• No results found

3. Die verskillende kultuurgroepe

3.1 Blankes

3.1.4 Jode

Net soos die Engelssprekendes, het die Joodse gemeenskap ook ’n groot aandeel in die ekonomiese lewe van Bloemfontein gehad. Geringe getalle Jode het sedert die 17de eeu reeds na die Kaap gekom en is deur die Kompanjie in diens geneem. Met die Britse besetting van die Kaap in 1806 het ’n klein aantal Joodse immigrante vanaf Duitsland en Brittanje na die Kaap gekom, gevolg deur ’n groep van 18 Jode wat in 1820 saam met die Britse setlaars na Suid- Afrika gekom het.133 Geleidelik het ’n klein aantal Jode dieper die binneland inbeweeg en teen 1870 was hulle reeds wyd verspreid oor Suid-Afrika.134

Die Joodse gemeenskap in Bloemfontein het met die aankoms van een man begin – Isaac Baumann (1813-1881), ’n horlosiemaker, wat in Hesse-Kassel, Duitsland gebore is. Hy het in 1838 na Suid-Afrika gekom om by sy skoolvriend, ene Mosenthal, se firma in Graaff- Reinet aan te sluit.135 In 1848 het hy sy tent in die omgewing van die jong nedersetting van Bloemfontein opgeslaan.136 Baumann was die eerste burgerlike handelaar in Bloemfontein en het aanvanklik vanuit sy tent handel gedryf. In 1852 is Baumann terug na Duitsland, waar hy met Caroline Allenberg (1832-1897) getroud is, waarna die egpaar na Bloemfontein teruggekeer en hulle as die eerste Joodse familie in die latere Vrystaatse hoofstad gevestig het. Caroline Baumann was ’n goeie musikant en haar klavier, wat sy vanaf Duitsland laat kom het, was die eerste in Bloemfontein.137 Kort na haar aankoms het Caroline Baumann met leeskringe

132 Moll, pp. 187-189, 209.

133 G. Saron, “The Jews in South Africa”, Lantern 6(1), September 1956, p. 31. 134

S.M. Aronstam, A historical and socio-cultural survey of the Bloemfontein Jewish community with special

reference to the conceptions of Jewish welfare work, community with special reference to the conceptions of Jewish welfare work. (D.Soc.Sc.-proefskrif, Universiteit van die Oranje-Vrystaat, Januarie 1974), p. 55.

135 M. Pencharz, “The history of the Bloemfontein Jewish community”, Hashomer, September 1953, p. 17; S.M.

Aronstam, “South African Jewish communities: Bloemfontein. A history of the Jewish community archives”, <http://www.jewishgen.org/SAfrica/communities/8/index.htm>, geraadpleeg 30.9.2010; Aronstam, “South African Jewish communities: Bloemfontein”, p. 1.

136 G. Baumann en E. Bright, The lost republic, p. 205. 137

S. Leviseur, Sophie Leviseur Memories (red. K. Schoeman), pp. 19-20; Aronstam, A historical and socio-

vir die dames van Bloemfontein begin.138 Sy was ook betrokke by welsynswerk (veral onder swart mense) aangesien daar toe nog geen welsynsorganisasie in Bloemfontein was nie.139

Isaac Baumann se suksesvolle vestiging in Bloemfontein het familielede en vriende aangemoedig om ook na die Vrystaat te kom.140 Isaac se twee broers, Jacob en Louis Baumann, het by hom in Bloemfontein aangesluit en so is die firma Baumann Brothers gestig. Isaac het ’n belangrike inwoner van Bloemfontein geword en ’n aktiewe rol in dorpsake gespeel. Hy was een van die munisipale kommissarisse en ook voorsitter van die Bloemfontein munisipale raad van 1862-1863. Isaac het ook ’n belangrike rol op Joodse godsdienstige gebied gespeel, aangesien hy rabbi Samuel Rappaport al die pad van Port Elizabeth laat kom het vir belangrike Joodse seremonies, omdat daar toe nog geen Joodse gemeente of sinagoge in Bloemfontein was nie.141 Baumannplein is na hierdie Joodse pionier van Bloemfontein vernoem.142

Een van Isaac Baumann se seuns, Gustav Baumann (1858-1930), wat in Bloemfontein gebore is, het ook ’n belangrike rol in die Vrystaatse hoofstad gespeel. Hy het homself as landmeter bekwaam en het sedert die 1880’s baie van Bloemfontein se nuwe strate en erwe opgemeet en uitgelê. Later is hy tot landmeter-generaal van die OVS bevorder en het daarvoor gesorg dat plase in die republiek vir die eerste keer behoorlik opgemeet is.143 Gustav Baumann was in 1880 medestigter van die Bloemfontein-klub en was die eerste president van die Vrystaatse tak van die Landmetersunie. Sy biografie, The lost republic, the biography of a land

surveyor, wat in 1937 verskyn het, gee ’n goeie beeld van die lewe in die Vrystaat voor die

Anglo-Boereoorlog.144

Voor 1880 was die Joodse kultuurgroep in die Vrystaatse hoofstad, waarvan die meeste lede van Duitsland afkomstig was, nog klein. Tog het die vroegste Joodse families, soos die Baumann’s, die Leviseur’s en die Ehrlich’s ’n uiters belangrike pioniersrol in die Bloemfonteinse gemeenskap gespeel, veral op kulturele, ekonomiese en politieke gebied. Gevolglik is die Joodse inwoners van Bloemfontein ten volle in die gemeenskap geïntegreer en

138

D.L. Sowden, “Sophie Leviseur: a symbolic figure”, Jewish affairs, Januarie 1962, p. 25; Marianna Botes Privaat-versameling: Notes on early Bloemfontein by Mrs. Sophie Leviseur, 27.2.1952, p. 1.

139 Leviseur, Sophie Leviseur Memories, p. 39; M. Pencharz en D.L. Sowden, “In the Orange Free State”, in G.

Saron en L. Hotz (reds.), The Jews in South Africa: a history, p. 322.

140

J. Brauer, “Bloemfontein has landmarks of Jewish origins”, Jewish Affairs, September 1980, p. 115.

141 S. Aronstam, “South African Jewish communities: Bloemfontein. A history of the Jewish community

archives”, p. 3, <http://www.jewishgen.org/SAfrica/communities/8/index.htm>, geraadpleeg 30.9.2010.

142 Die Joodse sinagoge in Bloemfontein (die eerste in die Vrystaat) is eers in 1904 in gebruik geneem. Marianna

Botes Privaat-versameling: Notes on early Bloemfontein by Mrs. Sophie Leviseur, 27.2.1952, p. 1; Pencharz en Sowden, p. 321.

143 The Bloemfontein Pelican, 24.6.1905, p. 8; Suid-Afrikaanse biografiese woordeboek 4, pp. 22-23.

144 Men of the times: old colonists of the Cape Colony and Orange River Colony, p. 526; R. Ehrlich,

“Recollections of early days in Bloemfontein”, Jewish Affairs, Junie 1963, p. 20. Vergelyk ook Suid-Afrikaanse

is daar geen onderskeid tussen die Jode en die ander burgers gemaak nie. Bloemfontein se Jode was ook baie lojaal teenoor hulle nuwe tuiste.145

Omdat die meeste Jode wat hulle in Bloemfontein gevestig het, mans was, het sommige van die vroeë pioniers tydelik teruggegaan na hulle land van herkoms om geskikte Joodse vroue te vind, waarna die pasgetroude egpare hulle weer in Bloemfontein gevestig het.146 Soms het van die Joodse mans in die Vrystaatse hoofstad met dames van ander blanke bevolkingsgroepe in die Vrystaat getrou, soos George Israel, wat met ’n dogter van P. Fourie, landdros van Boshof, getroud is.147

Nog ’n belangrike Joodse pionier, Moritz Leviseur (1842-1923), het in 1877 met Isaac Baumann se dogter, Sophie, in die huwelik getree. Leviseur, wat in Duitsland gebore is, het in 1862 na Bloemfontein gekom, hom by die firma van twee ander Joodse broers, Herman en Julius Jordan, aangesluit en later hul suksesvolle handelsaak by hulle oorgeneem. Net soos baie van die ander Duitse Jode, het Leviseur ook ’n groot rol in die kulturele, ekonomiese en sosiale lewe van Bloemfontein gespeel. Hy was ’n stigterslid van die OVS Kamer van Koophandel en het in die bestuur van die St. George’s Cottage- en die Sielsieke of Oranje-hospitaal, asook die latere Volks- of Nasionale Hospitaal, gedien, terwyl hy ook ’n groot rol in die stigting van die Nasionale Museum in Bloemfontein gespeel het en jare lank sekretaris van dié instansie was. Tot met sy dood in 1923 was Moritz Leviseur by feitlik elke kulturele, sosiale en ekonomiese projek in Bloemfontein betrokke. Leviseurstraat in Bloemfontein is na hom vernoem as erkenning vir sy dienste aan die Vrystaatse hoofstad.148

Moritz se vrou, Sophie Leviseur (1857-1962), was net so ’n gesiene inwoner en het ’n belangrike rol in die gemeenskapslewe van Bloemfontein gespeel, veral op sosiale en politieke gebied. Sy was in sekere opsigte die dryfkrag agter haar man se gemeenskapsaktiwiteite. Sophie het tereg onder ’n latere generasie Bloemfonteiners die eretitel “Ouma of the Free State” verwerf. Sy het haar herinneringe aan ou Bloemfontein opgeteken en omdat sy die grootste deel van haar lewe in Bloemfontein gewoon het, vorm dit ’n belangrike bron vir Bloemfontein se kultuurgeskiedenis.149

145 R. Ehrlich, “Recollections of early days in Bloemfontein”, Jewish Affairs, Junie 1963, p. 23; Pencharz en

Sowden, p. 324.

146 Marianna Botes Privaat-versameling: Notes on early Bloemfontein by Sophie Leviseur, 27.2.1952, p. 1. 147

De Burger, 22.8.1894, p. 3; Aronstam, “South African Jewish communities: Bloemfontein. A history of the Jewish community archives”, <http://www.jewishgen.org/SAfrica/communities/8/index.htm>, geraadpleeg 30.9.2010.

148 Aronstam, A historical and socio-cultural survey, pp. 63-66; Pencharz, “The history of the Bloemfontein

Jewish community”, pp. 17-18. Vergelyk ook Suid-Afrikaanse biografiese woordeboek 4, p. 326.

Die ontdekking van diamante in 1869 en goud in 1886 het meer Jode vanaf Duitsland, Brittanje, die VSA en Oos-Europa na Suid-Afrika gelok.150 In 1876 het ’n Joodse tandarts, Ernest R. Moses (?-1905), vanaf Kimberley na Bloemfontein gekom en klaarblyklik tot na die Anglo-Boereoorlog hier gepraktiseer. Hy was ook betrokke by die sosiale en kulturele lewe van die Vrystaatse hoofstad en het lesings oor literêre en wetenskaplike onderwerpe aangebied. Hy was die eerste redakteur van die Daily Express en ook die eerste president van die Bloemfonteinse Hebreeuse gemeente.151

’n Ander belangrike Joodse inwoner, Wolff Ehrlich (1855-1924), het om gesondheidsredes vanuit Duitsland na Suid-Afrika geëmigreer. Hy het hom in 1877 permanent in Bloemfontein as handelaar gevestig en gou as een van die Vrystaat se mees dinamiese sakemanne bekendheid verwerf. Hy het die eerste skoenwinkel in Bloemfontein begin en in 1884 was hy ook stigterslid van die OVS Kamer van Koophandel, wat ’n stukrag vir Bloemfontein se ekonomie en handel was.152 Wolff Ehrlich was ’n gewilde gemeenskapsleier wat veral vir die Joodse gemeenskap baie beteken het, maar ook in dorpsake ’n bydrae gelewer het. Hy het op verskeie spoorweg- en ander kommissies gedien, was jare lank stadsraadslid en in latere jare burgemeester sowel as president van die Hebreeuse gemeente in Bloemfontein (1902-1924). Na die Anglo-Boereoorlog is hy vir drie termyne tot burgemeester van Bloemfontein verkies. Die woonbuurt Ehrlichpark en Ehrlichstraat is na hom vernoem.153

Wolff Ehrlich is in 1880 met Helene Baumann, dogter van die bekende Duitse Joodse Bloemfonteinse pionier en sakeman, Isaac Baumann, getroud.154 Helene Ehrlich was by baie van die hoofstad se aktiwiteite betrokke en was ’n ywerige leser, terwyl sy ook ’n goeie gasvrou was en graag onthaal het.155

Ivan Haarburger (1869-1933), wat veral op musiekgebied ’n groot rol sou speel, het in 1886 weens borsprobleme vanaf Duitsland na Bloemfontein gekom. Hy het aanvanklik as klerk in die winkel van sy oom, Moritz Leviseur, gewerk en later in die besighede van Deale Bros. en C. Borckenhagen. Haarburger het ’n musiek- en kunshandelsaak bedryf, was ’n uitstekende violis en klavierspeler en het dikwels aan musiekkonserte in Bloemfontein deelgeneem. Hy was in 1893 die stigter van die Bloemfonteinse Orkesvereniging en tussen

150 Saron, p. 32.

151 Pencharz, “The history of the Bloemfontein Jewish community”, p. 21; Aronstam, A historical and socio-

cultural survey, p. 67.

152

J. Haasbroek, “Die rol van Wolff Ehrlich in Bloemfontein”, Navorsinge van die Nasionale Museum,

Bloemfontein 22(3), Julie 2006, pp. 77-82.

153 Haasbroek, “Die rol van Wolff Ehrlich”, pp. 86-87, 89, 94-95, 103-104, 106-107; Suid-Afrikaanse biografiese

woordeboek 5, pp. 246-247.

154

Haasbroek, “Die rol van Wolff Ehrlich”, pp. 77-82.

1893 en 1902 het hy ook as dirigent van die Orkesvereniging opgetree. Die uitvoerings van die Orkesvereniging het ’n belangrike rol in die vroeë musieklewe van Bloemfontein gespeel en ’n verhoging in die standaard van musiek in die Vrystaatse hoofstad meegebring. Haarburger het ook by die openbare lewe betrokke geraak en was by vyf geleenthede president van die Vrystaatse Kamer van Koophandel, voorsitter van die Bloemfonteinse Eksekuteurskamer, president van die Joodse gemeente en later burgemeester van Bloemfontein (1912-1914). Haarburgersingel is na hom vernoem.156

In 1880 was daar slegs 28 Jode in Bloemfontein,157 maar na 1888 het die Joodse gemeenskap in die Vrystaatse hoofstad uitgebrei en is dit aangevul deur nuwe immigrante uit Oos-Europa, veral uit Litaue, maar ook die res van Europa en Ierland.158 Volgens die Maart 1890-sensus het die Bloemfonteinse Joodse gemeenskap toe reeds uit 37 lede bestaan159 en teen 1900 was daar 150 Jode in Bloemfontein woonagtig. Voorbeelde van hierdie nuwe Joodse intrekkers was Joseph Friedman, G. Hailparn, Barnett Levy, Woolf Lewin, Lionel Nathan, Louis Shapiro en Fred Shtein. Hulle was meestal in die handel betrokke – hoofsaaklik winkeliers, kleinhandelaars en hoteleienaars. Dr. J.J. Friedman was een van die eerste Joodse geneeshere in Bloemfontein.160

Hoewel daar reeds vanaf 1877 kerkdienste vir Jode in privaat huise en later in Bloemfontein se stadsaal gehou is, is ’n volwaardige Joodse gemeente eers in 1893 in Bloemfontein gestig, met tandarts Ernest Moses as die eerste president en eerwaarde Urdang as eerste rabbi van die gemeente. Urdang is opgevolg deur rabbi Zitran en in 1896 deur M.L. Cohen.161 In die 1890’s het die Bloemfonteinse Jode ’n Filantropiese Vereniging vir dames gehad, wat hoofsaaklik welsynswerk verrig het, asook ’n Chevra Kadisha of Begrafnisvereniging.162

Volgens Mendelsohn en Shain is die meeste Suid-Afrikaanse Jode van Anglo-Duitse herkoms en het hulle die waardes en norme van Engelse liberales beliggaam: lojaliteit, gehoorsaamheid, burgerlike deugsaamheid, mededeelsaamheid en ondernemingsgees.163 Wat

156 Brauer, “Bloemfontein has landmarks of Jewish origin”, p. 117; Pencharz, “The history of the Bloemfontein

Jewish ...”, pp. 23-24. Vergelyk ook Suid-Afrikaanse biografiese woordeboek 5, p. 334.

157 Pencharz, “The history of the Bloemfontein Jewish ...”, p. 17. 158

Ehrlich, p. 26; Aronstam, “South African Jewish communities: Bloemfontein. A history of the Jewish community archives”, p. 3; <http://www.jewishgen.org/SAfrica/communities/8/index.htm>, geraadpleeg 30.9.2010. Vergelyk ook Pencharz, “The history of the Bloemfontein Jewish communities”, p. 21.

159 VAB, Census 1890, schedule A. 160

Aronstam, “South African Jewish communities”, p. 3; Pencharz, “The history of the Bloemfontein Jewish communities”, p. 21. Vergelyk ook Schoeman, Bloemfontein, p. 135.

161 Pencharz, “The history of the Bloemfontein Jewish community”, pp. 17, 21; Aronstam, “South African Jewish

communities”, p. 3.

162

Pencharz en Sowden, p. 329.

die ontwikkelingsvlak en karakter van die vroeë Joodse inwoners van Bloemfontein betref, was die meeste van hulle dinamiese, intelligente, belese, goed opgeleide mense wat ’n reuse bydrae tot die opbou van die Vrystaat en sy hoofstad gemaak het. Baie van die Jode was betrokke by die handel sowel as by die openbare lewe en het gehelp om die inwoners van Bloemfontein se lewenstandaard te verhoog. Die meeste Bloemfonteinse Jode was welgesteld, invloedryk en gerespekteerd.164 Net soos baie Afrikaners, het pres. Reitz die Jode ook as die uitverkore volk van God gerespekteer165 en was hy en sy eggenotes bevriend met sommige van die Joodse inwoners, soos Moritz en Sophie Leviseur, asook Moritz se vader, Elias Leviseur, en het hulle oor en weer gekuier.166

Die invloed van die Jode in Bloemfontein en hulle rol op maatskaplike en sosiale gebied word treffend geïllustreer deur die feit dat Joodse inwoners dikwels as burgemeesters en stadsraadslede diens gedoen het. Hulle was baie lojaal teenoor hulle nuwe vaderland en het hulle bes gedoen om Bloemfontein en sy inwoners se belange te bevorder.167 Sommige van die Jode, soos Isaac en Caroline Baumann, was ook betrokke by welsynswerk en hulp aan die armes, veral onder die nie-blanke inwoners van Bloemfontein. Ofskoon die Joodse gemeenskap in Bloemfontein aanvanklik klein was en daar in die begin nie veel sprake van ’n georganiseerde Joodse gemeenskapslewe was nie, het die Jode in die Vrystaatse hoofstad tog hul eie gebruike, tradisies en godsdiens behou en soos hulle getalle toegeneem het, is hulle gemeenskapslewe ook versterk.