• No results found

Geslagsrolkonflik tussen egpare in 'n jong huwelik : 'n pastorale studie

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Geslagsrolkonflik tussen egpare in 'n jong huwelik : 'n pastorale studie"

Copied!
187
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Geslagsrolkonflik tussen egpare in ʼn

jong huwelik: ʼn Pastorale studie

Claus Dittmer

22133550

Verhandeling voorgelê ter gedeeltelike

nakoming van die

vereistes vir die graad Magister Artium in Pastoraal aan die

Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit

Studieleier:

Prof. dr. G.A. Lotter

(2)

Voorwoord en erkennings

Hierdie verhandeling is opgedra aan my vrou Zann-Marié,

wat deurlopende ondersteuning en onvoorwaardelike liefde aan my betoon het

deur die verloop van my studies. Sy is my inspirasie!

Verder wil ek my dankbetuigings gee aan die volgende persone wat in besonder erkenning verdien in die bydraes wat hulle gelewer het om hierdie verhandeling moontlik te maak:

 In die eerste plek wil ek dankie sê vir die Here wat my bron van ondersteuning was in hierdie proses en wat my gehelp het om gemotiveerd te bly. Sonder die Here se leiding sou hierdie nie moontlik gewees het nie.

 Dankie aan my ouers vir die ondersteuning wat hulle gebied het, in besonder vir die finansiële en emosionele ondersteuning deur die verloop van my studies. Ons Donderdagmiddag-koffiedrinksessies sal ek nooit kan vergeet nie.

 Dankie aan my skoonouers, wat nie net die wonderlikste vrou aan my toevertrou het nie, maar ook leiding en deurlopende advies verskaf het oor verskeie tegniese aspekte van hierdie studie.

 Dankie aan my broer, wat altyd daar is vir my en my help om te ontspan. Sy liefde en humor bring lig in my lewe.

 Dankie aan my studieleier, prof. George Lotter, vir sy leiding en geduld. Die advies en kennis wat Prof. oordra het onskatbare waarde.

 Dankie aan dr. Tom Larney vir die taalversorging van hierdie verhandeling na sulke kort kennisgewing.

 Dankie aan elkeen van die deelnemers wat hulle persoonlike lewens in hierdie verhandeling gedeel het. Dankie vir die tyd wat julle afgestaan het en in besonder julle eerlikheid.

 Laastens wil ek dankie sê aan my hele familie wat op een of ander manier ʼn invloed gehad het in my lewe en wat ʼn bydrae gelewer het tot die persoon wat ek vandag is.

(3)

Opsomming

Geslagsrolkonflik tussen egpare in ʼn jong huwelik: ʼn Pastorale studie

Daar is vasgestel dat daar ʼn tekort is aan navorsing in verband met die pastorale sorg van egpare wat worstel met GRK (geslagsrolkonflik). Daarmee fokus hierdie studie daarop om riglyne aan die pastorale berader te verskaf, sodat hy/sy effektiewe huweliksberading kan toepas op egpare wat worstel met GRK. Hierdie is bereik deur die gebruik van Osmer se vier take van praktiese teologie, naamlik:

 Die deskriptiewe-empiriese taak – Wat gaan aan?  Die interpretatiewe taak – Hoekom gaan dit aan?  Die normatiewe taak – Wat behoort aan te gaan?  Die pragmatiese taak – Hoe behoort ons te reageer?

Deur empiriese navorsing is die eerste taak benader met die doel om begrip te kry aangaande die deelnemers se ervaring van GRK in hulle huwelik, asook hulle siening van GRK. Die empiriese navorsing is uitgevoer deur ʼn kwalitatiewe navorsingsmetode waar vraelyste (wat kort en lang vrae behels) aan deelnemers gegee is om te beantwoord. Met die uitvoering van hierdie navorsing is daar verskeie aspekte geïdentifiseer wat verdere aandag verdien het by die uitvoering van hierdie studie, naamlik: GRK ontstaan as gevolg van ʼn persoon se betrokkenheid (of tekort daaraan) by ʼn bepaalde saak, mense se redes vir dieselfde GRK verskil as gevolg van hul ervaring daarvan, mans en vrouens ervaar GRK verskillend, mense se beroepe kan ʼn bepalende faktor wees van GRK, finansies is die grootste GRK waarmee mense worstel, mense se ouderdom en ouderdomsverskille kan gekoppel word aan hulle ervaring van GRK en mense word beïnvloed deur hulle ouers.

Deur navorsing in veral die psigologie, sosiologie en antropologie is die tweede taak benader met die doel om verdere begrip te kry aangaande die aspekte wat in die voorafgaande hoofstuk uitgewys is. Elk van hierdie sake word geïdentifiseer as ʼn moontlike oorsaak van GRK en word bespreek deur verskeie teorieë en navorsing.

Deur eksegese van vier perikope is die derde taak benader met die doel om insig te verkry in verband met die perspektief wat die Skrif verskaf aangaande die huweliksverhouding. ʼn Seleksie van 16 stappe van Janse van Rensburg se stappe in Preekgeboorte is gebruik om die eksegese uit te voer. Die perikope wat gebruik is vir eksegese is die volgende: Genesis 1:26-31, 1 Korintiërs 11:8-12, Galasiërs 3:26-29 en Efesiërs 5:21-33.

(4)

Deur na sekere beradingsvaardighede en –riglyne te verwys is die vierde taak benader met die doel om leiding te verskaf in die pastorale berading van egpare wat worstel met GRK. Uiteindelik lei al die voorafgaande navorsing daartoe dat sekere strategieë voorgestel kan word vir die pastorale berading van egpare wat worstel met GRK.

Die sentrale teoretiese argument van die studie is gedeeltelik bewys deur beter begrip te kry oor GRK, te fokus op geloofsgroei en uiteindelik voorstelle te maak vir effektiewe pastorale berading aan egpare, sodat hulle begelei kan word tot ʼn gesonde Christus-gesentreerde huwelik.

(5)

Abstract

Gender-role conflict between couples in a young marriage: A pastoral study

It has been established that there is a deficit of research on the pastoral care of couples struggling with GRC (gender-role conflict). The focus of the study was to provide guidelines for the pastoral counsellor, so that he/she can apply effective marriage counselling to couples struggling with GRC. This is achieved by using Osmer’s four tasks of practical theology, namely:

 The descriptive-empirical task – What is going on?  The interpretive task – Why is this going on?  The normative task – What ought to be going on?  The pragmatic task – How might we respond?

The first task has been approached through empirical research with the aim to get an understanding of the participants’ experience regarding GRC in their marriages as well as their view of GRC. The empirical research was conducted by a qualitative research method using questionnaires (containing short and long questions) given to participants to answer. With the execution of this research, several aspects were identified that deserve further attention for the implementation of this study, namely: GRC result from a person’s involvement (or lack thereof) in a particular case, people’s reasons for the same GRC differ because of their experience of it, men and women experience GRC differently, people’s careers can be a determining factor of GRC, finance is the biggest GRC that people struggle with, people’s age and age differences may be linked to their experience of GRC and people are influenced by their parents.

The second task has been approached through research especially in psychology, sociology and anthropology with the objective to further understand the issues that were raised in the previous chapter. Each of these issues are identified as a possible cause of GRC and discussed through various theories and research.

The third task has been approached through exegesis of four pericopes with the aim to gain insight in connection with the Scripture’s perspective regarding the marriage relationship. A selection of 16 steps of Janse van Rensburg’s steps in conceiving a sermon is used to carry out the exegesis. The pericopes used for exegesis is the following: Genesis 1:26-31, 1 Corinthians 11:8-12, Galatians 3:26-29 and Ephesians 5:21-33.

(6)

The fourth task has been approached by referring to certain counselling skills and guidelines with the aim to provide guidance in the pastoral counselling of couples struggling with GRC. All research done eventually leads to the point where certain strategies can be suggested for the pastoral counselling of couples struggling with GRC.

The central theoretical argument of this study is partly met by acquiring an understanding of GRC, focusing on spiritual growth and ultimately making recommendations for effective pastoral counselling to couples, so that they can be guided to a better Christ-centered marriage.

(7)

Inhoudsopgawe

Voorwoord en erkennings ... i Opsomming ...ii Abstract... iv Hoofstuk 1: Inleiding ... 1 1. Titel ... 1 2. Sleutelwoorde... 1 3. Probleemstelling ... 1 3.1. Inleiding ... 1 3.2. Egskeiding ... 1 3.3. Geslagsrolkonflik (GRK) ... 2 3.4. Pastorale berading ... 5 3.5. Elektroniese databasissoektog ... 5 4. Navorsingsvraag ... 6 5. Doelwit en doelstellings ... 6 5.1. Doelwit ... 6 5.2. Doelstellings ... 6

6. Sentrale teoretiese argument ... 7

7. Metodologie ... 7 7.1. Vertrekpunte ... 7 7.2. Metode ... 7 7.3. Prosedure ... 9 8. Tegniese aspekte ... 11 9. Etiese oorwegings ... 11 10. Hoofopskrifindeling ... 12

11. Skematiese voorstelling van die studie ... 13

Hoofstuk 2: Empiriese ondersoek van GRK ... 14

1. Inleiding ... 14

(8)

2.1. Steekproef ... 15 2.2. Navorsingsontwerp ... 16 2.3. Navorsingstappe ... 18 3. Deelnemerprofiele ... 19 4. Resultate ... 19 4.1. Kort vrae... 19 4.2. Lang vrae ... 24 5. Bespreking ... 33 5.1. Inleiding ... 33

5.2. Verband tussen kort en lang vrae van eggenote... 34

6. Voorlopige samevatting ... 45

Hoofstuk 3: Interpretatiewe ondersoek van GRK ... 47

1. Inleiding ... 47

2. Die oorsaak van konflik ... 48

2.1. GRK as direkte of indirekte oorsaak ... 49

3. Sosiale oorsaak van GRK ... 51

4. Geslag as oorsaak van GRK ... 53

4.1. Geslag as biologiese oorsaak van GRK ... 53

4.2. Geslag as psigiese oorsaak van GRK ... 55

5. Beroep en finansies as oorsake van GRK ... 57

5.1. Beroep as oorsaak van GRK ... 57

5.2. Finansies as oorsaak van GRK ... 59

6. Ouderdom as oorsaak van GRK ... 61

7. Skoonouers as oorsaak van GRK... 62

8. Voorlopige samevatting ... 63

Hoofstuk 4: Skrifperspektiewe rakende GRK ... 65

1. Inleiding ... 65

2. Genesis 1:26-31 ... 68

(9)

2.2. Bepaal die genre van die perikoop, en van die perikoop se boek ... 70

2.3. Bestudeer die grondteks van die perikoop ... 70

2.4. Ontleed die gedagte-opbou van die perikoop ... 70

2.5. Evalueer vertalings van die perikoop ... 70

2.6. Bepaal die kernvers van die perikoop ... 73

2.7. Bepaal die perikoop se sosiohistoriese konteks... 73

2.8. Doen woordstudie van belangrike begrippe in die kernvers ... 74

2.9. Bepaal die openbaringshistoriese plek en betekenis van die perikoop ... 74

2.10. Bepaal die openbaring oor God in die perikoop ... 76

2.11. Bepaal die openbaringsfeite en oproep van die perikoop ... 77

2.12. Bepaal die kommunikasiedoel van die perikoop ... 77

2.13. Raadpleeg eksegetiese bronne ... 78

2.14. Begryp die konteks van die hoorder ... 79

2.15. Verreken jou getuie-wees as bedienaar van die Woord ... 79

3. 1 Korintiërs 11:8-12 ... 79

3.1. Bepaal die plek van die perikoop in sy boek, en in die Bybel ... 79

3.2. Bepaal die genre van die perikoop, en van die perikoop se boek ... 81

3.3. Bestudeer die grondteks van die perikoop ... 81

3.4. Ontleed die gedagte-opbou van die perikoop ... 82

3.5. Evalueer vertalings van die perikoop ... 82

3.6. Bepaal die kernvers van die perikoop ... 83

3.7. Bepaal die perikoop se sosiohistoriese konteks... 83

3.8. Doen woordstudie van belangrike begrippe in die kernvers ... 84

3.9. Bepaal die openbaringshistoriese plek en betekenis van die perikoop ... 84

3.10. Bepaal die openbaring oor God in die perikoop ... 86

3.11. Bepaal die openbaringsfeite en oproep van die perikoop ... 86

3.12. Bepaal die kommunikasiedoel van die perikoop ... 87

3.13. Raadpleeg eksegetiese bronne ... 87

(10)

3.15. Verreken jou getuie-wees as bedienaar van die Woord ... 89

4. Galasiërs 3:26-29 ... 89

4.1. Bepaal die plek van die perikoop in sy boek, en in die Bybel ... 89

4.2. Bepaal die genre van die perikoop, en van die perikoop se boek ... 90

4.3. Bestudeer die grondteks van die perikoop ... 90

4.4. Ontleed die gedagte-opbou van die perikoop ... 91

4.5. Evalueer vertalings van die perikoop ... 91

4.6. Bepaal die kernvers van die perikoop ... 92

4.7. Bepaal die perikoop se sosiohistoriese konteks... 93

4.8. Doen woordstudie van belangrike begrippe in die kernvers ... 94

4.9. Bepaal die openbaringshistoriese plek en betekenis van die perikoop ... 94

4.10. Bepaal die openbaring oor God in die perikoop ... 96

4.11. Bepaal die openbaringsfeite en oproep van die perikoop ... 96

4.12. Bepaal die kommunikasiedoel van die perikoop ... 96

4.13. Raadpleeg eksegetiese bronne ... 97

4.14. Begryp die konteks van die hoorder ... 98

4.15. Verreken jou getuie-wees as bedienaar van die Woord ... 98

5. Efesiërs 5:21-33 ... 98

5.1. Bepaal die plek van die perikoop in sy boek, en in die Bybel ... 98

5.2. Bepaal die genre van die perikoop, en van die perikoop se boek ... 100

5.3. Bestudeer die grondteks van die perikoop ... 100

5.4. Ontleed die gedagte-opbou van die perikoop ... 102

5.5. Evalueer vertalings van die perikoop ... 102

5.6. Bepaal die kernvers van die perikoop ... 103

5.7. Bepaal die perikoop se sosiohistoriese konteks... 104

5.8. Doen woordstudie van belangrike begrippe in die kernvers ... 105

5.9. Bepaal die openbaringshistoriese plek en betekenis van die perikoop ... 105

5.10. Bepaal die openbaring oor God in die perikoop ... 107

(11)

5.12. Bepaal die kommunikasiedoel van die perikoop ... 108

5.13. Raadpleeg eksegetiese bronne ... 109

5.14. Begryp die konteks van die hoorder ... 110

5.15. Verreken jou getuie-wees as bedienaar van die Woord ... 110

6. Voorlopige samevatting ... 110

Hoofstuk 5: Pastorale berading van egpare wat worstel met GRK ... 112

1. Inleiding ... 112

2. Beradingsvaardighede in die hantering van egpare wat worstel met GRK ... 113

3. Beradingsriglyne in die hantering van egpare wat worstel met GRK ... 117

4. Voorgestelde strategieë wat lei tot transformasie ... 123

4.1. Inleiding ... 123

4.2. Vertrekpunt van transformasie ... 124

4.3. Eie voorgestelde strategieë vir transformasie ... 126

5. Voorlopige samevatting ... 129

Hoofstuk 6: Samevatting en gevolgtrekkings van bevindinge ... 130

1. Inleiding ... 130

2. Gevolgtrekkings ... 130

2.1. Empiriese ondersoek van GRK ... 130

2.2. Interpretatiewe ondersoek van GRK ... 131

2.3. Skrifperspektiewe rakende GRK ... 132

2.4. Pastorale berading van egpare wat worstel met GRK... 133

2.5. Finale Gevolgtrekkings ... 133

3. Beperkinge van die studie en voorgestelde areas vir verdere navorsing... 134

3.1. Beperkinge ... 134

3.2. Voorgestelde areas vir verdere navorsing ... 134

Bronnelys ... 136

BYLAAG A ... 148

Begeleidende brief vir ingeligte toestemming ... 148

(12)

Geslagsrolkonflik vraelys ... 151

BYLAAG C1 ... 156

Gedagte-opbou van die perikoop ... 156

1. Gedagte-opbou van Genesis 1:26-31 ... 157

2. Gedagte-opbou van 1 Korintiërs 11:8-12 ... 158

3. Gedagte-opbou van Galasiërs 3:26-29 ... 160

4. Gedagte-opbou van Efesiërs 5:21-33 ... 160

BYLAAG C2 ... 162

Woordstudie van belangrike begrippe ... 162

1. Woordstudie van εἰκόνα in Gen. 1:27 ... 163

2. Woordstudie van ἐκ in 1 Kortintiërs 11:12 ... 165

3. Woordstudie van υἱός in Galasiërs 3:26 ... 168

(13)

Lys van Figure

Figuur 1: Hoeveelheid deelnemers wat geweet het wat geslagsrolkonflik is ... 20 Figuur 2: Hoeveelheid deelnemers wat bewus is van die invloed wat geslagsrolkonflik op hulle huwelik kan hê ... 21 Figuur 3: Hoeveelheid deelnemers wat dink dat mans en vrouens gelyke rolle in die huwelik vervul ... 22 Figuur 4: Hoeveelheid deelnemers wat dink dat mans meer in staat is om sekere take te voltooi en vrouens meer in staat is om ander take te voltooi... 23 Figuur 5: Hoeveelheid deelnemers wat dink dat dit meer van pas is vir mans om handewerk buite die huis te doen en vrouens om ligter take binne die huis te verrig ... 24 Figuur 6: Persentasie take wat beskou word as meer van pas vir mans... 27 Figure 7: Persentasie take wat beskou word as meer van pas vir vrouens ... 27

(14)

Lys van Tabelle

Tabel 1: Ervaring van geslagsrolkonflik in die huwelik ... 25

Tabel 2: Take meer van pas vir verskillende geslagte ... 26

Tabel 3: Take meer van pas vir die ander geslag ... 28

Tabel 4: Vaste verdeling van take ... 29

Tabel 5: Beroep ʼn faktor by geslagsrolkonflik ... 30

Tabel 6: Verantwoordelikheid vir groot besluite ... 31

Tabel 7: Ergste/grootste geslagsrolkonflik ... 32

(15)

Hoofstuk 1: Inleiding

1. Titel

Geslagsrolkonflik tussen egpare in ʼn jong huwelik: ʼn Pastorale studie.

2. Sleutelwoorde

Die sleutelwoorde wat in hierdie studie gebruik word, is:  Geslagsrol/Gender role

 Geslagsrolkonflik/Gender-role conflict  Huwelik/Marriage

 Pastorale berading/Pastoral counselling

3. Probleemstelling

3.1.

Inleiding

Geslagsrolkonflik (GRK) kan lei tot skadelike psigologiese stres in beide mans en vrouens en kan veroorsaak dat mans en vrouens mekaar devalueer (O’Neil, 1981:204). Dus is dit ʼn noemenswaardige gevaar vir verhoudings en veral huwelike. Om die fokus op hierdie probleem te plaas, gaan daar gekyk word na egskeidings, GRK en die pastorale berading van GRK. Alhoewel daar nie deurgaans na GRK verwys word as die primêre probleem nie, is dit wel belangrik om te besef dat GRK negatiewe sekondêre oorsake ook kan hê.

3.2.

Egskeiding

Die jongste syfers van Statistics South Africa (StatsSA) toon aan dat daar in 2011 20980 gepubliseerde egskeidings plaasgevind het (StatsSA, 2013a:33). Alhoewel dit ʼn daling is vanaf 2010 se 22936 egskeidings (StatsSA, 2013a:33), kan dit steeds beskou word as ʼn groot probleem in die Suid-Afrikaanse konteks. Die rede vir hierdie daling kan wees as gevolg van die verskillende tipes huwelike wat mens kry (burgerlike huwelik, burgerlike verbintenis en gebruiklike huwelik) (StatsSA, 2013a:2-4). Mense kyk egter na ander opsies in terme van die huwelik en dit dra by tot die daling van hierdie statistiek. Verdere statistiek brei uit op hierdie probleem. Van die 20980 egskeidings in 2011 was die grootste hoeveelheid (78.3% mans en 79.1% vrouens) eerste huwelike (StatsSA, 2013a:35). Verder ten opsigte van die egskeidings in 2011 het 4489 (die tweede meeste) daarvan binne die eerste vier jaar van die huwelik plaasgevind, dus ongeveer 21,4%; die meeste egskeidings (5535) het tussen vyf en nege jaar van die huwelik plaasgevind, dus ongeveer 26.38% (StatsSA, 2013a:38). Dít beteken dat

(16)

amper die helfte (meer as 47%) van die egskeidings binne die eerste tien jaar van die huwelik plaasvind, waarvan die grootste gedeelte eerste huwelike is. Daar behoort derhalwe groot klem gelê te word op hierdie stadium van die huwelik.

Met hierdie syfers kan ʼn mens net wonder wat die moontlike oorsake van hierdie hoë egskeidingsyfers kan wees. In hierdie verband noem Preller (2012) spesifiek die tien mees algemeen genoteerde redes wat na vore getree het in 500 egskeidingsake in Suid-Afrika gedurende 2011:  Verskil in prioriteite  Geloofsverskille  Ouerlike verantwoordelikhede  Finansies  Seksuele onverenigbaarheid  Verslawing

 Ontrou of onmin weens sosiale netwerke – soos Facebook, Twitter, ens.  Huweliksontrou

 Fisiese, psigologiese, finansiële of emosionele mishandeling  Gebrek aan kommunikasie

3.3.

Geslagsrolkonflik (GRK)

Geslagsrolle ontstaan gewoonlik as gevolg van ʼn persoon se kultuur, omgewing of geloof. In die afgelope 30 jaar is daar wel ʼn merkwaardige debat daaroor of geslagsrolle nie moontlik biologies gefundeer is nie (Yelsma & Brown, 1985:731; Krampen, Effertz, Jostock & Müller, 1990:303; Marini, 1990:95; Berenbaum, Blakemore & Beltz, 2011:804; Amato, 2012:187; Robinson & Brewster, 2014:51). Alhoewel die aanneem van geslagsrolle gesien kan word as vooroordele teenoor ander persone of die self, beteken dit nie noodwendig dat dit negatief of ʼn probleem behoort te wees nie. Geslagsrolle veroorsaak wel ʼn sekere houding teenoor ander persone of die self en kan dus in sommige gevalle lei tot konflik. Daarteenoor kan GRK gedefinieer word as ʼn psigologiese toestand waarin geslagsrolle negatiewe gevolge het vir die persoon of ander en kom dit voor wanneer onbuigbare of seksistiese geslagrolle lei tot beperking, devaluasie of skending van ʼn ander persoon of die self (O’Neil, 2013b:490). GRK kan dus gesien word as ʼn beperking van ʼn persoon se potensiaal, gebaseer op sy/haar geslagsrol.

Daar kan dus gesien word hoe GRK verskeie probleme kan veroorsaak in die huwelik, veral waar daar nie noodwendig ooreenstemming is oor die bepaalde geslagsrolle nie of moontlike

(17)

onredelike geslagsrolle ter sprake is. StatsSA (2013b:2) kan wel nie enige statistieke rondom geslagsgebaseerde geweld verskaf nie, aangesien hulle nie betroubare inligting aangaande die situasie het nie. Dit is dus ook moeilik om te bepaal wat die presiese gevolge van GRK is, asook die persentasie waarin dit voorkom. Wanneer daar in die voorafgaande probleem na die redes vir egskeidings gekyk word, kan daar wel gesien word dat GRK tot minstens ʼn paar van die redes kan lei. Verskeie navorsing toon hierdie korrelasies aan:

 GRK en geloof kan mekaar beïnvloed (Jurkovic en Walker, 2006:42).

 Ouerlike verantwoordelikhede kan verskil afhangende van geslagsrolle (Mauno, Kinnunen, Rantanen, Feldt & Rantanen, 2012:121) en sodoende kan GRK lei tot probleme in ouerlike verantwoordelikhede.

 Konflik tussen die geslagsrolle in die hantering (of verskaffing) van finansies veroorsaak ʼn afname in ondersteuning in die huwelik (Hall, 2010:511).

 Daar is ʼn sterk korrelasie gevind tussen GRK en verskeie benaderings en sienings rondom seks en seksualiteit (O’Neil, 2013b:493), wat tot moontlike probleme in die huwelik kan lei – soos seksuele onaanpasbaarheid of huweliksontrou. Navorsing in hierdie verband toon egter aan dat seks in die huwelik die huweliksverhouding kan beïnvloed of bepaal (Pretorius, 2011:157).

 Daar bestaan ʼn sterk korrelasie tussen GRK en verslawings (Capraro, 2000:313).  GRK kan gesien word as ʼn voorspelling tot geweld (Amato, 2012:203) en kan dus lei

tot mishandeling (spesifiek op fisiese vlak). Verder is daar ook gevind dat GRK, tesame met sukses, mag en kompetisie, verband hou met fisies mishandelende gedrag (Schwartz, Waldo & Daniel, 2005:112).

Met die identifikasie van bogenoemde navorsing kan afgelei word hoe GRK en die verskeie oorsake van egskeidings mekaar kan beïnvloed en die een tot die ander kan lei. GRK kan dus beskou word as ʼn indringende probleem wat, alhoewel dit nie altyd sterk affek toon nie, in baie gevalle ʼn sekondêre oorsaak tot ander probleme kan wees. GRK kom egter nie altyd sterk na vore nie, maar kan onderliggende probleme sneller.

Navorsing aangaande die onderwerp van GRK is nog relatief jonk. Die eerste navorsing het begin met ʼn reeks teoretiese opstelle wat ontwikkel is in die laat 1970’s en gepubliseer is aan die begin van die 1980’s (O’Neil, 2013a). Die eerste van hierdie reeks is aangepak deur definisies en kort verduidelikings te gee rondom GRK, waar daar ook patrone van GRK geïdentifiseer is en uiteindelik voorstelle aan beraders en sielkundiges gegee is aangaande die sensitiwiteit van GRK (O’Neil, 1981:203). Daar is wel in die vroeë 1980’s twee ander navorsingsopstelle oor hierdie onderwerp geskryf deur dieselfde outeur (O’Neil, 2013a). Dit is onbekend waar en wanneer die term geslagsrolkonflik vir die eerste keer gebruik is,

(18)

alhoewel die ontwikkeling van navorsing daartoe duidelik uiteengesit kan word. Die feministiese beweging van die 1970’s het die onderdrukking van vroue geïdentifiseer as ʼn gevolg van beperkende geslagsrolsosialisering en seksisme (O’Neil, 1981:203). Hierdie beweging het dus klem gelê op geslagsrolle en kon moontlik reeds geklassifiseer word as GRK, alhoewel dit nie so genoem is nie. Uiteindelik het daar in die laat 1970’s en vroeë 1980’s navorsing gefokus op dieselfde onderwerp, maar tóé met die fokus op mans as die slagoffers van beperkende geslagsrolsosialisering en seksisme (O’Neil, 1981:203). Die wiel het dus totaal gedraai van die een uiterste na die ander. Met hierdie navorsing is GRK uiteindelik geïdentifiseer as ʼn gevolg van onbuigbare geslagsrolsosialisering en -seksisme (O’Neil, 1981:203).

In die 30 jaar wat op hierdie navorsing (van die vroeë 1980’s) volg, het daar ʼn noemenswaardige toevoeging plaasgevind in die navorsing oor hierdie onderwerp, waar daar meer as 350 studies daaroor gedoen is deur gebruik te maak van die geslagsrolkonflik-skaal (vgl. O’Neil, 2013b:490). Hierdie skaal is reeds in 1986 ontwikkel en word gebruik om patrone van GRK te evalueer (O’Neil, Helms, Gable, David, Wrightsman, 1986:335). In hierdie 30 jaar het daar verskeie onderwerpe en fokuspunte rondom GRK na vore gekom, waarvan die meerderheid op mans gefokus is. Die bekendste fokuspunt van GRK is die navorsing aangaande die verhouding tussen mans se GRK en hulle houding om (psigologiese of professionele) hulp te soek (Good, Dell & Mintz, 1989:295; Wisch, Mahalik, Hayes & Nutt, 1995:77; Berger, Levant, McMillan, Kelleher & Sellers, 2005:73; Pederson & Vogel, 2007:373; Shepherd & Rickard, 2012:379; Mudd, 2013). Verdere fokuspunte van GRK is byvoorbeeld die verhouding tussen GRK en psigologiese welstand (Sharpe & Heppner, 1991:323; Burke, 2000), die verhouding tussen GRK en psigologiese angs (Liu, Rochlen & Mohr, 2005:137; Wester, Christianson, Vogel & Wei, 2007:215; Mudd, 2013) en die verhouding tussen GRK en depressie (Good & Mintz, 1990:17; Lukács & Túry, 2008:39).

Alhoewel GRK-navorsing ʼn relatief jong navorsingsveld is, is daar reeds heelwat navorsing gedoen aangaande GRK in die huwelik/familie (Mintz & Mahalik, 1996:805; DeFranc & Mahalik, 2002:51; Breiding, 2004:429; Windle & Smith, 2009:245; Baker, Robertson & Connelly, 2010:319). Die leemte wat daar wel met hierdie navorsing na vore gebring word, is dat die navorsing slegs fokus op een van die partye in die huwelik (gewoonlik die man/pa). In Genesis 2:22-24 vind ons dat die huwelik man en vrou een maak. Om dan dus te fokus op slegs een van die persone in die huwelik, kan daartoe lei dat die eenheid van die huwelik afgeskeep word. Daar is reeds gesien dat navorsing aangaande GRK in die psigologie en ander navorsingsvelde (soos sosiologie en filosofie) gedoen is (vgl. Wolfram, Mohr & Borchert, 2009:114; Capraro, 2000:307; Marini, 1990:95; Varvel, 2009). Daar is selfs navorsing wat geloof (of spiritualiteit) met GRK verbind (Mahalik & Lagan, 2001:24; Jurkovic & Walker,

(19)

2006:27). Waar daar wel ʼn tekort is, is navorsing aangaande GRK, maar wat uit ʼn Christelike sienswyse gedoen is. Daar is dus ʼn tekort aan GRK-navorsing in die teologie en pastorale studies.

As gevolg van hierdie leemtes in die spesifieke navorsingsveld, is die fokus op hierdie onderwerp in die verhandeling: GRK tussen egpare in ʼn jong huwelik, uit ʼn pastorale oogpunt. Hierdie verhandeling pas in by die navorsing aangaande GRK in die huwelik, maar terselfdertyd is die fokus teologies van aard en word daar vanuit ʼn Christelike oogpunt daarna gekyk. Ten spyte van die groot magdom navorsing wat tans handel oor mans se GRK, word daar beweeg na ʼn ruimte waar beide die man en vrou die fokuspunt word.

3.4.

Pastorale berading

Navorsing bevestig dat daar nie net ʼn duidelike verskil is in ʼn groot hoeveelheid biologiese en psigososiale gebiede nie, maar ook in die geestesgesondheidsveld (Schwartz, Lent & Geihsler, 2011:347). Dit is egter baie belangrik om te besef dat die pastorale berader nie kan berading doen sonder om die beradene(s) se geslag in ag te neem nie. Dit is waarskynlik ʼn onvermydelike stereotipe wat altyd in berading teenwoordig sal wees. Schwartz et al. (2011:355) verduidelik verder dat geslagstereotipes kan help om die berader se persepsie te vorm, maar dat dit ook ʼn valse invloed na vore kan bring. Dit sou beteken dat terwyl die pastorale berader hierdie onvermydelike stereotipering rondom geslag het, moet daar steeds vermy word om aannames te maak wat moontlik vals of ongeldig kan wees, of kan lei tot verdere konflik tussen die egpaar. Terwyl die pastorale berader dus in huweliksberading kon hulp verskaf rondom GRK, moet die berader daarteen waak om nie self GRK toe te pas nie. Die pastorale berader word in hierdie sin egter reeds vooraf gesien as die leier-deur-voorbeeld. Uiteindelik is dit baie belangrik vir die berader om op ʼn onpartydige manier berading te gee aan eggenote wat moontlik probleme het met GRK. Daarom moet die berader verseker wees van voldoende kennis rondom GRK, sodat die egpaar ook daarin gelei kan word.

3.5.

Elektroniese databasissoektog

Die voorafgaande navorsing is gevind deur ʼn uitgebreide biografiese soektog op die volgende databasisse: SAePublications, ATLA Religion Database, EBSCOHOST, NEXUS en die NWU Biblioteekkatalogus.

Die grootste bydrae is gevind uit die psigologie, waar daar ʼn magdom verskeidenheid navorsing aangaande die onderwerp (GRK) gedoen is. Verder is daar enkele navorsing gevind wat handel oor die verhouding tussen GRK en geloof/spiritualiteit, asook navorsing wat

(20)

geslagsrolle vanuit die Skrif bestudeer. Alhoewel daar ʼn verskeidenheid navorsing aangaande GRK in die huwelik (spesifiek met die fokus op die man) gevind is, is daar geen studies gevind in hierdie verband wat uit ʼn Christelike (of pastorale) perspektief gedoen is nie.

4. Navorsingsvraag

Die oorkoepelende navorsingsvraag wat afgelei word uit die voorafgaande probleemstelling, kan soos volg verwoord word:

“Watter rol speel geslagsrolkonflik in die verhouding tussen pasgetroudes en hoe behoort die pastorale berader hulle hierin te begelei?”

Uit hierdie navorsingsvraag word die volgende subvrae afgelei:

 Wat openbaar ʼn empiriese studie oor die invloed van GRK in pasgetroudes se huwelik?

 Wat kommunikeer reeds bestaande literatuur aangaande die invloed van GRK?  Hoe behoort GRK in die huwelik hanteer te word in die lig van die Skrif?

 Watter riglyne kan tydens pastorale berading gevolg word om pasgetroudes te begelei in GRK?

5. Doelwit en doelstellings

5.1.

Doelwit

Die navorsingsvraag kan beantwoord word deur die volgende doelwit te bereik:

Die doelwit van die studie is om riglyne aan die pastorale berader te verskaf, sodat hy/sy op die regte wyse huweliksberading kan verskaf aan egpare wat worstel met GRK.

5.2.

Doelstellings

Die doelwit kan bereik word deur die volgende doelstellings:

 Om vas te stel wat ʼn empiriese studie openbaar aangaande die invloed van GRK in pasgetroudes se huwelik.

 Om te bepaal wat reeds bestaande navorsing sê aangaande die invloed van GRK.  Om Skrifperspektiewe te ondersoek wat leiding verskaf aangaande die hantering van

GRK in die huwelik.

 Om strategieë te formuleer wat in berading geïmplementeer kan word, met die doel om effektiewe huweliksberading te verskaf aan pasgetroudes wat probleme het met GRK.

(21)

6. Sentrale teoretiese argument

Die sentrale teoretiese argument van die studie is dat pasgetroudes wat worstel met GRK, begelei kan word tot ʼn gesonde Christus-gesentreerde huwelik, deur beter begrip oor GRK te kry en effektiewe pastorale berading aan hulle te verskaf.

7. Metodologie

7.1.

Vertrekpunte

Hierdie verhandeling word benader uit ʼn reformatoriese teologiese invalshoek. Dit beteken dat die outeur sy vertrekpunt in die Skrif neem as die enigste bron van kennis vir die manier waarop God Hom in sy Woord openbaar (Pieterse, 2013:55). Die navorser aanvaar die Skrif as die waarheid en aanbid die Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees. Die navorser noteer egter nie bloot oor die geloof nie, maar neem aktief deel aan God se heerskappy, as volgeling van die lewende God. Verder word die hermeneutiese vertrekpunt op die volgende wyse benader (Breed, 2013:235-239):

 Die data in die studie word geïnterpreteer “vanuit die oortuiging dat die mens wat groeiend aan sy skeppingsdoel beantwoord, ook as gebalanseerde mens met vrede en vreugde in alle fasette van sy lewe sal kan leef”.

 “Die Woord van God is die openbaring van die waarheid vir die lewe”.  “God is met ʼn onkeerbare proses in sy uitverkorenes se lewe besig”.  “God is die geopenbaarde en tog onbegryplike God”.

 “Die Heilige Gees alleen kan sowel die pastor as die beradene in die volle waarheid lei”.

 “Die integrasie van intellektuele kennis ... is ʼn geskenk van God en berus op die feit dat God se nabyheid vir die persoon wat pastoraal begelei word, ʼn werklikheid word”.  “Hoop speel ʼn kardinale rol in enige berading”.

7.2.

Metode

Tesame met die inagneming van voorafgaande vertrekpunte, word hierdie verhandeling benader deur die interpretasie van Osmer (2008) se vier kerntake van praktiese teologiese interpretasie. Hierdie model poog om vier vrae te beantwoord, elk wat handel oor ʼn spesifieke taak (Osmer, 2008:4). Osmer (2008:4) se model kan deur die volgende tabel opgesom word:

(22)

Taak: Die deskriptiewe-empiriese taak Die interpretatiewe taak Die normatiewe taak Die pragmatiese taak Beskrywing: Die versameling van informasie, wat ons help om

te onderskei tussen patrone en

dinamika van die betrokke situasie.

Ondersoek teorieë, wat ons

help om die betrokke situasie beter te

begryp.

Die gebruik van teologiese konsepte om die betrokke situasie beter te interpreteer en sodoende etiese norme te konstrueer. Bepaal strategieë van

aksie wat die betrokke situasie op ʼn positiewe wyse

sal beïnvloed.

Vraag: Wat gaan aan? Hoekom gaan dit aan?

Wat behoort aan te gaan?

Hoe behoort ons te reageer? Osmer (2008:11) se model kan uiteindelik dan soos volg visueel voorgestel word:

Die visuele voorstelling kan gesien word as ʼn spiraal, eerder as ʼn sirkel, waar daar telkens teruggesirkel word na die take wat reeds ondersoek is (Osmer, 2008:11). Elke taak het dus nie ʼn spesifieke tyd van afhandeling nie. Alhoewel daar ʼn spesifieke volgorde kan wees waarin die take aangepak word – eerste deskriptief-empiries, tweede interpreterend, derde normatief, vierde pragmaties – is hierdie volgorde nie noodwendig vas nie. Daar kan egter reeds ʼn volgende taak ondersoek word, voordat ʼn vorige taak afgehandel (of selfs begin) is. Wat wel in gedagte gehou behoort te word, is dat elke taak, alhoewel dit afsonderlik kan staan, tog deel uitmaak van ʼn geheel wat nie verdeel kan word nie. Elke taak het dus ʼn invloed op die ander take en word voortdurend ontwikkel soos die ander take ontwikkel word. Hierdie verhandeling word dan ook op hierdie wyse benader.

Deskriptief-empiries

Interpreterend Pragmaties

(23)

7.3.

Prosedure

Elkeen van die vier take gaan uiteindelik ʼn hoofstuk in hierdie verhandeling vorm, met die doel om elke keer die betrokke vraag te beantwoord en sodoende die doel van die studie te bereik. Hierdie hoofstuk sal dien as die eerste hoofstuk en inleiding tot hierdie vier hoofstukke en daar sal afgesluit word met ʼn samevattende hoofstuk. Elkeen van die vier hoofstukke volg sy eie unieke prosedure.

Die tweede hoofstuk, in ʼn poging om die vraag “Wat gaan aan?” te beantwoord, behels ʼn empiriese studie. Vir die doeleindes van hierdie studie sal die empiriese studie bestaan uit vraelyste wat aan vyf egpare (totaal tien persone) verskaf word om te beantwoord. Hierdie eggenote moet nog nie langer as vyf jaar getroud wees nie. Die vraelyste bestaan uit ʼn reeks vrae, elk met die doel om beide die man en vrou se begrip en siening rondom GRK te toets. Die vraelyste is selfverduidelikend, aangesien dit per e-pos gestuur word. Die vraelyste vorm deel van kwalitatiewe navorsing en bestaan dus uit lang vrae, wat deur kort opstelle beantwoord behoort te word. Die persone wat die vraelyste voltooi, word wel die geleentheid gegee om vrae te vra per e-pos. Die antwoorde op hierdie vraelyste word dan geëvalueer en bestudeer om gepaste gevolgtrekkings te maak aangaande die situasie. Al die verwerkte inligting word in hierdie hoofstuk verskaf, terwyl daar ook telkens kort interpretasies gegee word.

Die derde hoofstuk, in ʼn poging om die vraag “Hoekom gaan dit aan?” te beantwoord, ondersoek verskeie teorieë om die tweede hoofstuk beter te interpreteer. Al die bevindinge van die tweede hoofstuk word egter weer in fokus geplaas en verder bespreek en geïnterpreteer deur die gebruik van ander teorieë en navorsing (veral vanuit die psigologie, sosiologie en antropologie), met die doel om verdere begrip te kry aangaande die bevindinge. Die doel van hierdie hoofstuk is nie om die gevolgtrekkings in die tweede hoofstuk te evalueer nie, maar eerder om verdere begrip te kry.

Die vierde hoofstuk, in ʼn poging om die vraag “Wat behoort aan te gaan?” te beantwoord, ondersoek die Skrif om riglyne rondom die betrokke saak te bepaal. Om hierdie verhandeling werklik met ʼn reformatoriese invalshoek te benader, behoort die outeur die Skrif hermeneuties te bestudeer om sodoende die betrokke riglyne in verband met ʼn huwelik te kan identifiseer. Vir die doel van hierdie verhandeling gaan die riglyne van Janse van Rensburg (2011) gevolg word. In Janse van Rensburg (2011) word daar 26 stappe gevolg in preekgeboorte, maar vir die doel van hierdie verhandeling sal slegs 16 van hierdie stappe van eksegese gebruik word. Die Skrif word ook bestudeer met die hulp van kommentare en ander hulpbronne (soos

(24)

leksikons), soos vereis in Janse van Rensburg (2011). Die volgende Skrifgedeeltes sal bestudeer word:

 Genesis 1:26-31: “Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld ... God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep ... Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. Dit het aand geword en dit het more geword. Dit was die sesde dag”.

 1 Korintiërs 11:8-12: “Die man is nie uit die vrou geneem nie, maar die vrou uit die man ... Tog het die Here bepaal dat die vrou nie sonder die man sal bestaan nie, en die man nie sonder die vrou nie, want soos die vrou uit die man geneem is, so kom die man deur die vrou in die wêreld, maar alles is uit God”.

 Galasiërs 3:26-29: “Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God ... Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie; in Christus Jesus is julle almal één. En as julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die belofte van God”.

 Efesiërs 5:21-33: “Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig. Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is. Die man is die hoof van die vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Christus is ook die Verlosser van die liggaam, sy kerk ... Elkeen moet sy vrou so lief hê soos hy homself liefhet, en ʼn vrou moet aan haar man eerbied betoon”.

Die vyfde hoofstuk, in ʼn poging om die vraag “Hoe behoort ons te reageer?” te beantwoord, ondersoek moontlike strategieë om positiewe verandering aan die probleem te bring. Daar word dus gepoog om die riglyne van die Skrif toe te pas. Daar word ook gepoog om al die bevindinge van die vorige hoofstukke te integreer, met die doel om strategieë te ontwikkel wat ʼn pastorale berader kan gebruik tydens huweliksberading om effektief berading te kan verskaf aan eggenote wat moontlik probleme het met GRK. Hierdie strategieë sal visueel voorgestel word in ʼn diagram, met die doel om implementering te vergemaklik. Hierdie hoofstuk fokus nie net op die berader self nie, maar stel ook moontlike strategieë voor vir die beradenes om GRK beter te hanteer of selfs in die toekoms te voorkom.

(25)

8. Tegniese aspekte

In hierdie studie word daar sekere terme gebruik wat vooraf aandag verdien, met die doel om te verseker dat daar deur die gebruik van hierdie terme duidelikheid is aangaande die betekenis daarvan. Die volgende terme verdien veral aandag:

 “deelnemers” – hierdie term word gebruik om spesifiek te verwys na die persone (manlik en vroulik) wat gebruik is in die empiriese fase van hierdie studie as komponent van die navorsing van GRK in hul lewens.

 “egpaar” – hierdie term kan in wisselwerking gebruik word met die term “deelnemers”, aangesien die deelnemers ingesluit word, alhoewel die term nie beperk is tot die deelnemers nie. Die term sluit egter enige twee persone in wat getroud is.

 “eggenoot” – hierdie term kan in wisselwerking gebruik word met die bogenoemde terme in meervoudvorm “eggenote”, maar in enkelvoudvorm word daar slegs na ʼn enkele persoon verwys wat getroud is.

 “mens” – hierdie term verwys na die mensdom in geheel, waar almal ingesluit word. Terwyl hierdie term nie geslagspesifiek is nie, kan dit gebruik word as ʼn geslagsvorm (bv. hom). In hierdie geval verwys die term nie slegs na mans of slegs na vrouens nie, maar dien steeds as versamelnaam vir alle mense, ongeag van geslag.

9. Etiese oorwegings

In verband met die vraelyste wat aan die deelnemers gegee word, tesame met die e-pos gesprekke wat met die deelnemers gevolg word, word die riglyne van die Etiekkomitee van die NWU gevolg (2008) wat onder andere insluit dat die deelnemers se waardes ten alle tye as belangrik geag word en daar word gepoog om op geen wyse skade aan die deelnemers te bring nie (http://www.nwu.ac.za/sites/www.nwu.ac.za/files/files/i-research-support/documents/Web_Docs/Info%20Etiek%20handleiding%20afr.pdf). Die deelnemers word op geen wyse vergoed vir hul deelname nie en word ook nie gedwing om aan die studie deel te neem nie; die deelnemers het dus die reg om enige tyd uit die studie te onttrek. Verder word daar ʼn nommer toegeken vir elke deelnemer/egpaar (eerder as om hul name te gebruik), met die doel om die persone se identiteit en privaatheid te beskerm.

(26)

10. Hoofopskrifindeling

Hoofstuk 1: Inleiding

Hoofstuk 2: Empiriese ondersoek van GRK Hoofstuk 3: Interpretatiewe ondersoek van GRK Hoofstuk 4: Skrifperspektiewe rakende GRK

Hoofstuk 5: Pastorale berading van egpare wat worstel met GRK Hoofstuk 6: Samevatting en gevolgtrekkings van bevindinge Bronnelys

(27)

11. Skematiese voorstelling van die studie

Navorsingsvrae Doelwit en doelstellings Metodologie

Watter rol speel geslagsrol-konflik in die verhouding tussen pasgetroudes en hoe behoort die pastorale berader hulle hierin te begelei?

Die doelwit van die studie is om riglyne aan die pastorale berader te verskaf, sodat hy/sy op die regte wyse huweliksberading kan verskaf aan eggenote wat probleme het met GRK.

Hierdie verhandeling word benader deur die

interpretasie van Osmer (2008) se vier kerntake van praktiese teologiese interpretasie. Elk van die take poog om ʼn vraag te beantwoord, naamlik.:  Wat gaan aan?

(Deskriptief-empiriese taak)

 Hoekom gaan dit aan? (Interpreterende taak)  Wat behoort aan te

gaan?

(Normatiewe taak)  Hoe behoort ons te

reageer?

(Pragmatiese taak) Wat openbaar ʼn empiriese

studie oor die invloed van GRK in pasgetroudes se huwelik?

Om vas te stel wat ʼn empiriese studie openbaar aangaande die invloed van GRK in pasgetroudes se huwelik.

Empiriese studie. Kwalitatiewe metode waaruit vraelyste aan pasgetroudes verskaf word, met die doel om te verstaan wat die egpaar verstaan onder GRK. Wat kommunikeer reeds

bestaande literatuur

aangaande die invloed van GRK?

Om te bepaal wat reeds bestaande navorsing sê aangaande die invloed van GRK.

Literatuurstudie. Verskeie teorieë word ondersoek om beter begrip rondom GRK te kry.

Hoe behoort GRK in die huwelik hanteer te word in die lig van die Skrif?

Om Skrifperspektiewe te ondersoek wat riglyne voorstel aangaande die hantering van GRK in die huwelik.

Skrifperspektiewe. Die Skrif word ondersoek om riglyne rondom GRK te bepaal.

Watter riglyne kan tydens pastorale berading gevolg word om pasgetroudes te begelei in GRK?

Om riglyne te formuleer wat in berading geïmplementeer kan word, met die doel om effektiewe huweliksberading te verskaf aan pasgetroudes wat probleme het met GRK.

Moontlike strategieë en riglyne word ondersoek om positiewe verandering tot die probleem van GRK te bring.

(28)

Hoofstuk 2: Empiriese ondersoek van GRK

1. Inleiding

In hierdie hoofstuk word die empiriese taak uiteengesit, waarna in Osmer (2008) se model verwys word as die priesterlike luister (“priestly listening”). Alhoewel daar nie letterlik geluister is in die streng sin van die woord nie, het die priesterlike luister wel ʼn belangrike rol gespeel tydens die navorsingsproses. Kom ons stel vir ʼn oomblik voor dat alle navorsing ʼn gesprek voorstel. Elke navorser sal dan sy/haar betrokke siening stel op sy/haar metode van redenasie. Op hierdie wyse beredeneer verskeie navorsers met mekaar, op formele wyse, wat die eindpunt of gevolgtrekking van verskeie resultate sou wees. Breed (2013:227) verduidelik hierdie konsep deur die mens te beskryf as “ʼn wese in gesprek”. Breed (2013:228-229) brei uit op hierdie konsep deur te verduidelik dat die mens in gesprek is met God, met die skepping, met sy medemens en uiteindelik ook met homself. Die klimaks van Breed (2013:229) se konsep word dan uiteindelik weerspieël in die volgende stelling: “Wanneer navorsing gedoen word oor die pastoraat, is dit noodsaaklik dat die werklikheid van hierdie gesprek in berekening gebring word”. Die fokus van navorsing is dus om, in die konteks van die mens as ʼn wese in gesprek, te poog om die werklikheid van die gesprek te bepaal. Breed (2013:230) sluit die bespreking van hierdie konsep af deur te sê dat die “navorsing oor die aard van hierdie gesprek ... ʼn noodsaaklike deel van pastorale navorsing (is)”. Hierdie verduideliking van Breed is dan juis wat die empiriese taak in hierdie navorsing verteenwoordig – om die aard van die gesprek, tesame met die werklikheid daarvan, te begryp. Die gesprek in hierdie konteks weerspieël elke deelnemer se antwoord op die verskeie vrae, asook die navorser se interpretasie van daardie antwoorde. Die interpretasie van die antwoorde word in Hoofstuk 3 bespreek, alhoewel dit reeds deur die verloop van Hoofstuk 2 in ag geneem moet word.

Die empiriese taak begin deur ʼn uiteensetting van die navorsingsplan te gee, met die doel om die leser ʼn oorsig van die navorsing te gee. Daarop volg die uiteensetting van die resultate en uiteindelik die bespreking van die resultate.

2. Navorsingsplan

Die navorsingsplan behels ʼn uiteensetting van die mense wat ondersoek word (steekproef), die spesifieke metodes wat gebruik is om data in te samel (navorsingsontwerp) en die opeenvolging van stappe wat gevolg word om die navorsing uit te voer (navorsingstappe) (Osmer, 2008:53).

(29)

2.1.

Steekproef

Die steekproef word hoofsaaklik bepaal deur die doel van die navorsing (Osmer, 2008:53). Die doel van die navorsing in hierdie verband vereis dat deelnemers getroud moet wees, en meer spesifiek getroud vir minder as vyf jaar. Dus is slegs deelnemers oorweeg wat wettig getroud is vir minder as vyf jaar, alhoewel die tipes huwelik (burgerlike huwelik, burgerlike verbintenis en gebruiklike huwelik) nie gespesifiseer is nie. Deelnemers wat voorheen getroud was, is ook oorweeg, solank die huidige huwelik minder as vyf jaar duur. Verder is al die deelnemers wit, Afrikaanssprekende persone. Nie al die deelnemers volg ʼn beroep nie en dus maak die deelnemers deel uit van verskillende ekonomiese groepe.

2.1.1. Steekproefneming

Die oorspronklike idee van die studie was om gebruik te maak van willekeurige steekproefneming, waar deelnemers lukraak gekies is. Volgens Robinson (2014:32) word hierdie vorm van steekproefneming in verskeie gevalle verwar met ʼn ander vorm van steekproefneming. Robinson (2014:32) stel dat wanneer daar tipies ʼn nabygeleë bron van potensiële deelnemers genader word, dit nie meer as willekeurige steekproefneming gesien kan word nie; dit is dan gerieflikheidsteekproefneming (“convenience sampling”). Gerieflikheidsteekproefneming funksioneer deur gerieflike gevalle te vind wat voldoen aan die kriteria en dan daardie persone te kies wat eerste reageer tot die steekproefgrootte vol is (Robinson, 2014:32). In hierdie studie is deelnemers uiteindelik gekies op grond van ʼn gerieflikheidsteekproefneming, as gevolg van hulle gerieflike toeganklikheid tot die navorser. Uiteindelik is sewe persone gekontak, tesame met hul eggenote (totaal 14 persone), om deel te neem aan hierdie studie. ʼn Totaal van vier antwoordstelle is nie gebruik nie, a.g.v. ʼn tekort aan inligting verskaf of ander persoonlike redes verskaf deur die betrokke deelnemers. Dus word daar slegs die totaal van vyf egpare (tien deelnemers) se antwoordstelle gebruik in hierdie studie.

2.1.2. Deelnemerbenaming

Daar is aan elke deelnemer ʼn kode toegeken in die formaat: A1, A2, B1, B2, ens, waar die letter in die kode eggenote met mekaar verbind en die getal verwys na die geslag (1 is die man en 2 is die vrou). Alhoewel die fokus in hierdie studie op die eggenote is, word elke persoon steeds gesien as ʼn individu. Met bogenoemde in gedagte, moet daar onthou word dat individue in hierdie studie verbind is aan hulle eggenoot, juis as gevolg van die fokus in die studie. Dus word daar verskeie kere verwys na eggenote (2 individue), eerder as elke individu op sy/haar eie.

(30)

2.2.

Navorsingsontwerp

Die navorsingsontwerp is die beskrywing van die spesifieke prosedures wat gebruik is om data in te samel en word bepaal deur die strategie van ondersoek wat gebruik is vir die navorsing (Osmer, 2008:54). In hierdie verband is vraelyste gebruik om ʼn beter begrip te kry van die betrokke deelnemers se siening en ervaring van geslagsrolkonflik.

2.2.1. Vraelysstruktuur

Die vraelyste begin deur ʼn kort beskrywing aangaande geslagsrolle en geslagsrolkonflik te verskaf, met die doel om te verseker dat deelnemers ʼn ingeligte opinie kan lewer in die vraelys. Die eerste vyf vrae in die vraelys is kort vrae, waarop deelnemers met ʼn eenvoudige ja/nee antwoord kan beantwoord, bloot om te bepaal wat hulle kennis rondom geslagsrolkonflik is. Daarop volg agt langer, besprekingsvrae, wat van deelnemers verwag om uit te brei op hulle antwoorde en só hul eie ervaring te deel. Die volledige vraelys verskyn in Bylaag B.

2.2.2. Kwantitatiewe navorsing

Volgens Creswell (1994:1-2) word ʼn kwantitatiewe studie gesien as ʼn ondersoek na ʼn sosiale of menslike probleem gebaseer op die toets van ʼn teorie wat bestaan uit veranderlikes, en wat gemeet word met getalle en ontleed word met statistiese prosedures ten einde te bepaal of die voorspelbare veralgemenings van die teorie bewys kan word. ʼn Meer onlangse bron stel dat die navorser in kwantitatiewe navorsing spesifieke, nou navorsingsvrae vra of hipoteses formuleer oor die veranderlikes wat geobserveer of gemeet kan word (Fouché & Delport, 2013:64). Die steekproefgrootte is gewoonlik baie groot en deelnemers word willekeurig gekies uit die groter populasie met die doel om die resultate ten opsigte van daardie populasie te veralgemeen (Fouché & Delport, 2013:64).

Alhoewel daar elemente van kwantitatiewe navorsing na vore kom in hierdie studie, is die statistiese prosedures en steekproefgrootte onvoldoende om die studie te klassifiseer as kwantitatiewe navorsing. Die antwoorde wat deelnemers op die kort vrae verskaf het, word statisties voorgestel, maar word nie direk van toepassing gemaak op die groter bevolking nie en word slegs gebruik as interpretasie van die langer vrae wat daarop volg.

2.2.3. Kwalitatiewe navorsing

Volgens De Vos en Strydom (2013:31) word konsepte en konstrukte vir die kwalitatiewe navorser gesien as betekenisvolle woorde wat in hul eie reg ontleed kan word om ʼn beter begrip te kry van ʼn spesifieke gegewe konsep. ʼn Studie is kwalitatief as die doel van die studie primêr daarop gerig is om ʼn situasie, verskynsel, probleem of gebeurtenis te beskryf,

(31)

terwyl die inligting versamel word deur die gebruik van veranderlikes op nominale of ordinale vlak, asook ontleding gedoen word om die variasie in die situasie, verskynsel of probleem te vestig, sonder om dit te kwantifiseer (Kumar, 2005:12). Kortliks kan kwalitatiewe navorsing gesien word as ʼn in-diepte waarneming van menslike gedrag, tesame met die redes vir daardie gedrag.

Die antwoorde wat deelnemers verskaf het op die lang vrae, word geïnterpreteer in terme van kwalitatiewe navorsing. Die lang vrae is opgestel as oop vrae, waarop deelnemers hulle eie interpretasie en gevoelens kan deel. Elke deelnemer se antwoord sal dus verskil en uniek wees, alhoewel daar wel ʼn patroon van antwoorde kan ontstaan of herhaling kan wees. Die doel van die lang vrae (as kwalitatiewe vrae) is om ʼn in-diepte begrip van die deelnemers se gedrag rondom die invloed van geslagsrolkonflik in hulle huwelik te vorm. Hierdie doel sluit uiteindelik aan by die doelwit van hierdie studie om riglyne aan pastorale beraders te verskaf, aangesien mens eers die kern van die probleem moet verstaan voor mens die probleem kan aanpak.

2.2.4. Gemengde-metode navorsing

Gemengde-metode navorsing maak gebruik van beide kwantitatiewe en kwalitatiewe benaderings (Fouché & Delport, 2013:66). In gemengde-metode navorsing komplementeer die kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing mekaar en lei dit tot ʼn vollediger en meer in-diepte analise en verstaan van ʼn komplekse navorsingsprobleem (Fouché & Delport, 2013:66). Om uit te brei daarop, verduidelik Delport en Fouché (2013:435) dat gemengde-metode navorsing die integrasie tussen kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsing behels en meer is as die blote insameling van beide kwantitatiewe en kwalitatiewe data. Gemengde-metode navorsing dui daarop aan dat data op een of ander stadium in die navorsingsproses geïntegreer word, in verband gebring word of gemeng word (Delport & Fouché, 2013:435).

Daar is reeds beweer dat die navorsing in hierdie studie onvoldoende is om geklassifiseer te word as kwantitatiewe navorsing en daarom gesien kan word as meer geneig tot kwalitatiewe navorsing. Aangesien daar gepoog word om ʼn in-diepte begrip van deelnemers se gedrag te versamel, kom die kwalitatiewe element ongetwyfeld sterk na vore. Met Delport en Fouché (2013:435) se verduideliking van gemengde-metode navorsing kan daar wel gewonder word of die studie nie gesien kan word as gemengde-metode navorsing nie, aangesien kwantitatiewe navorsing in verband met kwalitatiewe navorsing gebring kan word. In hierdie studie word die data nie gekwantifiseer nie, die steekproefgrootte is relatief klein, daar word gebruik gemaak van ʼn gerieflikheidsteekproefneming en die fokus is veral op die oop vrae – dus kan die studie nie geklassifiseer word as volledig gemengde-metode navorsing nie. Ten spyte van ʼn statistiese ontleding, sal die studie alleen gesien word as kwalitatiewe navorsing.

(32)

2.3.

Navorsingstappe

Die navorsingstappe behels dat daar deeglik gedink moet word oor detail van die navorsing en dit bevat veral die volgende stappe: data-insameling, datatranskripsie, data-analise en interpretasie en navorsingsbevindinge (Osmer, 2008:55-58). Die navorsingstappe poog dus om die leser te oriënteer rondom die stappe wat gevolg is vandat hierdie hoofstuk begin is tot die hoofstuk afgesluit is.

2.3.1. Data-insameling

Soos daar reeds gesien is, is daar gebruik gemaak van vraelyste om die data in te samel. Daar is vir elke deelnemer ʼn vraelys per e-pos gestuur. Die deelnemers het dan op geskrewe wyse die vrae beantwoord, waarop hulle die antwoorde aan die navorser per e-pos gestuur het. Die elektroniese weergawe van hierdie antwoordstelle word bewaar in ʼn branddigte kluis en is in besit van die NWU. Sien Bylaag B vir ʼn voorbeeld van hierdie vraelys.

2.3.2. Datatranskripsie

Die geskrewe antwoorde wat ontvang is as data-insameling, is dan verder getranskribeer in korter, eenvoudiger en akademiese taal. Deur fyn en noukeurige interpretasie van die geskrewe antwoorde is die antwoorde verkort om slegs te fokus op die belangrike elemente van die antwoord. Geen antwoord wat in hierdie verhandeling verskyn, is dus ʼn direkte aanhaling van enige deelnemer nie. Die antwoorde is, sover moontlik, gelys in die volgorde wat elke individu daardie betrokke vraag beantwoord het.

2.3.3. Data-analise en interpretasie

Die verwerkte transkripsie van antwoorde is dan hersien en in verband gebring met mekaar en met die geheel van elke individu, asook eggenote. Dus is al die antwoorde van ʼn individu vergelyk met mekaar en daarna die eggenote se antwoorde vergelyk met mekaar. Deur hierdie proses is verskeie deelnemers se vrae ook in verband gebring met mekaar. Die data is dan gekodeer in kleiner dele, om kategorieë te vorm waarin ooreenkomste en verskille aangeteken word.

2.3.4. Navorsingsbevindinge

Die navorsingsbevindinge is dan uiteindelik bespreek en geïnterpreteer om in die groter geheel van die navorsing sin te maak. Terwyl die vorige navorsingstappe onder “Resultate” noteer is, word die navorsingsbevindinge onder sy eie opskrif as “Bespreking” getranskribeer. By die bespreking word daar betekenis gevind in die resultate en word dit tot wyer interpretasie gestrek. Uiteindelik is daar ʼn voorlopige samevatting gegee, waarin sleutelaspekte uitgewys

(33)

word en dus oorweeg word vir verdere bespreking en inkorporering by die ander fasette van die studie om by die pragmatiese taak te kom.

3. Deelnemerprofiele

Voor die resultate weergegee word, gaan daar ʼn kort uiteensetting van die deelnemers gegee word. Daar gaan slegs elkeen se ouderdom gegee word, asook die duur van hulle huwelik. Hierdie inligting sal in die bespreking van toepassing gemaak word op die antwoorde wat die deelnemers gegee het, alhoewel dit belangrik is om van die begin af dit in ag te neem wanneer hierdie antwoorde bestudeer word. Deur vooraf hierdie inligting tot mens se beskikking te hê, stel dit jou in staat om meer begrip te hê aangaande daardie betrokke deelnemer se siening.

Deelnemerkode Ouderdom Duur van huwelik

Deelnemer A1 40 1 Jaar Deelnemer A2 29 Deelnemer B1 29 3 Jaar Deelnemer B2 29 Deelnemer C1 32 1 Jaar en 3 Maande Deelnemer C2 44 Deelnemer D1 28 4 Jaar en 8 Maande Deelnemer D2 28 Deelnemer E1 25 3 Maande Deelnemer E2 22

4. Resultate

4.1.

Kort vrae

4.1.1. Vraag 1

Vraag 1 het slegs bepaal hoeveel deelnemers vooraf geweet het wat geslagsrolkonflik is en vir hoeveel dit ʼn nuwe term is.

(34)

Die resultate vir Vraag 1 kan voorgestel word soos in Figuur 1:

Figuur 1: Hoeveelheid deelnemers wat geweet het wat geslagsrolkonflik is

In Figuur 1 is dit duidelik dat baie meer vrouens as mans geweet het wat geslagsrolkonflik is. ʼn Totaal van sewe persone het geweet wat geslagsrolkonflik is, waarvan twee mans en vyf vrouens is. Drie mans het egter nie geweet wat geslagsrolkonflik is nie.

4.1.2. Vraag 2

Vraag 2, as ʼn opvolg op Vraag 1, het gepoog om te bepaal hoeveel van die deelnemers, nadat hulle die inleiding gelees het, bewus is van die invloed wat geslagsrolkonflik op hulle huwelik kan hê. 0 1 2 3 4 5 6 Ja Nee Mans Vrouens

(35)

Die resultate van Vraag 2 kan voorgestel word soos in Figuur 2:

Figuur 2: Hoeveelheid deelnemers wat bewus is van die invloed wat geslagsrolkonflik op hulle huwelik kan hê

Figuur 2 stel duidelik voor dat alle deelnemers na die inleiding bewus is van die invloed wat geslagsrolkonflik op hulle huwelik kan hê. Die drie deelnemers wat nie geweet het wat geslagsrolkonflik is nie, het nou ʼn beter idee waaroor dit gaan.

4.1.3. Vraag 3

Vraag 3 het gepoog om te bepaal hoeveel deelnemers dink dat mans en vrouens gelyke rolle in die huwelik vervul.

0 1 2 3 4 5 6 Ja Nee Mans Vrouens

(36)

Die resultate vir Vraag 3 kan voorgestel word deur Figuur 3:

Figuur 3: Hoeveelheid deelnemers wat dink dat mans en vrouens gelyke rolle in die huwelik vervul

Die groot meerderheid (60%) van deelnemers dink dat mans en vrouens gelyke rolle in die huwelik vervul, terwyl 40% glo dat mans en vrouens nie gelyke rolle in die huwelik vervul nie. Figuur 3 stel ʼn duidelike ooreenstemming tussen mans en vrouens se siening aangaande die rolle in die huwelik.

4.1.4. Vraag 4

Vraag 4 het gepoog om te bepaal hoeveel deelnemers dink dat mans meer in staat is om sekere take te voltooi en vrouens meer in staat is om ander take te voltooi.

0 1 2 3 4 5 6 Ja Nee Mans Vrouens

(37)

Die resultate van Vraag 4 kan soos volg voorgestel word:

Figuur 4: Hoeveelheid deelnemers wat dink dat mans meer in staat is om sekere take te voltooi en vrouens meer in staat is om ander take te voltooi

Figuur 4 stel duidelik voor dat alle deelnemers (100%) dink dat mans meer in staat is om sekere take te voltooi, terwyl vrouens weer meer in staat is om ander take te voltooi.

4.1.5. Vraag 5

Vraag 5 het gepoog om te bepaal hoeveel deelnemers dink dat dit meer van pas is vir mans om handewerk buite die huis te doen en vir vrouens om ligter take binne die huis te verrig.

0 1 2 3 4 5 6 Ja Nee Mans Vrouens

(38)

Die resultate van Vraag 5 kan voorgestel word soos volg:

Figuur 5: Hoeveelheid deelnemers wat dink dat dit meer van pas is vir mans om handewerk buite die huis te doen en vrouens om ligter take binne die huis te verrig

In Figuur 5 word daar illustreer dat die groot meerderheid van deelnemers (80%) dink dat dit meer van pas is vir mans om handewerk buite die huis te doen en vrouens om ligter take binne die huis te verrig. Die oorblywende 20% wat dink dat dit nie so is nie, is beide vrouens.

4.2.

Lang vrae

Die lang vrae word geïllustreer deur die gebruik van tabelle, waar elke lang vraag in ʼn aparte tabel antwoorde met mekaar vergelyk. Die man se antwoord op die betrokke vraag sal eerste geïllustreer word in die tweede kolom, terwyl die vrou se antwoorde tweede geïllustreer word in die derde kolom. Elke verkorte, getranskribeerde antwoord word, sover moontlik, gelys in die volgorde wat die persoon dit genoem het.

4.2.1. Vraag 1

Vraag 1 se doel was om te bepaal of die deelnemers voorheen geslagsrolkonflik ervaar of veroorsaak het in sy/haar eie huwelik en hoe hy/sy dit hanteer het.

0 1 2 3 4 5 6 Ja Nee Mans Vrouens

(39)

Tabel 1 weerspieël die antwoorde wat verkry is op Vraag 1:

Tabel 1: Ervaring van geslagsrolkonflik in die huwelik

Deelnemer 1 - Man 2 - Vrou

A Ja.

Gesels oor probleem en middeweg gevind.

Ja.

Gesels oor probleem en oplossing gevind.

B Nee.

Is nie bewus daarvan nie.

Ja.

Gesels oor probleem en elkeen se verwagtinge van mekaar bespreek.

C Ja.

Eers baklei, dan gesels oor probleem en oplossing gevind.

Ja, veroorsaak.

Is baie selfstandig en neem maklik oor. Het gesels oor die probleem en oplossing gevind.

D Ja.

Opinies uitgeruil en van mekaar verskil. Gesels oor probleem en middeweg gevind.

Ja.

Van mekaar verskil.

Gesels oor probleem en middeweg gevind.

E Nee. Ja.

Eers baklei en toe normaal aangegaan. Wil hê man moet soms help met take.

In Tabel 1 kan daar gesien word dat 80% van die deelnemers bewus is van geslagsrolkonflik wat al plaasgevind het in hulle huwelik. Die 20% wat nie bewus is daarvan nie, is beide mans. Al die deelnemers wat bewus is van geslagsrolkonflik wat al plaasgevind het in hulle huwelik, het dit opgelos deur te gesels daaroor en ʼn oplossing (of middeweg) te vind.

4.2.2. Vraag 2

Vraag 2 se doel was om te bepaal watter take deelnemers meer van pas sien vir watter geslag. Die deelnemers is dus geleentheid gebied om beide take vir mans en vrouens neer te skryf.

(40)

Tabel 2 weerspieël die antwoorde wat verkry is op Vraag 2:

Tabel 2: Take meer van pas vir verskillende geslagte

Deelnemer 1 - Man 2 - Vrou

Man Vrou Man Vrou

A  Tuinwerk  Handewerk  Instandhouding van huis  Huistake  Kosmaak  Tuinwerk  Instandhouding van huis  Motors nasien  Huistake  Kruideniersware aankoop  Versorg gesin B  Tuinwerk  Instandhouding van huis  Braai skoonmaak  Vullis verwyder  Skottelgoed was  Kosmaak  Wasgoed was Geen. Geen. C  Tuinwerk  Instandhouding van huis  Motors nasien  Huistake  Wasgoed was  Kosmaak  Kruideniers ware aankoop  Skottelgoed was  Motors nasien  Instandhouding van huis  Tuindienste reël (Tuinwerk)  Vullis verwyder  Kruideniersware aankoop  Mediese versorging  Finansies D  Instandhouding van huis  Tuinwerk  Meubels skuif  Vullis verwyder  Kosmaak  Skottelgoed was  Wasgoed was  Huistake  Instandhouding van huis  Tuinwerk  Meubels skuif  Vullis verwyder  Kosmaak  Wasgoed was  Huistake E  Handewerk  Instandhouding van huis  Motors nasien  Skottelgoed was  Huistake  Wasgoed was  Kosmaak  Skottelgoed was  Motor nasien  Tuinwerk  Finansies  Huistake  Kruideniersware aankoop  Reëlings tref en goed onthou

(41)

Die resultate van Tabel 2 word in Figuur 6 en 7 voorgestel, met die doel om visueel te illustreer watter take meer van pas is vir watter geslag. Die mans se resultate sal in Figuur 6 geïllustreer word, terwyl die vrouens se resultate in Figuur 7 geïllustreer word.

Figuur 6: Persentasie take wat beskou word as meer van pas vir mans

Figure 7: Persentasie take wat beskou word as meer van pas vir vrouens

0% 10% 20% 30% 40% 50% 60% 70% 80% 90% 100% Mans 0% 10% 20% 30% 40% 50% 60% 70% 80% 90% 100% Vrouens

(42)

Figuur 6 toon aan dat Tuinwerk (70%) en Instandhouding van huis (80%) algemeen geassosieer word as take wat van pas is vir mans om te verrig. Vullisverwydering (40%) en Motors nasien (40%) word ook relatief hoog geassosieer met take wat van pas is vir mans. Die oorblywende 5 take: Handewerk (20%), Braai skoonmaak (10%), Meubels skuif (20%), Skottelgoed was (10%) en Finansies (10%), is take waar daar baie minder klem op gelê word by mans.

Figuur 7 toon aan dat Huistake (70%) en Kosmaak (50%) take is wat gesien word as die meeste van pas vir vrouens om te verrig. Skottelgoed was (40%), Wasgoed was (40%) en Kruideniersware aankoop (40%) is ook take wat relatief hoog geassosieer word met take wat van pas is vir vrouens. Die oorblywende 4 take: Versorg gesin (10%), Mediese versorging (10%), Finansies (10%) en Reëlings tref en goed onthou (10%), is take waar daar baie minder klem op gelê word by vrouens.

4.2.3. Vraag 3

Die doel van Vraag 3 was om te bepaal of die deelnemers soms take verrig wat hulle beskou as meer van pas vir die ander geslag. Die antwoorde van Vraag 3 word weerspieël in Tabel 3:

Tabel 3: Take meer van pas vir die ander geslag

Deelnemer 1 - Man 2 - Vrou

A Ja. Ja.

Beide werk – dus verrig elkeen verskeie take.

B Ja.

Was wasgoed. Maak kos.

Was skottelgoed.

Ja. Geniet dit.

Handewerk, verf of boor.

C Ja.

Was skottelgoed. Maak huis skoon. Maak bed op.

Ja. As gevolg van man se gestremdheid.

Tuin versorging reël.

D Ja.

Was skottelgoed. Help met huistake.

Ja. Wanneer man nie tyd kry nie. Gras sny (tuinwerk).

Vullis verwyder.

E Nee. Ja. Wanneer man nie tyd kry nie.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

The potentially moderating variable (importance of the compliment domain) was measured for the two groups that received a compliment.. of 50 different nationalities. No

F or our DG dis retisation we use a hierar hi onstru tion of H(curl) - onforming basis fun tions [1, 34℄, whi h satisfy the global de Rham diagram in the ontinuous nite..

[r]

The growth performance, carcass attributes, meat quality and fatty acid composition of crossbred steers fed Acacia mearnsii-based, Medicago sativa-based and Glycine max-based

Apart from the ranking built on fully indexed organizational data, we built rankings using 6 different sources of expertise evidence from the Global Web: Global Web Search, Re-

Voor u ligt de weergave van een onderzoek naar de mogelijkheden en correctheid van uitkomsten van een simulatietechnologie, ontwikkeld in de jaren 80 op Stanford University,

This article considered four broad categories of factors indicative in the classification of a debt reduction as a donation (inadequate consideration; gratuitous

In this article the lived experiences of Bangladeshi migrants in the spaces of the shop, the home, and the social in small town and township of South Africa were observed in