• No results found

Die kern van Karl Marx se nalatenskap tot professionalisering

Die sosiologie van professie

3.4 Sosiologiese benaderings 1 Inleiding

3.4.4 Die konflikbenadering 1 Inleiding

3.4.4.4 Die kern van Karl Marx se nalatenskap tot professionalisering

Die Marxistiese sosiologie van die professies is primêr gerig op die posisie van die

professionele persoon in produksiebetrekking. ʼn Klassieke vraag is of die professionele

beroepskorps die geledere van die proletariaat of die van die bourgeoisie sal vergroot. Le Bianic (2003) identifiseer twee sienings wat pertinent uit die literatuur te voorskyn tree: proletarisering, en geleide kapitalisme.

Teoretici soos Braverman (1974), Larson (1977) en Derber (1982) is ten gunste van die

veronderstelling van ʼn “proletarisering” van die professionele korps in die loop van die

ontwikkeling van kapitalisme wat neerkom op ʼn kommodifisering van intellektuele werk. Geleide kapitalisme beklemtoon die professionele korps se rol in die perpetuering van die kapitalistiese sosiale orde. Die idee is dat die professies die staat help om die kapitalistiese

stelsel te handhaaf (medici is byvoorbeeld ʼn sleutelelement in die reproduksie van ʼn

gesonde werksmag). Gevolglik genereer ʼn professionele werkerskorps ʼn sterk staatsbeheer oor die samelewing. In ruil daarvoor is die staat gewillig om sekere beroepe by te staan in die professionaliseringsproses, omdat dit sy eie houvas op die samelewing sal verleng en verseker. Johnson (1972, 1980, 1982) en Larkin (1983) gaan byvoorbeeld van die standpunt uit dat professionalisering deel is van ʼn groter proses van staatformasie: “The professions are emergent as an aspect of state formation and state formation is a major condition of professional autonomy” (Johnson, 1982:189).

Die Marxistiese benadering fokus op die mag wat die professionele rol in die samelewing aan individue en groepe oor ander in die samelewing gee. Vanuit die konflikteorie is sosiale mobiliteit, marksluiting en markmonopolie almal spesifieke attribute van die suksesvolle

professionele projek. Sanksionering blyk ook wel ʼn deurlopende tema in die sukses van ʼn

professionele projek te wees.

Marxistiese teorie ten opsigte van die professies het ’n tweeledige fokus: professies en hulle betrekking tot die staat, en die proletarisering van professionele beroepe (vergelyk die bespreking in die postmoderne benadering in 3.5). In wese hoofsaaklik ’n strukturalistiese benadering (Macdonald, 1995:22), sien Marxisme dit wat met die professies in hierdie kontekste gebeur aan as die afloop van aktiwiteite en funksies in ’n samelewing wat gebaseer is op kapitalistiese produksiebetrekkinge: “... the outcome of the workings of a society based on capitalist relations of production”, soos beskryf deur Johnson (1980). Vanuit ’n Marxistiese konflikbenadering beklemtoon Johnson (1980) die veelheid en kompleksiteit van prosesse aan die werk in die hedendaagse samelewing, sowel as die gebrek aan koherensie tussen die doelstellings van dominante groepe en die staat sowel as

20 ANC. 1997. ANC Strategy and tactics. As amended at the 50th National Conference, December 1997.

die “interafhanklike prosesse” in die ontwikkeling van “staatsformasie” en professionalisering; en die professionaliseringsprosesse van beroepe wat ’n integrale deel vorm in staatsorganisering (Johnson, 1982:188).

Marxistiese teorie ten opsigte van die professies gee eerstens prioriteit aan ’n prosesgeorïenteerde verklaring van die ontwikkeling van die professies met betrekking tot die staat. Hierdie prosesgeorïenteerde verklaring word van meer waarde geag as die Weberiaanse verklaring omdat laasgenoemde sy verklaring raam na aanleiding van konsepte soos die mark en ander vorme van sosiale wedywering, maar waarvan die essensie nie duidelik is nie (Johnson, 1980).

Ofskoon Marx hom nie openlik besig gehou met besinning oor die professies as sodanig nie en sy sosiologie van werk grootliks toegespits is op ekonomiese, politieke, en industriële aspekte in die werksopset, en die rol van klassestruktuur (met die professies in die heersersklas) in klassekonflik, beklemtoon sy historiografiese benadering die sosiale aard van werk en beroepe, en dus ook die professies (Grint, 2005:95):

His illumination of the essentially political nature of the employment relationship and the material base for industrial conflict still supplies one of the elementary building blocks for an analysis of employment … In short, what Marx helped to do was stimulate the very idea of a sociological approach to work ...

Marx sien kapitalistiese produksieprosesse en -bestuur aan as outoritêr, sowel as produk-, proses-, en spesievervreemdend en as sodanig “... a system of exploitation that was inherently coercive” (Vallas et al., 2009:24), wat die basis vorm van die konflikbenadering tot die professionele verskynsel.

Marx se ideologie van werk kan beskou word as ’n stimulerende bron vir innoverende denke ten opsigte van die teorie van werk; sy filosofie tegelyk die medium en impetus vir die inisiatief tot ’n gesofistikeerde sosiologie van werk en professies: “... we should treat Marx as a classic: an intermediary if we are to progress beyond him. Even if we do reject his ideas we can only go beyond him because of them, rather than in spite of them” (Grint, 2005:95).

As ʼn bemiddelende teoretiese benadering kan Marxisme egter nie ʼn “one size fits all”-

oplossing bied in verskillende kontekste waar verskillende sosiale ongelykhede bestaan ten opsigte van taal, dienste, opleidingsgeleenthede, of werkgeleenthede nie, soos Suid-Afrika en Vlaandere nie.

Een model of oplossing vir die professionaliseringsinisiatiewe van die taalberoepe in Suid- Afrika en Vlaandere is daarom nie die aangewese plan van aksie nie. Die verskillende sosio- kulturele ongelykhede in die Suid-Afrika en Vlaandere verg verskillende benaderings tot die professionaliseringsproses van taalpraktisyns in hierdie lande.

Oplossings en modelle vir die opheffing van beroepe bevoordeel of handhaaf dikwels die status quo van betrokke partye aan die bokant van die sosiale stratum. Dit plaas dan die onus op relevante partye aan die onderkant van die sosiale stratum om hulleself op te hef. Totdat hulle hulleself “opgehef” het, is die oplossing eintlik ʼn struikelblok tot die opheffing van die betrokke party, hier dan die taalpraktisyns in die verskillende taalberoepe.

Hierdie opheffingsideaal lyk na ʼn wesenlike greep op die opdraande stryd van nuwe