• No results found

Die sosiologie van professie

3.3 Die sosiologie en die professies 1 Inleiding

3.3.4 Die sosiopolitieke kultuur en professionalisering

Die mate waarin sosiopolitieke kultuur (vergelyk ook 4.2.2, 4.3.5 en 4.3.6) ’n rol speel in die professionaliseringsproses, en die veronderstelling dat professies grootliks ’n produk is van staatsanksionering, word onder andere weerspieël in die werk van Berlant (1975), Parry en Parry (1976), Portwood en Fielding (1981), Johnson (1982), T.C. Halliday (1985, 1987), Macdonald en Ritzer (1988). Johnson (1982:208) meen: “... all modern professions is a product of state formation ...” wat Macdonald (1995:20) tot die gevolgtrekking laat kom: “Hence, nothing can be more crucial for a professional occupation than political culture.” Hieruit word die afleiding gemaak: Ongeag watter attribute ook al teenwoordig is, die deurslaggewende kwessie is gewoonlik staatsanksionering. Vandaar dan ook die groot taal-

politieke dilemmas ten opsigte van ʼn taalbeleid soos dit in Suid-Afrika en Vlaandere ter

sprake kom ten opsigte van die professionele projek van die taalpraktyk (vergelyk 4.2.2, 4.3.5 en 4.3.6), en die soeke na alternatiewe prosesse van sanksionering (vergelyk 4.6). Burrage (1988) en Burrage et al. (1990) se ondersoek fokus op die verskille tussen professies in verskillende kulture en die invloed van hierdie kulturele verskille in die professionaliseringsproses van professies. Die grootste impak van hierdie navorsing lê “... in drawing attention to the other protagonists in the arena in which the professions are pursuing their goals” (Macdonald, 1995:18), veral die grondige verantwoording van die mate waarin die politieke kultuur van die samelewingsopset waarin die professionaliserings-proses hom afspeel, ’n inwerking het op die verloop van so ’n proses.

Marxistiese sosiologie vier hoogty in Suid-Afrika in die tagtigerjare en is steeds relevant binne die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, met invloed in die regerende party (Van Wyk, 2009):

The task of Marxists in South Africa is to reach out to the most advanced elements within ... organisations and start a serious struggle to put them on a clear socialist programme, one that is based not on some “National Democratic Revolution” but firmly on socialist revolution. If one thing has been clearly demonstrated by the last 15 years of bourgeois democracy and ANC government it is that the problems faced by the masses of workers and poor in South Africa, overwhelmingly Black, not even those related to racial discrimination or access to the land, housing, education and healthcare, cannot be solved within the limits of capitalism. Only the expropriation of the means of production, “the wealth of the land” that the Freedom Charter says should belong to the people, can lay the basis for a democratic plan of production that can start to address the problems of homelessness, poverty and unemployment which millions of South Africans still suffer from.

ʼn Ondersoek na die professies as ’n unieke produk van sosiale differensiasie trek dan oor die algemeen aan die kortste end, ook in Suid-Afrika, veral omdat die meeste sosioloë die

probleem grootliks omskep het in ʼn “definisiële” vraagstuk (vergelyk Hoofstuk 2), maar ook

as gevolg van die impak van die heersende sosiopolitieke kultuur (Abel-Smith & Stevens, 1967; Berlant, 1975; Burrage, 1988; Burrage et al., 1990; Halliday, T.C., 1985, 1987; Larson, 1977; Macdonald, 1995:18; Parry & Parry, 1976).

Die huidige politieke situasie in Suid-Afrika is grotendeels die produk van ʼn linkse klimaat, transformasie en “politieke osmose” (Duvenhage, 2008) in Suid-Afrika na die apartheids-

bestel (Van Wyk, 2009); ʼn overte voortsetting van “vreedsame rewolusionêre beginsels”,

en nie betroubaar onder meer gematigde minderheidsgroepe nie (Duvenhage, 2008). Die

ANC-regering bly bestendig aan bewind sodat die staat relatief stabiel bly, terwyl die politieke situasie in Vlaandere baie ontvlambaar, wisselvallig en wispelturig is met wisselende regerings (vergelyk die bespreking in 4.2.2, 4.5.4 en 4.5.5), ʼn toenemende regse druk veral ten opsigte van taalpolitiese en ekonomiese aangeleenthede (Mair et al., 2004). Gegewe die komplekse politieke klimaat in beide lande is staatsanksionering vir die taalpraktyk as professie gewis nie ʼn prioriteit nie.

Die implikasie van hierdie stand van sake vir die strewe na professionalisering van taalpraktyk in Suid-Afrika en Vlaandere in die konteks van die bespreking hierbo is overt

veelseggend: die heersende sosiopolitieke kultuur – met ʼn linkse sosialistiese oriëntasie in

postapartheid Suid-Afrika en ʼn regse etniese politieke ingesteldheid in Vlaandere as

welsynstaat – wat ook ʼn postmoderne kultuur is, werk nie gunstig mee vir die

professionaliseringstrewe van die taalberoepe nie en bevoordeel nie daadwerklike betrokkenheid nie. Die aangewese oplossing is dat die belanghebbendes by die proses –

taalpraktisyns, akademici en die beroepsliggaam – ʼn ander opsie as staatsanksionering

moet oorweeg om die proses op koers te kry.

3.3.5 Samevatting

Uit die bespreking tot dusver kan aanvaar word dat die strewe van beroepe en beroepslui na professionele erkenning ʼn unieke produk is van die samelewing waarin so ʼn ideaal te voorskyn tree. Dit bied die rasionaal vir ʼn sosiologiese benadering in hierdie studie. In hierdie verband kan volstaan word met Pöchhacker (2008) se oortuiging dat die ontwikkeling van die

taalpraktyk grootliks ʼn sosiale verloop geneem het en dus sosiologies van aard is wat ʼn

sosiologiese begronding noodsaak.

Die waarde wat in die samelewing geheg word aan die omvang en draagwydte van die verdeling van werk veral soos gedurende die twintigste eeu in die professionele verskynsel verteenwoordig word, is waarskynlik geleë in die gespesialiseerde aard en kwaliteit van die

diens wat die professies lewer, ʼn attribuut wat deur ander beroepe as navolgenswaardig

beskou word.

Verskillende en uiteenlopende sosioprofessionele benaderings, teorieë en professionaliserings- modelle reflekteer elk ’n spesifieke beskouing van die samehang tussen professies en die sosio-ekonomiese en sosioprofessionele opset. Die volgende afdeling van hierdie hoofstuk is

dan gemoeid met ʼn bespreking van die verskillende sosiologiese benaderings tot die

professies met die klem op die moderne benaderings, te wete die funksionele benadering, interaksionele benadering, en die konflikbenadering soos dit verwoord word in die teorie van

Émile Durkheim, Max Weber, en Karl Marx, asook die hedendaagse postmoderne benadering en poststrukturalistiese kritiek.

Die klem in en doel van die bespreking is die genese van die idee van professie in die samelewing, die rol en funksie daarvan, en hoe ʼn beroep, ʼn nering wat (aanvanklik) gewoon ʼn lewensbestaan verseker het, tot ʼn professie ontwikkel (in die konteks van die verkryging van spesifieke attribute, soos gespesialiseerde kennis en outonomie, sowel as in die konteks

van sosiale aanvaarding wat gelykstaande is aan professionele status, wat daarvan ʼn

gesogte ideaal gemaak het.

Vervolgens word die klassieke sosiologiese benaderingswyses tot die ondersoek na die professies en professionalisering bespreek, en daarna word ’n uiteensetting gegee van die postmoderne benadering om professionele status in die hedendaagse kulturele konteks in perspektief te plaas, veral ten opsigte van die skeptisisme teenoor “grand narratives” van die

klassieke, modernistiese uitgangspunte, en toegepas op hierdie studie, ʼn grootse teoretiese

model vir die professionalisering van beroepe.

3.4 Sosiologiese benaderings