• No results found

Hoofbenaderingswyses tot literêre tekste

LITERÊR-TEORETIESE PERSPEKTIEWE OP LITERATUUR EN OP DIE BYBEL-AS-LITERATUUR

3.1 VERSKILLENDE BENADERINGSHOEKE TOT LITERÊRE TEKSTE

3.1.1 Hoofbenaderingswyses tot literêre tekste

3.1.1.1 Vier basiese komponente in die aandagveld van literêre kritiek as agtergrond vir die bestudering van literatuur

Abrams (2005:51-52; 1971:3-29) dui aan dat literêre kritiek hoofsaaklik besig bly met vier fasette rondom literatuur (vgl. ook Du Plooy & Viljoen, 1992:26-27; Van der Merwe, 1998b:86-90). Die basiese komponente waarop die literêre aandag breedweg gesproke gerig is, is die literêre werk self (as artefak), sy wêreld, die skrywer en die leser. Dit kan ook – in logiese en chronologiese volgorde geplaas – benoem word met die terme sender (outeur), boodskap (met aandag aan die boodskap self asook aan die wêreld waarin dit leef en wat dit skep of naboots), en die ontvanger(s) van die boodskap.

Hierdie vier komponente waarop daar in literêre teorievorming gekonsentreer word, word dan ook die basis waarop vier hoofgroepe teorieë ingedeel kan word. Abrams (1971)

144

sien die vier fasette wat deurentyd in teoretiese besinnings oor die literatuur aandag ge- niet, min of meer chronologies verteenwoordig in die vyf en twintig eeue waarin daar al literêre teorie geskryf word. Dit behels die volgende „soorte‟ teorieë (Abrams, 2005:51- 52):

(i) Mimetiese teorieë

Die klem val in dié teorieë op die verhouding tussen die kunswerk (in die verband van hierdie studie met en by name die táálkunstige werk) en die afgebeelde werklikheid. Die bekendste verteenwoordigers van mimeties- bepaalde teorieë is die Griekse filosowe Plato en Aristoteles. Alhoewel dit die oudste soort literêre teorieë is, word dit tot in die agtiende eeu teruggevind. (ii) Pragmatiese teorieë

In hierdie teorieë is die aandag direk gefokus op die uitwerking wat die kunswerk (in hierdie verband natuurlik weer die taalkunstige produk) op die leser het. Die Romeinse skrywer Horatius se tyd en die digterlike werk deur die Middeleeue heen en tot gedurende die Renaissance en Reformasie is die tydperk waartydens hierdie benaderingswyse tot literêre tekste in die sentrum staan. Stigtelike kuns, of kuns wat tot stigting en genoeglikheid dien, is die oogmerk. Hier kan weer verwys word na die bespreking van die Middeleeuse Italiaanse digter Dante Alighiéri se werk (vgl. 2.2.2.3.3). Hy het die Bybelse narratief (van Genesis tot Openbaring) oor die verlossing van die mens vir die ontvangers van die Bybelboodskap (in daardie tyd as die sogenaamde leke bekend) verinheems, geparafraseer en dramaties vertolk. Verder kan die bespreking van die Engelse Sir Philip Sidney se besinning oor poësie in 1595 (An apology for poetry; in Kaplan ed., 1975:109-147; vgl. 2.2.2.4.3 en 2.2.2.4.4) in hierdie opsig ook as ‟n relevante verwysing dien.52

(iii) Ekspressiewe teorieë

Ekspressiewe teorieë sentreer rondom die rol van die sender van die bood- skap. Dit het primêr te make met die verhouding waarin die kunstenaar/ skrywer tot sy taalkunstige produk staan. Die tydperk wat aan dié teorieë

52

Interessant genoeg val die heelwat latere Marxistiese teorieë (vgl 3.1.2.3.1(iii)) ook hieronder: die teks word gelees en beoordeel as iets wat ‟n uitwerking op die leser moet hê. Konsentrasie op die ontvanger of leser van die teksboodskap is dus nie net ‟n kenmerk van resente ontwikkelinge nie (sien verder die bespreking van die sogenaamde lesersentriese benaderings tot die literêre teks by 3.1.2.3).

145

gekoppel word, is veral die bloeityd van die Romantiek53

met digters soos Blake, Coleridge, Keats, Shelley en Wordsworth die belangrikste verteen- woordigers (vgl. weer by 2.2.2.5.1 die bespreking van die literêre besinning van Lowth en by 2.2.2.5.2 die tipiese benadering van die woordkunstenaars van die Romantiek).

(iv) Objektiewe teorieë

Met objektiewe teorieë bedoel Abrams (2005:52) benaderingswyses tot literêre tekste waarin die kunswerk of literatuurteks self in die sentrum staan. Die werk word as ‟n outonome en opsigselfstaande geheel beskou, ongeag wat die nut of uitwerking van die werk of teks is. Dit gaan in die objektiewe teorieë oor kuns ter wille van kuns (die dikwels gebruikte Franse l„art pour l‟art; vgl. vroeër by 2.1.2). Dit is eers aan die einde van die negentiende en gedurende die eerste helfte van die twintigste eeu dat hierdie benadering groot aanhang begin geniet het. Du Plooy en Viljoen skryf oor hierdie teorieë en hulle verteenwoordigers soos volg:

Die Amerikaanse New Criticism, die Engelse Practical Criticism, die Russiese Formalisme en die Duitse werkimmanente Methode is almal teoretiese beskou- inge wat die kunswerk self, die artistieke produk as outonome entiteit, as selfregulerende matrys van betekenisvolle strukture, in die sentrum van wetenskaplike ondersoek plaas. (Du Plooy & Viljoen, 1992:27.)

Bostaande groepering van soorte literêre teorieë berus in ‟n groot mate op ‟n historiese waarneming van hoe die vier basiese komponente waarop die literêre aandag gerig is, naamlik sender, die boodskap – as artefak én sy wêreld – en die ontvanger(s), aandag ontvang het. Dit is toeligtende en noodsaaklike agtergrond vir die verstaan van benaderingswyses tot literêre tekste in ‟n algemene historiese ontwikkelingslyn en spesifiek vir die verstaan van die komplekse teoretiese benaderings wat in die loop van die twintigste eeu uitgekristaliseer het. Hierdie basiese komponente sou as ‟n goeie ordeningsbeginsel kon dien om die bestudering van literatuur in die algemeen te siste- matiseer, maar die literêr-teoretiese ontwikkelinge wat veral gedurende die twintigste eeu plaasgevind het, is so kompleks van aard (soos reeds in 2.2.2.6 en 2.2.2.7 aangetoon is) dat fyner onderskeidings nodig is.

Die verdere onderskeidings wat gemaak moet word, is veral met die oog daarop dat die literêre benaderings in hierdie studie binne die Bybelwetenskap waargeneem en verreken moet word. Om dié doel te bereik, word ‟n oorhoofse groepering gemaak van bena-

53

Die tydperk wat gewoonlik as die hoogbloei van die Romantiek beskou word, is 1775-1825 (vgl. 2.2.2.5.0).

146

derings tot literêre tekste soos dit veral in die twintigste eeu en daarna gemanifesteer het, maar wel deeglik in hulle verband met en verskil van benaderingswyses in vroeër tye. Dit word van wesenlike belang geag om die ontwikkelinge in die Teologie in die konteks van hierdie breër navorsingsopset te lees.

3.1.1.2 Oorsig oor oorhoofse sistematisering van twintigste-eeuse benaderings tot literêre tekste

Om verskillende benaderings tot literêre tekste in die afgelope eeu helder af te baken sodat daar sisteem in die teoretiese pluralisme (vgl. weer 2.3.1.0 hierbo) kan wees, word daar deur navorsers – sowel literêre navorsers as teoloë wat literêre benaderings van die Bybel ter sprake bring en „toepas‟ – verskillende oorhoofse groeperings aangebied. Dit is insiggewend om van enkele (ʼn elftal) indelings wat deur resente teoretici gemaak word, kennis te neem. Die elf bronne wat ‟n goeie oorsig bied, word hier slegs genoem:

Longman (1987); Selden (1989); Du Plooy & Viljoen (1992); Selden & Widdowson (1993); Stevens & Stewart (1996) asook Van Deventer (2001); Jefferson & Robey (1997); Van der Merwe (1998a, 1998b); Barry (2002); Bertens (2003); Guerin et al (2005).54

Daar sal aangetoon kan word dat die vier basiese komponente waarop literêre aandag (kragtens die aard van die literêre teks) gerig is, naamlik sender, boodskap (as artefak én sy wêreld) en ontvanger(s) (sien weer 3.1.1.1 hierbo), die onderliggende prinsipe in die sistematiseringpatroon van bogenoemde tien navorsers se indelings vorm. Die basiese komponente roep verdere onderskeidings op, soos duidelik is uit die kommunikasiemodel van Jakobson (1977:100) en die verbandhoudende en voortvloeiende vrae wat Jefferson en Robey (1997; vgl. ook Du Plooy & Viljoen, 1992:27) stel. Alle teorieë kan naamlik op een of ander wyse teruggevoer word na die mate van beklemtoning en aandag wat elk van die volgende in literêr-tekstuele kommunikasie kry:

sender teksboodskap ontvanger

outeur intrinsieke literêre kwaliteit leser ontstaanskonteks taal as medium ontvangskonteks

werklikheid betekenisbasis

In die lig van die oorhoofse sistematisering kan ‟n werkindeling vir die bespreking van benaderings tot die bestudering van literatuur nou gemaak word.

54 Verderaan word dié bronne met detailverwysing gebruik. Daar word tussendeur ook nog na ander

bronne verwys. Die gebruikte bronne gee, globaal gesien, voldoende en verteenwoordigend insig in die verskillende benaderingswyses wat dikwels in die resente tyd gevolg word.

147

3.1.1.3 ʼn Indelingsraamwerk vir hierdie studie van verskillende benaderings tot literêre tekste

Vir die doeleindes van hierdie studie met sy belangstelling in die betekenis, uitwerking en impak wat literêre navorsing op die Bybelwetenskap het, blyk ‟n sintese en integrering van die hoofgroeperings wat Longman (1987), Du Plooy en Viljoen (1992:25-38), Stevens en Stewart (1996:1-112) en Van Deventer (2001:13-97) maak, die sinvolste en nuttigste te wees. Die hoofbenaderings aan die hand waarvan ‟n indeling van relevante literêre teorieë vir hierdie interdissiplinêre navorsing gemaak kan word, kan dan onder die volgende hoofde gegroepeer word:

• Historiese benaderings, waar die aandag gekonsentreer is op die teks as dokument. Die teks word beskou as die resultaat van die intellektuele en sosiale konteks van sy ontstaanstyd, as neerslag van persoonlike, sosiale en historiese faktore waarin die skrywer sy skryf geskryf het, asook as die weerspieëling van die literêre konteks of tradisie waaruit die literatuurteks voortkom. Ekstrinsieke of eksterne faktore, met name die historiese kader waarin die tekste ontstaan het, bepaal in ‟n groot mate dié benaderingswyse.

• Tekssentriese benaderings, waar die teks aanvanklik – in teenstelling met bo- genoemde historiese, teksekstrinsieke benaderings – as ‟n ahistoriese monument benader is, maar waarin later besondere beklemtoning aan die teks as teken gegee word. Die teks word beskou as ‟n afgeronde geheel van afgehandelde artistieke betekenis. Hierdie benaderingswyse is intrinsiek van aard en word ook outo- nomisties genoem (verwysend na die selfstandigheid en afgerondheid van die teks).

• Lesersentriese benaderings, waar die teks – anders as in die tekssentriese of outonomistiese benaderingswyse – weer oorwegend benader word vanuit teks- ekstrinsieke faktore. Hierdie benadering is egter nie soos die historiese ekstrinsieke benaderings op die eksterne ontstaanskonteks van die teks gerig nie, maar op die eksterne ontvangskonteks van die kommunikasie wat deur die teksboodskap plaasvind. In dié benaderingswyse staan die leser in sy komplekse konteks van en verband met verskillende referensiële terreine waarin hy leef, in die sentrum van die aandag.

Met bostaande indeling word gepoog om die hoofkomponente en verdere onderskeidings wat bespreek is (onderskeidelik in 3.1.1.1 en 3.1.1.2 hierbo), in ‟n eenvoudige basis vir benadering van literêre tekste saam te vat.

ʼn Laaste belangrike opmerking in verband met die onderskeiding van hoofbenaderings tot literêre tekste is dat daar min „suiwer‟ benaderings is wat byvoorbeeld net een van

148

bostaande drie benaderingswyses volg (Stevens & Stewart, 1996:3; Van Deventer, 2001:16; Clines & Exum, 1993:12-13). Nuwere literêre teoretici beweeg dikwels vryelik tussen verskillende metodes en modelle. Hulle bied weerstand teen presies afgebakende klassifisering binne sekere kategorieë. Teorieë gaan dikwels ‟n ontwikkelingsproses deur. Teoretiese modelle en gebruik word in dié proses ook voortdurend aangepas (Jameson, 1972:v). Die teorieë se „leeftyd‟ word gekenmerk deur opbloei en dan weer afname wat gebruiksfrekwensie betref, terwyl nuwere ontwikkelinge in literêr-teoretiese denke veld wen en infaseer. Dit kan daarom gebeur dat studies teorieë uit meer as een van die drie benaderings wat hier onderskei word, weerspieël. Dit sluit aan by wat reeds in 3.1.0 gestel is: verskillende benaderingswyses kan in een teorie teenwoordig wees. Verskillende benaderingswyses kan dus in die proses van navorsing gesamentlik relevansie hê. Dit lei in hierdie studie ook tot ‟n bepaalde belangrike implikasie ten opsigte van die benadering van die Bybel se (literatuur-)tekste (sien later by 3.1.3). Die relevante teorieë word nou agtereenvolgens bespreek.

3.1.2 Relevante literêre teorieë in die bestudering van die Bybel-as-

Outline

GERELATEERDE DOCUMENTEN