur na vore gekom. Sidney (1595) ontwikkel in die tyd van die Renaissance en Reformasie sy insigte van die Bybel-as-literatuur aan die hand van drie karakteristieke eienskappe van literatuur (Sidney, 1595, An apology for poetry; in Kaplan ed., 1975:109-147).

▪ Die Bybel bevat volgens Sidney in ʼn groot mate konkrete menslike ervarings en gebeurtenisse as onderwerp. Dit verhaal konkrete ervarings en gebeurtenisse op so ‟n wyse dat dit ‟n „figuring forth‟ en ‟n „speaking picture‟ van die werklikheid word.15

▪ Sidney dink ook aan die Bybel-as-literatuur in terme van bekende literêre genres soos die gedig, die lied en die gelykenis.16

▪ Die derde sleutelkonsep van die Bybel-as-literatuur wat Sidney waargeneem en beklemtoon het, is vir hom gedeeltelik geleë in die Bybel se gebruik van ‟n figuurlike, beeldende, poëtiese styl. Figuurlike en beeldende taal is ‟n besondere en spesiale gebruik van die taalmedium. Dit kom tot uitdrukking in metafoor, vergelyking, simbool, hiperbool, sinspeling, woordspeling, personifikasie para-

15

Dit is reeds in 2.2.1.2(i) as ‟n karakteristieke eienskap van literatuur gestel dat dit ervaring eerder voorstel as wat dit ervaring net stel of vertel, die („n) werklikheid eerder opvoer as dat dit ‟n realiteit net „informeer‟. Daar is met voorbeelde aangetoon dat die Bybel ook dié besondere literêre eienskap vertoon. Sidney bevestig dus met sy eerste sleutelkonsep hierdie kenmerk van literatuur en die Bybel-as-literatuur.

16

Dit is reeds in 2.2.1.2(v) gestel dat dit eie is aan die kanon van literatuur dat dit ‟n verskeidenheid genres bevat. Ook is aangetoon dat die Bybel ‟n ryk gevarieerde versameling van literêre genres is. Binne ‟n bepaalde Bybelboek wat as ‟n bepaalde genre beskou kan word, is daar ook sub-gedeeltes wat generiese verwisselinge ondergaan in die strukturele opbou en samestelling van die betrokke boek. Dit word later (in 4.2.1.1.2, 4.2.1.1.4 en in Hoofstuk 5 en 6) breedvoeriger in die behandeling van genre-teorie en die struktuur van die Openbaringboek uitgewys. Ook die tweede sleutelkonsep wat Sidney tydens die Renaissance-/Reformasietyd in sy apologie vir die poësie onderskei, bevestig dus ‟n onderskeidende kenmerk van literatuur wat in die Bybel-as-literatuur geïdentifiseer is en word.

65

doks, apostroof en ironie. Sidney se derde sleutelkonsep bevestig ook, soos die eerste twee, ‟n onderskeidende kenmerk van literauur.17

Sir Philip Sidney se besondere bydrae tot die wyse waarop die Bybel as literatuur benader moet word, het dus wel aanvanklik voortgevloei uit ‟n apologetiese verdediging van fiksieliteratuur, maar dit het méér as ‟n apologie geword: dit het mettertyd ook ‟n helder afbakening van literêre konsepte geword. Sodoende het dit nie net ‟n bydrae gelewer tot verdediging van ‟n bepaalde soort (sekulêre) literatuur nie, maar het sy sleutelkonsepte wat hy uit die literêre aard van die Bybel afgelei het, vir (literatuur-)skrywers van die Renaissance én vir Bybelverklaarders van die Reformasie groot waarde ingehou.

2.2.2.4.4 Verdere bevestiging en ontginning van Sidney se sleutelkonsepte in verband

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN