• No results found

Die institusionele klimaat waarin die professionaliseringsproses afspeel

Die beroepsomgewing: die toekoms van taalpraktyk as professie

4.2 Die institusionele klimaat waarin die professionaliseringsproses afspeel

4.2.1 Inleiding

Ter sprake in hierdie afdeling is die hedendaagse sosiopolitieke en kulturele gegewe, die nie- professionele opset in die formele, burokratiese werksorganisasie, en vryskuttaalpraktyk as eietydse ekonomies-verwante postmoderne verskynsel in die institusionele klimaat. Die bespreking vind plaas teen die agtergrond van die volgende sake:

• die attribute van professie ter sprake in elke onderafdeling;

• die mate waartoe die sosiopolitieke gegewe, die burokratiese opset en die vryskutverskynsel in die institusionele klimaat die ontluiking van die taalprofessie as struikelblokke belemmer of as kataliste ander geleenthede skep, en die implikasies daarvan.

Die eerste institusionele gegewe wat ʼn invloed het op die professionaliseringsproses van die taalpraktyk, is die sosiopolitieke en kulturele samehang waarin die taalberoepe as geheel funksioneer. Die komplekse sosiokulturele agtergrond, ʼn geskiedenis van taalpolitiese struweling in ʼn multitalige samelewing, politieke inskiklikheid en (on)verdraagsaamheid, en die kwessie van taalregte, bied ʼn raamwerk waarbinne die verwikkeldheid van die institusionele klimaat van die professionaliseringsproses van die taalpraktyk ter sprake vervolgens toegelig word.

4.2.2 Die politiek van die professionele projek in die sosiokulturele opset 4.2.2.1 Professionalisering: ʼn taalpolitieke en kulturele stryd

Professionalisering is nie ʼn projek wat ligtelik aangepak moet word nie: “To organize as a profession is to deliberately enter politics and the culture wars” (Kent, 2007:193). Die kulturele en sosiopolitieke konteks waarin die professionaliseringsproses van ʼn beroep hom afspeel, kan beskou word as ʼn noodwendige gegewe wat aan die professionele projek impetus gee.

In komplekse sosiale taalgemeenskappe soos Suid-Afrika en Vlaandere is dit onafwendbaar dat die taalpolitieke gegewe wat die verloop van die professionele projek van die taalpraktyk

sal bepaal. Taalpolitieke2 ideologieë en/of bemoeienis speel gewoonlik ʼn deurslaggewende rol in die professionalisering van ʼn beroep, veral in die konteks van die meesterverhale en ideale van die modernisme: die funksionalisme, die interaksionisme en die Marxisme (vergelyk onder andere Abraham & Weston, 2004; Curnow & McGonigle, 2006; Durkheim, 1933/1893; Freidson, 2001; Heidenheimer, 1989; Krause, 1996; Neal & Morgan, 2000; Stejskal, 2005; Szreter, 1993; Torstendahl & Burrage, 1990).

In multitalige lande kan die taalpolitieke realiteit lei tot ʼn voortslepende geding wat nie net direk die hele kwessie van die implementering van ʼn funksionele taalbeleid op ʼn dwaalweg stuur nie, soos tans die geval in postapartheid-Suid-Afrika, maar dié gegewe kan ook instrumenteel wees in die kwalitatiewe verloop van die professionele projek van die taalpraktyk ter sprake.

Die kwessies wat in hierdie subafdeling ter sprake kom, is:

• Watter attribute van professionalisering lê binne die sosiopolitieke en kulturele konteks?

• Hoe belemmer die gegewe sosiopolitieke en kulturele kragte die realisering van hierdie attribute?

In die konteks van hierdie bespreking hou die sosiopolitieke en kulturele konteks verband met die volgende struikelblokke:

• Suid-Afrika en Vlaandere as multitalige lande en die geleenthede wat tans bestaan vir multitalige taalbeleidsoplossings, naamlik die simboliese versus die funksionele oplossing;

• politieke inskiklikheid, en

• taalregte as ʼn regskonsep.

Die komponente van professie wat verband hou met die sosiopolitieke konteks waarin beroepsprofessionalisering plaasvind, is die attribute van outonomie uit hoofde van

sanksionering, hetsy deur ʼn regering, beroepsliggaam of universiteit of in samewerking, en

monopolie. Die implikasie is dat die taalpraktyk as ʼn selfbesturende en selfregulerende beroep binne staatsgesanksioneerde professionele strukture moet kan funksioneer.

Outonomie behels voltydse, hoogsgeskoolde, beroepsaktiwiteite met funksionele beheer

oor eie taalberoepsaktiwiteite en ʼn persoonlike professionele verantwoordelikheid wat min ruimte laat vir foutering, hetsy in die mediasie van die kommunikasieproses as vertaling, redigering, tolking, gebaretaaltolking, oudiovisuele vertaling (onderskrywing en oudio- beskrywing), en terminologie-ontwikkeling (vergelyk Tabel 2.1 en die bespreking in 2.8). Die taalpraktyk moet dan die vermoë toon om ʼn monopolie – alleenverteenwoordiging – in die mark te bewerkstellig en te handhaaf vir gespesialiseerde, intellektuele, en unieke taaldienste toegespits op die toenemend komplekse linguistiese behoeftes van multitalige, multikulturele gemeenskappe in ʼn veranderende beroepsomgewing (vergelyk Tabel 2.1; asook die bespreking in 2.8).

4.2.2.2 Suid-Afrika en Vlaandere: multitalige kompleksiteit, konflik en komplikasies

Soos in België, is die taalsituasie in Suid-Afrika histories ʼn baie komplekse verskynsel.3 Dit blyk dat die taalpolitieke geskiedkundige situasie in België en Afrika heelwat raakpunte het: standaardisering van tale, taaloorheersing, taalfrustrasie, taalidentiteit. Net soos in België wend verskeie Afrikastate in die negentiende eeu pogings aan om die inheemse tale te standaardiseer en te kodifiseer in ʼn reaksie teen die linguistiese dominansie van ʼn uitheemse taal: in Vlaandere Frans, in Afrika die taal van die kolonisator, dus Engels (Van Keymeulen, 2003:332), en in Suid-Afrika, Afrikaans, die taal van die onderdrukker.4

Taal, taalbeleid en taalkwessies speel ʼn sentrale rol in die Suid-Afrikaanse sosiopolitieke geskiedenis: taal is sedert 1875 vir wit Suid-Afrikaners ʼn merker van identiteit, maar nie noodwendig so belangrik vir swart Suid-Afrikaners nie (Ponelis, 1992; Scholtz, 1980).

Afrikaans as kultuurtaal word sinoniem met identiteit en nasionalisme (Ponelis, 1992; Scholtz, 1980:9), of as ʼn uitingsvorm daarvan met as spreekbuis Die Afrikaanse Patriot, die koerant en spreekbuis van die Genootskap van Regte Afrikaners (Preller, 1918:2). Die aanhaling langs die afbeelding van die eerste uitgawe van die koerant5 in 1876 is ʼn sprekende bewys van die opbloei van nasionalisme in hierdie tydperk6:

Onze bemoeiing ter opwekking van nationaliteits- gevoel waren zó voorspoedig, dat zy onder ʼn vroeger doofstomme bevolking niet alleen een leeslust heeft opgewekt, maar ook zulk ʼn schrijflust dat wij in de verte geen plaats hebben voor de bydragen die van alle zijden toestromen.

Taalbeleid word een van die magtigste instrumente vir die bevordering van apartheid in Suid-Afrika (Kamwendo, 2006:54) en word tussen 1948 en 1994 deur wetgewing afgedwing waarvolgens slegs Afrikaans en Engels as amptelike tale erken word. Die dominante posisies wat hierdie twee tale in Suid-Afrika gedurende die apartheidsjare ingeneem het, het die individuele menseregte misken van taalgroepe wat ander, veral inheemse tale, gebruik het.

Figuur 4.1: ʼn Faksimilee van die eerste uitgawe van Die Afrikaanse Patriot

3 Die grootste enkele groep (23,82%) Suid-Afrikaners is isiZulu-sprekers, gevolg deur isiXhosa (17,64%), Afrikaans (13,35%), Sepedi (9,39%), Engels

(8,20%), Setswana (8,20%), Sesotho (7,93%), Xitsonga (4,44%), siSwati (2,66%), Tshivenda (2,28%), isiNdebele (1,59%), en ander tale (0,48%) (Sensusopname 2001; vergelyk SouthAfrica.info, 2009a). België bestaan sedert 1994 uit drie ekonomies outonome streke: Wallonië in die suide, Vlaandere in die noorde, en Brussel (in Vlaandere gesitueer); drie taalgemeenskappe: die Franse, Vlaamse en Duitse gemeenskappe, en vier linguistiese gebiede: die Nederlandstalige streek, die Franstalige streek en die Duitstalige streek, en die tweetalige Brusselse streek. Sedert 1961 is dit verbode om taalsensus te doen in Brussel sodat dit moeilik is om eksakte persentasies van Frans- en Nederlandssprekendes in Vlaandere en België te bereken (Karra, 2007).

4 In die vorige bedeling benadeel kortsigtige Nasionale Party-politici en -beleid die beeld van Afrikaans. Politici maak daadwerklik ʼn politieke kwessie van

Afrikaans toe dr. Andries Treurnicht, die destydse Minister van sogenaamde Bantoe-onderwys, Afrikaans as die taal van onderrig in die destydse swart skole afgedwing het. “Afrikaans as taal van die onderdrukker” word die slagspreuk van die studente-onluste in die Struggle van die sewentigerjare en vestig hiermee die persepsievan Afrikaans as die taal van die onderdrukker, wat verder vererger word deur die voortgesette apartheidsbeleid van die destydse heersende Nasionale Party (Loader, 2010).

5 Beskikbaar op http://commons.wikimedia.org/wiki/File%3AAfrikaanse_Patriot.jpg Die eerste Afrikaanse koerant, Die Afrikaanse Patriot', met C.P.

Hoogenhout as redakteur, verskyn aanvanklik in die Paarl as ‘n klein formaatmaandblad om Afrikaans as ‘n alternatief tot Nederlands te bevorder. Twee jaar later het dit gegroei tot ‘n populere weeklikse pro-Afrikaanse en anti-Britse sentimente (Potgieter, 1970:476).

6 Die aanhaling is uit ʼn brief van die redaksie van Die Afrikaanse Patriot wat Preller se manuskrip Voortrekkermense na die uitgewer A.G.C. van Duyl

In postapartheid-Suid-Afrika delf die wit Afrikanerminderheidsgroep en veral wit Afrikaans- sprekendes die onderspit ten opsigte van hulle dominante regeringsposisie, taal- en segregasiebeleid, en hulle status word gereduseer tot dié van ʼn minderheidsgroep binne die landsgrense. Afrikaans word boonop uitgekryt as die taal van die oorheerser. Afrikaners moes dus noodwendig in ʼn postapartheid-Suid-Afrika taalpolitieke aanpassings maak, ʼn

proses wat vir menige Afrikaanssprekende ontaard in ʼn identiteitskrisis, aangesien taal per slot van rekening ʼn vorm is van die uitdrukking van individuele sowel as van groepsidentiteit (Kamwendo, 2006; Loader, 2010).

In Vlaandere en die groter opset van België word taal gesien as ʼn onvervreembare merkteken van identiteit (Blommaert, 1996b) waar taalkwessies deur die eeue ʼn “verwoede”7 voortslepende en onopgeloste taalstryd tussen die Nederlandstalige Vlaminge en die Franssprekende Wale afgee. Van 1830 tot 1970 is België ʼn eenheidstaat, maar hoofsaaklik Franssprekend as gevolg van ʼn Franstalige regerende elite, sodat Frans vanaf die 18de eeu domineer en Nederlands in die tweede helfte van die negentiende eeu onderdruk word (Wardhaugh, 1987:203-211).

ʼn Verskuiwing van die ideale van die Vlaamse Beweging van ʼn beheptheid met die herwinning van ʼn glorieryke Middeleeuse Vlaamse verlede na ʼn sosiale en politieke stryd vir gelykberegtiging van Nederlands in Vlaandere tree as ʼn reaksie teen die frankofiele dominering na vore (Van Keymeulen, 2002:334), met ʼn taalstryd wat stééds die sosiokulturele en taalpolitieke toneel oorheers (Wardhaug, 1987:203-211; Eppink, 2004:88- 95; Bollen & Baten, 2010:412) en hoegenaamd nie “nu achter de rug” is nie, soos Van Keymeulen (2002:334) beweer. Die taalkwessie, die stryd tussen die taalgemeenskappe, is ’n wesenskenmerk van die Belgiese politiek (Eppink, 2004:88-95), wat steeds aan die einde van die eerste dekade van die een en twintigste eeu in die samelewing sy kop uitsteek: “Recently, concerns about the position of Dutch in the face of French and immigrant languages have politicized the issue in the bilingual capital of Brussels and the Dutch- speaking region of Flanders (Bollen & Baten, 2010:412).

Ten spyte van die transformasie van België van ʼn Franssprekende bourgeoisie- gedomineerde eenheidstaat in ʼn federale staat waar Vlaandere die pas aangee (Deprez (2001b:33), is die Vlaandere samelewing verdeel in twee politieke groepe: ʼn gematigde groep wat België beskou as ʼn “country of liberty” waarin Vlaandere tot sy reg kom as ʼn vry en welvarende politieke realiteit. Die radikale groep sien België as die verraaier van die Vlaamse volk, daarom moet Vlaams- en Nederlandssprekendes ʼn buffer vorm om hulle taal en identiteit te beskerm (Deprez, 2001b:34).

Die foto’s op die volgende bladsy8 van ontsierde tweetalige inligtingsborde is sprekend van radikale oortuigings in die samelewing wat sosiokultureel manifesteer as taalkonflik as gevolg van die “complexe communautaire prolematiek” (Van Velthoven, 2011:319). Die stand van sake dui op taalpolitieke kwessies wat steeds in die lug bly hang met min sprake van ʼn duidelike resolusie (Van Velthoven, 2011:319-359); moontlik ook omdat “... language users increasingly refuse to cede authority over languages or language varieties to the authorities or (state) institutions” (Cuvelier, 2006:41).

7 Belge wil druk op SA verhoog (http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1988/05/06/9/11.html) 8 Figuur 4.2: Spiegel Online Photo Gallery (2010).

Figuur 4.3: Morris (2005). Figuur 4.4: BBC News (2006). Figuur 4.5: Wielaard (2010).

Figuur 4.2: ’n 2007-foto sprekend van taalpolitieke oortuigings in Vlaandere

Figuur 4.3 en 4.4: Straataanwysings word ontsier in taalpolitieke oortuigings

Figuur 4.5: Padaanwysings in Wezembeek-Oppem, ʼn Vlaamse dorp naby Brussels, is duidelik in Nederlands, maar die Franse terme is ontsier

Die taalpolitieke situasie die afgelope twee jaar in België is afdoende bewys van hierdie stand van sake. Ná meer as ʼn jaar se gekibbel en toutrekkery sedert die Junie 2010- verkiesing – oor taalpolitieke en ekonomiese kwessies – word dit al hoe moeiliker om ʼn nuwe federale regering te vorm (De Wever in Schlamp & Schult, 2010; Degent, 2011) sodat België tot aan die begin van Desember 2011 – vir sowat agtien maande – sonder ʼn regering sit. Ná die 2007-verkiesing funksioneer België vir ses maande sonder ʼn regering ten gevolge van dieselfde taalpolitieke twisappel, en in die daaropvolgende drie jaar het drie eerste ministers in die nasleep van taalpolitieke en ekonomiese kwessies bedank (Degent, 2011).9

Ná die Tweede Wêreldoorlog tree die Vlaamse nasionale bewussyn sterk na vore, veral onder die middelklas (Van Keymeulen, 2003), en soos in Suid-Afrika is die taalstryd ook gekoppel aan sosiale en ekonomiese vryheid. Ná vyf staatshervormings in veertig jaar (1970, 1980, 1988, 1993, 2000-2001), word België amptelik ʼn federale staat met drie taalgemeenskappe (Vlaams, Frans en Duits) in die vier taalgebiede (Van Velthoven, 2011). As ʼn instrument van etnokulturele identiteit, speel taal sedert 1948 (Raidt, 1999:163) ʼn sentrale partypolitieke rol in die definiëring van rassegroepe, en bevorder vir veertig jaar apartheid in die Suid-Afrikaanse sosio-ekonomiese en kulturele opset. As ʼn instrument van mobilisering, dien dit om die politieke mag van die blanke Afrikaanssprekende kieserskorps te vestig. As ʼn instrument wat toegang bied tot sekere regte soos onderwys en universiteitsopleiding, werkgeleenthede (Webb, 1996:139) en dus ook professionele loopbane, bevoordeel die taalbeleid in die apartheidsdispensasie slegs die blanke gemeenskap, en dien dus as ʼn instrument van diskriminasie (sodat dit te verstane is waarom die ANC tans weerstand bied teen enige vorm van “taalbevordering”).

Die stand van sake neem in 1994 met die ondergang van die apartheidsregime ʼn ander wending (DAC, 2002a, b). Suid-Afrika se huidige (2011) postapartheidtaalbeleid, gewortel in talige pluralisme, is ʼn produk van die radikale politieke transformasie wat in 1994 ʼn aanvang geneem het (Kamwendo, 2006:58).

Daarenteen bevorder Belgie van die laat twintigste eeu af oënskynlik ʼn positiewe diskoers ten opsigte van plurilingualisme, ten spyte van ʼn voortslepende taalstryd tussen Vlaams en Frans. Beide die Vlaamse regering en die Vlaminge beskou plurilingualisme as ʼn professionele beroepsvoordeel (De Cock, 2006), alhoewel taalaangeleenthede in die groter opset van die konsosiatiewe10 Belgiese demokratiese welvaartstaat met sy lang geskiedenis van etnotalige konflik ʼn “major political issue” is (Deschouwer, 2004:1) en steeds bly.

Belgiese taalbeleid en taalwetgewing11 word dan die komplekse resultaat van ʼn ewe komplekse dekades lange voortgesette onderhandelingsproses tussen die verskillende taalgroepe wat in 1932 neerslag vind in ʼn territorialiteitsbeginsel met heelwat subtiele kompromieë wat veral betrekking het op die twee hooftaalgroepe 12 – tradisioneel Franssprekende Wallonië en Nederlandssprekende Vlaandere (Karra, 2007; Ministerie van die Vlaamse Gemeenschap, 1999).

9 Hierdie kwessie word in meer besonderhede bespreek in 4.3.5.

10 Dit is ʼn tegniek om konflik te vermy deur ʼn groot mate van outonomiteit aan die konflikterende groepe te gee, en deur hulle tegemoet te kom (oblige) om

saam te werk al dan nie in alle gemeenskaplike sake (Deschouwer, 2004:1).

11 Ministerie van de Vlaamse Gemeenschap (1999) 12 Die onderskeid word allerweë in die literatuur aangetref.

Vlaandere se amptelike monotaligheid is van toepassing op alle domeine van die openbare lewe, insluitend onderwys, opleiding en die media (Cuvelier, 2006:24). Die Vlaamse siening van taal is oorwegend etnies van aard. Nederlands word gesien as deel van Vlaams- Nederlandse identiteit, wat ʼn fundamentele verskil demarkeer van die Walloniese, Frans- sprekende Belge. Taal word ook nou geassosieer met die gebied waarin dit gepraat word, wat ʼn inklusivistiese en assimilatoriese houding teenoor anderstaliges op Vlaamse gebied tot gevolg het (Blommaert, 1996b; vergelyk ook voetnoot 11).

Die territorialiteitsbeginsel – wat neerkom op ʼn monotalige Vlaandere en Wallonie – berus op wetgewing wat bepaal wáár en wannéér één bepaalde taal as amptelike taal funksioneer. Die territorialiteitsbeginsel doen egter geen afbreuk aan die grondwetlike beginsel van taalvryheid13 nie.

Die territorialiteitsbeginsel geld slegs ten opsigte van ʼn beperkte aantal domeine, te wete: • die openbare bestuur;

• sosiale betrekkinge in werksverband (die betrekkinge tussen werkgewers en personeel) en amptelike dokumente wat in dié verband gebruik moet word;

• die onderwys in instellings wat die owerheid oprig, erken of subsidieer, en • regsake.

Die taalbeleid in Vlaandere kan gesien word as ʼn komplekse voorbeeld van die bevordering van etniese nasionalisme (Blommaert, 1996b) en ʼn funksionele oplossing binne die beginsel van taalvryheid. Taalbeleid in die apartheidsdispensasie in Suid-Afrika kan aanvaar word as

ʼn voorbeeld van etniese rassisme, en in die postapartheiddispensasie as ʼn voorbeeld van funksionele multitaligheid (Alexander, 2003), maar dit blyk ʼn simboliese oplossing te wees. Aan die een kant begunstig etniese nasionalisme sluiting en monotaligheid, wat volg uit monokulturaliteit, wat dus mediasie tussen tale minder nodig maak. Aan die ander kant behoort die taalbeleid in beide Suid-Afrika en Vlaandere, gebaseer op die beginsel van multitalige taalvryheid, die funksionele status van die taalpraktyk as professie te bevorder in die sin dat taalpraktykaktiwiteite soos mediëringsdienste behoort toe te neem.

Die taalpolitieke dispensasie in Suid-Afrika en Vlaandere (België), soos dit tans neerslag vind in demokratiese, multikulturele, multitalige, postmoderne, etniese gemeenskappe met unieke taalverwante behoeftes, veral in die konteks van grootskaalse Afrika-onderwys- en opleidingshervormingsinisiatiewe (Muylle, 2008) en Europese integrasie (Harrell & Cendrowicz, 2010:17), skep ʼn taalpraktykmark wat die moontlikhede skep vir behoefte- georiënteerde gespesialiseerde, professionele taaldienste.

Geleenthede vir taalpraktisyns neem toe – daar is ʼn toename in die vraag na (die werk van) veral vryskuttaalpraktisyns – nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd is daar ʼn “growing demand for language services”14 (vergelyk ook 4.2.4). Dit verhoog die sigbaarheid (en stimuleer die strewe na beroepsidentiteit) van taalpraktisyns ten opsigte van hulle rol en funksie in die samelewing.

13 Grondwetlike taalvryheid word gewaarborg in Artikel 30 van die Belgiese Grondwet (2009:13) wat lui: “Het gebruik van de in België gesproken talen is

vrij; het kan niet worden geregeld dan door de wet en alleen voor handelingen van het openbaar gezag en voor gerechtszaken."

14 Luidens ʼn ondersoek deur Common Sense Advisory, Inc., ʼn Amerikaanse konsultasiemaatskappy, is die Europese taaldiensmark in 2005 meer as $3.6

miljard sterk, met projeksies van meer as $5 miljard teen 2010. Beskikbaar op

http://www.commonsenseadvisory.com/members/res_cgi.php/060301_QT_top_20.php); vergelyk ook TNP 3-D Dissemination Document – Chapter 1 Language needs for the language industries andlanguage-related professions. Beskikbaar op http://www.tnp3-d.org/docs/diss_ch1_en_0.pdf

Tog is dit die algemene persepsie dat die professionalisering van die taalberoepe en gepaardgaande grondwetlike erkenning daarvan nie in Suid-Afrika realiseer na aanleiding van die verwagtinge wat geskep is met die 1993- en 1996-Grondwet en verskeie professionaliseringsinisiatiewe nie (sien byvoorbeeld Carstens, 2006b:9; vergelyk ook 4.3). Die feit van die saak is dat daar tans in Suid-Afrika ʼn “free for all”-mark floreer midde in die toenemende vraag na taalpraktisyns wat die standaard van dienste onder verdenking kan bring (vergelyk 4.3).

Die toenemende vraag na diens moet egter nie gekoppel word aan die noodwendigheid van

ʼn professionele projek van die taalpraktyk nie (hierdie aspek kom pertinent na vore in 3.5.3, 3.5.4, 3.5.5 en 3.5.7 ten opsigte van die potensiaal van dienste wat die postmoderne samelewing vir taalpraktisyns skep, maar ook ten opsigte van die spanning tussen die geïnstitusionaliseerde aard van professie na ʼn groter aksent op diens, en die dinamiese aanwending daarvan). Die vraag na dienste spreek tot die gebruikers van taaldienste, die kliënte, terwyl professionalisering die taalpraktisyns teiken. In Suid-Afrika het die kliënte vermeerder – die staat, en in navolging van die staat, verskeie semistaatsinstellings – sodat daar in die oper gemeenskap ʼn uitkringende vraaguitwerking plaasvind.

Die sosio-ekonomiese omstandighede het wel verander, maar die faktore wat die professionaliseringsproses binne hierdie konteks beïnvloed, is ʼn meer gemedieerde proses met heelwat tussenstappe: die groter vraag na taaldienste maak die beroepe aantrekliker in die mark sodat meer individue die beroepe in ʼn ongereguleerde mark kan beoefen om die inkomstegolf te ry. Indien taalpraktisyns oortuig is daarvan dat beroepsgerigte opleiding hulle die kompeterende voordeel sal gee om suksesvol te wees, sal hulle die nodige opleiding ondergaan, wat die standaard van dienste sal verhoog. Indien opleiding wel die kompeterende voordeel bied en standaarde verseker, sal beroepsgerigte praktisyns die mark oorstroom en die ongekwalifiseerde individue uitstoot.

Dit is onrealisties om te verwag dat professionele erkenning van ʼn tradisioneel onsigbare beroep (Venuti, 2008) ná ʼn dramatiese politieke omwenteling soos die val van die Suid- Afrikaanse apartheidsbedeling en die gepaardgaande politieke bagasie binne die nuwe bedeling binne sewentien jaar sal realiseer. Die groep wat druk kan uitoefen op die professionaliseringsproses – die taalpraktisyns – moet eers ʼn kritiese massa bereik, en gelyklopend daarmee moet ʼn kritiese massa werkgeleenthede ontstaan, sodat dit vir universiteite lonend is om opleiding aan te bied wat standaarde van opleiding daarstel wat op sy beurt weer standaarde van diens verseker.

Die taalpraktyksituasie in Vlaandere toon heelwat ooreenkomste met die situasie in Suid- Afrika, veral ten opsigte van die effek van die taalpolitieke klimaat wat huishoudelike taalaangeleenthede kompliseer. Die taalberoepe in Vlaandere bevind hulle in ʼn soortgelyke posisie as die taalberoepe in Suid-Afrika: alhoewel daar reeds in 2008 ʼn aanvang geneem is met die voorbereidinge vir ʼn versoek aan die regering om titelbeskerming vir die beroep van tolke en vertalers van die kant van die BKVTF (BKVTF, 2008b:16), en ten spyte van die pogings van die Vlaamse radio en televisie tot die bevordering van professionele taalgebruik speel15 is dit duidelik dat daar min vordering is.