• No results found

3. Die verskillende kultuurgroepe

3.2 Nie-blankes

3.2.2 Indiërs

Reeds tydens die Nederlandse koloniale tydperk is persone van Asiatiese of Oosterse afkoms as slawe na Suid-Afrika gebring. Sedert 1860 het twee nuwe groepe Asiate, hoofsaaklik afkomstig van Indië, na Suid-Afrika gekom. Die eerste groep was kontrakarbeiders311 wat op versoek van suiker- en katoenboere van Natal ingevoer is om ’n tekort aan handearbeiders in die suikerriet-

301

Quarterly Paper, Junie 1871, p. 4.

302 Ibid., 15.10.1888, p. 153; Schoeman, Bloemfontein, pp. 87-88; 303 Quarterly Paper, 16.7.1888, p. 110 en 15.10.1888, p. 153. 304 Ibid., 15.7.1889, p. 110.

305

De Express, 26.7.1890, p. 3; Daily Express, 1.8.1890, p. 3.

306 The Friend, 11.11.1892, p. 3. 307 Bryce, p. 348; Joshi, p. 32. 308 Leviseur, p. 38. 309 Daily News, 6.2.1890, p. 3. 310 Quarterly Paper, 15.1.1890, p. 204.

311 Vir meer inligting oor die Indiër-kontrakarbeiders, raadpleeg F. Meer, Portrait of Indian South Africans; P.J.J.

Bredenkamp,’n Sosiologiese studie van sekere aspekte van die Indiërbevolking in Suid-Afrika. Vergelyk ook

.

South African History Online, “The history of Indians in South Africa”, <http://www.sahistory.org.za/ pages/artsmediaculture/culture%20&%20heritage/indian-history/index.htm>.geraadpleeg 22.11.2010.

plantasies aan te vul. Die tweede groep Indiërs was die sogenaamde vry of “passenger Indians”,312 hoofsaaklik handelaars wat na nuwe handelsgeleenthede op soek was en hul eie reiskoste na Natal betaal het.313

Aanvanklik het die Indiërs net in Natal gebly, maar hulle het spoedig ook na die Kaapkolonie versprei. Na 1881 het al hoe meer Asiate314 ook na die ZAR verhuis, terwyl enkeles na die OVS gegaan het om handelsmoontlikhede in die republiek oorkant die Oranjerivier te ondersoek. Presies wanneer die eerste Indiërs die OVS binnegekom het, is nie bekend nie. Daar is reeds in 1882 melding gemaak van twee Indiese intrekkers in Bethlehem. Twee jaar later het nog ’n groep Indiërs na die Vrystaat gekom en besighede in Bethlehem en Harrismith geopen.315

Volgens ordonnansie 18 van 1884 is die algemene hoofbelasting van 10 sjielings per jaar, wat alle nie-blankes moes betaal, ook op die Indiërs van toepassing gemaak.316 In 1885 het 13 Gujarati Moslems uit Indië, wat in die Vrystaat handel gedryf het, by die Volksraad beswaar teen bogenoemde ordonnansie aangeteken. Hulle het versoek dat hulle status na burgers verander word, in plaas daarvan dat hulle as nie-blankes geklassifiseer word. Hulle het ook daarop gewys dat hulle Britse onderdane is en in ander lande soos Europeërs behandel word.317

Reeds in 1876 het die Vrystaatse Volksraad bepaal dat geen Indiërs grond mag koop of eiendom in hulle naam mag registreer nie.318 Ordonnansie no. 1 van 1885 het bevestig dat Asiate of Indiërs in die Vrystaat ook van eiendomsreg uitgesluit is, net soos alle ander nie- blankes.319 Hoewel Indiërs nie vaste eiendom kon besit nie, kon Indiër-handelaars aanvanklik in die Vrystaat handelspersele huur mits hulle vooraf verlof van die regering verkry het. Enkele

312

Vir meer besonderhede oor die Indiër-handelaars, raadpleeg A.J. Arkin, The contributions of the Indians to the

South African economy 1860-1970 (I.S.E.R. nr. 14); G. Pienaar, “Indiër- en Kleurlingstemreg in Suid-Afrika:

geskiedenis en riglyne wat daaruit voortvloei”, Tydskrif vir Rasse-aangeleenthede 31(4), Oktober 1980, pp. 136-145.

313

South African History Online, “Indian South Africans. From bondage to freedom – The 150th anniversary of the arrival of Indian workers in South Africa”, <http://www.sahistory.org.za/pages/cultural-groups/ indian.htm>, geraadpleeg 22.11.2010; G. Cronjé, Afrika sonder die Asiaat: die blywende oplossing van Suid-

Afrika se Asiate-vraagstuk, p. 9.

314

In die Vrystaat is verskillende benamings vir die Asiate gebruik. Hulle is onder meer “Arabieren”, “Chinesen”, “Aziatische Kleurlingen”, “Indianers” en “Koelies” genoem. Daar kan aangeneem word dat die Asiate Indiërs was, ten spyte van die feit dat die Vrystaatse Volksraad na hulle as Arabiere en Chinese verwys het. H.J. van Aswegen, “Die Oranje-Vrystaat en die Asiate”, Suid-Afrikaanse Historiese Joernaal 1, November 1969, p. 43.

315

Van Aswegen, “Die Oranje-Vrystaat en die Asiate”, pp. 29-30.

316

OVS Ordonnansies 1882-1885: Ordonnansie 18 van 1884, art. 22, p. 6.

317 VAB, VR4 no. 277 1885, pp. 166-168; S. Bhana en B. Pachai (reds.), A documentary history of Indian South

Africans: black and white perspectives on South Africa 2, pp. 31-32.

318

Kyk Ordonnansie 5 van 1876; Moll, p. 103.

Indiërs het hierdie geleenthede benut en sake-ondernemings in die Vrystaat geopen.320 Omdat hulle net toegelaat is om handelspersele te huur, het hulle geen permanente verblyfreg in die Vrystaat gehad nie.321 Hulle is dus nie as blankes beskou nie en het ook geen aanspraak op burgerskap of stemreg in die OVS gehad nie.322 Pres. Brand het aan bestaande Indiër-besighede in die Vrystaat toestemming verleen om tot die einde van 1886 te bly handel dryf. In Mei 1887 het Aboobaker Amod en drie ander Gujarati Moslem-handelaars van Indië weer by die Volksraad beswaar aangeteken teen ordonnansie 1 van 1885, aangesien hulle reeds handelslisensies vir 1887 uitgeneem het en daar nou kragtens die bogenoemde ordonnansie beperkinge op hulle gelê is.323 Hulle het hulle daarop beroep dat hulle Engelse onderdane is en dat die naam “Vrystaat” gelykheid vir alle inwoners impliseer.324

Weens hulle sakevernuf en eenvoudige leefwyse was Indiër-handelaars in staat om hulle goedere teen sulke lae pryse te verkoop dat blanke handelaars dit moeilik gevind het om met hulle mee te ding. Die blankes in die Vrystaat, veral die blanke handelaars, was dus vanuit die staanspoor wantrouig teenoor die nuwe Indiese intrekkers. Die Indiërs was vir hulle ’n uitheemse nasie, met vreemde kultuurgebruike en godsdiens wat vir die blankes ’n bedreiging op ekonomiese, maatskaplike en selfs staatsregtelike gebied kon inhou indien hulle ongehinderd toegelaat sou word om die Vrystaat binne te stroom. Verder het die blankes (volgens hulle eie norme en waardes) die Indiërs ook as onsedelik en onhigiënies beskou.325

Omdat daar net ’n klein groepie Indiërs na die Vrystaat gekom het, het die Volksraad aanvanklik min aandag aan die koms van die Asiate gegee. Volgens artikel 2 van genoemde ordonnansie 1 van 1885 kon hulle net erwe of geboue huur indien dit deur die uitvoerende raad van die Vrystaat goedgekeur is.326 Omdat toestemming nie maklik verleen is nie, het van die Indiërs begin om eiendom in die naam van ’n blanke te huur en sodoende die wet op eiendomsreg ontduik.327

320 P.J.J. Bredenkamp,’n Sosiologiese studie van sekere aspekte van die Indiërbevolking in Suid-Afrika, p. 21. Dit

was nie moontlik om vas te stel presies hoeveel Indiërs of Asiate hulle tussen 1880 en 1890 in die Vrystaat en veral in Bloemfontein gevestig het nie, omdat daar blykbaar geen amptelike of nie-amptelike syfers vir dié bevolkingsgroep bestaan nie. Die 1880- en 1890-sensus maak ook geen spesiale vermelding van die Indiërs nie.

321 Van Aswegen, “Die Oranje-Vrystaat en die Asiate”, pp. 32-33; Arkin, p. 49.

322 S.Bhana en J.B. Brain, Setting down roots: Indian migrants in South Africa 1860-1911, p. 96; Pienaar, p. 137. 323 J.G.H. Badat, South African Indians and the right to freedom of movement, p. 50; S. Bhana en B. Pachai, pp.

32-33.

324

VAB, VR 3 no. 301, 1887, pp. 50-53; Bhana en Pachai, pp. 32-33.

325 OVS Volksraadsnotule, 20.5.1885 en 24.5.1887; Van Aswegen, Die Oranje-Vrystaat en die Asiate, pp. 30-31,

42.

326

Arkin, p. 49; Van Aswegen, “Die Oranje-Vrystaat en die Asiate”, pp. 32-33.

Ofskoon daar in 1890 net nege Indiërs in die Vrystaat was,328 het daar spoedig ’n sterk protes teen die aanwesigheid van die Indiërs, veral die Indiër-handelaars, in die Vrystaat ontstaan. Veral die blanke handelaars was teen die Indiërs gekant omdat dit vir hulle ’n bedreiging ingehou het. Die Bloemfonteinse Kamer van Koophandel het die Vrystaatse regering versoek om die Asiate-handelaars in die Vrystaat te verbied.329 Voorgenoemde finansiële instelling is oorwegend deur Britse en Duitse sakemanne in Bloemfontein beheer. Ook die koerante het toenemend by die saak van die Indiërs in die Vrystaat betrokke geraak. Terwyl The Friend die Indiërs aanvanklik meer simpatiek gesind was,330 was De Express baie sterk teen die nuwe intrekkers se koms na die Vrystaat gekant.331

Sedert 1885 het die Vrystaatse burgers se verset teen die Indiërs toegeneem en verskeie versoekskrifte is aan die Vrystaatse regering gerig om protes teen die koms van die Asiate aan te teken. Die Indiërs, daarenteen, het geagiteer om gelyke regte met die blankes in die Vrystaat te bekom en in ’n versoekskrif aan die Volksraad het hulle onder meer gekla oor die feit dat hulle nie vaste eiendom kon besit nie. Die Asiate het selfs ’n beroep op die Britse hoë kommissaris en goewerneur aan die Kaap gedoen om hulle te help. Ofskoon die Britse regering en Kaapse goewerneur probeer ingryp en namens die Indiërs by die Vrystaatse regering beswaar aangeteken het, kon hulle nie veel uitrig nie omdat die OVS ’n onafhanklike staat was. Pres. Reitz het dit duidelik gemaak dat hy geen verdere inmenging in die Vrystaat se sake sou duld nie.332

Die Indiërs se optrede het die blankes se verset teen hulle verder versterk en in 1889 is 12 memories of versoekskrifte teen die instroming van “Arabiere” met meer as 800 handtekeninge aan die Volksraad voorgelê.333 Die Indiërs het nou selfs op landbougebied vir die Vrystaatse boere ’n bedreiging geword, aangesien hulle graan goedkoop in Basoetoland (vandag Lesotho) gaan koop en dit dan as Vrystaatse graan teen ’n groot wins in Johannesburg gaan verkoop het.334 Dit het uiteraard die Vrystaatse boere se graanverkope benadeel en verdere versoekskrifte teen die Indiërs is weer by die Volksraad ingedien.335 Selfs The Friend, wat

328 VAB, GS1523; F.W. Reitz – Britse hoë kommissaris, 5.8.1890, p. 457; Arkin, p. 49. 329 The Friend, 5.2.1885, p. 3.

330 Ibid., 29.1.1885, p. 2 en 30.4.1885, p. 3. 331

De Express, 29.1.1885, p. 2.

332

VAB, GS1523, F.W. Reitz – goewerneur, Kaapkolonie, 5.8.1890; Daily Express, 10.6.1890, p. 3, 24.6.1890, p. 4 en 26.8.1890, p. 4. Vergelyk ook The Friend, 2.6.1893, p. 2.

333 OVS Volksraadsnotule, 28.5.1889. 334

The Friend, 5.6.1889, p. 3; Van Aswegen, “Die Oranje-Vrystaat en die Asiate”, pp. 36-37.

voorheen redelik simpatiek teenoor die Indiërs was, het nou teen hulle standpunt ingeneem en beweer: “Asiatics are not a desirable class to have in a white man’s country.”336

Kort na Reitz se verkiesing tot staatspresident moes hy aandag skenk aan probleme wat deur die Indiërs in die OVS veroorsaak is. Weens toenemende verset teen die vestiging van Indiërs in die Vrystaat het raadslid J.P. Roux reeds in 1889 ’n wetsontwerp in die Volksraad ter tafel gelê met die strekking dat die instroming van Asiate beheer moes word, dat alle Asiate dieselfde status as nie-blankes moes kry en hulle van handel uitgesluit moes word.337 Hoewel pres. Reitz aanvanklik ten gunste van vryhandel was en teen klassewetgewing gekant was, het die vele memories en versoeke van Vrystaatse burgers hom genoop om in te stem dat dit wenslik was om “maatregelen te nemen ter betengeling [sic] van arabieren winkels”. 338 Die wetsontwerp het ’n vurige debat onder Volksraadslede ontlok, maar omdat die meeste lede ten gunste van beperkinge op die Asiate was, is die wetsontwerp na ’n kommissie, bestaande uit regter R. Gregorowski, hoofregter M. de Villiers en die staatsprokureur, vir ondersoek en wysiging verwys.339

Die volgende jaar, toe die wetsontwerp met betrekking tot die Indiërs weer deur die Volksraad bespreek is, was die oorgrote meerderheid lede ten gunste daarvan. Omdat daar besware teen enkele drastiese bepalings was, is dit weer na ’n kommissie verwys en op 2 Julie 1890 is dié wetsontwerp met enkele wysigings as ordonnansie 29 van 1890 aanvaar. 340 Dié ordonnansie “om de instroming in dezen Staat van Arabieren, Chinesen, Koelies en ander Aziatische kleurlingen te beperken” is op 11 Julie 1890 in die Gouvernements Courant gepubliseer en het twee maande na die publikasie daarvan wet geword.341 Dié wet het ingrypende en drastiese beheermaatreëls bevat wat beslis die instroming van Asiate na die OVS beperk het. Bogenoemde ordonnansie is in 1890 as wet 29 van 1890 in die wetboek van die OVS opgeneem.342

Volgens dié wet kon “geen Arabier, Chinees, Koelie of andere Aziatische kleurling” hulle in die Vrystaat vestig of langer as twee maande in die republiek vertoef sonder verlof van die staatspresident nie. Geen Indiër wat reeds in die Vrystaat woonagtig was, of wat wel

336 Ibid., 5.6.1889, p. 3. 337

Gouvernements Courant, 23.8.1889; OVS Volksraadsnotule, 15.5.1889 en 28.5.1889. Vergelyk ook The

Friend, 22.5.1889, p. 3 en 29.5.1889, p. 3.

338 OVS Volksraadsnotule, 28.5.1889.

339 Gouvernements Courant, 23.8.1889; OVS Volksraadsnotule, 28.5.1889. 340

OVS Volksraadsnotule, 4.6.1890, 1.7.1890, en 2.7.1890. Vergelyk ook De Express, 15.7.1890, p. 7.

341

Gouvernements Courant, 11.7.1890.

342 South African History Online, “South African History Timelines. Anti-Indian Legislation 1859-1960”

<http://www.sahistory.org.za/pages/chronology/special-chrono/governance/anti-indian-legislation.html>, ge- raadpleeg 9.6.2010; R.A. Huttenback, Gandhi in South Africa: British imperialism and the Indian question,

toestemming gekry het om hom of haar in die Vrystaat te vestig, sou toegelaat word om vaste eiendom en grond aan te koop, of handel te dryf of te boer nie.343 Die enigste beroepe wat Indiërs voortaan wel in die Vrystaat kon beoefen, was diensbodes, huisbediendes en kokke344 – dus is hulle wel toegelaat om in diens van blanke persone te wees. Bogenoemde wetgewing was só doeltreffend dat ’n grootskaalse instroming na en vestiging van Indiërs in die Vrystaat verhinder is.345 Hoewel die Vrystaatse wetgewing die ingrypendste en drastiesste was, het die ZAR en selfs Natal later ook beperkinge op die Indiërbevolking geplaas.346

Luidens bogenoemde wet moes alle Asiate wat reeds in die Vrystaat gewoon het, binne 12 maande die republiek verlaat, tensy hulle toestemming van die regering kry om langer te bly.347 Indiërs in die Vrystaat het dus ’n jaar grasie gekry om hul handels- of boerderybelange te beëindig.348 Alle Indiese besighede moes volgens wet teen 11 September 1891 gesluit wees en die eienaars is sonder vergoeding uit die Vrystaat gedeporteer.349 Die Indiërs het wel die geleentheid gehad om al hulle voorraad en goedere uit die land te neem.350 The Friend was van mening dat dit onregverdig was teenoor Indiërs wat reeds gevestigde belange in die Vrystaat gehad het en dat die wet vir diegene voorsiening moes maak.351 Die meeste Indiërs, behalwe dié wat bereid was om as arbeiders en huisbediendes te werk, het die Vrystaat dus na 1890 verlaat om elders ’n heenkome te soek.352

In Bloemfontein self was daar klaarblyklik in 1890 net enkele Indiërs en geen verdere besonderhede kon oor hulle gevind word nie. Na bewering het Indiërs in die 1890’s pondokkies in die swart woonbuurt Waaihoek353 opgerig wat hulle teen ’n bedrag van £3/15- aan swart of bruin mense verhuur het.354 Twee jaar later, in Februarie 1892, is daar melding gemaak van 20 Indiërs wat, ten spyte van bogenoemde wette wat hulle verbied het om in die Vrystaat handel te dryf, in Bloemfontein onder die naam van blankes sake doen en sodoende onwettige handelslisensies bekom het. Lede van die publiek het gesien hoe Indiërs daagliks by die

343 Gouvernements Courant, 11.7.1890.

344 The Friend, 9.7.1890, p. 3, 16.7.1890, p. 2 en 2.2.1894, p. 2. 345

Bredenkamp, p. 31.

346 Daily Express, 6.6.1890, p. 4, 10.6.1890, p. 3 en 25.11.1890, p. 2; The Friend, 25.11.1890, p. 2, 4.7.1893, p. 2

en 13.12.1895, p. 6. Vergelyk ook Meer, pp. 44-48.

347 Gouvernements Courant, 11.7.1890; The Friend, 16.7.1890, p. 2. Vergelyk ook Erasmus, p. 93. 348

The Friend, 8.9.1891, p. 2; G.M. Naicker, A historical synopsis of the Indian question in South Africa, p. 23. Vergelyk ook Arkin, p. 49.

349 The Friend, 24.3.1891, p. 3 en 8.9.1891, p. 2; South African History Online, “South African History Timelines.

Anti-Indian Legislation 1859-1960”, <http://www.sahistory.org.za/pages/chronology/special-chrono/ governance/anti-indian-legislation.html>, geraadpleeg 9.6.2010.

350

Van Aswegen, “Die Oranje-Vrystaat en die Asiate”, p. 39.

351 The Friend, 9.7.1890; p. 3 en 16.7.1890, p. 2. 352 Bredenkamp, p. 21.

353

Die woonbuurte van Bloemfontein in die 1890’s word in hoofstuk 4 meer breedvoerig bespreek.

spoorwegstasie handelsware gaan afhaal. Hierdie Indiër-handelaars is toe deur die owerhede verplig om Bloemfontein te verlaat.355

In 1893 het die Indiër-handelaars weer die Britse regering versoek om namens hulle te beding vir vergoeding vir die verliese wat hulle moes ly omdat hulle nie deur die Vrystaatse regering vergoed is toe hulle hul besighede in die Vrystaat moes sluit nie. Die Vrystaatse Volksraad het pres. Reitz versoek om die Britse hoë kommissaris daarop te wys dat die Indiër- handelaars nie op vergoeding geregtig was nie, aangesien hulle ’n jaar kennis gekry het om hulle besighede op te ruim.356

Ten spyte van die optrede teen hulle, was daar in Julie 1893 weer klagtes dat Indiër- handelaars in die naam van blankes in Bloemfontein handel dryf en dat hulle vinnig besig is om te vermeerder. Sommige blanke inwoners van Bloemfontein het blykbaar toegelaat dat Indiërs teen geringe vergoeding in hulle naam handel dryf. Die blanke handelaars van die Vrystaatse hoofstad het gekla dat hulle nie met die Asiate kon meeding nie omdat hulle duurder lisensies moes betaal en ook ander uitgawes gehad het wat die Indiërs nie gehad het nie.357 In Oktober 1895 is ’n Indiër deur die landdros van Bloemfontein tot ’n boete van £10 of twee maande tronkstraf gevonnis omdat hy sonder toestemming in die Vrystaat gewoon het.358

Wat betref die karaktereienskappe van die Indiërs, is daar reeds melding gemaak van hul skerp sakevernuf, maar ’n sekere mate van oneerlikheid en skelmheid is ook aan die Indiër- handelaars toegeskryf, somtyds gegrond op ’n wanpersepsie. Volgens die E.P. Herald van April 1890 was die Indiërs “the most successful cheats and liars known to civilization”.359 Hoewel

enkele gevalle van oneerlikheid wel voorgekom het, wys Müller daarop dat die Asiate as ’n groep relatief wetsgehoorsaam was.360 Indiërs het ook aanleg getoon as ambagsmanne en kommersiële boere,361 wat hulle verder in kompetisie met die blankes gebring het. Volgens Joshi was die Indiese kontrakarbeiders harde werkers.362 J. Slater skryf dat die Indiërs deur lang tydperke van onderdrukking, armoede en ’n moeilike lewe tot mense met ’n geduldige uithouvermoë en hardwerkendheid gevorm is.363 Fatima Meer meld dat die Indiese immigrante in Suid-Afrika baie spaarsamig geleef het, omdat hulle ekonomies graag suksesvol wou wees

355 De Express, 23.2.1892, p. 2; The Friend, 9.2.1892, p. 3 en 23.2.1892, p. 2. 356 The Friend, 18.7.1893, pp. 2-3.

357 Ibid., 21.2.1893, p. 3. 358

Ibid., 1.10.1895, p. 3.

359

Soos aangehaal deur The Daily Express, 22.4.1890, p. 2.

360 Müller, p. 145. 361 Arkin, p. 81. 362

Joshi, p. 45.

ten einde hul onafhanklikheid en selfstandigheid te herwin wat hulle of hul voorouers in Indië verloor het.364

Omdat die Indiërs Oosterlinge was, met Oosterse kultuurgebruike en ’n Oosterse godsdiens, is hulle as ’n vreemde en andersoortige groep en selfs as indringers en lasposte deur die blanke inwoners van die twee Boererepublieke beskou.365 Sedert hulle aankoms in Suid- Afrika is die Indiërs aan die Westerse kultuur blootgestel en het hulle deur ’n akkulturasieproses geleidelik begin om Westerse kultuurkonsepte en lewenswyses te aanvaar en met aanpassings hulle eie te maak. Hulle het dus by hul veranderende omstandighede aangepas. Tog het hulle belangrike elemente van hul eie kultuur en tradisies behou en daarop voortgebou. Ten opsigte van godsdiens, huwelikseremonies en selfs voedselgebruike is meer weerstand teenoor verandering ondervind.366

In die jare na 1890 het enkele Asiate aansoek gedoen om as arbeiders in die Vrystaat toegelaat te word en hulle versoeke is goedgekeur. Indiërs is dus nie heeltemal die Vrystaat belet soos dikwels beweer word nie, maar dit is duidelik dat die Vrystaatse regering die binnekoms van Indiërs wou reguleer en voorkom dat hulle enigsins handel- of boerderybelange bekom.367 Daar was in die 1890’s ook in en om Bloemfontein Indiërs wat as huisbediendes en kokke diens gedoen het. So is daar in Februarie 1894 in The Friend geadverteer vir ’n Indiër- kok by Bishop’s Glen, net buite Bloemfontein.368

In 1895 is die wet op hoofbelasting op nie-blankes, hoofstuk 71 van die OVS Wetboek, gewysig en is daar benewens hoofbelasting op alle manlike nie-blankes tussen die ouderdomme van 18 en 70 jaar teen £1 per jaar, ook ’n hutbelasting van 10 sjielings per jaar gehef vir alle hutte deur nie-blankes bewoon. “Arabiere, Chineezen en Koeliebevolking” is vir doeleindes van bogenoemde wetswysiging ook as nie-blankes of “kleurlingen” beskou en Indiërs wat in die Vrystaat gewoon en gewerk het, moes ook hierdie belasting betaal.369 Soos gemeld is alle kultuurgroepe wat as “nie-blank” beskou is, soos die bruin mense en Indiërs, deur Vrystaatse wetgewing verskeie beperkings opgelê. Dit het uiteraard ook vir die swart mense gegeld. 364 Meer, p. 24. 365 Daily Express, 27.5.1890, p. 3. 366

R. Ramphal, “Social transition” in A.J. Arkin, K.P. Magyar en G.J. Pilay (reds.), The Indian South Africa: a