• No results found

Bestaande literatuurdefinisies 1 Inleiding en vooruitskouing

Die prototipe van professie

2.5 Bestaande literatuurdefinisies 1 Inleiding en vooruitskouing

In die vorige afdeling is aangetoon dat die redes vir die definisiegeskil in die literatuur van professionalisering gesetel is in verskillende botsende en uitgediende benaderings tot kategorisering van betekenis. In hierdie afdeling word ʼn poging aangewend om die literatuur te fynkam vir bestaande definisies van professie, die rede vir definiëring en die toepassing daarvan in ʼn sosioprofessionele opset.

Die doel is om “kwalitatief -maksimalisties” te werk te gaan deur middel van ʼn ondersoek na

elke moontlike attribuut van professie, maar met ʼn attribuut-kwantitatiewe veronderstelling

voor oë: oor watter van hierdie attribute is daar baie konsensus, aangesien dit hierdie attribute is wat sentraal staan in die definiëring van “professie” en die uiteindelike definisie daarvan, en watter van hierdie attribute is net vir sommige bronne van belang. Die resultaat val uiteen in twee stelle, naamlik die leksikografieliteratuur – ʼn verskeidenheid relevante

Engelse, Afrikaanse en Nederlandse woordeboeke – en ʼn verskeidenheid sosiologiese

bronne. ʼn Sintese van die gevolgtrekkings van die definisies van “professie” uit beide die

woordeboek- en sosiologie-ondersoek word in 2.7.1 en 2.7.2 gedoen na ʼn bespreking van

die rasionaal agter definiëring en die verskillende tipes definisies in 2.6.

Freidson (1994:16) kom dan tot die absolutistiese slotsom van “die verpligitng van definisie”,

wat neerkom op ʼn klassieke benadering van kategorisering (vergelyk 2.4) dat skrywers wat

dit erns maak met die sosiologie van die professies onder ’n verpligting staan “... to display to readers what they have in mind when the word is used – that is, to indicate the definition upon which their exposition is predicated and, for even greater clarity, examples of the occupations they mean to include and those they mean to excude” (Freidson, 1994:27). Met

die hieropvolgende bespreking word dan ʼn poging aangewend om, in teenstelling met dié

absolutistiese uitspraak, die rasionaal agter die keuse van ʼn prototipebenadering tot

definiëring vir hierdie studie te volg.

Vervolgens word enkele tersaaklike redes vir definiëring uit die literatuur bespreek as agter- grond tot en rasionaal vir die belang van definiëring vir die professionele projek onder bespreking.

2.5.2 Definisiële rasionaal

Definiëring dien as verifikasie dat “professie” as idealetipe sosioprofessionele verskynsel tipiese onderlinge betrekkinge met ander beroepe gemeen het, en tipies hulle eie aktiwiteite op dieselfde wyse organiseer. Hierdie hoedanighede blyk die kernaspekte te wees van die idealetipeberoep en die beroepspersoon (Elliott, 1972:4). Weber (1964:110) gebruik die ideale tipe om die aandag te vestig op kernelemente van sosiale verhoudinge om sodoende

die konsekwensies daarvan op ander aspekte van die sosiale organisering te bepaal, ʼn

benadering tipies van die Aristoteliaanse denkwêreld van die klassieke benadering tot en definiëring van idealetipes waar abstrakte begrippe op die konkrete werklikheid toegepas probeer word.

Na ʼn aanvanklik beperkende definisie wat die noodsaak van gespesialiseerde diens in die

konteks van ooreenstemmende vergoeding impliseer17, kom Carr-Saunders en Wilson

(1933:284) tog tot ʼn insig wat reeds die onderskeid tussen die klassieke benadering en die

prototipebenadering (vergelyk 2.4) uitspel: “... the typical profession exhibits a complex of characteristics, and ... other vocations approach this condition more or less closely, owing to the possession of some of these characteristics fully or partially developed”.

Die implikasie is dat alle beroepe tot ’n mindere of meerdere mate eienskappe vertoon van professionalisering of “professie”, of hulle na professionele status strewe al dan nie, wat in verband gebring kan word met die kognitiewe benadering tot leksikologiese kategorisering.

17 Die uitoefening van ’n beroep (soos vervat in die Engelse woord “trade”) in die proses van dienslewering vir die doeleindes van vergoeding gebaseer op

Die kwessies is dan eerstens: Waarom die dwingende noodsaak van ʼn onderskeid tussen beroep en professie in die literatuur in die vorm van “die definisie van professie”?, en tweedens: Waarom die strewe van taalpraktisyns na professionele status, professionele erkenning en professionele betiteling?

Die rede is te vinde in die noodsaaklike en gespesialiseerde sosioprofessionele rol en funksie wat die verskeidenheid taaldienste in die hedendaagse samelewing en sosioprofessionele

opset te speel het. Taaldienste het ʼn impak op die samelewing in sy geheel en op die

veelvuldige belange (regte en verantwoordelikhede) van die gebruikers en verbruikers van taaldienste – die verskaffers self, die kliënte, verbruikersliggame, ander professies en regerings (Maia, Haller, & Ulyrch, 2002; Pym, 2000a).

Professionele erkenning van die taalberoepe berus op formele gesanksioneerde professionele status: die “titel van professie”. Gegewe die definisieproblematiek soos hierbo bespreek, is dit nodig dat ʼn kontemporêre definisie vir die taalberoepe as professie uit die literatuur geabstraheer word. Definisiële integriteit ondersteun die ondersoekveld, maar regverdig ook die strewe van die taalberoepe na professionele erkenning.

In hierdie verband kom drie deurlopende temas soos van toepassing op die bespreking van die professionele projek van die taalpraktisyn ter sprake:

 die definisiële geskil;

 die dinamiese historisiteitsdimensie, en

 die sosiale status wat gepaardgaan met professionele beroepserkenning. Hierdie deurlopende temas word kortliks in konteks geplaas.

2.5.2.1 Die definisiële geskil

As deurlopende tema in hierdie studie sentreer die definisiegeskil rondom die kwessie van die oorvloed van en polemiek oor die verskillende tipes definisies in die literatuur (vergelyk onder andere Abbott, 1988:7; Barber, 1963; Cogan, 1953; Cogan, 1955; Evetts, 2006; Freidson, 1994:15; Gerver & Bensman, 1954; Greenwood, 1957; Goode, 1957; Goodlad, Soder & Sirotnik, 1990; Habenstein, 1963; Hatch, 1988; Hughes, 1971; Johnson, 1972:22; Klegon, 1978; Larson, 2008; Malatesta, 2005; Millerson, 1964a, b; Pavalko, 1971:15-16; Saks, 1983; Sciulli, 2005a; Sciulli, 2005b; Sciulli, 2008 en Torstendahl, 2005) Dit blyk uit die literatuur dat daar in die strewe na die omskrywing of begrensing van “professie” – ’n definisie – verskeie motiverings opgesluit lê wat soos volg verwoord kan word:

Eerstens word nie slegs die konsep gedefinieer nie: in een opsig kom aspekte soos

persoonlike integriteit en bevoegdheid, etiese standaarde en morele waardes alles ter sprake wat terselfdertyd die rasionaal bied vir beroepsverbondenheid, beroepstoewyding, en

beroepsbevordering. In ʼn ander opsig regverdig dit die aanspraak op professionele status:

“To choose a definition is to plead a cause, so long as the word defined is strongly emotive” (Stevenson, 1944:210). “Professie” met sy morele implikasies is so ’n konsep, met die veronderstelling: “... to describe oneself as a member of a profession is to claim certain qualities, not simply to state a fact about oneself ... ” (Bellis, 2000:318).

Tweedens gee die prestige van “professie” betekenis aan die alledaagse bestaan: “’n Mens

se beroep is een van die belangrikste fasette van sy sosiale identiteit, van sy self, inderdaad, van sy noodlot in die een lewe wat hy het om te leef ...” (Hughes, 1951:313-323). Sodanige aansien plaas die mens en sy werk, die sin van sy bestaan, in konteks: “... the emotion-laden identification of men with their occupation, their dependence on it for much of their daily meaning of their lives, cause them to defend it vigorously and to advance its cause where possible” (Goode, 1960a:902).

Derdens: ’n tersaaklike definisie bevorder die aanspraak op professionalisering van ’n

beroep wat strewe na professionele status: “It is also true that many of the analysts who have applied themselves to the task of defining what a profession is, are at times pleading a special cause relating to the claims of an occupational group which is currently striving for professional status” (Millerson, 1964b:3). Dit beteken dat die klassieke definisie van

professie bepaalde universele kenmerke sal stipuleer, terwyl ʼn kritiese omskrywing op ʼn

sosiale konsepverruiming van professie afgestuur sal wees; ʼn meer genuanseerde,

uitgebreide definisie wat in die postmoderne samelewingsopset geakkommodeer kan word. Die kognitiewe definisie veronderstel ʼn prototipestruktuur ingebed in ʼn dinamiese historisiteits- dimensie en vorm die grondslag vir die definisie wat vir die taalpraktyk in die vooruitsig gestel word.

Die rede vir definiëring in hierdie studie is dus om ʼn roetekaart te skryf vir die professionalisering van ʼn beroep – die taalpraktyk – wat moontlik reeds sommige kenmerke van professie vertoon, maar skynbaar die wind van voor kry18 (Combrink & Verhoef, 2002). Die klem word verskuif

van ʼn statiese taksonomiese model van professie vanuit die klassieke benadering tot

kategorisering na ʼn historiese ontwikkelingsproses, en toegespits is op kenmerke wat oor tyd heen kan verander, verval, of toegevoeg kan word.

2.5.2.2 Die dinamiese historisiteitsdimensie

Hierdie dinamiese historisiteitsdimensie, as ʼn volgende deurlopende tema in die studie, word as oplossing gekontrasteer teenoor die statiese model van professionalisering waarop die meeste definisies geskoei is (vergelyk onder andere Barber, 1963; Bellis, 2000; Cogan, 1953; Greenwood, 1957; Goode, 1957; Hughes, 1971; Millerson, 1964b; Stevenson, 1944), en wat vir die doeleindes van hierdie studie nie ʼn bruikbare konsep is nie.

Die taalpraktyk onder bespreking is nie reeds ʼn gevestigde professie in Suid-Afrika of

Vlaandere nie. Die gebrek aan status is dus nie die gevolg van die feit dat dit as professie misken word omdat die samelewing die waarde, rol en funksie daarvan soos dit vergestalt word in die taalberoepe nie na waarde skat nie. Die doel van hierdie studie is dus nie om dieselfde feite oor professie soos dit uit die literatuur te voorskyn tree te herinterpreteer om ʼn gewaande “professionele status” van die taalberoepe onder bespreking te regverdig nie. Die taalpraktyk is wel (wêreldwyd) onderweg na professie, en die proses van

professionalisering kom reeds ʼn lang pad (vergelyk Hoofstuk 1) sodat die verskillende

taaldienste soos verteenwoordig in die verskeidenheid taalberoepe wat die taalpraktyk uitmaak, reeds bepaalde professionele kenmerke vertoon (Bolster, 2005; Carstens & Van de Poel, 2010; Fenton, 1993; Gouadec, 2007:245; Katan, 2010; Law & Kruger, 2008;

Mackenzie, 2004; Mikkelson, 1999; Pollitt, 1997; Tseng, 1992), maar tog gebreke toon ten opsigte van sekere ander fasette (Katan, 2010; Bell, 2000).

Gevolglik bied die dinamiese historiese konsep ʼn nuttige oplossing vir die problematiek van

die professionalisering van die taalberoepe in Suid-Afrika en Vlaandere: dit kan ʼn model – of ten minste ʼn riglyn – daarstel om die beroep wat nog nie as professie erken word nie, maar

moontlik reeds sommige kenmerke vertoon, op ʼn lewensvatbare proses van

professionalisering te plaas.

2.5.2.3 Die sosiale status wat gepaardgaan met beroepsprofessionalisering

Nog ʼn deurlopende tema – wat konsekwent in die literatuur sinoniem is met “professie” – is

die gesogte gepaardgaande status wat die titel van professie inhou (vergelyk byvoorbeeld Becker et al., 2009:4; Evetts, 2003:296; Sapp, 1978:20). Waarin lê die voordeel van professionele status vir taalpraktisyns? Watter nadele of voordele hou professionele status in vir vertalers en teksredakteurs in die uitgewersmaatskappy, munisipaliteite, byvoorbeeld; vir hof- en ander tolke; vir oudiobeskrywers, of vryskuttaalpraktisyns in die samelewing?

Strek ʼn gebrek aan professionele status tot die nadeel van taalpraktisyns? Bes moontlik nie, maar gesien teen die agtergrond van die breër samelewingsopset, sou sigbare status gesogte voordele vir die taalpraktisyn kon inhou, hetsy moreel, finansieel of taakgerig. Een van die belangrikste voordele van professionele status vir die taalpraktisyn lê spesifiek op die vlak van taaldienspraktyke (soos vertaling, teksredaksie, oudiobeskrywing, terminologie-

ontwikkeling, en so meer) en sou ʼn noodsaaklike sistematiese kwaliteitskontrole van die

taaldienste in die vooruitsig stel.

As konseptualiserende konstruk in enige navorsingsprojek word die definiëring van konsepte veral in verband gebring met die doel daarmee en die impak wat definiëring op die projek het (Cogan, 1955:106-109). Vervolgens word die algemene oogmerke, doel en belang van verskillende tipes definisies onderliggend aan wetenskaplike navorsing – nominale definisies, oorredende definisies, en operasionele definisies – vir die navorsingsprojek kortliks bespreek en in verband gebring met die verskillende benaderings tot kategorisering wat hierbo bespreek is.

Daarna word die “kenmerke” uit die verskillende definisies (soos verteenwoordig in die klassieke benadering tot woordkategorisering) geabstraheer tot “attribute” (soos toegepas in die kognitiewe linguistiek) om tot ’n kognitiewe model vir professie en ʼn werksdefinisie vir “taalpraktyk” te kom.

2.6 Oogmerke van verskillende tipes definisies