• No results found

3. Die staatkundige konteks

3.9 Die ekonomiese konteks

3.9.7 Afslaers

Inwoners van Bloemfontein kon allerlei goedere op veilings koop, wat deur afslaers J.W.G. Steyn en J.G. Fraser in Maitlandstraat en Cunningham & Acton by Markplein opgeveil is. Boeke, meubels, vee, rytuie, klere, gebruiksgoedere, huise en selfs plase en eiendom is opgeveil.418

3.9.8 Bedrywe en ambagte

3.9.8.1 Haar- en skeersalonne

In die 1890’s is ’n hele aantal bedrywe en ambagte in Bloemfontein beoefen. Wat haarkappers en skeersalonne aanbetref, was daar die reeds genoemde Alfred Aaronson en W. Whelan, beide aan Markplein, wat gesorg het dat die Bloemfonteiners se hare en baarde netjies bly. Aandag is ook aan die sny van kinders se hare gegee.419

416 De Express, 21.1.1890, p. 1; “Bloemfontein Board of Executors and Trust Company Ltd.: valuable part played

in the development of the province”, Bloemfontein’s Centenary 1846-1946, supplement to The Friend, 21.3.1946, p. 68; “Bloemfontein Board of Executors & Trust Company Limited”, Supplement to The Friend, Februarie 1954, p. 36.

417

De Express, 23.12.1890, p. 3; “How Chamber of Commerce has served the Free State for 63 years”,

Bloemfontein’s Centenary 1846-1946, supplement to The Friend, 21.3.1946, p. 63.

418 The Friend, 13.3.1889, p. 4, 11.9.1889, p. 1, 30.7.1890, p. 6, 7.11.1890, p. 1 en 9.3.1894, p. 1; Daily Express,

4.7.1890, p. 2 en 11.7.1890, p. 2.

3.9.8.2 Boubedryf

Die boubedryf in Bloemfontein het gefloreer, veral in tye van finansiële voorspoed. Na die koms van die spoorlyn tot by Bloemfontein in 1890, het groot ontwikkelings gevolg wat die boubedryf geweldig gestimuleer het. Geld en besoekers het die land ingestroom en verskeie nuwe geboue en hotelle is in die Vrystaatse hoofstad opgerig. Gevolglik was die ambagsmanne in die dorp baie bedrywig.420

Wat bouers en timmermanne aanbetref, word daar in die 1890’s melding gemaak van die volgende firmas: A. Webb, W.G. Molony, A. Snel, Robinson & Stevenson en J.J. White.421 G. Coleman en E.S. Hanger het opgesaagde hout vir bou- en vuurmaak-doeleindes aan Bloemfontein se inwoners verskaf.422 Bekende klipwerkers en grafsteenmakers in Bloemfontein was W. Burns, R. Cane & Seuns en Owen Davies.423 Die firmas Johnson & Saunders, Jacobson & Osborne en McGehan & McQueen was verwers, binneversierders en letterskilders.424 Die Bartle Broers in Oos-Burgerstraat was metaalwerkers, terwyl A. Frazer in Aliwalstraat en S. Boswell in St. Georgestraat metaal- en loodgieterswerk gedoen het.425 Mnre. Long, Butler en Howard het op verskillende plekke aan die buitewyke van Bloemfontein stene gemaak. Die steenmakers het werk aan ongeveer 50 swart mense verskaf wat met hulle gesinne op die steenmakerye se persele gewoon het.426 Klaarblyklik het die steenmakerye in die 1890’s gefloreer, want toe is 20 lisensies maandeliks in dié bedryf deur die stadsraad uitgereik.427 3.9.8.3 Klere- en modebedryf

Bloemfontein het in die 1890’s ook nie ’n tekort aan ambagsmanne in die klere- en modebedryf gehad nie. Bekende kleremakers was P. Greger en T. Baer in Maitlandstraat, Thomas Thomas (later bekend as Thomas & Bennet) aan Markplein en B. Solomon in Hangerstraat.428 Verder het die firmas Sowden, Mitchell & Stoddart en J.A. Christie ook kleremakers in diens gehad.429 Enkele Bloemfonteinse dames was ook betrokke by die klerebedryf, want mev. Gladwell het damesklere gemaak, terwyl mev. Prager van Londen ’n

420 The Friend, 17.3.1891, p. 3 en 26.5.1891, p. 3; Groenewald en Herholdt, pp. 528-529. 421

Daily News, 11.2.1890, p. 3; De Express, 17.6.1890, p. 10; Daily Express, 24.6.1890, p. 4. Vergelyk ook Groenewald en Herholdt, p. 533.

422 Daily News, 3.4.1890, p. 3; The Friend, 22.5.1891, p. 3. 423 The Friend, 12.2.1892, p. 2, 24.5.1892, p. 1 en 5.3.1895, p. 2. 424

Ibid., 25.12.1889, p. 4; Daily Express, 20.1.1890, p. 3, 7.10.1890, p. 3 en 24.10.1890, p. 2.

425

Daily Express, 31.7.1890, p. 2 en 22.9.1890, p. 3; The Friend, 17.12.1895, p. 2.

426 The Friend, 6.7.1894, p. 3 en 6.9.1895, p. 2.

427 Stadsraad, Bloemfontein, Verslag van den burgemeester, 1890, p. 3. 428

Daily Express, 17.4.1890, pp. 3-4 en 14.10.1890, p. 3; The Friend, 28.9.1894, p. 1 en 4.1.1895, p. 2.

besigheid aan Markplein begin het waar volstruisvere bewerk en gekleur is.430 Professionele skoenmakers was M. Loser met sy “Bloemfontein Boot Factory”, H. Eggington met sy “London Boot and Shoe Shop”, albei in Maitlandstraat, asook M. Wright in Kerkstraat.431 Gewilde horlosiemakers in die Vrystaatse hoofstad was C. Fischer in Maitlandstraat en J. Huber in Kerkstraat, asook Hamm & Brunner, A. Hennhofer en H. Rosenberg, al drie by Markplein.432

3.9.8.4 Voedselbedryf

Die voedselbedryf het werk aan verskeie ambagsmanne in Bloemfontein verskaf. Bekende meulenaars was Daniel & Hyman, wat reeds in 1868 ’n stoommeule op die terrein net suid van die ou Fort Drury tussen St. Andrewstraat en die fontein opgerig is.433 Hornby & Daubney in Harveyweg, naby die spoorwegstasie, het hulle meule in 1892 in gebruik geneem, gevolg deur die S.A. Milling Company in 1895.434

3.9.8.5 Vervoerbedryf

Omdat daar in die 1890’s nog grootliks van vervoermiddele soos perde, waens en rytuie gebruik gemaak is, was verskeie vakmanne in Bloemfontein aan die vervoerbedryf verbonde. J. Daly en Green & Lincoln was grof- en hoefsmede, terwyl James Ensor veral bekend was vir die maak en herstel van rytuie en waens. W.A. Davis in Maitlandstraat was ’n saal- en tuiemaker, maar het ook waens en rytuie herstel en geverf.435

3.9.8.6 Ander bedrywe

J. Theile was ’n geweersmid wat gewere, masjiene, ens. in sy besigheid in Oos-Burgerstraat naby Markplein herstel het.436 Bloemfontein het ook in 1895 sy eie private wassery by Haldon oorkant die dorpsmeent gehad, geopen en bestuur deur mejj. Little. Die wassery het heel gepas die naam van The “Little” Laundry gehad. Hierdie wassery het aan ’n groot behoefte voldoen, aangesien daar in die 1890’s nog nie lopende water in Bloemfontein was nie en baie inwoners hulle wasgoed by die spruit laat was het, wat nie baie higiënies was nie.437 Klaarblyklik het die meeste van bogenoemde bedrywe en besighede wit, bruin en swart mense in diens gehad.

430 Ibid., 4.9.1890, p. 2. 431

Ibid., 5.9.1890, p. 1 en 29.11.1890, p. 3; The Friend, 12.3.1895, p. 3.

432 Daily News, 3.3.1890, p. 2; Daily Express, 9.5.1890, pp. 1-2, 9.9.1890, p. 1 en 30.9.1890, p. 4. 433

S.M. Botes, “Die stoommeule en bierbrouery op die terrein van Fort Drury, Bloemfontein, 1868-1920”, Suid-

Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis 15(2), November 2001, pp. 9-14.

434 The Friend, 30.8.1892, p. 1 en 18.10.1895, p. 3.

435 Daily Express, 17.4.1890, p. 4, 4.7.1890, p. 3 en 29.11.1890, p. 2; The Friend, 11.9.1891, p. 3. 436

Daily Express, 4.7.1890, p. 3.

3.9.9 Nywerhede

Aanvanklik het Bloemfontein nie juis noemenswaardige nywerhede gehad nie. Struikelblokke wat nywerheidsontwikkeling in die Vrystaatse hoofstad gestrem het, was onder meer stadige vervoermiddele, gebrek aan elektriese krag en swak watervoorsiening. Ten spyte van bogenoemde struikelblokke het Bloemfontein wel enkele nywerhede gehad. Voor 1890 word daar reeds melding gemaak van ’n wolwassery en leerlooiery op die plaas Tempe digby Bloemfontein, ’n ystergietery, twee lekkergoedfabrieke, ’n lemonadefabriek, asook ’n asynbrouery.438

Na die opening van die spoorweg in 1890 en gevolglike beter vervoermoontlikhede, het ’n aantal nuwe nywerhede in Bloemfontein tot stand gekom. Die reeds genoemde “Waterfall”- wolwassery van J.J. Allison op die plaas Tempe het reeds in 1865 tot stand gekom en die besigheid het klaarblyklik goed gevaar, want in 1890 het Allison ook ’n vennoot, W. Andrews, gehad.439 Ene Krawehl het in 1890 ’n bierbrouery in Burgstraat geopen.440 Reeds in 1891 het W. Pringle van die Cape Milling Company ondersoek ingestel na die moontlikheid om ’n stoommeule, koekie- en lekkergoedfabriek naby die stasie op te rig. Hierdie meule en fabriek is klaarblyklik eers in 1895 opgerig en het brood, koekies, konfyt en lekkergoed vervaardig sodat dit aan ’n hele aantal wit en swart mense werk kon verskaf.441

In die 1890’s het Bloemfontein drie koeldrankfabrieke gehad. W. Reid het ’n koeldrankfabriek in Laer-Kerkstraat gehad waar onder meer lemonade, sodawater, gemmerlim, hop- en gemmerbier vervaardig is. Dié fabriek het later na Wes-Burgerstraat verskuif. Die Gunning-broers het sodawater en allerlei koeldranke by “The Buffalo”-koeldrankfabriek aan Markplein vervaardig, terwyl W.H. Riddell in 1891 ook ’n koeldrankfabriek, die “Railway Steam Aerated Water Manufactory”, in Maitlandstraat naby die spoorwegstasie geopen het.442 Hierdie koeldranke is gemaak deur ’n proses waartydens koolsuurgas deur ’n gegeurde vloeistofmengsel gestuur is, baie soos ons gaskoeldranke van vandag. Dit het blykbaar nie so goed met Riddell se besigheid gegaan nie, want in 1894 was hy bankrot en moes die fabriek en voorraad verkoop word.443

438

Snyman, pp. 148-149.

439

The Friend, 1.1.1890, p. 3; Snyman, p. 148.

440 De Express, 8.7.1890, p. 2.

441 The Friend, 23.6.1891, p. 3, 20.8.1895 en 6.9.1895, p. 2. 442

Daily Express, 5.6.1890, p. 3; The Friend, 29.9.1891, p. 1, 9.10.1891, p. 1 en 5.1.1894, p. 1.

3.9.10 Versekeringsmaatskappye

Bloemfontein se vooruitgang en bevolkingstoename het tot gevolg gehad dat sy inwoners en besighede versekering nodig gehad het. Gevolglik het verskeie korttermyn- en lewensversekeringsmaatskappye kantore, verteenwoordigers of agente in Bloemfontein gehad. Lewensversekeringsmaatskappye wat in Bloemfontein verteenwoordig was, was onder meer die SA Mutual Life Insurance Society, die Mutual Life Insurance Company of New York, die Equitable Life Assurance Company of the USA, die Royal Insurance Company, die Star Life Assurance Society, die Standard Life Insurance Company, die Imperial Life Insurance Company, die Commercial Assurance Company, die Gresham Life Assurance Society en die Southern Life Association.444

Korttermyn-versekeraars in Bloemfontein wat inwoners en besighede se geboue, meubels en voorraad teen brand en ander risiko’s verseker het, was onder meer die Guardian Assurance & Trust Company of Port Elizabeth, die New Zealand Insurance Company, die Equitable Fire Assurance and Trust Company, die London & Lancashire Fire Insurance

Company en die Commercial Assurance Company.445 Baie van hierdie

versekeringsmaatskappye het hulle hoofkantore in die buiteland of in Kaapstad gehad.

4 Slot

Bloemfontein het in ’n bestek van 45 jaar ontwikkel van ’n klein militêre nedersetting in 1846 tot ’n waardige, welvarende hoofstad van die modelrepubliek van die OVS in die 1890’s. Bloemfontein was die middelpunt van alle politieke en ekonomiese gebeure in die Vrystaat en ook die hoofsentrum van die Vrystaatse handel, regstelsel en onderwys. Die Vrystaatse staatshoof en regering, asook die militêre mag, was in Bloemfontein as hoofstad gesetel en die Volksraad het jaarliks hier byeengekom.

Die ontdekking van diamante en goud in Suid-Afrika tussen 1860 en 1890 het nuwe markte geskep wat Bloemfontein se ontwikkeling en handel bevorder het en die beter vervoergeriewe wat die koms van die spoorlyn na Bloemfontein in Desember 1890 meegebring het, het verdere stimulus aan die ontwikkeling van Bloemfontein verleen. Die spoorverbinding het Bloemfontein se vroeëre isolasie verbreek en tot groter kontak met ander Vrystaatse dorpe, buurstate, die res van Suid-Afrika en selfs die buiteland gelei. Groter voorspoed vir die

444

Ibid., 22.8.1890, p. 3, 6.2.1891, p. 3, 28.4.1891, p. 2, 22.5.1891, p. 1, 15.3.1892, p. 4, 2.1.1894, p. 4, 22.3.1895, p. 2 en 23.4.1895, p. 2.

Vrystaat het meegebring dat Bloemfontein in die 1890’s op alle terreine vooruitgegaan en ontwikkel het.

Die inwoners van die Vrystaatse hoofstad het uiteraard in die nuwe ekonomiese voorspoed gedeel en hul inkomste het dienooreenkomstig vergroot. Ten spyte van tekortkominge het Bloemfontein met sy sentrale ligging, voldoende waterbronne, gesonde klimaat, verskillende kerke en skole, uitstekende mark, relatief wye verskeidenheid winkels en besighede, finansiële, militêre en politieke instellings, bedrywe en nywerhede, as kultuurbodem vir sy inwoners in die betrokke tydperk baie gebied om hulleself te kon uitleef en ’n redelike hoë lewenstandaard te kon handhaaf. Vervolgens gaan daar aan die inwoners van Bloemfontein as kultuurdraers en -skeppers, die verskillende kultuurgroepe en hulle daaglikse lewenswyse aandag geskenk word.

Hoofstuk 2

DIE KULTUURGROEPE VAN

BLOEMFONTEIN EN HULLE BYDRAE TOT

DIE STAD SE ONTWIKKELING

1 Inleiding

Met sy stigting in 1846 was Bloemfontein ’n militêre pos of nedersetting met hoofsaaklik Britse soldate en amptenare. Soos die nedersetting in ’n dorp ontwikkel het, het dit ook ander bevolkingsgroepe gelok wat hier kom werk soek het en is daar reeds vroeg van die aanwesigheid van “Bechuanas,1 Fingoes, Hottentots2 and Emancipated Slaves”3 melding gemaak. Teen 1851 het die burgerlike bevolking van Bloemfontein uit ongeveer 300 mense bestaan.4

Nadat die republiek Oranje-Vrystaat (OVS) in 1854 tot stand gekom het, het Bloemfontein se inwoners meer kosmopolities geword – al hoe meer Engelssprekendes, Afrikaners, Duitsers, Nederlanders, Jode, swart en bruin mense en selfs enkele persone van ander kultuurgroepe, soos Portugese, Grieke, Indiërs en Amerikaners, het hulle in die ontwikkelende dorpie gevestig. In die 1870’s het Bloemfontein reeds ’n blanke inwonertal van nagenoeg 1 000 mense gehad.5 Die OVS is beskryf as ’n modelrepubliek en sy stemreg was liberaal vir die tyd in dié sin dat alle blanke inwoners as burgers aanvaar is en stemreg gehad het. Hier was dus nie ’n uitlandervraagstuk soos later in die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) nie en sy “uitlander”-inwoners het geen griewe gehad nie.6 Ook in Bloemfontein is die verskillende kultuurgroepe ten volle in die gemeenskap geïntegreer.

1 Dit was die mense wat vandag as die Batswana bekend staan.

2 Terme soos “Boesman”, “Hottentot”, “Kafir”, “Kaffer”, “half-caste” en “Bastard” is historiese terme wat in die

19de eeu algemeen in literatuur, koerante en dokumente voorkom. Wanneer dit in hierdie studie gebruik word, is dit slegs vir historiese doeleindes en geen negatiewe konnotasie word daaraan geheg nie.

3

Bloemfontein Methodist centenary, 1850-1950: souvenir brochure, soos aangehaal deur K. Schoeman,

Bloemfontein: die ontstaan van ’n stad 1846-1964, p. 10.

4 Schoeman, p. 12. 5

Ibid., pp. 12, 34, 69.