• No results found

Die sosiologie van professie

3.3 Die sosiologie en die professies 1 Inleiding

3.3.3 Die sosiale aard van die professies

Met die bespreking in hierdie onderafdeling word beoog om die agtergrond te verhelder waarteen die professionaliseringsproses van beroepe hulle afspeel. Die uiteenlopende diskoerse van sommige sosiologiese teoretici beklemtoon weereens die kompleksiteit van die prosessionele verskynsel, veral ten opsigte van die twee hooflyne wat ten opsigte van enige professionele projek in 2.10.2 geïdentifiseer is, naamlik die ooreenstemming aan en gelykvormigheid van bepaalde attribute en die sosiale sanksioneringsfaset.

 Attribuutgelykvormigheid hou direk verband met die prototipemodel en die mate waarin voldoen word, al dan nie, aan die teenwoordigheid al dan nie van die geïdentifiseerde vereistes van professie.

 Sanksionering behels die mate waarin die professionele aanspraak in die sosiale opset ʼn werklikheid is, hetsy deur middel van wetgewing of selfs bloot informeel, as ʼn “folk”- konsep (Freidson, 1994:20-27, 80,17; Macdonald, 1995:7).

Op die keper beskou, kan ʼn ondersoek na hierdie uiteenlopende uitgangspunte dan moontlik lei tot ʼn beter begrip vir die unieke sosiale aard en posisie sowel as die rol en funksie van die taalberoepe in Suid-Afrika en Vlaandere en die gespesialiseerde dienste wat daarmee gepaardgaan, veral teen die huidige sosioprofessionele en politieke opset in Suid-Afrika soos wat dit in Hoofstuk 4 ter sprake sal kom.

Die sleutel tot die sosiale aard van die professies (Pavalko, 1988:vii) is te vinde in die vervlegting en verwikkeldheid van die “informal fabric of social life” (Vallas, Finlay & Wharton 2009:16) met sy beklemtoning van die struktuur en funksie van groepe, organisasies, en instellings (“corporations”) soos dit in bepaalde samelewings gestalte gekry het. Dit is ook vervat in die kulturele norme en waardes wat enersyds die siening tot werkpraktyke definieer en andersyds bepaal hoe praktisyns van die verskillende beroepe en professies hulle rol tot mekaar en die groter sosiale opset definieer (Pavalko, 1988:1-9; Vallas et al., 2009:9-16). Goode (1957:194-200) beskou die professies as gemeenskappe binne die groter samelewing waarin dit funksioneer en waarvan dit afhanklik is, en van ander sogenaamde nieprofessionele beroepe te onderskei is op grond van “a necessary relationship between the existence of a developed professional community based on shared identity, values, role definitions .... and the acceptance of professional authority by laymen” (Goode, 1957:194). Habenstein (1963:297) kritiseer Goode (1957) se sienswyse op grond daarvan dat sy konsep van “professie” nie strook met sy voorstelling van “community” nie. Johnson (1972:27) kritiseer weer Goode (1957) se “model” van ’n professie as “an ideal one” en wel ten opsigte van die vraag of die strukturele eienskappe van ’n professie as gemeenskap binne ’n gemeenskap (“community within a community”) steeds die definiërende element van die professionele verskynsel is, of ooit was.

Professies word beskryf as ʼn ideale tipe (Turner & Hodge, 1970:25; Weber, 1968/1922),

maar ook as ’n ideologie (Freidson, 1973:30; Kuhn, 1962); as kulturele verskynsels (Burrage, 1990) en as ’n eietydse strewe na eiebelang, status en sentraliteit (Porter, 1995).

Abbott (1988) wys daarop dat die literatuur oor die professies in sosiologiese konteks grotendeels fokus op professies as sosiale groepe sowel as op die rol wat die professionele persoon en professionele assosiasies in die sosiokulturele opset speel. Beroepsgrense is ’n sosiale konstruk en werksafbakening (“boundary work”; vergelyk ook Thurk, 2004) is ’n kontinue beroepsaktiwiteit. Abbott (1988) verwerp ook beide die taksonomiese en die prosesbenaderings van beroepsprofessionalisering: van oorwegende belang in die ontwikkeling van ’n professie is die skakel tussen ’n professie en die aktiwiteite daarvan, wat hy “jurisdiksie” noem. Professies kompeteer binne ’n interaktiewe sisteem om hulle respektiewelike jurisdiksies uit te brei vir markmonopolie. Die implikasie is dat slegs die één kenmerk, mag, al die ander kenmerk van professie troef.

Teoretici wat die professies vanuit die struktureel-funksionele benadering ondersoek,

deurgrond oor die algemeen die professionele verskynsel as ʼn professionaliseringsproses

Abbott (1988) meen hierdie benadering is misleidend omdat “... it involved more the forms than the contents of professional life” (Abbott, 1988:1), en wys daarop dat dié tradisionele konsep van professionalisering dusdanig nie in ag neem “… who was doing what to whom and how, concentrating instead on association, licensure, ethics code. In fact, not only did it miss the contents of professional activity, but also the larger situation in which that acitivy occurs (Abbott, 1988:1-2).

Meer resente werk (vergelyk byvoorbeeld veral Abbott, 1988; Bourdieu, 1992; De Vries et al.,

2009; Jóhannesson, 2006; Larson, 1990; Sciulli, 2009; Seddon, 1997; Thurk, 2004)oor die

professies opper kritiek teen holrug geryde teoreties-professionele retoriek.

Sciulli (2009:35-39) kritiseer Johnson (1972) se revisionistiese sosiologiese benadering tot die professies, asook die van Larson (1977) en Abbott (1988) in navolging van Johnson

(1972) as ʼn “foutiewe interpretasie van die geskiedenis” op grond van sy konseptuele

relativering van die verband tussen professies en gestruktureerde professionele aktiwiteite: “Johnson accomplishes this by presenting three related theses which, respectively, misread the empirical record of professionalism past and present and then propose an equally faulty hypothesis about professionalism future” (Sciulli, 2009:35).

Sciulli (2009) verwerp alle sosiale, kulturele, ideologiese, eng sosio-ekonomiese en psigologiese benaderings tot die professies, hetsy dié van Abbott (1988); Johnson (1972); Parsons (1939, 1954, 1968), of die revisionistiese benaderings van Larson (1977). Vanuit die konseptuele aanvaarding van professie as ʼn strukturele situasie is twee stelle oriënterings verskans: gesag, diskrete oordeel, en onpersoonlike vertroue (die professionele persoon) teenoor afhanklikheid, ontvanklikheid, kwesbaarheid, wantroue en skeptisisme (die kliënt). Sciulli (2009:16) kom dan tot die slotsom:

Once we appreciate at a conceptual level that the relationship between structured situations and professionalism is invariant, and thus constitutive of professionalism, we arrive at an approach which is first structural ... and then institutional ... This approach allows us finally to succeed where Parsons and functionalists failed. First, it revolves around a bright-line distinction at a conceptual level between professions and all other occupations. Second, it brings into view consequences for the larger social order which stem uniquely from either successful or failed professionalism within structured situations.

Thurk (2004) maak ’n saak uit vir ʼn sosiologie van professionele klassifikasie in stede van ʼn sosiologie van die professies. As sodanig bied so ’n benadering ’n model of raamwerk vir die ondersoek na die sosiale kategorie van professie (“social category of profession”) oor verskillende sosiale en historiese kontekste heen en doen weg met die keurslyf van definiëring (vergelyk Hoofstuk 2).

Larson (1990:25) stel voor dat ’n omvattende teorie van die professies vervang moet word met ’n teoretiese fokus op die rol, funksie en uitwerking van gespesialiseerde kennis in die sosiale opset: “ ... it is less productive to work towards a general theory of professions than it is to think of questions which go beyond the professions and address the larger and more important theme of construction and social consequences of expert knowledge”. So ’n teoretiese benadering van professionalisme fokus op: “the production of ‘learned discourse’ and its implications for the professional phenomenon” which must be considered in how that discourse legitimizes expert knowledge (Larson, 1990:25).

Die feit dat die samelewing in ’n toenemende mate staatmaak op spesifieke attribute soos

gespesialiseerde kennis van individue en groepe wat as sodanig ervaar word deur hulself

en ander (Jóhannesson, 2006), noop hedendaagse sosioloë, historici, en ander weten-

skaplikes om professies as ʼn sosiale, kulturele en sosioprofessionele7 verskynsel te

bestudeer (vergelyk ook Pöchhacker, 2004:87).

Die uitgangspunt van meer progressiewe sosioloë soos Bourdieu, Abbott, en Larson (aldus

Jóhannesson, 2006:21-22) is ʼn bydrae tot die heroorweging van ʼn sosiologie van die

professies deur verder te kyk as professionele aktiwiteite en beroepsliggame. Die liniêre, progressiewe proses van professionalisering moet tegelykertyd bestudeer word in ʼn wyer en enger sin: enger in die sin dat die sosiale rol en politiese status van ʼn spesifieke groep, sowel as die groep se diskoers (hoe hulle daaroor praat en skryf) ʼn deurgronding van die kennis en vaardighede van die groep verg; wyer in die sin dat die konteks waarin die beroep

funksioneer en die diskoerse plaasvind. So ʼn ondersoek moet geskied teen die sosiale

agtergrond en toestande waarin die spesifieke groep strewe na sosiale erkenning/status, werksprivilegie, staatsondersteuning en ander skaars hulpbronne.

De Vries et al. (2009) ondersoek die organisering van die professies vanuit ’n vraagteorie teenoor ’n aanbodteorie van professionalisering, gegrond op kontingente kulturele en historiese faktore8. ’n Vraagteorie van professionalisering impliseer dat die staat wettige en ekonomiese voordele (“privileges”) toestaan in reaksie op aandrang (“demand”) van ’n georganiseerde groep (vergelyk Freidson, 1970a, Freidson, 1970b; Johnson, 1972; Larson, 1977). Die vraagteorie slaag nie daarin om te verklaar waarom so min aspirerende professies in werklikheid professionele status verkry nie (De Vries et al., 2009:558) wat daarop wys dat Freidson (1986, 2001) en Johnson (1995) hulle vraagteorie van professionalisering aangepas het na ’n aanbodteorie van professionalisering.

Die aanbodteorie van professies beklemtoon grootliks die onafhanklike en deurslaggewende rol van die staat in die professionaliseringsproses. Die gewettigde intervensie wat marksluiting

en markprivilegie steun en handhaaf, word slegs bewillig indien daar ʼn ooreenstemmende

staatsideaal bestaan. Die aanbodteorie gee erkenning aan die betekenis en gesag van deskundige kennis en vaardighede sowel as die wyse waarop wettige sanksionering ʼn reaksie op mislukking in die mark mag wees eerder as ʼn vorm van mislukking in die mark.

Na aanleiding van hierdie uitgangspunt, kan aanduiding van ʼn suksesvolle professionele

taalpraktykprojek verwag word tussen taalpraktykakademici en taalpraktisyns, maar wettige

lisensiëring en sanksionering – professionele status – is hoogs onwaarskynlik tensy so ʼn

verwikkeling ooreenstem met die een of ander vorm van staatsvoordeel en staats(eie)belang in marksluiting (De Vries et al., 2009:559).

In hierdie subafdeling is die standpunte van enkele toonaangewende sosiale wetenskaplikes ten opsigte van die professionalisering van beroepe kortliks histories-diachronies bespreek: die vroeëre twintigste-eeuse sienings van byvoorbeeld Parsons (1954), Goode (1957),

7 Pöchhacker (2004:87) verwys na Tseng (1992) se sosiokulturele prosesmodel as ’n “sosioprofessionele” model. Op ’n persoonlike navraag in dié verband

reageer Pöchhacker (2008) soos volg: “Clearly, and especially in this stage of the development of Translation Studies, which many believe to have taken a ‘social turn’, most of what can be said about translation (and interpreting) [en dus ook van al die ander taalprofessies; AK] is of a ‘social’ and thus

‘sociological’ nature. Whether it is analyzing interactions, or professional prestige (kursivering AK). My intention in the MODEL (of models of interpreting)

therefore was to specify this broader sociological dimension as a sort of ‘sociology of the professions’ (a field which I believe does exist). This would not have made sense for Joseph Tseng himself, who was focused on precisely this aspect; but in my overview of various modeling dimensions, I wanted to give this type of approach a more specific label. After all, both the modeling approach focused on "interaction" and the one dealing with professions in society could be viewed as ‘sociological’, i.e. as points of view that lend themselves particularly to the application of sociological concepts and method.”

Wilensky (1964) en Etzioni (1969), waar dit bloot handel oor watter beroepe professie is sonder om die moontlikheid van ʼn professionele ontwikkelingsgang in ag te neem, maar ook die van Larson (1977) wat die bakens versit het in die konteks van die professionele projek, en die meer eietydse sienings van Sciulli (2009), De Vries et al. (2009), Jóhannesson (2006), Thurk (2004) en Larson (1990), wat die belang van spesifieke attribute soos byvoorbeeld gespesialiseerde kennis en vaardighede en die rol van staatsanksionering beklemtoon. Uit die bespreking in hierdie subafdeling ten opsigte van die histories-diachroniese sosiale aard, rol en funksie van die professies vanuit verskillende standpunte onder bespreking gekom. Diachronies beskou, die polemiek in die sosiologie van professionalisering ten spyt,

tree daar histories steeds twee groot kwessies na vore: gelykvormigheid aan ʼn

attribuutmodel, sowel as sanksionering, formeel sowel as informeel.