• No results found

Interaksionisme: “the meanings and motives of actors”

Die sosiologie van professie

3.4 Sosiologiese benaderings 1 Inleiding

3.4.3 Interaksionisme: konflik en kompetisie 1 Inleiding

3.4.3.3 Interaksionisme: “the meanings and motives of actors”

Die oënskynlike verandering soos dit oor die afgelope dekade neerslag vind in die sosiologie van die professies (Evans, 2008:20-21; Johnson, 1972:17; Macdonald, 1995:xi), is stellig daarin geleë dat ʼn kentering in die sosiologie van die professies ter sprake is wat apropos en krities beskou kan word as die ondergang van die funksionele benadering tot die professies en dus (Macdonald, 1995:xi):

… a consequence of the major shift in theoretical orientation … from the structural functionalist orthodoxy of the 1960s, to a much more pluralistic scene, in which action-based theory in a variety of forms played an important part.

As sodanig was dit die begin van ’n nuwe tydvak en benadering van die sosiologie van professies: die “charmed circle of professions” (Houle, 1980:28) en die vraag na die rol wat hulle speel in die gevestigde sosiologiese orde van die samelewing word nou geplaas binne ’n Weberiaanse benadering wat fokus op die wyse waarop diegene wat beskik oor gespesialiseerde kennis te werk gaan om ’n monopolie van hulle kennis op te bou, en, op hierdie basis, ’n monopolie te bewerkstellig van die dienste wat hieruit spruit. Dit geskied slegs deur spesialisering en individuele aktiwiteit: “Only by strict specialization can the scientific worker become fully conscious, for once and perhaps never again in his lifetime,

that he has achieved something that will endure. A really definitive and good accomplishment is today always a specialized act.”16

Max Weber se interaksionistiese konsepte van uitsluiting en sosiale sluiting ten opsigte van

die professies is gemoeid met die meganismes waarop die sosiale status van ʼn

beroepsgroep behaal en behou word. Die soeklig word nou gewerp op die prosesse waarmee en mate waarin professionele beroepe dit bewerkstellig dat die samelewing so ’n bevoorregte posisie in die sosioprofessionele konteks sanksioneer (Macdonald, 1995:xii). Dié benadering vind veral neerslag in die konseptuele raamwerk van die professionele projek van Larson (1977), in die konsep van jurisdiksie van Abbott (1988), en Macdonald (1995) se konseptualisering van Larson (1977) se professionele projek.

Macdonald (1995:4-23) se uiteensetting van die literatuur ten opsigte van die interaksionistiese alternatiewe tot die sosiologie van die professies bring die kernaspekte in hierdie benadering te berde, naamlik: professionele mag (“professional power”), professies as sosiale instrumente (“professions as social actors”) met “menings en motiewe” (Macdonald, 1995:17), en beroepsprofessionalisering as ’n professionele projek (“the professsional project”); uitgangspunte wat grootliks spruit uit die teorieë van Max Weber en/of dié van die Chicago School of Sociology.

Macdonald (1995:4) wys daarop dat die interaksionistiese alternatief op die ideologiese (Daniels, 1973) en mitologiese (McKinlay, 1973b:62) funksionele ideaal van die professies primêr neerslag vind in die werk van Hughes (1985, 1971), Becker et al. (2009) en Freidson (1970b) met as onderwerp:

... the actions and interactions of individuals and groups, how they constituted their social worlds as participants and how they constructed their careers. The professional principles of altruism, service and high ethical standards were ... seen as aspects of the day-to-day world within which members lived, worked and strove and which therefore appeared as less than perfect human social constructs rather than as abstract standards which characterised a formal collectivity.

Professionele mag as tema in die interaksionistiese sosiologie van die professies, vind neerslag veral in die werk van Freidson (1970a, 1970b, 1983, 1988) en ander Amerikaanse sosioloë soos Hall (1983) en Abbott (1988). Dié “new orthodoxy deriving from interactionism” (Macdonald, 1995:4) word algemeen bekend as die magsbenadering (Macdonald, 1995:5) wat ook in Brittanje in die werk van Johnson (1972, 1977, 1980) sy beslag vind, hoewel met ’n meer Marxistiese aanslag (Macdonald, 1995:5). Macdonald (1995:6) kom dan tot die slotsom: “The ‘power approach’, whether derived from interactionist or Marxian traditions, was undoubtedly more fruitful than the work of functionalists and the related delineation of professional ‘traits’.”

Die idee van professies as sosiale instrumente (“social actors”) spruit uit die veronderstelling dat “... basically sociologists were asking the wrong question” (Macdonald, 1995:6), ’n interaksionistiese denkrigting wat stadig, sinvol, en radikaal sy verloop neem; sowel as ’n denkrigting wat gerig is op aksie, en nie struktuur nie. Dit is hierdie verwikkeling wat sosioloë grootliks miskyk (vergelyk Macdonald, 1995:6-7) in die werk van Hughes (1963).

Hughes (1971:340) verwoord die interaksionistiese verwikkeling in sy veelseggende bekentenis dat sy fokus verskuif het van die bemoeienis met die kenmerke van professie – ʼn

statiese klassieke benadering – na ʼn meer dinamiese proses- en konteksgeorïenteerde

kognitiewe of prototipebenadering: die omstandighede waardeur beroepslui hulle beroep

probeer ophef tot ʼn professie, en hulleself in ʼn professionele groep, en die prosesse

waardeur die samelewing met hulle waardestelsel identifiseer.

Hieruit spruit die werk van Becker (1970), Larson (1977) en Freidson (1983) wat stemme uitbring oor die sosiologies-teoretiese besinning ten opsigte van professies as sosiale instrumente in ʼn sosioprofessionele opset. Macdonald (1995:7): “Profession” is a lay or folk term and that assessing whether an occupation is or is not a profession, is a semi- profession, or is more or less professional than other occupations, is what the “folk” do, and it is not the real task of sociology to try to do it for themselves scientifically.”

Die implikasie is dat sosiale wetenskaplikes (en taalkundiges?) met ʼn ander teoretiese

konsep – ʼn ekspertkonsep – ten opsigte van professies en professionalisering vorendag

moet kom as wat leke met hulle “folk-konsep” in die samelewing doen. Die problematiek hiervan is opgesluit in die aanhaling wat aan die begin van hierdie hoofstuk ter sprake kom, en die vraag is dan: Wat is dit wat sosioloë en taalpraktisyns dan moet doen om ’n

teoretiese begronding vir die sosiologie van die professies te verseker?

Vir Macdonald (1995:7-8) lê die antwoord in die interaksionistiese benadering implisiet in die werk van Becker (1970a, b) en Freidson (1970b; 1983) en veral Larson (1977) se model van professionalisering – die professionele projek – ’n verskynsel wat die strewe na koherensie en eenvormigheid (“coherence and consistency”) van ’n spesifieke modus operandi van ’n bepaalde groep ten opsigte van beroepsprofessionalisering impliseer, en wat vir die doeleindes van hierdie studie uiteenval in ʼn prototipebenadering as een moontlike “ekspertmodel”.

Een van die doelstellings van eksperte op alle lewensterreine en werkkringe is presies die afbakening van grense (Wittgenstein, 1978:33) van vae en dubbelsinnige kategorieë (soos professie) en die formulering van kriteria wat klassifikasie bepaal (Taylor, 1995:72). Dit sou ook impliseer dat ʼn konsep soos “professie” een van daardie woorde in die woordeskat van ʼn samelewing is wat onderworpe is aan beide eksperte en “folk”-definisies: eersgenoemde ten opsigte van die noodsaaklike en genoegsame toestande vir kategorisering, en laas- genoemde met die kennis van perseptuele en interaktiewe attribute van prototipe-entiteite (Taylor, 1995:73) soos die professionele verskynsel (vergelyk ook die bespreking in 2.4). Selfs al is die doelwitte en strategieë van ’n gegewe beroep nie in alle opsigte skerp te onderskei of doelgerig vir alle lede van so ’n groep nie (Larson, 1977:6), of noodwendig dieselfde is vir alle beroepe wat strewe na professionalisering nie, behoort die professionele projek onder bespreking gekenmerk te word deur ’n strewe van taalpraktisyns na die relatiewe behoud en bevordering van sekere diensgeoriënteerde beroepsattribute van gespesialiseerdheid en uniekheid (“scarcity”): “The professional project can be identified by its relative objectives of market monopoly and social status” (Larson, 1977:104) wat gemeet kan word op ʼn glyskaal van attribute (vergelyk die bespreking in 2.4).

Macdonald (1995) fokus op Larson (1977) se konseptualisering van die professionele projek soos gegrond in Max Weber se siening van stratifikasie, uitsluiting, en sosiale sluiting as meganismes waardeur die sosiale status van ’n groep verwesenlik en gehandhaaf word; die integrasie van sy siening van ekonomiese en sosiale orde; die mate waarin professies

dienste kan verhandel, sowel as die idee dat gespesialiseerde kennis en spesifieke kognitiewe hulpbronne finansiële bemarkbaarheid én finansiële markvoordele inhou.

Die tema van jurisdiksie as konseptuele raamwerk vir die sosiologie van die professies in teenstelling met die klassieke benadering (vergelyk die bespreking in Hoofstuk 2 met betrekking tot definiëring, asook die bespreking in 4.2.2, 4.3.5 en 4.3.6) ten opsigte van die sosiopolitieke struikelblokke tot professionalisering) is die kernaspek in die werk van Abbott (1988) en kensketsend van die interaksionistiese benadering tot die mate waarin professies as interaktiewe gemeenskappe professionalisme bevorder.

Abbott (1988) ondersoek die mate waarin professies ’n kennismonopolie uitoefen in die samelewing en ontwikkel die nosie van die professies as ’n sisteem uit hoofde van die samehang tussen ’n beroep en die werksaamheid wat ter sake is, wat hy bevoegdheid (“jurisdiction”) noem: “... the carving out and maintenance of a jurisdiction through competition as well as the requisite cultural and other work that was necessary to establish the legitimacy of a monopoly practice (Evetts et al., 2006:209). Abbott (1988:343) verdedig sy keuse van die modelkonsep (“system”) – soos volg:

I use it (in place of the more trendy “structure”) because it suggests boundedness and necessary interaction. The idea of a chain of effects within a system entails, most importantly, a philosophy of history emphasizing contingency ... Although I fully recognize the great cultural and social forces felt by many to determine the current history of the professions, I feel their efforts on professions are idiosyncratic, mediated by the system structure discussed here.

Abbott (1988:33) stel hom dan ten doel “... a theoretical alternative to professionalization that accounts for idiosyncratic development in individual professions without invoking a social trend”, wat spruit uit sy premis dat die idee van ’n algemene ontwikkelingsproses, wat metterjare as die proses van beroepsprofessionalisering sy beslag gevind het, grootliks ’n misleidende konsep is “... for it involved more the forms than the content of professional life. It ignored who was doing what to whom and how ... In fact, not only did it miss the contents of professional activity, but also the larger situation in which that activity occurs” (Abbott, 1988:1-2).

Die basiese premis van die sisteemmodel van die professies van Abbott (1988:2) berus op die aanname dat die professies as ’n interafhanklike kollektiewe sisteem sy beslag vind in die samelewing met die implikasie:

... each profession has its activities under various kinds of jurisdiction. Sometimes it has full control, sometimes control subordinate to another group. Jurisdictional boundaries are perpetually in dispute, both in local practice and in national claims. It is the history of jurisdictional disputes that is the real, the determining history of the professions. Jurisdictional claims furnish the impetus and the pattern to organizational developments.

Macdonald (1995:17) verwerp hierdie konseptualisering as “cut off from that aspect of sociological explanation that is at the heart of Weber’s work, namely the meanings and motives of the actors”.

Dit wil voorkom of Macdonald (1995) se grootste beswaar teen Abbott (1988) se konseptualisering van professie daarin lê dat dit nie die komplekse aard van Larson (1977) se konseptualisering van die professionele projek (“professional project”) na waarde skat nie, ’n model wat Macdonald (1995:35) as sy “guiding principle” neem in die ontwikkeling van sy

“working theory of the professions” (Macdonald, 1995:29, 32) ten spyte van die feit dat hy van mening is dat die konsep van jurisdiksie van Abbott (1988) en dié van die professionele projek van Larson (1977) grootliks versoenbaar is.

Die kern van Weber se interaksionistiese benadering tot die professies en professionalisering – uitsluiting en marksluiting – met inagneming van die strominge binne die interaksionistiese kamp soos dit hierbo uit die geraadpleegde literatuur na vore tree, is te vinde die diverse

praktyke waarop die strewe na sosiale status van ʼn beroepsgroep behaal en behou word:

professionele mag, professies as sosiale instrumente (Macdonald, 1995:17), en beroeps- professionalisering as ’n professionele projek (Larson, 1977), en jurisdiksie (Abbott, 1988).