• No results found

3. Die verskillende kultuurgroepe

3.1 Blankes

3.1.1 Afrikaners

Hoewel Bloemfontein aanvanklik hoofsaaklik ’n Engelssprekende nedersetting was, het meer Afrikaners hulle gaandeweg in Bloemfontein gevestig. Teen 1848 was slegs twee van die meer as 30 gesinne in Bloemfontein Afrikaans.31 Na die totstandkoming van die OVS as republiek in 1854 het al hoe meer Afrikaners in Bloemfontein kom woon.32 As gevolg van droogtes, sprinkaanplae, runderpes en ’n gebrek aan grond is talle Boere in die 1890’s gedwing om hulle plase te verlaat en in die dorpe en stede ’n heenkome te soek. Toe die Afrikaners se lewensomstandighede so begin verander dat hulle nie meer deur boerdery ’n bestaan kon maak nie, het baie van hulle nie die nodige opleiding of geleerdheid gehad om ’n ander beroep te beoefen nie. Dit het weer gelei tot armoede en die opkoms van behoeftiges in ’n gemeenskap waar armoede voorheen feitlik onbekend was.33

Daar is in hierdie tyd dikwels in die koerante van die “arme blanken” melding gemaak en Bloemfontein het ook sedert ongeveer 1890 met hierdie probleem kennis gemaak. Die werksgeleenthede wat die koms van die spoorlyn gebied het, het baie Afrikaners na Bloemfontein gelok. In 1892 word daar melding gemaak van drie arm wit gesinne wat in Douglasstraat in ’n huis van pakkiste gewoon het en geleidelik het al hoe meer ontwortelde, verarmde Boere na Bloemfontein gestroom.34 Met die koms van die spoorlyn is heelwat Afrikaners ook by die Spoorweë in diens geneem.35

In die Gouvernements Courant van Augustus 1889 verskyn ’n lys van onafgehaalde briewe by die Bloemfonteinse poskantoor. Dit gee mens ’n blik op Afrikaanse vanne in Bloemfontein en distrik in 1889: As, Aswegen, Berg, Bezuidenhout, Borstlap, Botha, Botes, Bothma, Buys, Cilliers, Cloete, Coetzee, Combrink, De Wet, Du Toit, Duvenhage, Enslin, Erasmus, Fick, Grobler, Hartman, Hendricks, Jacobs, Joubert, Karstens, Kasselman, Kriel,

30 Vir meer inligting oor die herkoms van die Afrikaner, kan H. Giliomee, The Afrikaners: biography of a people;

“Die herkoms van die Afrikanervolk” in P.W. Grobbelaar (red.), Mens en land, pp. 51-83 en S.J. du Toit, “The Afrikaans-speaking section”, in G.H. Calpin (red.), The South African way of life, p. 8, geraadpleeg word.

31 Schoeman, p. 10.

32 F.A. van Jaarsveld, “Die Afrikaners se Groot Trek na die stede 1886-1976” in P.G. Nel (red.), Die

kultuurontplooiing van die Afrikaner, pp. 162-192; A.C. Groenewald, Die sosiale lewensomstandighede in Bloemfontein, 1896-1899 (M.A.-verhandeling, Universiteit van die Oranje-Vrystaat, Bloemfontein, Mei 1989),

p. 57.

33 De Express, 27.6.1893, p. 2 en 16.3.1894, p. 3; G.D. Scholtz, Die ontwikkeling van die politieke denke van die

Afrikaner 4: 1881-1899, pp. 65-67.

34

The Friend, 5.8.1892, p. 3; Van Jaarsveld, pp. 172-173. Vergelyk ook Schoeman, p. 136.

Labuschagne, Maartens, Myburgh, Oosthuizen, Pienaar, Pretorius, Roodt, Roos, Slabbert, Smit, Snijman, Steenkamp, Swanepoel, Theron, Van der Merwe, Van der Walt, Van der Westhuizen, Van Rensburg, Van Wijk, Van Zijl, Venter, Viljoen, Weyers en Wiese.36 Ander Afrikaanse vanne wat dikwels teëgekom is, is Blignaut, Brand, Bruwer, De Beer, De Villiers, Du Plessis, Engelbrecht, Hoffman, Hofmeyr, Koen, Muller, Potgieter, Steyn, Swart, Vos en Wessels.37

Wat beroepe aanbetref, was die Afrikaners nooit baie by die handel betrokke nie. Hulle het meestal in die staatsdiens, spoorweë of in die Vrystaatse Artillerie diens gedoen.38 Daar het ook baie Afrikaners op plase in die omgewing van Bloemfontein geboer. Heelwat Afrikaners, veral diegene wat die geleentheid gehad het om verder te studeer, was betrokke in regsberoepe, soos landdroste (S.P. de Beer), prokureurs (Abraham Fischer) en regters (F.W. Reitz, M.T. Steyn en J.B.M. Hertzog).39 Vervolgens word gekyk na van die heel bekendste Afrikaner- families in Bloemfontein gedurende die Reitz-tydperk.

Een van die bekendste Afrikaners in Bloemfontein gedurende die Reitz-tydperk was natuurlik pres. F.W. Reitz40 (1844-1934) self. Hy is in Swellendam gebore en het sy regsopleiding aan die South African College in Kaapstad en die Inner Temple in Londen ontvang. In 1868 het Reitz hom as advokaat in Kaapstad gevestig en in 1874 is hy as hoofregter van die Vrystaat aangestel. Hy is in Junie 1874 met Blanca Thesen, wat van Noorweegse afkoms was, getroud. Sy is in Oktober 1887 oorlede na ’n siekbed van ses maande. Reitz is in Desember 1889 met sy tweede vrou, Cornelia Mulder, toe waarnemende direktrise van die Damesinstituut, in die huwelik bevestig. Teen die einde van 1888 is Reitz tot staatspresident verkies en in 1893 herkies. Sedert 1894 het Reitz se gesondheid geleidelik verswak sodat hy in 1895 verplig gevoel het om te bedank.41 As hoofregter en staatspresident het hy goeie verhoudinge met alle kultuurgroepe in die Vrystaat en sy hoofstad probeer handhaaf, maar as vurige republikein en Afrikaner het hy hom uiteraard vir die Afrikanersaak en die Afrikaanse taal en kultuur beywer. Met sy gedig Klaas Geswind en sy perd het Reitz in 1870 waarskynlik die eerste volwaardige Afrikaanse digter geword en in 1888 het sy eerste versameling gedigte in

36 Dit is moontlik dat sommige van hierdie mense dalk Nederlanders of van ander nasionaliteite was.

Gouvernements Courant, 16.8.1889.

37 The Friend, 10.7.1889, p. 3, 17.7.1889, p. 3, 11.9.1889, p. 3, 23.7.1890, p. 3, 28.3.1893, p. 2, 3.8.1894, p. 3 en

30.7.1895, p. 2; De Burger, 10.2.1894, p. 3, 13.2.1894, p. 3 en 23.5.1894, p. 3.

38 VAB: GS192, kapt. Albrecht – goewermentsekr., 26.6.1891; Gouvernements Courant, 9.8.1889 en 16.8.1889;

The Friend, 3.1.1891, p. 3 en 28.3.1893, p. 2; De Burger, 23.5.1894, p. 3.

39

Gouvernements Courant, 16.8.1889; The Friend, 23.1.1889, p. 2 en 24.7.1895, p. 3.

40 Vir meer inligting oor Reitz se lewe, asook sy bydrae as hoofregter, staatspresident en kultuurleier, raadpleeg

J.C. Moll, “Francis William Reitz en die republiek van die Oranje-Vrystaat” in Argiefjaarboek vir Suid-

Afrikaanse Geskiedenis 36. Kyk ook onderafdeling 3.2.1 van hoofstuk 1.

Afrikaans,42 Vyftig uitgesogte gedigte, verskyn. Hoewel dit geen hoë kuns was nie, het sy gedigte getoon waartoe Afrikaans in staat is en het dit beslis die Afrikaanse taal bevorder en die Afrikaners se nasionale bewussyn versterk.43

Marthinus Theunis Steyn (1857-1916) is op die plaas Rietfontein naby Winburg gebore en het hom aan die Inner Temple in Londen in die regte bekwaam. Hy kom in 1884 as advokaat na Bloemfontein waar hy mettertyd ’n groot regspraktyk opbou en in 1889 as regter aangestel word. Hy trou in 1887 met Rachel Isabella (Tibbie) Fraser (1865-1955) wat self ’n belangrike rol in die Afrikaner se geskiedenis speel. Na Reitz se bedanking in 1895 word Steyn in Februarie 1896 staatspresident van die Vrystaat en beywer hom vir die bevordering van die Nederlandse taal en nouer bande met die ZAR. Tydens die Anglo-Boereoorlog speel hy ’n groot rol om die Vrystaatse burgers aan te moedig om tot die bitter einde te veg. Steyn se toegewydheid tot die behoud van die onafhanklikheid van die Boererepublieke ooreis mettertyd sy liggaam en teen die einde van die oorlog doen Steyn ’n verlammende siekte op. In 1902 vertrek hy na Europa om behandeling vir sy siekte te kry, vestig hom in 1905 op sy plaas Onze Rust naby Bloemfontein, en ten spyte van sy verswakte gestel lewer hy steeds ’n bydrae tot die herstel van die Afrikaner.44

Abraham Fischer (1850-1913), wat in Kaapstad gebore is, het homself as ’n Afrikaner beskou en was ’n ware republikein, hoewel hy ’n Duitse stamvader gehad het. Na suksesvolle studie in die regte aan die South African College, word hy prokureursklerk en in 1873 begin hy sy eie praktyk as prokureur en notaris in Kimberley. Fischer trou in 1873 met Ada Robertson, ’n dame van Skotse afkoms, en vestig hom in 1875 as prokureur en advokaat in Bloemfontein. As Volksraadslid en lid van die uitvoerende raad het Fischer ’n belangrike politieke rol in die republiek gespeel en hom veral vir spoorwegontwikkeling en nouer samewerking met die ZAR beywer. Na die Anglo-Boereoorlog was hy ’n stigterslid en die eerste voorsitter van die Afrikaners se politieke organisasie, die Orangia-unie. Toe die Oranjerivierkolonie verantwoordelike bestuur verkry, word hy in 1907 eerste minister van dié kolonie en in 1910 ’n minister in genl. Louis Botha se Uniekabinet.45

James Barry Munnik Hertzog (1866-1942) is in Wellington gebore. Hy promoveer in 1892 in die regte aan die Universiteit van Amsterdam, vestig hom in 1893 as advokaat in Pretoria en trou in 1894 met Mynie Neethling. In 1895 word hy as regter in die Vrystaat

42

Hoewel Afrikaans teen 1888 nog nie ten volle ontwikkel was nie en nog ’n taal in wording was, was dit beslis nie meer Nederlands nie en kon dit reeds as ’n afsonderlike taal onderskei word.

43 Ibid., pp. 58, 181-182, 187, 195, 219.

44 N.J. van der Merwe, Marthinus Theunis Steyn, ’n lewensbeskrywing 1, pp. 1-100; Suid-Afrikaanse biografiese

woordeboek 2, pp. 727-735.

aangestel en betrek ’n huis in Goddardstraat in Bloemfontein. Sy jare as regter tussen 1895 en 1899 was baie suksesvol, maar sy grootste rol as Afrikanerleier speel hy tydens en na die Anglo-Boereoorlog. In Junie 1900 word Hertzog ’n generaal in die Boeremagte en in 1907 die Vrystaatse prokureur-generaal en minister van onderwys in Abraham Fischer se kabinet. Met Uniewording in 1910 het Hertzog hom vir gelyke regte vir Afrikaans en Engels in die Uniegrondwet beywer. In 1914 word Hertzog hoofleier van die pasgestigte Nasionale Party en van 1924 tot 1939 eerste minister van Suid-Afrika.46

Cornelis Hermanus Wessels (1851-1924), later sir Cornelis en ’n neef van pres. Steyn, is in die distrik Winburg gebore. Hierdie suksesvolle boer van Boshof koop in 1892 die bekende plaas Quaggafontein net buite Bloemfontein. Wessels het ook ’n woonhuis in Aliwalstraat sowel as ’n aantal ander erwe in Bloemfontein besit. Hy is in 1876 met Christina Magdalena (née Wessels) getroud en een van hul dogters was die bekende sangeres Cecilia Wessels. Danksy C.H. Wessels se sterk leierseienskappe het hy jare lank ’n belangrike rol in die openbare en politieke gebeure van die OVS gespeel en veral Afrikaner- en boerderybelange bevorder. Hy was onder meer Volksraadslid (1885-1899), lid van die Vrystaatse uitvoerende raad, voorsitter van die Volksraad (1897-1899), direkteur van die Nasionale Bank, minister van openbare werke, lande en mynwese in die Oranjerivierkolonie (1907-1910) en administrateur van die Vrystaat (1915-1924).47

Wat die karaktertrekke van die Afrikaners as kultuurgroep betref, is dit ’n feit dat ’n volk of kultuurgroep uit individue bestaan en dat tipering altyd subjektief is.48 Tog was daar sekere karaktertrekke of waardes wat algemeen in die 19de eeu onder die Afrikaners voorgekom het en wat dikwels deur buitelanders of volksgenote opgemerk en geboekstaaf is. Die bekende J.H. (Onze Jan) Hofmeyr (1854-1909) het in Desember 1894 tydens ’n lesing in Stellenbosch die volgende karaktertrekke van die Afrikaner uitgelig49 wat ook deur ander skrywers bevestig is: Afrikaners was gewoond aan die onafhanklike, selfversorgende lewe op die plase. Daarom was dit vir baie Afrikaners wat hulle grond verloor het moeilik om vir iemand anders te gaan werk en het hulle ’n ambag en om handearbeid te doen, as benede hulle waardigheid beskou. In Bloemfontein was daar ook ’n sekere deel van die inwoners, veral die sogenaamde hoër klas, wat neergesien het op persone wat ’n ambag beoefen het.50 Uit die

46 Suid-Afrikaanse biografiese woordeboek 1, pp. 382-395.

47 J. Haasbroek, “Die rol van Cornelis Hermanus Wessels in die Oranje-Vrystaat 1885-1924”, Memoirs van die

Nasionale Museum 15, Desember 1980, pp. x, 1, 9-13, 65, 251-252, 174-176, 231, 264-265, 267, 291, 334; Suid-Afrikaanse biografiese woordeboek 3, pp. 857-858.

48 P.S. Dreyer, “Tipering van Afrikanerskap” in P.G. Nel, (red.), Die kultuurontplooiing van die Afrikaner, p. 37. 49 De Burger, 5.12.1894, p. 3.

50

VAB, A6: Onderhoud deur die Dundee Advertiser met dr. John Brebner, 20.9.1897; The Friend, 18.11.1892, p. 3, 27.11.1894, p. 2 en 11.4.1895, p. 3; De Burger, 3.2.1894, p. 3 en 17.11.1894, p. 2.

Afrikaner se landelike agtergrond het ’n liefde vir die natuur en jag ontwikkel, terwyl verlies aan landbougrond ook ’n waardering vir geleerdheid laat ontstaan het.51

Die Afrikaners se godsdiens was vir hulle uiters belangrik en daarom het die kerk, veral die NG Kerk, ’n groot rol in hul lewe gespeel. Hulle sterk Calvinistiese beginsels52 het ’n konserwatisme en ’n groot mate van onbuigsaamheid en koppigheid by die Afrikaner tot gevolg gehad.53 Volgens Bryce was die Afrikaner stadig en uiters konserwatief in beide hul idees en gewoontes, maar sterk van karakter met besliste oortuigings.54 Ander karaktertrekke van die Afrikaner wat ook genoem is, is sy sterk onafhanklikheidsin, sy gasvryheid, sy liggelowigheid, nuuskierigheid, vasberadenheid, spaarsamigheid en sy luimigheid of gemoedelikheid.55 Teenoor lede van ander kultuurgroepe of volke was die Afrikaner hoflik, maar weens gebeure in sy geskiedenis, terughoudend, geslote en selfs tot ’n mate agterdogtig.56

Ten spyte van die natuurlike mate van agterdogtigheid en terughoudendheid wat tussen die verskillende kultuurgroepe in Bloemfontein bestaan het, het die groepe mekaar in ’n mindere of meerdere mate aanvaar en geleer om saam te werk.