• No results found

3. Die verskillende kultuurgroepe

3.2 Nie-blankes

3.2.1 Bruin mense

P.J. Beyleveld is van mening dat baie van die bruin mense283 in die Vrystaat se voorouers afkomstig is uit ander dele van Suid-Afrika en die afstammelinge is van groepe soos die Kaapse bruin mense, Maleiers, Korannas en Griekwas, maar dat hulle getalle verder versterk is deur persone uit gemengde huwelike tussen bruin mense, swart mense en San of Boesmans.284 Nie- blanke grondbesit in die Vrystaat is deur ordonnansie 5 van 1876 omskryf. In voorgenoemde ordonnansie is bruin mense gedefinieer as nie-blankes wat uit ’n wettige huwelik van ’n blanke vader en ’n nie-blanke moeder, of ’n nie-blanke vader en ’n blanke moeder voortgespruit het.285

Volgens Karel Schoeman het die bruin- of kleurlinggemeenskap in Bloemfontein klaarblyklik kort na die koms van Warden en sy soldate ontstaan uit ’n vermenging van blankes, swart mense, Griekwas en Khoi wat hulle kort na die stigting van die militêre nedersetting in Bloemfontein en omgewing gevestig het.286 ’n Afdeling van Warden se soldate, die Cape Mounted Riflemen of Cape Corps, het uit bruin287 en wit troepe bestaan, onder wit offisiere.288 Daar het ook bruin mense, Khoi en Griekwas saam met die trekboere en Voortrekkers getrek wat hulle op plase in die omgewing van Bloemfontein gevestig het.289

Skynbaar was Waaihoek oorspronklik as woonplek vir bruin mense bedoel, maar omdat daar in die vroegste jare van Bloemfontein se bestaan nie ’n duidelike grens tussen die verskillende kultuurgroepe was nie, het bruin mense aanvanklik dikwels tussen die blankes in die dorp self gewoon, terwyl bruin en wit mense soms ook vermeng het. Gertruida Scharpnord was ’n bruin vrou wat as “Ou Grietjie” bekend was, 107 jaar oud geword het en in 1897 oorlede is. Beide haar dogter en kleindogter is blykbaar met blankes getroud en haar nasate is volgens Sophie Leviseur ten volle in die wit gemeenskap van Bloemfontein opgeneem.290 Arthur Barlow, wat in 1876 gebore is, skryf dat Abraham Fischer se woning in Fonteinstraat tussen die huise van twee bruin gesinne, die Kendalls en die Hennekers, was.291 Hy noem verder dat dr. Kellner se buurman, oudsoldaat William Patmore, met ’n Khoi-vrou getroud was. Sulke

283

Vir meer inligting oor die herkoms van die bruin mense in Suid-Afrika, raadpleeg T.J. de Vos, Maatskaplike

ontwikkeling van die stedelike kleurlingbevolking van Bloemfontein, p. 7; R.E. van der Ross, “The coloured

people’s place in the sun”, Optima 11(3), September 1961, pp. 143-144. Vergelyk ook P.J. Coertze, Die

Afrikanervolk en die kleurlinge, p. 109.

284 P.J. Beylefeld, ’n Sosiologiese ondersoek na die maatskaplike vraagstukke van die kleurling-gemeenskap van

die OVS, p. 21.

285 Ordonnantie-Boek van den OVS 1854-1877: Ordonnansie 5 van 1876, pp. 272-273. 286 Schoeman, Bloemfontein, p. 87.

287 Hoofsaaklik Khoikhoi. 288

W.W. Collins, “Free Statia”; or, reminiscences of a lifetime in the Orange Free State, p. 21; J.F. Midgley, “The Orange River Sovereignty (1848-1854)” in Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis 12(2), 1949, pp. 125-131.

289 Joshi, p. 31; J.M. Mentor, Die histories-geografiese politieke ontwikkeling van Heidedal, Bloemfontein, p. 8. 290

Leviseur, Memories, p. 39; Schoeman, Bloemfontein, pp. 85-87.

gemengde huwelike het nie dikwels voorgekom nie, maar is klaarblyklik destyds deur die Bloemfonteinse gemeenskap aanvaar.292 Sophie Leviseur maak verder melding van Truikie Mayhew, ’n bruin vrou wat met ’n wit man getroud was, asook Annie Taylor, die dogter van die Engelse messelaar Taylor wat met ’n bruin vrou getroud was.293 In 1890 het ’n wit kinderoppasser saam met ’n jong bruin man weggeloop, maar hulle is voorgekeer en die meisie is na haar werkgewer teruggebring.294

Meestal het die bruin mense hulle in ’n geïsoleerde posisie tussen wit en swart bevind295 en daar is nie dikwels oor hulle geskryf nie. Volgens genoemde ordonnansie 5 van 1876 het bruin mense296 wat reeds vyf jaar in die OVS woonagtig is en ’n ambag beoefen het, die reg gehad om erwe en geboue op Vrystaatse dorpe as hulle eiendom te laat registreer, op voorwaarde dat hulle van die landdros van die distrik en van “minstens vijf respectabele burgers, zelve grondbesitters zijnde” getuigskrifte van goeie gedrag kon voorlê.297 Hierdie wet is in Mei 1894 aangepas sodat bruin mense steeds eiendom in dorpe op hulle naam kon registreer mits hulle van die landdros van die distrik sowel as van die plaaslike stadsraad of dorpsbestuur sertifikate van goeie gedrag en aanbeveling aan die staatspresident kon voorlê.298 Ten opsigte van bruin mense was die skeidslyn tussen blank en nie-blank dus nie so skerp nie. Vir pres. Reitz, wat in die Kaapse samelewing gewoond was aan ’n besonder goeie verhouding tussen blankes en bruin mense, was die situasie van Bloemfontein se bruin mense en die toegeeflikheid teenoor hulle blykbaar nie vreemd nie en het hy dieselfde standpunt teenoor hulle ingeneem.299

Hoewel die meeste van Bloemfontein se bruin mense Afrikaanssprekend was, het niemand aanvanklik vir hulle verantwoordelikheid aanvaar nie en het die blankes dikwels op hulle neergesien en hulle gewantrou. Baie van hulle was brandarm.300 Later het die Anglikaanse Kerk wel na die bruin mense begin omsien en teen 1870 was daar reeds ’n dagskool vir die

292 Schoeman, Bloemfontein, pp. 85-87; Bryce, p. 353. 293 Leviseur, p. 39; Schoeman, Bloemfontein, p. 87. 294 Daily News, 6.2.1890, p. 3.

295

E.J. Doman, “The in-betweeners: a look at the coloured people of South Africa”, Optima 25(3), September 1975, p. 132.

296 Die bruin mense is in die republikeinse tyd dikwels “bastards” of “half-castes” genoem. Hulle is ook as nie-

blankes beskou en daar is soms na hulle as “Coloureds” verwys – die algemene term wat vir alle nie-blankes gebruik is.

297

OVS Wetboek 1854-1881, p. 266.

298 De Burger, 16.6.1894, p. 3; The Friend, 19.6.1894, p. 3. 299 Moll, p. 100.

300

The Quarterly Paper of the Orange Free State Mission (hierna Quarterly Paper), 15.1.1890, pp. 204-205; Schoeman, Bloemfontein, pp. 87-88.

“half-caste children”.301 Goeie vordering is gemaak nadat die Anglikaanse Kerk in 1876 die Goeie Herder-skool vir bruin kinders gestig het en in 1888 het die skool 60 leerlinge gehad.302

Teen Januarie 1888 is die Anglikaanse Kerk se werk onder die bruin mense uitgebrei om volwassenes in te sluit en so het die St. Philip-sending begin. Elke Sondag is dienste vir die bruin mense gehou, gedeeltelik in Afrikaans, en daar is ook aandag aan Bybelonderrig gegee. Bruin kinders in dié skool is ook opgelei om self later as onderwysers op te tree.303 In 1889 word melding gemaak van suster Maria Burton en ’n vrywilliger van die Anglikaanse Kerk, ene mnr. Hulbert, wat betrokke was by die Goeie Herder-skool, maar ook siek en melaatse bruin mense in Waaihoek versorg het.304 In Julie 1890 het suster Maria in die pers ’n beroep op die inwoners van Bloemfontein gedoen om haar te help om ’n bedrag van £300 vir die onderrig van bruin mense in te samel.305 In November 1892 het suster Maria verdere fondse vir die oprigting van ’n nuwe kerkgebou vir bruin mense ingevorder.306

In die 1890’s was die bruin mense van Bloemfontein hoofsaaklik in diens van blankes en het hulle in besighede en bedrywe gewerk, of as huisbediendes.307 Sophie Leviseur maak byvoorbeeld van die Baumanns se bruin huishulp, Mina, melding.308 Van die bruin mense het ook as kelners by hotelle gewerk.309 Omdat daar baie min oor Bloemfontein se bruin mense geskryf is, kon min verwysings na hulle karaktertrekke opgespoor word. Suster Maria het geskryf dat hulle oor die algemeen “docile, devout and affectionate” was.310 Net soos in die geval van die bruin mense, kon daar ook nie baie inligting oor die volgende kultuurgroep, die Indiërs in Bloemfontein, opgespoor word nie.