• No results found

Die prototipe van professie

ATTRIBUTE KENMERKE BRONNE 1 OPLEIDING 1 Gespesialiseerde, gestandaardiseerde en

2. Professie toon die vermoë om ’n monopolie in die taalpraktykmark te bewerkstellig en te handhaaf vir sigbare, gespesialiseerde, intellektuele, en gerigte taaldienste

2.10 Professionalisering 1 Vooruitskouing

2.10.2 Die professionele projek

Die argetipiese professies – die prototipe van professie – is die regsprofessie, die mediese professie en predikanteberoep wat die klassieke attribute verteenwoordig wat tradisioneel in verband gebring word met professionaliteit en bied ’n gesaghebbende model en maatstaf vir beroepe wat hulle begeef op die weg van ’n professionele projek (Etzioni, 1969; Johnson, 1972; Ritzer, 1977:44). As sodanig verteenwoordig die model definiëring deur ʼn skema van attribute teenoor opnoeming, uitbreiding (ekstensie), dit wil sê deur eksemplare van die prototipe voor te hou.

Waarom veral die klassiek begronde professies soos die mediese beroep as “rallying call” (Evetts, 2006:109) tot professionele status? Die antwoord is geleë in die konsep van antisiperende sosialisering (Merton & Kitt, 1950:87-91) en statusemulering (Collins, 1990a:25-26) as die appèl van professionalisering. Die klassieke professies word die lees waarop aspirerende professies hulle ideale skoei: “... practising or taking over the beliefs and values of a group to which one does not belong, but to which one is preparing to belong (Forsyth & Danisiewicz, 1985:60), wat dan manifesteer as ʼn proses van professionalisering – die professionele projek.

Freidson (1994:62; vergelyk ook Millerson, 1964a:10-13; Vollmer & Mills, 1966) beskryf professionalisering as:

... a process by which an organized occupation, usually but not always by virtue of making a claim to special esoteric competence and to concern for the quality of its work and its benefits to society, obtains the exclusive right to perform a particular kind of work, control training for and access to it, and control the right of determining and evaluating how the work is performed.

“Professionalisering” verwys dan na die proses waardeur “’n werk” of “’n beroep” (“an occupation”) “’n professie” (“a profession”) word en professionele beroepstatus verkry (Wilensky, 1964). As sodanig behels dit die sosiologies-histories begronde studie van die veranderinge en akkommodasie wat enige beroep ondergaan in die proses om professionele erkenning te verkry. Dit het ook betrekking op die omstandighede waarin die aspirerende professie gewikkel raak om te strewe na en te onderhandel oor en vir gesogte professionele outonomiteit, en om boonop dié professionele beroepstatus op die lang duur te behou.

Alhoewel die meeste teoretici dit eens is dat professionalisering ʼn proses is (Bucher & Strauss, 1961; Freidson, 1994:62; Hickson & Thomas, 1969; Houle, 1980; Hughes, 1952, 1958, 1962, 1973; Mikkelson, 1999:119; Schott, 1976:258; Tobias, 2003:447; Tseng, 1992;

Vollmer & Mills, 1966; Wilensky, 1964), is dit ʼn moeisame, komplekse en dikwels

onsuksesvolle projek met talle slaggate en struikelblokke.

In hierdie verband kan tussen twee goed waarneembare fasette onderskei word, naamlik professionele gelykvormigheid en professionele sanksionering:

 Gelykvormigheid aan bepaalde attribute impliseer ooreenstemming met die prototipe- model waar die mate waartoe aan die attribute voldoen word pertinent vooropstaande is.

Verwant aan hierdie voorbehoud: Wat moet gebeur om ʼn aspirerende professie nader

aan die professionele ideaal te “roeteer”?

 Sanksionering (outonomiteit) betrek die mate waarin die professionele aanspraak aanvaar word, formeel juridies of selfs bloot informeel.

Noordegraaf (2007:784; vergelyk ook Adams, 2009a, b; Wilensky, 1964) beklemtoon die kompleksiteit van die professionaliseringsproses deur te wys op die gebrek aan aanvaarbare konseptuele raamwerk vir die studie van so ʼn komplekse proses:

Professionalization is no mere matter of step-by-step strengthening of professional control in specific occupational domains – it has become a matter of contradictory and controversial attempts to get a grip on occupational control. We lack widely available conceptual frameworks for understanding these complicated processes.

Die prototipebenadering tot professie en professionalisering kan aangebied word as ʼn

moontlike konseptuele raamwerk om hierdie proses te beskryf ten opsigte van die professionalisering van die taalberoepe onder bespreking, wat gestaaf word deur Evetts (2006) se veronderstelling dat die meeste hedendaagse teoretici en navorsers oor die professies die bakens versit het van ’n definisie-georiënteerde beskouing van die professies (die klassieke benadering) na die aanname van ’n dinamiese ontwikkelingsgang van

professionalisering van professies (ʼn dinamiese, onvoltooide proses). Dit gaan gepaard met die herwaardering en assessering van professionalisme as ’n normatiewe waardestelsel

van attribute eerder as kenmerke. So ʼn benadering impliseer ʼn onvoltooide, dinamiese

proses, in teenstelling met die statiese taksonomiese model van klassieke begrensing, wat fokus op die ontwikkeling van prototipiese professionele attribute van professionele status teenoor binêre kenmerke.

Dié aanslag bied ʼn moontlike oplossing vir die problematiek in die literatuur (vergelyk die bespreking in 2.2), ten opsigte van die kwessie van die kenmerke van ʼn beroep as professie en die proses van professionalisering; wat in sosiologiese ondersoeke na die professies “... virtually nonconcepts ...” geword het (Forsyth & Danisiewicz, 1985:59), ʼn gevolgtrekking wat, soos hierbo aangetoon (in 2.3 en 2.4) grootliks voor die deur gelê kan word van ʼn gebrek aan ʼn kognitiewe benadering tot betekenisgewing.

Die wortel van dié kwaad kan dan geleë wees in wollerige en teenstrydige gesprekke oor professionaliseringsprojekte wat, volgens Freidson (1970a:4) ’n blote statusintensie voor oë het : “... occupations to which the word has been applied are so varied as to have nothing in

common save a hunger for prestige”. Kognitief gesproke word kategorieë só ver verleng dat die begrip waardeloos is, of dat daar te min gedeelde attribute oorbly sodat sosiale sanksie in die proses ondergrawe word.

Status is ʼn gesogte kenmerk (Becker et al., 2009:4; Evetts, 2003:296; Goode, 1960a:902;

Sapp, 1978:20), maar ook ʼn kenmerk wat deur voorstanders van die kritiese benadering

beoordeel word as sou dit grootliks tot nadeel van die samelewing as geheel strek en sekere partye misken eerder as begunstig (Abbott, 1988:1-2):

Professionalization was at best a misleading concept, for it involved more the forms than the contents of professional life. It ignored who was doing what to whom and how, concentrating instead on association, licensure, ethics, code. In fact, not only did it miss the contents of professional activity, but also the larger situation in which that activity occurs.

Die doel heilig die middele: die vorme van professionalisering – die attribute – word die instrument waardeur sosiale aanvaarding, sanksionering en beroepserkenning ten koste van die professionele aktiwiteite.

Vanuit die kritiese benadering sou professionalisering dan twee hoofdoelwitte voor oë hê: ʼn poging tot professionele beheer (vergelyk byvoorbeeld Freidson, 2001), sowel as ʼn poging tot beroepsluiting (vergelyk byvoorbeeld Abbott, 1988) oënskynlik sodat professionele werkers hulleself kan bestuur en inmenging van buite beheer kan word, maar wesenlik met eiegewin voor oë in stede van diens tot voordeel van die samelewing.

Vanuit die prototipebenadering kan die statuskenmerk met al die negatiewe konnotasies wat daarmee gepaardgaan, dus herevalueer word teen die tydruimtelike agtergrond waarteen

die professionaliseringsproses hom afspeel. Siegrist (1990a:178) gaan akkoord met so ʼn

benadering omdat die diversiteit van die kontekste en betekenis van professies en

professionalisering dit vrugteloos maak vir sosioloë en akademici om ʼn definisie van die

idialetipe professie na te jaag. Abstrakte en histories-eietydse ongedifferensieerde konsepte

van die professies het slegs heuristiese waarde in ʼn spesifieke historiese konteks. Die

hoofrede waarom die kategorie “professie” ideaaltipiese formulering onwyk, is dat hulle betekenis, rol en waarde in verskillende (historiese) kontekste wissel ten opsigte van attribute wat groter of minder “sosiale status” of sosiale prestige inhou (Siegrist, 2002). Selfs die attribute van “sosiale prestige” – ʼn kulturele en sosiaal-psigologiese konsep – is inherent veranderlik: “The question of what constitutes social esteem and in what ways functional, cultural, political and economic characteristics are valued depends upon the respective historical context” (Siegrist, 1990a:187). Dit impliseer dat ʼn soeke na ʼn statiese, strukturele definisie van professie nie die sosiologie van die professies as ʼn ondersoekveld kan onderlê nie (Sciulli, 2005a:925). Dit impliseer ook dat die konsepte van “professie” en “professionele status” onderworpe is aan beroepsomgewingsveranderlikes.

Wanneer die kenmerk van professionele uitverkorenheid – sosiale status – in die sin van “a charmed circle” (Houle, 1980:28) van beroepe uit die professionele prentjie gelaat word, kan selfs sogenaamde “nieprofessionele” beroepslui aanspraak maak op professionalisering, soos kelnerinne (Lerum, 2001), vlugkelners (Hochschild, 1983), en bofbalspelers (Bledstein, 1976: 81-82), haarkappers (Kaminsky, 2009) en – tot Noordegraaf (2007:762) se misnoeë –

finansiële beplanners, inligtingstegnologie-tegnici, biotegnoloë, argitekte, joernaliste, ont- werpers, vertalers, en – behoede die samelewing – op die koop toe spotprenttekenaars,

tatoeëerders, diereoppassers, en les bes taalpraktisyns. Daarom kan enige beroep, in ʼn

poging om sy aktiwiteite te skoei op die lees van die tradisioneel erkende professies, hulleself in professionele groepe organiseer op die patroon van die tradisioneel erkende en

klassieke professies, die professies par excellence, al is dit dan net in ʼn poging om

kwaliteitdiens te verseker.

Die onderskeid in Engels tussen “amateur” en “professional” is in Afrikaans “amateur” en “beroep” is geïnstitusionaliseerd van toepassing op sportsoorte soos boks en gholf, maar ook op maklik op, byvoorbeeld, haarkappers. Die onderskeid “amateur” teenoor “professional” word darem in Afrikaans “amateur” versus “beroep” (vergelyk 2.3.1.1).

Vanuit die statusbeginsel is dit duidelik dat die professionele projek ter sprake – die professionalisering van taalpraktisyns – in alle waarskynlikheid binne die raamwerk van die

funksionalisme en die interaksionistiese benadering (die strukturalisme) ʼn beter kans op

sukses het as vanuit die konflikbenadering (vergelyk die bespreking in 3.4).

Ander kenmerke wat moontlik ʼn mate van vryheid in die professionaliseringsproses bied, is die verslapping van die embargo op die advertering van dienste, die onafdwingbaarheid van die etiese kode, en die vryskutverskynsel.

Die embargo op die advertering van dienste is kenmerkend van die mediese professie (as

voorbeeld van die prototipeprofessie) in Suid-Afrika (HPCSA45, 2001:1) in die sin dat

professionele gesondheidspraktisyns “hulleself sal weerhou van selfbevordering” deur

middel van advertering. Tans is die verbod op advertering van dienste tot so ʼn mate aan-

gepas dat enige mediese praktisyn dienste mag adverteer: “A health care professional may make information about his or her practice known by publishing notices in any medium, printed or electronic, including the Internet and television ...” (HPCSA, 2001:2) op die voor- waarde dat dit voldoen aan die vereistes wat die mediese raad in dié verband stel (vergelyk

HPCSA, 2001:1). Hierdie voorwaardes het te doene met etiese aspekte van ʼn dokter-

pasiënt-verhouding wat gegrond is op goeie professionele praktyk van wedersydse respek. Alhoewel die etiese kode in die klassieke taksonomie van professie hoog aangeskryf word

as sigbare bewys van ʼn “professionele” etos, is daar ook lank reeds die persepsie dat

hierdie kodes “agter elke bos uitgeskop” word (Roth, 1974:10), moreel onverantwoordbaar is en morele dilemmas skep (Luegenbiehl, 1983:41-61), gedwonge is en dus van geen nut vir die praktisyn of die beroep nie (Ladd, 1980:154-159).

Etiese kodes en standaarde as riglyne kom onder skoot wanneer dit kom by die behoud van etiese gedrag, integriteit en kwaliteit professionele gedrag. Standpunte in die literatuur van etiese kodes polariseer die kwessie van bruikbaarheid, nuttigheid en afdwingbaarheid: enersyds is kodes waardeloos en uitgedien; blote huigelagtige etalering wat morele dilemmas skep (Ladd, 1980; Luegenbiehl, 1983). Andersyds is etiese kodes “virtue

theoretics” (Groenewald, 2011) en ʼn absoluut noodsaaklike stap op weg na verhoogde

korporatiewe produktiwiteit en diens, geloofwaardigheid en wins (Miller, 2002; Rossouw & Van Vuuren, 2004:215). Etiese kodes is gevolglik ʼn kwessie wat ondersoek moet word in die konteks van die nuttigheid, wetmatigheid en afdwingbaarheid daarvan, en sal in Hoofstuk 4 in meer besonderhede bespreek word.

In die huidige sosioprofessionele opset en ook kenmerkend van die postmoderne samelewing waar individue toenemend as konsultante en vryskutpraktisyns werk (Murphy, 1990; Ritzer & Walczak, 1988), sal die kenmerk van voltydse indienspraktyke vir die taalpraktisyn nie noodwendig ʼn struikelblok tot professionalisering wees nie, soos ook bevestig word in 4.2.3. Die raamwerk vir die bestudering van die professies het dus verskuif van die taksonomiese beheptheid met watter beroepe “uitverkore” is en watter nie die paal (ge)haal (het) nie (die statiese benadering tot professionalisering), na die histories begronde bestudering van die prosesse waardeur beroepe strewe na, en onderhandel vir professionele beroepserkenning, en wanneer suksesvol, waak oor hulle professionele beroepstatus (die dinamiese benadering tot professionalisering).

Die verskynsel dat verskillende uiteenlopende beroepe aspireer na die hoedanigheid van

professionele status word dan vanuit die prototipebenadering gesien as ʼn haalbare poging

tot professionele erkenning van die praktisyns van so ʼn beroep. Die vooruitsig dat sommige klassieke kenmerke moontlik weggelaat kan word verhoog die potensiaal van sommige beroepe om, indien dan nie volledig te professionaliseer nie, ten minste die geleentheid te bied om nader te beweeg aan die kern van die prototipeprofessie.

Deur bestaande, konkrete attribute gaandeweg stap vir stap te verhef, word daar al hoe nader aan die prototipe van professie beweeg; in die klassieke, statiese model geld die beginsel van absolutisme – reg of weg – en word geen ruimte gelaat vir moontlike professionalisering nie sodat geleidelike vordering eintlik van nul en gener waarde is.

Larson (1977:xvi) huldig dan vir die doeleindes van hierdie bepreking ’n doelmatige siening van professionalisering as die proses waardeur die leweransiers van gespesialiseerde dienste probeer om ’n mark te bewerkstellig en te beheer vir hulle gespesialiseerde kennis en vaardigheid. Omdat bemarkbare vakkundigheid ’n deurslaggewende element is in die struktuur van die postmoderne samelewing, is professionalisering vir die kritici vanuit die Marxistiese en interaksionistiese benadering oënskynlik ook ’n kollektiewe soeke na sosiale status, marksluiting en ’n kollektiewe proses van opwaartse sosiale mobiliteit en

eksklusiwiteit. Dit kan ook dinamies-transformatief beteken ʼn beroep hef sigself op, deur

gespesialiseerdheid van kennis, vlakke van dienslewering, en/of kwaliteitskontrole te

verbeter, ʼn ontwikkelingsdimensie wat moontlik deur die kritiese tradisie misgekyk word. Indien aanvaar word dat professionalisering meestal ten doel het “… an attempt to translate one order of scarce resources – special knowledge and skills – into another – social and economic rewards” (Larson, 1977:xvi), kan hierdie poging in ʼn positiewe lig beskou word as ʼn strewe wat, indien dit op die hedendaagse postmoderne sosioprofessionele van toepassing gemaak word, tog kenmerkend is van die meeste hedendaagse beroepe, ook die taalpraktyk onder bespreking.

Die essensie van hierdie benadering is geleë in die professionele projek van Larson (1977). Witz (1992:64) is van mening dat die konsep van die “professionele projek” ’n bruikbare konseptuele raamwerk daarstel vir die konkrete histories-gebonde karakter van professionele praktisyns as empiriese entiteite.

Hierdie “empiriese entiteite” kan tot stand gebring word deur middel van beroepsaanspraak tot professionalisering selfs al realiseer so ’n aanspraak nooit nie (Freidson, 1983; Witz, 1992). Hieruit is dit duidelik dat verskillende beroepe met verskillende en wisselende attribute uit hoofde van unieke omstandighede en funksies in die samelewing deur verskillende fases en stappe van professie en professionalisering kan gaan.

Vir die doeleindes van hierdie bespreking word Larson (1977) se konsep van die professionele projek as uitgangpunt vir, en dus as definisie vir die konsep van “professionalisering” aanvaar. Hiervolgens word gespesialiseerde kennis en vaardighede omgesit in sosiale en ekonomiese

vergoeding; een skaars bron word dus omskep in ʼn ander. ’n Ononderhandelbare, sentrale

vereiste van professionalisering vir die taalberoepe is die ontwikkeling van gestandaardi- seerde opleiding, gespesialiseerde, taaldiensspesifieke kennis en vaardighede, akkredi-

tering, staatsanksionering en lisensiëring. ʼn Gestandaardiseerde korpus van kennis en

gesistematiseerde opleiding is noodsaaklik anders kan die beroep nie sy huidige mark beheer nie, sodat pogings tot professionalisering onsuksesvol sal wees.

Die implikasie is ook dat daar binne enige beroep “verbeterings” en “aanpassings” plaasvind soos hierbo aangedui, wat legitimiteit verleen aan enige professionele projek.

2.11 Hoofstuksamevatting

Met die bespreking in hierdie hoofstuk is probeer om aan te toon dat die definisie- problematiek ten opsigte van die konsep “professie” en ook “professionalisering” soos dit in die literatuur neerslag vind, toe te skryf is aan ʼn gebrek aan ʼn haalbare konseptualisering van betekenisgewing.

ʼn Bespreking van drie verskillende benaderings tot kategorisering – die klassieke,

benadering, die kritiese benadering en prototipebenadering – bewerkstellig en verreken ʼn

aanknopingspunt met die verskillende tradisies wat blyk uit die literatuur van die sosiologie van professies, sowel as die definiëring van “professie”.

Die prototipebenadering word dan die sleutel tot die oplossing van die definisieproblematiek

in die sin dat dit betekenis van die aard van die kenmerke van professie (as attribute) in ʼn

tersaaklike konteks plaas. Uit die literatuur is aangedui dat alle sogenaamde geïdentifiseerde “kenmerke” van professie nie onafwendbaar, onherroeplik en/of permanent “ʼn professie” konstitueer nie. As attribute word kenmerke gevolglik vir die doeleindes van die professionalisering van die taalberoepe beskou as ʼn kwessie van graad.

Vanuit hierdie benadering lei ʼn ondersoek na bestaande definisies in leksikografiese sowel as in sosiologiese bronne tot ʼn prototipewerksdefinisie vir die taalpraktyk, en ʼn bespreking van die professionaliseringsproses lê die verband vanuit hierdie definisie met die verloop van die professionaliseringsproses.

Definisiële integriteit – ʼn haalbare teoretiese begronding van woordkategorisering – gee

gestalte aan (konstitueer) die ondersoekveld. Daarom is die sosiologie van die professies as ʼn teoretiese sowel as ʼn wetenskaplike ondersoek inderdaad afhanklik van die wyse waarop professie sowel as die professies gedefinieer word.

Uit die diachroniese vergelyking van die definisies uit die literatuur is dit merkwaardig dat die strukturele kenmerke van professie soos vervat in die definisies oor die afgelope eeu opvallende strukturele ooreenkomste vertoon (vergelyk 2.7.2.2). Die abstrahering van die vergelykbare strukturele elemente van verteenwoordigende definisies van professie uit die literatuur oor die afgelope eeu soos dit van toepassing is op die taalpraktyk, lei gevolglik tot ʼn werksdefinisie wat, vanuit ʼn diachroniese sosioprofessionele konteks beskou, tot ʼn groot mate strukturele invariansie vertoon.

Alhoewel die onderskeidende elemente daarvan op die oog af nie veel verskil van enige ander definisie nie, en ook nie van die kombinasie van elemente soos geabstraheer uit die versameling hierbo nie, en dus tot ’n mindere of meerde mate in die meeste definisies van professie voorkom, kombineer dit die mees relevante attribute van die hedendaagse taalberoepe, veral soos dit as sosiale beroepsverskynsel in die eietydse sosioprofessionele opset van multitalige, multikulturele gemeenskappe soos Suid-Afrika en Vlaandere in ’n taalpraktykmark funksioneer.

Hoewel hierdie werksdefinisie in wese ook nie veel verskil van enige ander definisie van professie nie, voldoen die beginsels daarvan wat betref die taalpraktyk as professie aan universele professionele beroepsvereistes (Curnow & McGonigle, 2006:287-289; Harvey, 2004; Macdonald, 1995:32) soos hierbo veronderstel, naamlik:

 staatsanksionering;

 professionele gedragsbeginsels;

 ʼn modus operandi van interaksie met kliënte, kollegas, die breë publiek en die professionele beroepsliggaam;

 die spesifieke kriteria vir algemene en gespesialiseerde gestruktureerde professionele opleiding;

 die vereistes vir toelating tot die beroep, en

 die standaarde vir bevoegde, gespesialiseerde diens.

Die enigste kognitiewe benadering tot betekenisgewing in die professionaliseringsprojek lei tot ʼn gevolgtrekking dat die relevante strukturele attribute van professionele status tot ʼn groot mate konstant en invariant sal bly as gevolg van die teleologiese belang van hierdie struktuurelemente ten opsigte van professionele dienslewering en kwaliteitskontrole.

Alternatiewe en/of addisionele beroepspesifieke strukturele kenmerke sal bepaal word deur die behoeftes van die samelewing op ʼn bepaalde tydstip en die mate van professionalisering van die beroep onder bespreking. Die mate van beroepserkenning – professie – is dus die gevolg van die geslaagde wisselwerking tussen ’n spesifieke beroep en die sosioprofessionele opset en sosiokulturele opset van die samelewing waarin dit funksioneer.

In Hoofstuk 3 kom verskillende relevante sosiologiese teorieë van die professies aan die bod teen die agtergrond van die unieke sosioprofessionele en sosiokulturele opset waarin elkeen ontstaan het met as doel die identifisering van die oorwegende benaderings onderliggend aan die sosiologie van die professies, sowel as kritiese beskouing van die huidige stand van die sosiologie van die professies. Hierdie bespreking bied die agtergrond tot die bespreking van verskillende modelle van professionalisering, en die struikelblokke tot die professionalisering van taalpraktisyns in Suid-Afrika en Vlaandere wat in die volgende hoofstukke van hierdie navorsingsprojek aan die bod kom.

Professions can serve in at least a limited way as moral milieux. With the right ideals they

can improve the way people do their work, encourage them to consider the social consequences of that work, and cultivate a heightened and more enlightened commitment to the common good. This does not happen consistently or automatically in professions in their present form; however the moral is not to despair of these objectives but to reform the professions and their supporting institutions to achieve them more effectively.

~ Emile Durkheim ~

Within this framework, professions are viewed as providing regulatory functions for

modern society … as upper-level occupations that are sufficiently inclusive so as to ensure their functioning, while at the same time contributing to an interconnectedness