• No results found

3. Die verskillende kultuurgroepe

3.1 Blankes

3.1.2 Duitsers

’n Verdere belangrike kultuurgroep in Bloemfontein was die Duitsers. Duitssprekendes het hulle reeds sedert die vestiging van Jan van Riebeeck en die stigting van Suid-Afrika aan die Kaap gevestig. Die Duitsers het nooit werklik ’n afsonderlike groep gevorm nie en is redelik gou in die Nederlandse gemeenskap in die Kaap opgeneem. Meer as ’n kwart van die voorouers van die Boere of Afrikaners was Duitsers.57

Sendelinge van verskeie Duitse sendinggenootskappe58 het regoor Suid-Afrika sendingstasies gestig. Later het Duitsers hulle in die nuutgevormde Boererepublieke in die binneland gevestig. Sommige van hierdie Duitsers het ’n leidende rol in die Boererepublieke

51

The Friend, 26.6.1889, p. 3 en 5.10.1894, p. 4; De Burger, 17.11.1894, p. 2; Dreyer, p. 46.

52 Veral die Bybel as hoogste norm en Goddelike beskikking in die lot van die Afrikanervolk was baie belangrik.

Afrikaners het hulleself met die volk Israel in die Ou Testament vergelyk. The Friend, 15.3.1892, p. 2; Dreyer, pp. 40-41.

53

VAB, A59/7/1: Open brief, J.C. Smuts – W.T. Stead, 4.1.1902; De Burger; 5.12.1894, p. 3; The Friend, 15.3.1892, p. 2 en 18.11.1895, p. 3. Vergelyk ook Dreyer, pp. 40-41.

54 J. Bryce, Impressions of South Africa, p. 379.

55 VAB, A749/1.5: H. Fischer – P. Fischer, 17.9.1899; De Burger; 5.12.1894, p. 3; The Friend, 6.4.1894, p. 2.

Vergelyk ook Dreyer, pp. 42-45.

56

The Friend, 27.10.1891, p. 2; Dreyer, pp. 42-44.

57 C. Groenewald, “Die Duitse bydrae”, Suid-Afrikaanse Panorama 28(11), November 1983, pp. 12-14; J.

Schubert, “Germans in South Africa: an introduction”, <http://www.safrika.org/intro_en.html>, geraadpleeg 14.7.2010.

gespeel en in die Vrystaat het hulle ook ’n belangrike bydrae tot die opbou van die staat gelewer. Teen 1889 was daar reeds ongeveer 350 Duitsers in die Vrystaat.59

’n Klein groepie Duitsers het hulle kort na die stigting van Bloemfontein in dié dorp gevestig. Onder die eerste Duitsers was daar die bekende Fichardt-familie, sowel as dr. C.J.G. Krause (1825-1889), ’n Berlynse sendeling met mediese ervaring wat in 1854 na Bloemfontein gekom het. Carl Eberhardt Fichardt (1820-1889), voormalige sendeling van die Berlynse Sendinggenootskap, het die eerste handelsaak noord van die Oranjerivier naby die sendingstasie Bethanie begin en dit in 1848 na Bloemfontein oorgeplaas.60 Met die totstandkoming in 1862 van die eerste bank in Bloemfontein, die Bloemfontein Bank, is C.E. Fichardt tot voorsitter van die direksie verkies. Kort daarna het hy die Fichardt-winkel aan sy jonger broer Gustav Adolph Fichardt (1834-1900) oorgelaat en is hy terug na Duitsland waar hy tot met sy dood konsul- generaal vir die Vrystaat in Berlyn was.61

In 1853 het die 19-jarige Gustav Adolph Fichardt hom vanuit Duitsland by sy ouer broer aangesluit om in die winkel te kom werk. Hy sou mettertyd een van die mees vooraanstaande inwoners van Bloemfontein word en het ’n groot rol in die ontwikkeling van die Vrystaatse hoofstad gespeel. Onder sy leiding het G.A. Fichardt ontwikkel tot een van die grootste firmas in Bloemfontein en is takke ook in ander Vrystaatse dorpe geopen.62 Toe die Vrystaatse regering in 1877 ’n staatsbank vir die republiek in die lewe roep,63 is Gustav Fichardt tot voorsitter van die direksie van die nuutgestigte Nasionale Bank verkies. In 1898 het hy aan die Bloemfonteinse stadsraad ’n milde skenking gegee vir die bou van ’n nuwe biblioteekgebou, die Fichardt-biblioteek.64 Na die dood van Gustav Fichardt het sy vier seuns met die bestuur van die familiebesigheid voortgegaan.65

’n Duitser wat ’n belangrike rol op argitektoniese gebied in Bloemfontein gespeel het, is Richard Wocke (1831-1890), wat in 1862 na Bloemfontein gekom het. Hy was verantwoordelik vir die ontwerp en bou van ’n hele paar Bloemfonteinse geboue, onder meer die Anglikaanse katedraal66 (1866), die Wesleyaanse kerk (1868) in St. Andrewstraat, die

59 J. Schubert, “Germans in South Africa: an introduction”, <http://www.safrika.org/intro_en.html>, geraadpleeg

14.7.2010; Groenewald, “Die Duitse bydrae”, pp. 15-16.

60 “Vrystaat se oudste besigheid”, Die Volksblad, 19.5.1931, p. 5; Schoeman, pp. 9, 28. 61

M. Bidwell en C.H. Bidwell, Pen pictures of the past (red. K. Schoeman), Vrijstatia-reeks nr. 5, p. 27; G.P.J. Trümpelmann, Deutsches Schaffen im Oranje-Freistaat: Festgabe zur Feier des 75-jahrigen Bestehens der

deutsch-lutherishen Gemeinde zu Bloemfontein (bylae by Die Eiche, Beilage 8, 1950), p. 15.

62 “G.A. Fichardt Beperk: ’n eeu van eerlike en getroue diens”, Die Volksblad, 20.3.1948, pp. 3-4; “Vrystaat se

oudste besigheid”, Die Volksblad, 19.5.1931, p. 5.

63

Kyk hoofstuk 1, afdeling 3.8.5.

64 “Vrystaat se oudste besigheid”, Die Volksblad, 19.5.1931, p. 5; Trümpelmann, p. 15. Die Fichardt-biblioteek,

wat in 1905 geopen is, is gesloop om plek te maak vir die huidige openbare biblioteek.

65

“Vrystaat se oudste besigheid”, Die Volksblad, 19.5.1931, p. 5.

Goewermentsgebou67 (1877) aan die bopunt van Maitlandstraat, die stadsaal (1883) in Maitlandstraat en die bekende Tweetoringkerk (1880), asook die Basotho-monument en ’n aantal woonhuise.68

Heelwat van Wocke se familielede het hulle ook in Bloemfontein gevestig en was eweneens by die boubedryf betrokke. Een van Wocke se seuns, R.C.A. (Albert) Wocke, is in Duitsland opgelei en het hom in die vroeë 1880’s as boumeester in Bloemfontein gevestig. Hy het onder meer toesig gehou oor die Departement van Openbare Werke se bouwerk aan die Vierde Raadsaal69 in Bloemfontein. G. Wocke is in 1892 aangestel as die bou-opsigter met die bou van Bloemfontein se Volkshospitaal en E.O.H. Wocke is in 1897 as klerk deur die Vrystaatse Departement van Openbare Werke in diens geneem.70

Drie van Bloemfontein se bekendste geneeshere uit die republikeinse tydperk, naamlik dr. B.O. Kellner (1836-1918), die reeds genoemde dr. C.J.G. Krause en dr. Max Stollreither (1852-1916), was Duitsers wat diep spore in Bloemfontein se geskiedenis getrap het. Krause het hom in 1854 in Bloemfontein gevestig. Weens gebrek aan ’n plaaslike dokter tydens Bloemfontein se pioniersjare, het Krause se mediese kennis goed te pas gekom. Ofskoon Krause nie ’n gekwalifiseerde geneesheer was nie, is hy as kundige op die gebied erken sodat amptelike geneesheer-status in 1856 deur die Vrystaatse regering aan hom toegeken is.71 Hy was vir geruime tyd die enigste dokter in Bloemfontein en het ook as distriksgeneesheer opgetree. Krause was ’n ontwikkelde man met ’n wye algemene kennis en het soos baie van die Duitssprekende inwoners ook ’n aktiewe rol in die openbare lewe gespeel. Hy was voorsitter van Bloemfontein se dorpsraad van 1863 tot 1866, Volksraadslid, medestigter en kurator van die Nasionale Museum, medestigter van die Lutherse gemeente in Bloemfontein, stigterslid van die Bloemfontein-klub, asook kurator van beide Grey-kollege en die Damesinstituut (Eunice- skool).72 Na sy dood in 1889 is Krause deur sy seun, dr. W.J. Krause, as distriksgeneesheer opgevolg.73 Een van Krause senior se ander seuns, O.C.H. (Otto) Krause (1852-1941), was ook

67 Dit is die gebou wat tans die tuiste van NALN is. Dit is in 1877 voltooi en later vergroot, maar het in 1908

afgebrand waarna dit in 1911 herbou is met ’n veranderde voorkoms.

68 Daily Express, 26.4.1890, p. 2 en 28.4.1890, p. 2; Trümpelmann, p. 15. 69 Voltooi 1893.

70 VAB, GS187: brief van Albert Wocke – goewermentsekr., 4.6.1890; “Wocke, Richard Colnor Albert”

<http://www.artefacts.co.za/main/Buildings/archframes.php?archid=1924>, geraadpleeg 14.2.2011. Vergelyk ook Schoeman, Vrystaatse erfenis, p. 51.

71 The Friend, 4.9.1889, p. 2; J. Haasbroek, “Die rol van dr. B.O. Kellner in Bloemfontein 1863-1918”,

Navorsinge van die Nasionale Museum 20(4), November 2004, p. 69.

72

The Friend, 4.9.1889, p. 2; Suid-Afrikaanse biografiese woordeboek 5, p. 452.

’n bekende geneesheer wat onder meer in Bloemfontein, Fauresmith en Philippolis gepraktiseer het.74

Dr. Kellner het in 1863 Bloemfontein se eerste gekwalifiseerde dokter geword en het mettertyd so ’n belangrike rol op mediese gebied gespeel dat hy tereg die “vader van die geneeskunde” in die Vrystaat genoem is. Kellner het ook ’n apteek geopen.75 Hy het ’n groot rol in die oprigting van die sielsieke inrigting, die Volkshospitaal (later die Nasionale Hospitaal), die melaatse inrigting en die Nasionale Museum in Bloemfontein gespeel. Hy was nege jaar lank Volksraadslid en net so lank burgemeester van Bloemfontein – die langsdienende burgemeester ooit. Soos dr. Krause, was hy ook as kurator by Bloemfontein se spogskole, te wete Grey-kollege en die Damesinstituut, betrokke en het hy as Volksraadslid die onderwys bevorder. Daarby het Kellner van 1874 tot 1883 as Duitse konsul in Bloemfontein diens gedoen. Hy het voortdurend die vooruitgang van die Vrystaatse hoofstad en die welstand van die inwoners se belange op die hart gedra.76

Ander bekende Duitsers was J. Ohlsen, die eerste bierbrouer van die Vrystaat, die handelaars E. Niemeyer en Otto Fraundorfer, die regsgeleerde Matthey, die kanselbouer E. Schmidt, die landmeter Muhl en die loodgieter Mönnig.77 Ds. F.G.T. Radloff was vanaf 1869 vir ’n ruk lank hoof van Grey-kollege en het daar onderrig in Latyn en Grieks gegee. Later het hy predikant van die NG-gemeente geword en het ’n groot aandeel in die oprigting van die Tweetoringkerk gehad.78 Bloemfontein se eerste hotel, wat in 1856 deur W.H. Futcher geopen is, word later die eiendom van die Duitssprekende Oostenryker, Ferdinand Neubauer, en sy broer Heinrich. Hulle het hul hotel, heel gepas, die Germania genoem,79 maar dié hotel het nie ’n baie goeie reputasie gehad nie.80

In die 1870’s het nog ’n groep Duitsers hulle in Bloemfontein gevestig, waaronder Friedrich Schermbrücker (1833-1904), stigter van die “Oranje Vrijstaatsche Nieuwsblad Maatschappij” en redakteur van die nuwe taamlik anti-Britse koerant, De Express, wat in 1875 tot stand gekom het. In 1877 neem nog ’n Duitser, die bekende Carl Borckenhagen (1852- 1898), dié koerant,81 wat sterk republikeinsgesind was, oor en onder sy leiding word die koerant een van die grootste en invloedrykste koerante in die Vrystaat. Borckenhagen se drukkery was gou die grootste in die Vrystaat en hier is amptelike verslae, die staatskoerant, die OVS

74 VAB, A45: dr. Otto Krause-versameling; Suid-Afrikaanse biografiese woordeboek 3, p. 493. 75 Haasbroek, pp. 70; 74-75.

76

Ibid., pp. 75, 76-77, 87-89, 92-93,107-110.

77

Trümpelmann, p. 15.

78 Schoeman, Bloemfontein, p. 64; Trümpelmann, p. 15. 79 Trümpelmann, p. 16.

80

Bloemfontein se hotelle word in hoofstuk 4 meer breedvoerig bespreek.

Wetboek en ander geskrifte vir die regering gedruk. Borckenhagen en sy koerant het ’n belangrike politieke invloed op die Vrystaatse burgers uitgeoefen en baie bygedra om die republikeinse ideaal in die Vrystaat te versterk.82

F.W. Salzmann (1820-1902), ook ’n Duitser, was twee keer burgemeester van Bloemfontein. Reinhold Gregorowski (1856-1922), seun van ’n Berlynse sendeling, wat in 1881 regter van die Vrystaatse hooggeregshof geword het, was op 24 die jongste regter in Suid- Afrika. Hy was regter van 1881-1892 en van 1892-1896 prokureur-generaal van die Vrystaat.83

Die bekende maj. F.W.R. Albrecht, ’n voormalige Pruisiese offisier wat aan die Frans- Pruisiese Oorlog (1870-1871) deelgeneem het, het ’n belangrike rol in die hervorming en uitbouing van die Vrystaatse Staatsartillerie84 gespeel. Albrecht was afkomstig van Berlyn, waar hy sy opleiding in die Brigadeskool ontvang het. Deur bemiddeling van C.E. Fichardt is Albrecht se dienste vir die Vrystaat bekom en in 1880 is hy as bevelvoerder van die Artillerie aangestel. Albrecht het ’n bekende inwoner van Bloemfontein geword en onder sy leiding is die Artilleriekorps en sy wapentuig uitgebrei en versterk. Albrecht het die artilleriste volgens die Pruisiese patroon opgelei en ook die uniforms is na die Pruisiese model verander.85 Hy het dus ’n deurslaggewende rol in die opbou van die Vrystaatse verdedigingstelsel gespeel.

Hoewel die Duitsers in die Vrystaat hulle nuwe vaderland volkome aanvaar en toegewyd sy belange op die hart gedra het, het hulle steeds hul eie kultuur en tradisies behou en doelbewus beoefen.86 In 1871 was daar reeds 20 Duitse gesinne in Bloemfontein en ’n

Liedertafel87 onder leiding van dr. Kellner is in die lewe geroep, wat in G.A. Fichardt se tuin vir

Duitse bier en musiek bymekaargekom het. In 1884 het die Bloemfonteinse Duitsers hul eie klubgebou met ’n kegelbaan in Fonteinstraat opgerig.88

In 1869 is die eerste Duitse kerkdiens in Bloemfontein gehou en teen die einde van 1875 is die eerste Lutherse kerkgebou op die hoek van St. Georgestraat en Monumentweg ingewy.89 Die volgende Duitssprekendes met hulle families het ook aan die gemeente behoort: B.O. Kellner, F.W. Salzmann, C. Matthey, G.A. Fichardt, C. Krause, E. Niemeyer, F. van der Heyden, C. Diederichsen, L. Rascher, C.F. Stock, G.L. Jonas, E.F. Wocke, A. Kettelson, W.

82 K. Schoeman, “Die dood van ’n legende”, Die Volksblad, 17.3.1983, p. 5; Trümpelmann, p. 16. 83

Trümpelmann, pp. 16, 19; Schoeman, Bloemfontein, p. 65.

84 Die Vrystaatse Artillerie word in hoofstuk 1 in meer besonderhede bespreek.

85 D.G. Friend, “The presence of German influence in the military history of South Africa”, Die kultuurhistoriese

bydrae van die Duitssprekendes in Suid-Afrika, (bundel met kongresreferate, SAVK Kongres, Genadendal, 27-

28 Augustus 1992), pp. 236-237; Schoeman, Bloemfontein, p. 99.

86

Trümpelmann, p. 18.

87 Liedertafel is ’n term wat gebruik is vir enige klub of vereniging wat sang en musiek beoefen en bevorder het.

Liedertafeln was baie gewild in Duitsland tydens die 19de en vroeg 20ste eeu.

88

Bidwell, p. 32; Trümpelmann, pp. 18-19, 21-22.

von Hofe, F. Drude, Reimer, Ohlsen, C. Borckenhagen, asook mev. pres. Brand en haar suster, mej. Von Zastrow.90 Ander bekende Duitse vanne in Bloemfontein was Radloff, Schreiner, Gruetzner, Höhne, Fleck, Dewald, Schmidt, Falck, Bergh en Faustmann.91

’n Duitser wat ’n belangrike rol op kerklike gebied in Bloemfontein gespeel het, was die Berlynse sendeling J.G. Grosskopf. Hy het P. Winter in 1879 as predikant van die jong Lutherse gemeente opgevolg en was 28 jaar lank predikant van dié gemeente. Onder Grosskopf se leiding het die Lutherse gemeente gegroei en vooruitgegaan. Mettertyd het Grosskopf begin om ander Vrystaatse dorpe te besoek en daar kerkdienste te hou. Hy het ook sendingwerk in Bloemfontein gedoen, later bygestaan deur die sendeling J. Arndt.92

Daar was in die 1890’s ’n sterk Duitse element in Bloemfontein en die meeste van hulle was gekultiveerde, belese en goed opgeleide persone.93 Die Duitse kultuurgroep het ’n reuse aandeel aan die ekonomiese en kulturele opbou van die OVS en sy hoofstad gehad en groot invloed op die openbare lewe uitgeoefen. Hulle het op feitlik elke lewens- en werkterrein ’n belangrike rol gespeel: op mediese, kerklike en godsdienstige gebied, die ekonomie en handel, die pers en koerantwese, die regstelsel, boukuns, musiek, die onderwys, militêre en polisiediens, die staatsdiens en selfs die spoorweë.94 Pres. Reitz het besondere respek vir Bloemfontein se Duitse inwoners gehad en C. Borckenhagen, die reeds genoemde redakteur van De Express, was ’n vertroueling van Reitz. Die president se geneeshere in Bloemfontein was ook Duitsers, naamlik drr. W.J. Krause en M. Stollreither.95 Die besondere bydrae van die Duitsers in Bloemfontein is deur hulle medeburgers erken en waardeer. Daarom dra verskeie strate hulle name, onder meer Kellnerstraat, Fichardtstraat, Krausestraat, Albrechtstraat, Salzmannstraat, Zastronstraat en Borckenhagensingel.96

’n Aansienlike deel van die Duitse gemeenskap in Bloemfontein het uit Duitse Jode bestaan, waaronder die bekende Baumann-, Leviseur-, Ehrlich- en Haarburger-families.97 Omdat die Jode ook ’n baie belangrike rol in Bloemfontein gespeel het, word hulle as ’n afsonderlike kultuurgroep bespreek (kyk onderafdeling 3.1.4, infra). Maar eers word daar na ’n ander belangrike kultuurgroep in Bloemfontein gekyk, naamlik die Engelssprekende inwoners.

90

Trümpelmann, p. 19. Die Duitse van Von Zastrow is in Suid-Afrika mettertyd na Zastron verander. Pres. Brand se vrou, Johanna Sibella Zastron, was ook van Duitse afkoms.

91 VAB, A13/21: J. Fleck – L. Fleck, 18.6.1892; A2/251: Letters and documents regarding railway official O.M.

Bergh, 1894-1897; The Friend, 20.1.1891, p. 3, 3.2.1891, p. 3, 4.11.1892, p. 2, 4.4.1893, p. 3, 15.1.1895, p. 2 en 29.1.1895, p. 2.

92

Trümpelmann, pp. 20-21.

93 The Friend, 31.12.1894, p. 3.

94 Ibid., 23.1.1889, pp. 4-5, 4.9.1889, p. 3, 11.9.1889, p. 3, 20.1.1891, p. 3 en 4.11.1892, p. 2; Daily News,

22.3.1890, p. 3; De Burger, 30.1.1895, p. 2. Vergelyk ook Friend, pp. 236-237.

95 Moll, pp. 49, 58, 211, 214. 96

Trümpelmann, pp. 17-18.