• No results found

3. Die staatkundige konteks

3.7 Gevangenisdiens, strawwe en teregstellings

Aangesien Bloemfontein die hoofstad van die republiek was, was dit ook die sentrum van die Vrystaat se gevangenisstelsel. Soos reeds genoem, is daar in die 1850’s ’n eenvoudige klein tronkgebou naby die fort in St. Georgestraat in Bloemfontein opgerig. Omdat die gevangenis uit die tyd van die Soewereiniteit ondoeltreffend was en gevangenes gereeld daaruit ontsnap het, het pres. M.W. Pretorius in sy openingsrede van 1861 melding gemaak van die noodsaaklikheid om ’n beter tronk vir Bloemfontein op te rig. In 1863 is ’n kommissie aangestel om die toestand van die ou gevangenis uit die tyd van die Soewereiniteit te

245 Moll, pp. 29-33.

246 The Friend, 8.5.1889, p. 3 en 21.8.1889, p. 3; Oelofse, pp. 72-73. 247

The Friend, 21.6.1895, p. 2, 16.7.1895, p. 3 en 23.7.1895, p. 3.

ondersoek. Volgens die kommissie se verslag het die selle van die tronk in ’n ellendige, bouvallige toestand verkeer – gevangenes kon maklik daaruit ontsnap en dit het selfs ’n gevaar vir die gevangenes se lewens ingehou. Op hulle aanbeveling is veranderings en verbeterings aan die gevangenis aangebring.249

Klagtes oor die swak toestand van die tronk het voortgeduur en daar is veral kritiek uitgespreek oor die gebrek aan ruimte, slegte ventilasie en “ongediertes”.250 In ’n verslag wat die distriksgeneesheer, dr. C.J.G. Krause (1825-1889), in Mei 1878 aan die Volksraad voorgelê het, wys hy op die “ellendige toestand” van die gevangenis en noem dit “een schreeuwend onrecht”.251 Die gevangenis het in daardie stadium agt selle gehad waarvan die meerderheid nie voldoende lig of ventilasie gehad het nie. Boonop was die selle te klein vir die aantal gevangenes (dikwels sewe tot agt per sel) wat dit moes huisves en sanitêre toestande was haglik weens ’n gebrek aan toiletgeriewe. Twee van die selle was bedoel vir wit mans en een vir vroue.252

Die vroulike prisoniers het ’n klein binnehof gehad en “hunne excreta maken zij op den grond en bedekken hen met iets grond”.253 Afgesien van die geweldige stank, het dié gebruik volgens dr. Krause gesondheidsgevare ingehou. Die manlike gevangenes het in hulle eie, effe groter binnehof ’n onbedekte balie gehad wat as toilet gedien het en wat slegs op aanbeveling van dr. Krause een maal per dag leeggemaak is. 254 Bedags het die son op die oop balie gebak sodat “een pestachtige lucht”255 oor die hele tronk gehang het.

Op grond van Krause se verslag het pres. Brand in sy openingsrede by die Volksraadsitting van 1878 daarop gewys dat die raad, weens die haglike toestand van die republiek se tronke, dringend aan die saak aandag behoort te gee. Hy het verder die hoop uitgespreek dat die Volksraad ten minste geld sou bewillig vir die oprigting van ’n nuwe, goeie gevangenis vir die hoofstad. Omdat die Volksraad nie voldoende geld wou bewillig nie, is weer eens slegs toevoegings en verbeterings aan die bestaande ou gebou aangebring.256 Teen die einde van 1880 is tenders gevra vir die bou van ’n muur om die tronk.257 Gevangenes het

249

Venter, pp. 85-86.

250 Die “ongediertes” was waarskynlik luise, muise, rotte, spinnekoppe, vlooie en dalk selfs slange.

251 C.J.G. Krause, “Rapport ... aangaande den toestand van het Gevangenis te Bloemfontein (1 Mei 1878)”, VR-

stukke 1878 (deel 2) soos aangehaal deur Schoeman, Bloemfontein, p. 51.

252

Venter, p. 86; Schoeman, p. 51.

253

Krause, soos aangehaal deur Schoeman, Bloemfontein, p. 51.

254 Venter, p. 88; Schoeman, Bloemfontein, p. 51. 255 Krause, soos aangehaal deur Venter, p. 88. 256

Venter, p. 87.

steeds gereeld uit die bouvallige, ou gevangenis ontsnap.258 Hierdie ou tronkgebou sou diens doen totdat die reeds genoemde nuwe, groot staatsgevangenis259 in 1893 aan die Dewetsdorppad naby die swart woonbuurt Waaihoek voltooi is.260

Wat die behandeling van gevangenes betref, is dit uit die voorafgaande gegewens duidelik dat die gevangenes in haglike toestande moes oorleef en dat daar nie voldoende voorsiening vir sanitêre geriewe gemaak is nie. Ten spyte van dr. Krause se verslag en aanbevelings, is daar geen stappe deur die Volksraad gedoen om toestande in die gevangenis te verbeter nie. Dit kan enersyds dui op ’n ongevoeligheid van die samelewing uit daardie tyd, maar daar moet in ag geneem word dat die staatskas en beskikbare fondse van die republiek in dié jare beperk was en dat die regering die beperkte fondse so voordelig moontlik moes aanwend.261 Die aaklige lot van gevangenes was dus waarskynlik nie ’n prioriteit vir die Vrystaatse wetgewer nie.

Buiten die ontoereikende fasiliteite in die Bloemfonteinse tronk, is die gevangenes beslis ook nie met handskoene behandel nie. Anders as vandag, is beskuldigdes voor hulle verhoor as skuldig beskou en moes met die hande agter die rug geboei slaap. Van die gevangenes moes selfs met ysters en kettings aan hulle bene slaap, wat hul enkels op pynlike wyse geskaaf het. Soms is beskuldigdes maande lank aangehou voordat hulle verhoor is. In die winter was dit bitter koud in die tronk wat met klip uitgevoer is. Wat voedselrantsoene aanbetref, het die gevangenes nie veel afwisseling van spyse gekry nie. Hulle het daagliks slegs vleis en mielies of vleis en brood gekry om te eet, wat tot die uitbreek van siektes gelei het omdat hulle dieet nie gebalanseerd was nie. Die gevangenes het geen groente of vrugte gekry nie en ook geen leesstof nie.262 Reeds in 1880 het van die gevangenes by regter Reitz gekla dat die vleisrantsoen hoofsaaklik uit bene bestaan. Reitz het in 1885 aanbeveel dat die gevangenes ten minste een keer per week een of ander soort groente moes kry. In stede van die hoofregter se advies te volg, het die Volksraad die gevangenes se vleisrantsoen gesny en aanbeveel dat hulle voortaan net elke tweede dag of slegs twee keer per week moes vleis kry, want dit sou besparing vir die staatskas meebring.263

258 VAB, GS190: rapport van den landdrost van Bloemfontein omtrent het ontvluchten van 3 gevangenen

Williams, Mason en Belmore, 31.12.1890; The Friend, 24.7.1891, p. 3.

259

Die nuwe tronkgebou word meer breedvoerig in hoofstuk 4 onder die afdeling regerings-, munisipale en openbare geboue bespreek. Dié gevangenis staan vandag as die Ramkraal-tronk bekend.

260 Schoeman, Bloemfontein, p. 115.

261 Venter, p. 90; Schoeman, Bloemfontein, p. 51. 262

The Friend, 3.9.1895, p. 3; Schoeman, Bloemfontein, p. 52.

Strawwe vir groot misdade was meestal swaar en dikwels is lyfstraf (veral vir swart mense) en dwangarbeid opgelê. Selfs die vroulike gevangenes moes dwangarbeid verrig.264 So is ene Philip, ’n swart man, tot 18 maande hardepad in kettings gevonnis en Jonas, ook ’n swart man, tot drie maande tronkstraf en 25 houe met die kats, albei vir diefstal.265 Lyfstraf is soms deur lede van die publiek bygewoon. The Friend het gesuggereer dat vonnisse vir sekere misdade nie altyd eenvormig toegepas is nie en dat swart en bruin mense meestal swaarder as wit mense gestraf is.266 Vir kleiner oortredings is gewoonlik ’n keuse tussen tronkstraf of ’n boete gegee.267

Teregstellings deur middel van die galg het volgens ’n Volksraadsbesluit van 1854 ook in die openbaar plaasgevind, eers aan die agterkant van Fortheuwel en daarna teen die hang van die huidige Seinheuwel. Ten spyte van die bepaling dat teregstellings in die openbaar sou geskied, is die tyd en datum van teregstellings nie aan die publiek bekend gemaak nie. Maar omdat Bloemfontein voor 1900 nog ’n klein dorp was, kon selfs die strengste geheimhouding nie altyd voorkom dat nuuskieriges van die gebeurtenis te hore kom en dit bywoon nie.268 In Sophie Leviseur se herinneringe beskryf sy hoe sy een oggend vroeg, op pad na haar musiekles in St. Georgestraat, oor die dorp heen gekyk het “and saw a crowd collected round the execution spot”.269

Ofskoon teregstellings in Bloemfontein voor 1900 nie so gereeld plaasgevind het nie, is daar tog van ’n paar melding gemaak.270 Selfs in die tagtigerjare het teregstellings steeds in die openbaar plaasgevind, alhoewel dit na ’n plek verder weg van die dorp, agter Naval Hill verskuif is, wat hierna heel gepas Hangmanskloof gedoop is.271 In 1883 is twee swart mans, Fire en Hoffman, ter dood veroordeel vir die moord op ’n ander swart man met die naam Kantien. ’n Galg is onder die grootste geheimhouding by Hangmanskloof opgerig, maar hoewel die teregstelling baie vroeg die oggend plaasgevind het, is dit steeds deur nagenoeg 200

264 VAB, GS185: Hermanus – pres. Reitz, 2.11.1889.

265 VAB, GS186: Philip – staatspresident, 31.3.1890, GS190: landdros De Beer – goewermentsekr., 9.1.1891. 266 The Friend, 19.2.1892, p. 2.

267

Ibid.

268 Venter, p. 84; Schoeman, Bloemfontein, p. 52.

269 Leviseur, “Chased by a wildebeest across Hoffman Square”, Bloemfontein’s Centenary 1846-1946,

supplement to The Friend, 21.3.1946, pp. 35-36.

270

Die bekendste hiervan was dié van Charles Leo Cox, ’n Engelse immigrant, wat aan moord op sy vrou en twee kinders skuldig bevind en 1856 aan die suidekant van Fortheuwel gehang is. In 1868 word melding gemaak van die teregstelling van twee swart mans, Goliath en Kieviet, wat deur baie mense bygewoon is. Schoeman,

Bloemfontein, pp. 30, 52.

271

Leviseur, “Chased by a wildebeest across Hoffman Square”, Bloemfontein’s Centenary 1846-1946,

nuuskieriges bygewoon.272 Met die ingebruikneming van die nuwe gevangenis aan die Dewetsdorppad in 1893 is die galg permanent daar opgerig.273

Die grondwet van die OVS het bepaal dat gevangenes dwangarbeid met pik, graaf, koevoet en ander dergelike werktuie onder toesig in die openbaar sou verrig. Gevangenes het dikwels aan strate, paaie, brûe of geboue gewerk. Die werksure sou strek van sonop tot sononder met een uur elk vir ontbyt en middagete. Saterdagmiddae moes aangehoudenes hulle klere was. Ten einde ontsnappings te voorkom, is daar verder bepaal dat gevangenes wat dwangarbeid verrig, kettings met ysters om hul bene moes dra.274 Gevangenes het dikwels vertoë gerig dat die kettings verwyder moes word, maar dit is net weens gesondheidsredes of op grond van bewese goeie gedrag en op aanbeveling van die landdros en die uitvoerende raad toegestaan.275 Soms het gevangenes op grond van goeie gedrag kwytskelding vir ’n deel van hulle vonnisse gekry.276 Volgens die grondwet kon gevangenes wat weier om hulle aan die tug en dissipline van die tronk te onderwerp, deur die landdros tot lyfstraf van hoogstens 25 houe gevonnis word. Die owerhede het nie graag wit mans met lyfstraf gestraf nie en in 1890 is die jonger McKeone-broer byvoorbeeld tot 14 dae eensame opsluiting met net ryswater elke tweede dag gevonnis nadat hy gedreig het om ’n tronkwag aan te rand.277