• No results found

In Mei 1880 is die eerste sensus in die OVS gehou en hiervolgens het Bloemfontein ’n totaal van 2 567 inwoners gehad, waarvan 1 688 blankes en 879 swart en bruin was.7 Die dorp het oor 297 huise beskik,8 maar daar word nie melding gemaak van die hutte waarin swart en bruin mense gewoon het nie.

In Mei 1890 is die volgende algemene sensus in die Vrystaat gehou en toe het Bloemfontein ’n totaal van 3 319 inwoners gehad, waarvan 2 017 blankes en 1 302 nie-blankes9 was. Van die blankes was 1 005 manlik en 1 012 vroulik, terwyl daar 818 manlike en 484 vroulike nie-blankes was.10 Volgens die 1890-sensus was 162 inwoners professionele mense, wat klaarblyklik staatsamptenare ingesluit het, terwyl 120 by die handel betrokke was, 253 ’n ambag beoefen het en daar 434 bediendes was. Daar het in 1890 ook ses afgetrede boere in Bloemfontein gewoon, terwyl die dorp oor 402 huise en 17 hutte beskik het. Van die blankes is 852 in die Vrystaat gebore, 537 in die Kaapkolonie, 15 in die Transvaal of ZAR, agt in Natal, 12 in Griekwaland-Wes, 535 in Europa en 58 in ander wêrelddele.11

Uit die voorafgaande blyk dit dat ongeveer 29% van Bloemfontein se wit bevolking van die buiteland afkomstig was. Bloemfontein het dus in die 1890’s blanke inwoners van ’n wye verskeidenheid nasionaliteite gehad: Engelse, Skotte, Iere, Afrikaners, Nederlanders, Duitsers, Jode, Grieke,12asook enkele Franse, Dene, Australiërs, Oostenrykers, Belge, Kanadese, Hongare, Switsers, Roemeniërs, Russe, Portugese, inwoners van die eiland Man13 en selfs Amerikaners.14 Wat die nie-blanke inwoners betref, was daar onder meer Batswana, Fingo’s, Basotho, Barolong, Khoi, bruin mense, asook enkele Zulus, Xhosas, Tembo’s, Griekwas, Korannas en Indiërs.15

7

The Friend, 14.4.1891, p. 3.

8 Schoeman, p. 89.

9 In die republikeinse tydperk is nie altyd onderskeid tussen swart en bruin mense gemaak nie. Daar is meestal

melding gemaak van “gekleurden”, “coloureds”, “natives” of “blacks” waarby swart en bruin mense en selfs Indiërs ingesluit is. Die term “nie-blanke” word dus in hierdie studie uit noodsaak gebruik omdat historiese bronne dikwels nie onderskeid tussen bogenoemde bevolkingsgroepe tref nie. Geen negatiewe konnotasie word hieraan geheg nie.

10

The Friend, 14.4.1891, p. 3; De Express, 23.12.1890, p. 2.

11 Vrystaatse Argiefbewaarplek, Bloemfontein (hierna VAB), Census 1890, Schedule A: stad Bloemfontein; De

Express, 23.12.1890, p. 2. Die totale aantal blankes word in hierdie sensusopname foutief as 2 077 in plaas van

2 017 aangegee.

12

G. Katoleon en A. Wessels, “Bloemfontein’s Greek community: historical background, emigration and settlement, ca. 1885 – ca. 1985”, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis 23(2), November 2009, p. 32.

13 The Friend, 23.1.1889, p. 1, 30.10.1889, p. 3, 19.9.1890, p. 4 en 17.1.1893, p. 2; Daily Express, 6.9.1897, p. 2.

Die eiland Man is naby Groot-Brittanje geleë.

14

The Friend, 14.7.1891, p. 2 en 9.8.1892, p. 2; De Burger, 6.7.1895, p. 2.

Verder word vermeld dat daar volgens die 1890-sensus 544 skoolgaande kinders was. Hiervan was 424 wit en 120 swart en bruin kinders.16 Teen April 1891 was Bloemfontein se bevolking reeds heelwat meer as wat in die Mei 1890-sensus weerspieël is, aangesien die voltooiing van die spoorlyn van Kaapstad na Bloemfontein in Desember 1890 die bevolking van die Vrystaatse hoofstad met rasse skrede laat toeneem het. ’n Hele aantal spoorwegwerkers en -beamptes het hulle naamlik nou in Bloemfontein gevestig.17

Die wit en swart woonbuurte en dorpsgrense word meer breedvoerig in hoofstuk 4 bespreek. Hier word net kortliks genoem dat die eerste huise rondom die spruit in St. Georgestraat en St. Andrewstraat, asook rondom Markplein, gebou is en dat die dorp geleidelik noordwaarts uitgebrei het. Vanaf 1890 het die dorp se blanke residensiële gebied meer na die weste begin uitbrei, na die woonbuurt wat as “West End” en nog later as Westdene bekend sou staan. Enkele huise is ook rondom die suidelike verlenging van Kerkstraat, wat aanvanklik as Monumentweg bekend gestaan het, opgerig.18

Nadat die Vrystaatse Volksraad in Januarie 1889 die aanbou van ’n spoorlyn vanaf Norvalspont by die Oranjerivier oor Bloemfontein na die Vaalrivier goedgekeur het, het dit ’n ongekende oplewing en dorpsontwikkeling in die Vrystaatse hoofstad tot gevolg gehad. Met die bou van die spoorlyn is ’n kamp vir blanke spoorwegwerkers langs die Winburgpad, noordoos van Bloemfontein, uitgelê. Die inwoners van die Spoorwegkamp19 was die Engelssprekende werknemers van die Kaapse Spoorweë wat vir die aanlê van die spoorlyn deur die Vrystaat verantwoordelik was. Nadat besluit is om die stasiegebou aan die oostelike end van Maitlandstraat te bou, het Bloemfontein na die ooste begin uitbrei en erwe in die omgewing van Hangerstraat het toe gesog geword.20

Die swart en bruin mense het aanvanklik tussen die blankes in die dorpsgebied gewoon, maar in 1861 is besluit dat hulle hul op etniese grondslag in drie lokasies21 moes vestig: “voor de Fingoes en Barolong by de berg op het rechte zijde van Kaffirfontyn, in deze kant van Slypsteen berg, voor de Hottentoten en Bastards, voor het dorp na het zijde van Thaba Nchu en voor de overige Naturellen, blyft thans de locatie by de Schut Kraal.”22 In Julie 1872

16 VAB, Census 1890, skedule A; De Express, 23.12.1890, p. 2. 17

The Friend, 14.4.1891, p. 3.

18 P.M. Snyman, Die grondslae van die historiese aardrykskunde en die toepassing van die ‘spesifieke periode’-

metode op die historiese aardrykskunde van Bloemfontein tot 1900, pp. 151, 154-156; Schoeman, pp. 6-7,12,

67-68.

19

Die Spoorwegkamp was geleë aan die oostekant van Bloemfontein en het later as die woonbuurt Hilton bekend geword. Schoeman, pp. 111, 113, 253.

20 Ibid., pp. 110-111, 113.

21 Lokasie is ook ’n historiese term wat vroeër vir swart woonbuurte gebruik is. Vandag word dié woongebiede

meestal “townships” genoem.

het die munisipaliteit besluit dat daar voortaan net twee lokasies sou wees, naamlik Waaihoek en Kafferfontein,23 terwyl die lokasie naby die Skutkraal noordwes van die dorp aan die voet van Seinheuwel, gesloop sou word. Waaihoek, wat aan die suidoostelike rand van die dorp net agter die fort geleë was, het mettertyd Bloemfontein se vernaamste en grootste swart woonbuurt geword.24 Die ander swart woonbuurt, Kafferfontein, was suid van Waaihoek en oos van die Kimberley-spoorlyn geleë en was dus verder weg van die blanke deel van die dorp.25

Hoewel ’n algemene sensus van die OVS net elke tien jaar gedoen is, is daar tussenin deur die munisipaliteit ’n sensus van Bloemfontein opgeneem, wat ook kinders ingesluit het. Volgens die Augustus 1892-sensus het Bloemfontein toe in totaal 5 817 inwoners gehad – 3 115 wit en 2 702 swart, bruin en Indiër. Hiervan was 2 043 kinders onder 16 jaar oud. Die dorp self het 3 361 inwoners gehad, die Spoorwegkamp 802, Waaihoek 1 131 en Kafferfontein 523.26

Die koms van treine en dus beter vervoergeriewe het die handel gestimuleer en Bloemfontein meer toeganklik vir persone uit ander Suid-Afrikaanse state gemaak, wat verdere bevolkingsgroei aangewakker het. Hoewel die nie-blanke bevolking in die beginjare van Bloemfontein heelwat minder as die blankes was, het hulle geleidelik in getalle toegeneem. Volgens die 1880-sensus het daar slegs 879 nie-blankes in Bloemfontein gewoon, teenoor 1 688 blankes. Tien jaar later, in 1890, het die getalle van die swart en bruin mense tot 1 302 toegeneem.27 Die koms van die spoorweg en spoorwegwerkswinkels, en die gevolglike toenemende werksgeleenthede, het groot getalle nie-blankes na Bloemfontein gelok, in so ’n mate dat die swart en bruin mense teen 1895 vir die eerste keer die wit bevolking oortref het.28 Vervolgens word die grootste kultuurgroepe29 waaruit Bloemfontein se bevolking in die 1890’s bestaan het, bespreek.

23 Dit was die historiese naam van dié nie-blanke woonbuurt of lokasie wat suidwes van Waaihoek geleë was, aan

die buitewyke van die destydse dorp. Dié ou woonbuurt vorm vandag deel van die huidige swart woonbuurte Batho en Bochabela. Die historiese swart woonbuurte van Bloemfontein word in hoofstuk 4 bespreek.

24 A.M. Sekete, The history of the Mangaung (black) township, p. 3; Snyman, p. 158.

25 C.J.P. le Roux, “Rol van die naturelle-adviesraad op plaaslike bestuursvlak in Bloemfontein, 1923-1948”,

Contree 25, 1989, p. 5.

26

Vrijstaatsch jaarboek en almanak 1893, p. 125; Bloemfontein Corporation, Mayor’s Minute, September 1891 –

August 1892, p. 7.

27 The Friend, 14.4.1891, p. 3; VAB: Census 1890, schedule A. 28 Snyman, p. 158; Schoeman, p. 130.

29

Die rangskikking van kultuurgroepe is in alfabetiese volgorde omdat presiese getalle vir elke kultuurgroep nie vasgestel kon word nie. In hierdie studie word slegs die getalsrykste kultuurgroepe in Bloemfontein bespreek.