• No results found

3. Die staatkundige konteks

3.9 Die ekonomiese konteks

3.9.1 Handelsaktiwiteite

Ofskoon die staatkundige konteks baie belangrik vir die republiek OVS en sy hoofstad was, het die ekonomiese konteks en handelsbedrywighede net so ’n belangrike rol in die ontwikkeling van Bloemfontein gespeel. Hoewel Bloemfontein uiters sentraal en feitlik in die middel van Suid-Afrika geleë is, het die handel en nywerheid in die vroeë jare nie so ’n groot rol in die

332

VAB, GS186: kapt. Hughes – goewermentsekr., 20.3.1890.

333 De Express, 27.5.1890, p. 4; The Daily Express, 31.5.1890, p. 2.

334 VAB, GS189: President Brand Rifles – pres. Reitz, 18.9.1890; The Daily Express, 16.8.1890, p. 3.

335 VAB, GS189: die waarnemende landdros – goewermentsekr., 28.11.1890; The Daily Express, 28.11.1890, p.

2.

336

The Daily Express,16.9.1890, p. 3 en 18.11.1890, p. 3.

337 Ibid., 18.11.1890, p. 3; The Friend, 7.7.1891, p. 3. 338 The Friend, 2.9.1892, p. 3.

339

Ibid., 13.3.1891, p. 3 en 26.5.1891, p. 3.

ontwikkeling van die Vrystaatse hoofstad gespeel nie. Omdat Bloemfontein hoofsaaklik om administratiewe redes gestig is, het sy ligging aanvanklik nie veel tot die ekonomie bygedra nie. In der waarheid was Bloemfontein in die beginjare baie geïsoleerd en het die dorp ook nie oor minerale rykdom beskik wat groot bevolkingsgetalle, soos in die geval van Johannesburg of Kimberley, tot gevolg sou hê nie.341

Aangesien mense kultuurskeppers en -draers is, speel die inwoners ’n groot rol in die ekonomiese ontwikkeling van ’n staat. Die aard van ’n land of selfs ’n dorp se ekonomiese ontwikkeling word grootliks deur die karakter van sy inwoners bepaal, dit wil sê deur die gedrag van die betrokke kultuurskeppers.342

Voor 1846 was die wit gemeenskap in die Transoranje merendeels veeboere en het die smouse die handelsektor verteenwoordig. Selfs waens en rytuie is deur die smouse uit die Kaapkolonie gebring en goedere is vir skape, beeste en ander landbouprodukte verruil.343 Met die stigting van Bloemfontein en die vestiging van Warden en sy klein garnisoen in dié nedersetting in 1846 het daar ’n groter vraag na allerlei handelsware en landbouprodukte ontstaan. Die nedersetting het geleidelik in ’n klein dorp ontwikkel en teen die middel van 1848 was daar buiten die soldate ongeveer 42 burgerlike manspersone, asook nagenoeg 200 vrouens en kinders in Bloemfontein. Toe die Britse mag in 1854 onttrek is, het daar naastenby 400 burgerlikes in Bloemfontein gewoon en daarom is daar reeds so vroeg soos 1848 winkels soos dié van R. Innes, M. Leviseur en G.A. Fichardt gevestig.344

Teen 1852 het Bloemfontein reeds oor 12 winkels beskik en is daar hoofsaaklik ruilhandel bedryf. ’n Gebrek aan bankgeriewe in Bloemfontein het aanvanklik kontanthandel belemmer en boere het landbouprodukte by die winkels vir handelsgoedere verruil. Die ossewa was aanvanklik die enigste vervoermiddel. Goedere is per transportwa vanaf hawestede (hoofsaaklik Oos-Londen, Port Elizabeth en Durban) na Bloemfontein aangery. ’n Reis met ’n transportwa tussen Bloemfontein en Durban het ongeveer 20 dae geduur en tussen Bloemfontein en Port Elizabeth enigiets van 30 dae tot twee maande. Hierdie faktore het die handel in die beginjare baie gestrem.345 Op 20 April 1859 is ’n gereelde mark ingestel en omdat die handelsaktiwiteite van die Vrystaat aanvanklik grotendeels tot landbouprodukte

341 Snyman, p. 130.

342 G.J. Lamprecht, Die ekonomiese ontwikkeling van die Vrystaat van 1870 tot 1899 (D.Phil.-proefskrif,

Universiteit van Stellenbosch, 1953), p. 23; A.L. Müller (red.), Die ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika, p. 148.

343 J. Prinsloo, “ ’n Terugblik oor die handel in die Vrystaatse hoofstad”, Die Volksblad feesuitgawe, 22.3.1946, p.

58.

344

Snyman, p. 130.

beperk was, het Bloemfontein se mark ’n belangrike rol vervul.346 Die eerste bank in Bloemfontein, die Bloemfontein-bank, het vroeg in 1862 tot stand gekom,347 waarna ander banke gevolg het.

Die totstandkoming van Bloemfontein se mark en die eerste banke het die handel op ’n stewiger grondslag geplaas en namate die bevolking in die Vrystaatse hoofstad toegeneem het, het allerlei ander ontwikkelings op handelsgebied gevolg. In 1868 het die Bloemfonteinse Eksekuteurskamer tot stand gekom, terwyl die Vrystaatse Kamer van Koophandel in 1883 gestig is, met sy hoofkantoor in Bloemfontein. Verskeie versekeringsmaatskappye het ook takke in Bloemfontein oopgemaak of agente aangewys om hulle belange in die hoofstad te behartig. ’n Verdere stimulant vir die handel was die driemaandelikse Nagmaal van die NG Kerk in Bloemfontein. Baie boere van die platteland het gewoonlik reeds die Vrydag voor die Nagmaal in Bloemfontein aangekom. Plaasprodukte is dan aan die winkels verkoop en noodsaaklike inkopies is op die Vrydag en Saterdag en selfs op die daaropvolgende Maandag en Dinsdag gedoen voordat hulle teruggekeer het plaas toe. Handelaars en afslaers het hulle deeglik op hierdie toestroming van boere voorberei, want dit het goeie besigheid beteken.348

Die Vrystaat-Basotho-oorloë van 1858 en 1865-1869 het groot druk op die Vrystaat se staatskas geplaas. Nadat Basotholand (vandag Lesotho) in 1869 onder Britse beheer geplaas is, het daar ’n tydperk van vrede en groter voorspoed gevolg.349 Droogtes en sprinkaanplae wat gereeld voorgekom het, het ’n nadelige invloed op die landbou-opbrengs gehad, wat weer die handel in Bloemfontein benadeel het. Die Vrystaatse ekonomie was dus aanvanklik grotendeels op landbou en veeteelt gebaseer en handel in wol en wolprodukte was ’n belangrike deel hiervan. Om die wolhandel op ’n meer georganiseerde grondslag te laat plaasvind, het pres. Brand ’n jaarlikse wolmark vir die Vrystaat ingestel, waarvan die eerste in Maart 1865 in Bloemfontein gehou is. Verder het Bloemfontein se handelaars ook wol teen goeie pryse gekoop en dan is dit per transportwa na die hawestede vervoer. Bloemfontein was dus die middelpunt van ’n florerende wolhandel en dit het tot gevolg gehad dat daar reeds in 1871 ’n wolwassery op die plaas Tempe van J. Allison opgerig is. Wol was dus ’n belangrike uitvoerproduk van die Vrystaat en selfs in Europa was Vrystaatse wol baie gesog onder Europese handelaars.350

346

Snyman, pp. 132, 135.

347 The Friend, 10.1.1862, p. 1 en 24.1.1862, p. 1.

348 Schoeman, Bloemfontein, pp. 43, 98; Snyman, pp. 133-134, 136-137. 349

Groenewald en Herholdt, p. 453; Lamprecht, pp. 369-370.

Die koms van die spoorlyn in 1890 het die vervoer van wol na die seehawens baie vergemaklik en bespoedig. In 1890 is daar daagliks ’n wolmark op Markplein gehou, direk na afloop van die gewone produktemark in die oggend.351 In 1891 is ’n spesiale oordekte wolskuur naby die goederestasie opgerig om wolprodukte in te berg.352 In 1894 is die wolmark na die gewone produktemark oorgeplaas.353

Die ontdekking van diamante langs die Oranjerivier in 1867 het voornemende prospekteerders uit alle dele van Suid-Afrika na die gebied laat stroom. Hierna is ’n gereelde passasiersverkeer tussen Bloemfontein en die diamantvelde begin en is ’n nader afsetgebied vir Vrystaatse produkte geskep wat uiteraard die handel in die Vrystaatse hoofstad geweldig gestimuleer het.354 Die behoefte aan akkommodasie vir reisigers het ook binne ’n kort tydsbestek tot die oprigting van ’n hele aantal hotelle en losieshuise in Bloemfontein gelei.355 Landbou in die Vrystaat is eers na die ontdekking van diamante intensief beoefen.356 Die ontdekking van diamante en veral die Witwatersrandse goudvelde in 1886 het die hele aard van ekonomiese omstandighede in Suid-Afrika verander vanaf ’n ekonomie wat grootliks op landbou en veeteelt gebaseer was, tot ’n meer nywerheidsgedrewe ekonomie.357 Die ontdekking van goud het uiteraard ook ’n groot invloed op die handelsontwikkeling en vervoerdienste van die Vrystaat en Bloemfontein in die besonder uitgeoefen en daar het ’n al groter wordende vraag na landbouprodukte ontstaan.358

Deur die verbeterde ekonomiese toestande het die staatsfinansies toegeneem en is meer geld vir ontwikkeling en die uitbreiding van openbare dienste bewillig. Meer en groter staatsgeboue is opgerig, inwoners se salarisse en inkomste is verhoog en op elke denkbare staatsterrein was daar ontwikkeling en verbetering. Die ontdekking van diamante en goud, wat die handel gestimuleer het, het ook die aanleg van ’n spoorlyn deur die Vrystaat bespoedig, want ten spyte van aanvanklike teenkanting teen die spoorlyn, was ’n doeltreffende vervoerstelsel tussen Bloemfontein en die markte van die goud- en diamantvelde noodsaaklik. Die aanleg van die spoorweg en die feit dat die Vrystaat ’n gedeelte van die invoerregte ontvang het, het ’n nog groter inkomste aan die staat besorg, wat weer groter welvaart geskep

351

The Friend, 4.11.1890, p. 1 en 2.1.1891, p. 1.

352 Ibid., 20.1.1891, p. 3 en 13.2.1891, pp. 2-3. 353 Ibid., 2.2.1894, p. 3; Snyman, pp. 138-139.

354 C. Bundy, The rise and fall of the South African peasantry, pp. 198-203; Lamprecht, pp. 370-375. 355

Lamprecht, pp. 370-375; Snyman, pp. 145-146.

356

F.L. Coleman (red.), Economic history of South Africa, p. 57; Müller, pp. 152-153.

357 Scholtz, Die ontwikkeling van die politieke denke van die Afrikaner 4, p. 33.

358 J.J.H. Bester, Die ekonomiese ontwikkeling van die Oranje-Vrijstaat 1888-1899 (M.A.-verhandeling,

Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria, 1946), p. 298; Snyman, pp. 139-142. Vergelyk ook Groenewald en Herholdt, p. 452.

en nog verdere ontwikkeling aangemoedig het. Sedert 1890 is Bloemfontein geleidelik per spoor met al die omringende state en kolonies verbind en is die Vrystaatse hoofstad se vroeëre isolasie beëindig.359

Die koms van die spoorweg en verbeterde vervoergeriewe het handelsaktiwiteite in Bloemfontein geweldig gestimuleer en omdat nuwe werksgeleenthede geskep is, het die bevolking ook met rasse skrede toegeneem. Die aanbou van die spoorwegstasie, kantore en spoorweg-werkswinkels het meer werksgeleenthede vir die inwoners verskaf. As gevolg van die vinnige toename in die bevolking het die handel toenemend gegroei en ’n wye reeks handelsbedrywe is in Bloemfontein gevestig.360