• No results found

4. Die verhouding tussen die kultuurgroepe

4.2 Die taalkwessie

’n Interessante aspek van die verhouding tussen die inwoners was die stryd tussen Nederlands en Engels. Reeds in 1854 is bepaal dat Nederlands die amptelike landstaal van die OVS sou wees. Die invloedryke Engelssprekende inwoners van die republiek was egter vasbeslote om hulle Engelse identiteit te behou. Omdat baie van die handelaars, onderwysers en staatsamptenare in die Vrystaat Engelssprekend was, het die Engelse taal in die jare na 1854 voortdurende vordering gemaak as handels-, skool- en selfs omgangstaal. Engels is deur die meeste blanke kultuurgroepe in Bloemfontein verstaan en gepraat en daarom het dit die

424 VAB, A59/9/13: Ongeïdentifiseerde manuskrip oor die Oranje-Vrystaat, p. 22. 425

The Friend, 23.10.1891, p. 2.

426 VAB, A6: Koerantknipsel uit The Dundee Advertiser, 20.9.1897: Onderhoud met dr. J. Brebner; Daily Express,

14.8.1890, p. 2.

427 The Friend, 16.10.1891, p. 3 en 23.10.1891, p. 2. 428

VAB, GS216: Brief , A.M.N. de Villiers, sekretaris van die Volksraad – goewermentsekr., 20.2.1896; Schoeman, Bloemfontein, pp. 135-136, 189.

429 Vir meer besonderhede oor die Nederlanders, kyk 2.3.5, supra.

430 B.M. Casper, “The growth of Jewish community life and its contribution” in Aspects of Jewish life in South

Africa, p. 6.

onderlinge omgangstaal geword.432 Ofskoon die Vrystaatse Volksraad tot met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog verskeie ordonnansies uitgevaardig het om die Nederlandse taal te bevorder, is hierdie regulasies nie altyd in die praktyk toegepas nie, met die gevolg dat Engels bly veld wen het. Daarby het die Vrystaatse regering ’n baie verdraagsame houding teenoor die Engelse gedeelte van die bevolking ingeneem en het Engelssprekendes, vanweë hulle bekwaamheid en gevorderde beskawingspeil, belangrike poste in die Vrystaatse staatsdiens en ekonomie beklee.433

Sedert sy ontstaan het Bloemfontein, wat deur die Engelse gestig is, ’n sterk Engelse karakter gehad. In die 1890’s was Bloemfontein se karakter steeds oorwegend Engels, hoewel die amptelike taal Nederlands was.434 Terwyl pres. Brand nie ’n sterk voorkeur aan Nederlands as landstaal gegee het nie,435 was Reitz ’n groot voorstander van Nederlands en staatsamptenare is verplig om Nederlands as amptelike taal in dokumente te gebruik.436 Volksraadsvergaderings is in Nederlands gehou en die Volksraadsnotules is in Nederlands geskryf, terwyl dienste in die NG Kerk, wat ook die staatskerk was, in Nederlands gehou is.437 Volgens Engelssprekende briefskrywers in die koerante het die meeste inwoners van Bloemfontein Afrikaans-Nederlands redelik goed verstaan, maar suiwer Nederlands was vir baie van hulle onverstaanbaar. ’n Voorbeeld wat hier genoem kan word, is pres. Reitz se tweede huwelik in Desember 1889, toe al die verrigtinge in Nederlands gehou is en ’n gedeelte van die huweliksgaste nie kon verstaan wat aangaan nie.438 Daar was ook klagtes omdat daar in die 1890’s Engelse dienste vir Engelssprekendes in die Bloemfonteinse NG Kerk gehou is.439

Die herlewing in die belangstelling in die Nederlandse taal onder Afrikaans- en Nederlandssprekendes was die gevolg van ’n oplewing van nasionalisme onder die Afrikaners, asook pres. Reitz se standpunt oor Nederlands en Afrikaans.440 Dat daar in die Vrystaatse hoofstad baie kampvegters vir Nederlands was, blyk uit die feit dat daar in 1891 ’n vergadering in Bloemfontein gehou is om wyses te bespreek waardeur die Nederlandse taal bevorder kon word. Dit het gelei tot die stigting van ’n kultuurvereniging, die Vereniging ter Bevordering van die Hollandse Taal en Letterkunde.441 Deur bemiddeling van baron W.A. van Ittersum, ’n

432 The Friend, 10.7.1891, p. 2; J.H. Coetzee, Die Brits-Skotse invloed in die Vrystaatse onderwys, 1848-1900, p.

35.

433 Coetzee, p. 35.

434 Schoeman, pp. 29-30, 33, 89-91; Groenewald, Die sosiale lewensomstandighede, pp. 58-59. 435 Coetzee, p. 158.

436

The Friend, 16.12.1892, p. 2; OVS Wetboek, 1854-1891, Hoofstuk XXXVII: artikel 1 en 2, pp. 272-273.

437 Schoeman, p. 89. 438 The Friend, 19.6.1889, p. 3 en 18.12.1889, p. 3. 439 Ibid., 16.7.1890, p. 3. 440 Scholtz, p. 198. 441 The Friend, 17.4.1891, p. 3.

Nederlandse besoeker aan die Vrystaat in 1891, het bogenoemde vereniging hom beywer vir die skenking van ’n aantal Nederlandse boeke vir Bloemfontein se openbare biblioteek, ten einde inwoners van Bloemfontein in staat te stel om meer Nederlandse boeke te lees.442 Ofskoon baie mense Afrikaans in die 1890’s steeds as ’n “kombuistaal” beskou het wat nie tot ’n skryf- en leestaal in eie reg sou ontwikkel nie, was daar ook heelwat kampvegters vir Afrikaans wat dié nuwe, ontwikkelende taal se potensiaal in hierdie vroeë dae besef het, soos blyk uit briewe wat in dié tyd aan die koerante geskryf is.443

Hoewel Nederlands nog as skryf- en kerktaal gebruik is, kon die meeste Afrikaanse inwoners nie meer suiwer Nederlands praat nie, maar het ’n vereenvoudigde en veranderde vorm van Nederlands gepraat444 wat besig was om in Afrikaans te ontwikkel. Afrikaans is toe nog nie algemeen as skryftaal gebruik of erken nie.445 Baie Nederlandssprekendes oftewel Afrikaanssprekendes in Bloemfontein, veral die beter opgeleide mense, het met mekaar in Engels gekorrespondeer en ook met mekaar Engels gepraat. Die Engelssprekende inwoners het uiteraard Engels gepraat, terwyl stadraadsvergaderings dikwels in Engels gehou is. .Die spoorwegdepartement is aanvanklik deur die Kaapse Spoorweë beheer en die spoorwegpersoneel was oorwegend Kaapse amptenare van wie die meeste Engelssprekend was. Die voertaal van die spoorweë was dus Engels.446

Ook op onderwysgebied is daar ’n stryd tussen Nederlands en Engels gevoer. Volgens die Vrystaatse onderwyswet kon kinders tot standerd twee (vandag graad vier) in die taal van hul ouers se keuse onderrig ontvang. Daarna is hulle in beide tale onderrig, met die voorwaarde dat die helfte van die vakke in Nederlands aangebied moes word. In die praktyk het dit nie altyd gerealiseer nie, omdat daar nie altyd geskikte Nederlandse handboeke vir die betrokke vakke beskikbaar was nie.447 Die Afrikaans- en Nederlandssprekendes het gemor omdat hulle kinders in Engels onderrig word en gevolglik net Engels lees en skryf. Kinders het dus nie in Nederlandse boeke belanggestel nie.448 Baie Afrikaans- of Nederlandssprekende kinders het ook op skool Engels gepraat.449

442

Ibid., 10.11.1891, p. 2.

443 De Burger, 21.4.1894, p. 3, 2.5.1894, p. 3, 5.5.1894, p. 2, 23.5.1894, p. 4 en 26.5.1894, p. 3. 444 Ook bekend as Kaaps-Hollands. Scholtz, p. 234.

445 VAB, A75/2: “Onze Afrikaans-Hollandse spreektaal”, artikel deur oud-regter Melius de Villiers; De Burger,

23.6.1894, p. 4 en 11.7.1894, p. 3.

446

VAB, DFR: Inventory of the archives of the Director-General of the Free State Government Railways, 1878-

1908, introduction, p. ii.

447 OVS Wetboek, 1854-1891, Hoofstuk XLIX: artikel 104, p. 327; The Friend, 10.7.1891, p. 2. 448

De Express, 21.1.1890, p. 3 en 28.1.1890, p. 3.

Daar was veral klagtes oor die Bloemfonteinse skole Grey-kollege en die Damesinstituut, waar Engels dikwels bo Nederlands voorkeur geniet het.450 Daarenteen het die Engelssprekendes weer gekla oor die bevordering van Nederlands deur die wet omdat hulle van mening is dat Engels as ’n wêreldtaal in die toekoms dié taal van ’n verenigde Suid-Afrika sou word.451 Die Vrystaatse onderwyskommissie het aanbeveel dat Nederlands op gelyke voet met Engels in die Vrystaatse skole gestel word, maar die stryd tussen die tale op onderwysgebied het voortgeduur.452

Nederlands sowel as Afrikaans het baie kampvegters in die Vrystaat en sy hoofstad gehad. In 1890 het Hendrick Fouché, ’n stadsraadslid wat net Nederlands kon verstaan, versoek dat die vergaderings in Nederlands gehou word, wat daartoe gelei het dat die Engelssprekende onderburgemeester, S. Goddard, sy bedanking ingehandig het omdat hy nie kon verstaan wat aangaan nie. Goddard het later sy bedanking teruggetrek,453 maar daar was ’n voortdurende stryd oor watter taal tydens stadraadsvergaderings gebruik moes word. Soms is die tale afgewissel sodat almal tevrede gestel kon word.454

Die stryd tussen Engels en Nederlands, of dan Afrikaans, as spreektaal is ook in die plaaslike pers455 gevoer met voor- en teenstanders van elke taal wat gereeld briewe aan die koerante geskryf het.456 The Friend, wat die oudste koerant in die Vrystaat was, was pro- Engels, terwyl sy grootste teenstander, De Express, ’n groot kampvegter vir Nederlands was.

The Friend, wat tot in 1893 beide Nederlandse en Engelse berigte in elke uitgawe bevat het, het

van 1894-1897 ’n afsonderlike Nederlandse koerant, De Burger, uitgegee in ’n poging om meer Nederlandse en Afrikaanse lesers te trek. Ofskoon De Burger ’n Nederlandse koerant was, het dié susterkoerant van The Friend en die pro-Nederlandse De Express nie langs dieselfde vuur gesit nie. Die weeklikse De Express, wat hoofsaaklik vir lesers op die Vrystaatse platteland bedoel was, het ook ’n daaglikse susterkoerant, naamlik eers The Daily News en sedert 1890

The Daily Express uitgegee. Laasgenoemde twee koerante was spesifiek vir Bloemfontein

bedoel en het grootliks Engelse berigte bevat omdat die meeste inwoners van Bloemfontein Engels magtig was. Waar De Express kon, het hy Nederlands as taal probeer bevorder, terwyl

450 The Friend, 16.12.1892, p. 2; I.S.J. Venter, Die geskiedenis van die Damesinstituut Eunice, p. 137. Vergelyk

ook Coetzee, p. 154.

451 The Friend, 19.6.1889, p. 3 en 16.12.1892, p. 2; Daily News, 11.2.1890, p. 4, 18.3.1890, p. 3 en 5.4.1890, p. 4. 452

The Friend, 24.7.1891, pp. 2-3.

453

De Express,28.9.1890, p. 6 en 28.1.1896, p. 3; Groenewald, Die sosiale lewensomstandighede, p. 58.

454 The Friend, 21.8.1891, p. 3; Groenewald, Die sosiale lewensomstandighede, pp. 60-61. 455 Die plaaslike pers en koerante word in hoofstuk 5 meer breedvoerig bespreek.

456

De Express, 21.1.1890, p. 3; Daily News, 11.2.1890, p. 4, 18.3.1890, p. 3 en 3.4.1890, p. 3; The Friend, 11.11.1890, p. 2 en 28.11.190, p. 2.

The Friend weer Engels se deugde as internasionale taal besing het. Dit was dus nie vreemd dat

die koerante venynig tenoor mekaar was en mekaar selfs openlik aangeval het nie.457

Omdat Bloemfontein so ’n kosmopolitiese bevolking gehad het, was die taalkwessie nie so maklik om op te los nie en dit het voortgeduur totdat die Britse besetting van Bloemfontein in Maart 1900 tydens die Anglo-Boereoorlog die Engelse in beheer van Bloemfontein geplaas het. Nederlands sou sy dominante posisie as skryftaal in Suid-Afrika tot aan die einde van die 19de eeu behou, terwyl Afrikaans eers na 1902 met rasse skrede sou veld wen.458

Dit was nie net die verhouding tussen die verskillende blanke kultuurgroepe onderling wat die lewenswyse van die inwoners van Bloemfontein beïnvloed het nie, maar die voortdurende kontak en interaksie tussen blanke en nie-blanke inwoners het ook ’n groot invloed op die rassegroepe gehad. As gevolg van noodsaaklike ekonomiese integrasie het die interaksie veral tot groot kultuurverandering onder nie-blanke groepe gelei.