• No results found

Die prototipe van professie

2.2 Die definisieproblematiek

ʼn Ondersoek na die professionalisering van enige beroep impliseer ’n begrensing van die terme wat daarmee verband hou om ’n teoretiese vertrekpunt te bied vir wetenskaplike ondersoek. Wanneer daar met ’n konsep gewerk word, wat, enersyds uit hoofde van die etimologie van die woord (Freidson, 1986:21-32), en andersyds juis in ’n poging tot

konseptualisering3, soveel semantiese verwarring en verwikkeldheid skep dat sosioloë en

wetenskaplikes ná meer as ʼn eeu nog nie definisiële konsensus kon bereik nie, verkry die

definiëringsvraagstuk ekstra dimensie.

Vervolgens word die problematiek van definiëring van die professionele verskynsel – die professie – soos dit neerslag vind in die literatuur van die professies kortliks ondersoek. Aspekte wat ter sprake kom, is die feit van die definisiegeskil en moontlike redes daaragter, en benaderings tot kategorisering as moontlike oplossing vir hierdie problematiek.

2.2.1 Die realiteit van die definisiegeskil

Abbott (1988:7) verwys na die resultaat van die definisiële woordegeskerm in die literatuur as “naturalistiese gekibbel” met aanvegbare resultate wat vir baie jare ’n eksklusivistiese oorweging (Abbott, 1988:8) agter die bestudering van die professies ten grondslag gelê het, veral in teoreties-ondeurdagte publikasies. Die gevolg is dat die aanvanklike wesenlike vrae onderliggend aan die aktualiteit van die professionele verskynsel mettertyd in obskuriteit

verval het sodat die klem op die problematiese konsep van “professionalisering” val, ʼn

benadering, beweer Abbott (1988:1-2), wat die sosiologie van die professies op ʼn

dwaalspoor geplaas het.

Papier is egter geduldig: “Much debate, going back at least as far as Flexner (1915), has centered around how professions should be defined. But ... a number of tallies have demonstrated a persistent lack of consensus about which traits are to be emphasized in theorizing” (Freidson, 1994:14) tot die mate dat “... we seem to be no nearer consencus [in 1994] than we were in 1915 ...” (Freidson, 1994:15), en nog minder in 2012, soos sal blyk uit die bespreking in 2.3. Dit spreek dus vanself dat hierdie gebrek aan konsensus in die navorsingsgemeenskap een van die grootste struikelblokke tot die professionalisering van beroepe word en werkbare modelle vir professionalisering moeilik maak (Tseng, 1992:42).

3 Die analitiese hulpmiddele wat óf deur kognitiewe antropoloë en kognitiewe linguiste ontwikkel óf gebruik is om ondersoek in te stel na die verskynsel dat

verskeie kenmerke van menslike tale gegrond kan wees in nielinguistiese en perseptuele stelsels (Sharifian, 2003). Dit sluit in die terme “kategorie”, “skema” en “eksemplaar” soos dit in hierdie hoofstuk ter sprake kom.

Inderdaad, in die woorde van Freidson (1994:107): “... the word may be so hopelessly corrupted that its use is a positive handicap to the development of systematic concepts for the study of work and its organization.” Die antwoord op die vraag: Wat gee aanleiding tot die

definisieverwarring in die literatuur? kan dan moontlik te vinde wees in ʼn ontoereikende

leksikologiese konsep van woordbetekenis in die literatuur van die professies, en uiteraard

dan van die konsep “professie” en “professionalisering”. ʼn Voorondersoek na die

leksikologiese konsep van woordbetekenis (in die konteks van die kategorisering van

betekenis) om ʼn aanknopingspunt met die definiëring van “professie” te bewerkstellig en te

verreken, sou baie daartoe kon bydra om die definisieproblematiek te verhelder. Hierdie ondersoek word in 2.4 gedoen.

Die feit van die saak is: die pogings tot definiëring van “professie” ontketen oor die afgelope dekades indringende besprekings en gebelgde onderonsies in die literatuur (vergelyk onder andere Carr-Saunders & Wilson, 1933; Parsons, 1951; Cogan, 1953; Cogan, 1955; Hughes, 1958; Habenstein, 1963; Wilensky, 1964:138; Johnson, 1972), maar ook in meer onlangse en eietydse publikasies (Sciulli, 2005a; Malatesta, 2005; Torstendahl, 2005; Sciulli, 2005b, Sciulli, 2009), waarskynlik omdat die konsep “professie” op sigself sosiaal gekonstrueer en geïnstitusionaliseer is (Abel, 1979; Larson, 1977). Volgens Freidson (1994:14) is dit juis die “... very nature of the concept of profession itself that plays a critical role in creating some of the problems addressed by metatheoretical writings,” soos pertinent gestel in Foucault (1977:213) se konseptualisering van die uitwerking van mag: “Power is not an institution, and not a structure; neither is it a certain strength we are endowed with; it is the name that one attributes to a complex strategical situation in a particular society”.

Voeg hierby die strewe na professionalisering kenmerkend van die industriële wêreld (Goode, 1960a:902); die appèl van professionele status in die sosioprofessionele opset gekoppel aan die verwagtinge wat aan die konsep “professionele status” geheg word

(vergelyk die bespreking in Hoofstuk 1); die gebrek aan ʼn begrip van die kognitiewe

linguistiek, en alle pogings tot definiëring loop die risiko van kontroversie, kritiek en

uiteindelike mislukking. ʼn Gebrek aan ʼn behoorlike verantwoordbare leksikologiese konsep

van woordbetekenis lê dus aan die kern van hierdie stand van sake.

Navorsing in hierdie verband lewer nietemin ʼn “gedugte” (Moore & Rosenblum, 1970:245),

oorweldigende en uiteenlopende versameling definisies van ’n professie op, wat Freidson (1994:16) ook beskryf as: “... (t)he definitional problem that has plagued the field for over half a century ...” Die feit van die omvang van die definisieproblematiek dui op die nut van ʼn haalbare leksikologiese konsep van woordbetekenis, aangesien die definisiële problematiek enersyds die kompleksiteit van die teoretiese begronding van die professionele verskynsel weerspieël, maar andersyds spreek dit ook van die appèl van sosioprofessionele status, eweneens vir sosioloë én beroepslui: “Die titel ‘professie’ is ʼn aanspraak op sosiale status en erkenning” (Freidson, 1973:5).

Uit die literatuur van die sosiologie van die professies word dit duidelik: Die kategorisering (of definisie) van die woord “professie” (“profession”) behels, is vir die grootste gedeelte van die twintigste eeu die onderwerp van bespreking en meningsverskil onder akademici en sosioloë

(Soder, 1990:38). Die polemiek manifesteer in ʼn “truly tremendous literature” (Moore &

Rosenblum, 1970:245) van “definition-mongering” (Kultgen, 1988:70) met min welslae, soos blyk uit die volgende opmerkings:

 “No broad acceptance of any ‘authoritative’ definition has been observed ...” (Cogan, 1953:33).

 “... of the dozens of writers on this subject [wat ’n professie is] few seem to agree on the

real determinants of professional status” (Millerson, 1964b:15)4.

 “One might remark that the many definitions of this notion [profession] proposed in the sociological literature are far from being in agreement or without ambiguity (Jamous & Peloille, 1970:112).

 “Much of the literature on the professions is devoted to the question of what constitutes a profession. In general, the answers produced have not been illuminating” (Hatch, 1988:2).  “Much debate, going back at least as far as Flexner (1915), has centered around how

professions should be defined. ... a number of tallies have demonstrated a persistent lack of consensus about which traits are to be emphasized in theorizing” (Freidson, 1994:14).  “... we seem to be no nearer consensus than we were in 1915 ... (Freidson, 1994:15). ʼn Definisie van “professie” is egter noodsaaklik omdat dit enersyds ondersoekveld afbaken: “A word with so many connotations and denotations cannot be employed in precise discourse without definition” (Freidson, 1994:15), wat Larson (1977:xi) egter noop tot die stellige uitspraak: “In fact, the professional phenomenon does not have clear boundaries.” Andersyds bied die keuse van ʼn definisie ʼn begrip van die omvang van die taakomskrywing, werksaamhede, diens en verantwoordelikheid van die beroep onder bespreking, in hierdie geval die taalpraktyk in Suid-Afrika en Vlaandere. Dit bied ook insig in en agtergrond tot die strewe na professionalisering in die huidige sosioprofessionele opset in hierdie lande, en het ʼn invloed op die sukses al dan nie van die professionaliseringsproses.

Die vrae wat in hierdie verband ontstaan, sluit in: Wat sou die redes wees vir die definisiegeskil wat metterjare soveel onenigheid veroorsaak dat sommige teoretici definiëring as onbelangrik beskou (Klegon, 1978:268); dat sommige weier om ’n definisie te gee (Carr- Saunders & Wilson, 1933:105; Jamous & Peloille, 1970: 111-112); dat ander die verskynsel bevraagteken of die definisiepogings afkeur (Hanlon, 1999:3); dat nog ander verkies om die kwessie bloot te ignoreer (Abbott, 1988; Hanlon, 1999), en slegs te fokus op die dinamiese proses van professionalisering eerder as die statiese konsep van struktuur en funksie (Hughes, 1958; Houle, 1980; Vollmer & Mills, 1966)?