• No results found

Verband tussen kort en lang vrae van eggenote

Hoofstuk 2: Empiriese ondersoek van GRK

2. Navorsingsplan

5.2. Verband tussen kort en lang vrae van eggenote

Dit is belangrik om vooraf uit te lig dat al die deelnemers op die tweede kort vraag “Ja” beantwoord het en dus bewus is van die invloed wat GRK op hulle huwelik kan hê. Dit kan ʼn verduideliking wees oor die ooreenstemming in Vraag 8 van die lang vrae, dat 80% van die deelnemers wil gesels oor die probleem en ʼn verdere 10% tot ʼn ooreenkoms wil kom. Die oorblywende 10% sê hulle het reeds ʼn goeie balans waar hulle gesels oor die probleem. Dus is die groot meerderheid bewus van die invloed van GRK en sal met hulle huweliksmaat wil gesels as/wanneer dit ʼn probleem is.

5.2.1. Deelnemers A1 en A2

Deelnemer A1 het nie vooraf geweet wat GRK was nie, maar toe daar vir hom gevra is of hy al GRK ervaar/veroorsaak het in sy huwelik, toe sê hy wel “Ja”. Dit kan egter beteken dat Deelnemer A1 tydens die geval nie noodwendig geweet het wat die benaming daarvoor is nie of nie besef het wat gebeur nie. By die derde kort vraag sê Deelnemer A1 dat mans en vrouens gelyke rolle in die huwelik vervul en by Vraag 4 van die lang vrae sê hy dat daar geen vaste verdeling van take is nie. Die feit dat daar geen vaste verdeling van take is nie, kan ʼn gevolg wees daarvan dat hy sê dat mans en vrouens gelyke rolle in die huwelik vervul, aangesien hulle nie mekaar wil benadeel deur die vaste verdeling nie. By Vraag 6 van die lang vrae sê hy ook dat dit beide die man en vrou se verantwoordelikheid is om saam groot besluite in die huwelik te neem, wat hulle gelyke rolle verder bevestig. By die vierde kort vraag sê Deelnemer A1 dat hy dink dat mans meer in staat is om sekere take te voltooi terwyl vrouens meer in staat is om ander take te voltooi. By Vraag 3 van die lang vrae sê hy weer dat hy soms take verrig wat hy sien as meer van pas vir ʼn vrou en brei uit daarop deur te sê dat elkeen verskeie take moet doen, aangesien albei werk. Dit kan egter beteken dat hy ʼn spesifieke taak verrig as gevolg van ʼn tekort aan tyd, maar hy voel eintlik dat sy vrou meer in staat is om dit te verrig of dat hy beter ander take kan verrig. Deelnemer A1 sê ook by die vyfde kort vraag dat hy dink dit is meer van pas vir mans om handewerk buite die huis te doen en vir vrouens om ligter take binne die huis te verrig. Dit kan ʼn verdere uitbreiding op Vraag 3 van die lang vrae wees, aangesien hy moontlik daardie taak sien as meer van pas vir ʼn vrou (binne die huis). Hierdie kort vraag is ook ʼn direkte weerspieëling van Deelnemer A1 se

antwoord by Vraag 2 van die lang vrae, aangesien die take wat gelys word onder “Mans” tipiese handewerk buite die huis is, terwyl die take wat gelys word onder “Vrouens” tipiese ligter take binne die huis is.

Deelnemer A2 het vooraf geweet wat GRK is en het ook al GRK ervaar/veroorsaak in haar huwelik. By die derde kort vraag sê Deelnemer A2 dat sy dink mans en vrouens het nie gelyke rolle in die huwelik nie. By Vraag 4 van die lang vrae stem sy wel saam met haar man (A1) dat daar geen vaste verdeling van take is nie. Dit is dus moeilik om by Deelnemer A1 te bevestig dat daar geen vaste verdeling van take is nie, as gevolg van die gelyke rolle, aangesien Deelnemer A2 nie dink dat mans en vrouens gelyke rolle in die huwelik vervul nie. Deelnemer A2 brei wel daarop uit deur te sê dat die rede vir geen vaste verdeling nie, is omdat tyd ʼn faktor is as gevolg van hulle beide wat werk en dus moet albei partye verskillende take verrig. Verder stem sy saam met haar man by Vraag 6 van die lang vrae dat dit beide partye se verantwoordelikheid is om groot besluite te neem, ten spyte daarvan dat hulle nie gelyke rolle vervul nie. By die vierde kort vraag sê Deelnemer A2 dat sy dink dat mans meer in staat is om sekere take te voltooi en vrouens meer in staat is om ander take te voltooi. By Vraag 3 van die lang vrae sê sy dan dat sy wel take verrig wat meer van pas is vir die ander geslag, maar dat dit is omdat albei werk en dus moet elkeen noodwendig help met ander take. By die vyfde kort vraag sê Deelnemer A2 dat sy dink dit is nie noodwendig meer van pas vir Mans om handewerk te doen en vir Vrouens om ligter take binne die huis te verrig nie. By Vraag 2 van die lang vrae lys sy wel take wat tipies meer van pas is vir Mans buite die huis, terwyl sy take vir Vrouens lys wat tipies ligter is binne die huis. Dit sal egter beteken dat sy nie hierdie take lys omdat sy dink dat sekere take meer van pas is vir mans en ander vir vrouens nie, maar eerder dat sy dink mans meer in staat is om die take te doen wat sy gelys het onder “Mans” en vrouens meer in staat is om die take te doen wat sy gelys het onder “Vrouens” (soos bevestig deur die vierde kort vraag).

By Vraag 5 van die lang vrae sê Deelnemer A1 dat hulle beroepe nie ʼn bydraende faktor tot GRK is nie, aangesien hy skofte werk en baie by die huis is het hy meer tyd om take te verrig. Deelnemer A2 daarteenoor sê dat haar man se werk ʼn bydraende faktor is tot GRK, juis omdat hy skofte werk. Sy sê dat dit beteken dat hy soms oor naweke werk wanneer sekere take, soos tuinwerk, verrig moet word en dan kan die tuinhulp slegs oor naweke help wanneer sy by die huis is, maar haar man nie. Daar is egter ʼn duidelike verskil tussen eggenote oor die man se beroep as ʼn bydraende faktor tot GRK al dan nie. Die man voel waarskynlik dat sy beroep nie ʼn bydraende faktor is nie, aangesien hy self betrokke is daarby en die positiewe wil raaksien in die werk van skofte. Hy besef waarskynlik ook nie die implikasies van take wat verrig moet word wanneer hy nie daar is nie. Die vrou aan die ander kant is weer betrokke by die take wat verrig moet word, maar nie direk betrokke by die werk wat haar man doen nie.

Dus is sy baie meer bewus van die take by die huis en sien eerder haar man se beroep as ʼn bydraende faktor tot GRK. Deelnemer A2 sien ook hierdie betrokke taak (Tuinwerk) as ʼn taak wat meer van pas is vir mans (vergelyk Vraag 2 van die lang vrae) en daarom is dit vir haar ʼn bydraende faktor. Dit kan egter beteken dat die feit dat haar man oor naweke werk nie die direkte bydraende faktor is tot GRK nie, maar veroorsaak dat ʼn direkte faktor (Tuinwerk) GRK veroorsaak. By Vraag 7 van die lang vrae sê Deelnemer A1 dat daar nog nie erge/groot GRK was waarmee hulle te doen gehad het waarvan hy weet nie. Deelnemer A2 noem Finansies as die ergste/grootste GRK waarmee hulle al te doen gehad het. Sy brei uit daarop deur te sê dat sy graag sou wou hê haar man moet meer verantwoordelikheid neem aangaande finansies. Die feit dat haar man skofte werk kan veroorsaak dat hy minder tyd het om aandag te gee aan finansies. Deelnemer A2 lys wel nie Finansies as ʼn taak wat noodwendig van pas is vir ʼn man nie (vergelyk Vraag 2 van die lang vrae). Dit kan beteken dat Deelnemer A2 nie noodwendig verwag dat dit haar man se verantwoordelikheid is om die finansies te hanteer nie, maar eerder dat sy net oor die algemeen meer verantwoordelikheid van hom verwag in daardie verband. Die finansies sou egter in hierdie verband nie die direkte oorsaak van die GRK wees nie, maar kan eerder beteken dat die verwagting wat die vrou het rondom die hantering van finansies, veroorsaak dat GRK ontstaan.

Deelnemer A1 is 11 jaar ouer as Deelnemer A2. Dit beteken dat hierdie egpaar in verskillende eras grootgeword het en dus anders kan kyk na verskeie sake. Hierdie relatief groot ouderdomsgaping kan beteken dat die eggenote verskillend kyk na geslagsrolle en dus verskillende verwagtings het rondom hulle eggenote en hulle eie geslagsrolle. Alhoewel die ouderdomsgaping op sigself nie ʼn oorsaak van GRK is nie, moet dit in gedagte gehou word indien GRK ʼn probleem is vir hierdie egpaar. Hierdie egpaar is een jaar getroud en is dus nog besig om hulle voete in die huwelik te vind. Daar is ʼn verskeidenheid sake waaroor hierdie egpaar egter nog sal moet praat (soos die man se werk) om GRK te vermy in hierdie verband. 5.2.2. Deelnemers B1 en B2

Deelnemer B1 het nie vooraf geweet wat GRK was nie en by Vraag 1 van die lang vrae sê hy ook dat hy nie bewus is daarvan dat hulle al GRK in hulle huwelik ervaar het nie. By die derde kort vraag sê Deelnemer B1 dat hy dink dat mans en vrouens gelyke rolle in die huwelik vervul en by Vraag 4 van die lang vrae sê hy dat daar nie ʼn vaste verdeling van take tussen hulle is nie. Hy brei uit daarop deur te sê hulle is ʼn span wat dinge saam doen en as die een nie kans sien vir ʼn taak nie, dat die ander een dan help daarmee. Die feit dat Deelnemer B1 dink dat mans en vrouens gelyke rolle vervul en dat hulle ʼn span is, kan ʼn direkte invloed daarop hê dat daar nie ʼn vaste verdeling van take is nie. Elkeen verrig dus verskeie take wanneer hulle tyd kry, nie noodwendig omdat dit spesifiek hulle taak is nie. Deelnemer B1 sê ook by Vraag

6 dat dit beide partye se verantwoordelikheid is om groot besluite te neem en sluit dus aan by die voorafgaande stelling. By die vierde kort vraag sê Deelnemer B1 dat hy dink dat mans meer in staat is om sekere take te voltooi en vrouens meer in staat is om ander take te voltooi. By Vraag 3 van die lang vrae sê Deelnemer B1 dan ook dat hy gereeld take verrig wat meer van pas is vir die ander geslag en noem dan ook drie voorbeelde. By die vyfde kort vraag sê Deelnemer B1 dat dit meer van pas is vir mans om handewerk buite die huis te doen en vir vrouens om ligter take binne die huis te verrig. By Vraag 2 van die lang vrae noem Deelnemer B1 ook tipiese take wat ʼn man buite die huis sal verrig asook tipiese take wat ʼn vrou binne die huis sal verrig. Die voorbeelde wat hy genoem het by Vraag 3 is dieselfde voorbeelde wat hy noem van take wat van pas is vir vrouens. Daar is dus ʼn direkte konneksie tussen die take wat hierdie deelnemer verrig en die feit dat hy dit sien as meer van pas vir vrouens.

Deelnemer B2 het vooraf geweet wat GRK is en het ook al GRK ervaar/veroorsaak in haar huwelik. Haar man was wel nie bewus daarvan dat hulle al GRK ervaar het nie, maar dit kan wees omdat hy nie geweet het wat GRK is nie. By die derde kort vraag sê Deelnemer B2 dat sy dink dat mans en vrouens gelyke rolle in die huwelik vervul. By Vraag 4 van die lang vrae sê sy dat hulle nie ʼn vaste verdeling van take het nie en brei uit daarop dat albei werk en daarom moet hulle ʼn verskeidenheid take verrig om die ander een te help. Sy sê dat hulle uiteindelik so meer ontspanne tyd saam kan spandeer. Dit stem ooreen met haar man wat glo dat hulle ʼn span is en daarom verskeie take verrig, alhoewel hulle redes verskil. By die vierde kort vraag sê Deelnemer B2 dat sy dink dat mans meer in staat is om sekere take te voltooi en vrouens meer in staat is om ander take te voltooi. By Vraag 3 van die lang vrae sê sy wel dat sy soms take verrig wat sy sien as meer van pas vir die ander geslag, maar sê dat sy dit doen omdat sy dit geniet. Sy noem voorbeelde van handewerk, verf en boor. By die vyfde kort vraag sê Deelnemer B2 wel dat dit nie meer van pas is vir mans om handewerk buite die huis te doen en vrouens om ligter take binne die huis te verrig nie. Daarop gee sy by Vraag 2 van die lang vrae geen antwoord nie, moontlik omdat sy dink dat daar nie take is wat meer van pas is vir mans en weer ander take meer van pas vir vrouens nie. As daar teruggegaan word na Vraag 3, kan daar gesien word dat sy voorbeelde genoem het van take wat meer van pas is vir die ander geslag – hierdie take sou tipies gelys kon word onder Vraag 2 se take wat van pas is vir mans. Die rede hoekom Deelnemer B2 dit waarskynlik nie so gedoen het nie, is nie noodwendig omdat sy hierdie take onder Vraag 3 sien as van pas vir mans nie, maar eerder dat mans oor die algemeen meer in staat is om hierdie take te voltooi. Dit verduidelik dan ook die aanduidende verskil van hierdie deelnemer se antwoorde op die vierde en vyfde kort vraag.

By Vraag 5 van die lang vrae sê Deelnemer B1 dat hulle beroepe nie ʼn bydraende faktor tot GRK is nie en sê dat hulle mekaar sien as gelyk. Daarteenoor sê Deelnemer B2 dat haar

man se beroep ʼn bydraende faktor is tot GRK omdat hy baie druk op homself plaas en voel dat hy meer moet verdien. Sy brei uit daarop waar sy sê dat hulle in ʼn moderne tyd leef, waar die man nie die enigste broodwinner hoef te wees nie en sê dat sy haar beroep geniet en voel dat hulle gemaklik genoeg lewe. As gevolg van die man se betrokkenheid by die werk, kan dit beteken dat hy nie noodwendig dink hy plaas baie druk op homself nie of dit nie raaksien nie, dus sal hy dit nie sien as ʼn bydraende faktor tot GRK nie. Die vrou staan weer aan die buitekant en probeer die situasie opsom. Sy kan moontlik sien dat haar man by die huis kom en baie moeg of onder geweldige spanning is, waar sy nie noodwendig so voel met haar werk nie. Haar man kan dit egter nie sien as GRK nie, omdat hy moontlik ʼn werk het wat eenvoudig meer spanningvol is en dit baie harde werk vat om vooruitgang te verseker. Dít kan egter beteken dat dit vir die vrou lyk soos GRK omdat sy sien haar man probeer deur sy beroep ʼn belangrike rol in hulle huwelik speel. Haar man se beroep kan wel steeds ʼn bydraende faktor wees tot GRK. By Vraag 7 van die lang vrae sê Deelnemer B1 dat hulle nog nie regtig oor GRK baklei het nie. Deelnemer B2 sê dat die grootste GRK waarmee hulle al te doen gehad het tydens haar kraamverlof plaasgevind het en sentreer het rondom die verdeling van huistake, onder omstandighede waaraan hulle nie gewoond was nie. Sy brei uit daarop deur te sê dat haar man dikwels die gevolgtrekking gemaak het dat sy deur die dag rus terwyl hy werk, maar sy het gevoel dat sy net so hard werk om die baba te versorg, maar sonder finansiële vergoeding. In hierdie geval is die vrou direk betrokke by die oorsaak van die GRK en is dus bewus van die take wat verrig moet word by die huis en die hoeveelheid tyd wat sy daarvoor het. Die man is wel ook betrokke by die oorsaak van die GRK, aangesien hy besef dat daar take is wat verrig moet word, maar hy moontlik nie self tyd kry daarvoor nie. Die man verwag dus die vrou moet dit verrig, waar sy reeds by die huis is. Die man is moontlik wel nie bewus van die tyd en moeite wat die vrou daarin sit om die baba te versorg nie. Terwyl die man dus ʼn direkte betrokkenheid het by die oorsaak van die GRK, het hy nie ʼn betrokkenheid by die indirekte oorsaak daarvan nie, aangesien hy nie bewus is van die tyd wat sy vrou het vir die take nie.

Deelnemer B1 en Deelnemer B2 is beide 29 jaar oud en het dus in dieselfde era grootgeword. Oor die algemeen stem hierdie egpaar saam oor sake, alhoewel daar ʼn paar sake is waar die man nie bewus is van GRK nie, terwyl die vrou sake van GRK noem in hulle huwelik. Hierdie egpaar is al vir drie jaar getroud en sal dus moet seker maak om oor sake van GRK te praat, aangesien slegs die een party bewus is daarvan (of dit as ʼn probleem sien).

5.2.3. Deelnemers C1 en C2

Deelnemer C1 het vooraf geweet wat GRK is en het al GRK in die huwelik ervaar/veroorsaak. By die derde kort vraag sê Deelnemer C1 dat hy dink dat mans en vrouens gelyke rolle in die

huwelik vervul. By Vraag 4 van die lang vrae sê Deelnemer C1 dat daar wel ʼn vaste verdeling van take in sy huwelik is, maar dat hy meeste van die take self verrig as gevolg van sy gestremdheid. Dit sou waarskynlik wees omdat Deelnemer C1 nie noodwendig ʼn vaste werk het nie, en daarom meer tyd tot sy beskikking het. By Vraag 6 van die lang vrae sê Deelnemer C1 dat dit sy vrou se verantwoordelikheid is om groot besluite te neem, as gevolg van sy gestremdheid. Dus is daar nie noodwendig ʼn ooreenkoms tussen die feit dat Deelnemer C1 dink dat mans en vrouens gelyke rolle in die huwelik vervul en dat sy vrou die groot besluite in die huwelik neem nie. Hierdie aspek kan wel ʼn probleemarea in hulle huwelik wees waarna hulle sal moet kyk om te verseker dat GRK hulle huwelik nie negatief beïnvloed nie. By die vierde kort vraag sê Deelnemer C1 dat hy dink mans meer in staat is om sekere take te voltooi en vrouens meer in staat is om ander take te voltooi. By Vraag 3 van die lang vrae sê Deelnemer C1 dat hy soms take verrig wat hy sien as meer van pas vir die ander geslag en noem die volgende voorbeelde: wasgoed was, huis skoonmaak en bed opmaak. Verder by Vraag 7 van die lang vrae sê Deelnemer C1 ook dat die grootste GRK waarmee hulle al te doen gehad het gaan oor wasgoed was en finansies. Die feit dat wasgoed was een van die groot GRK probleme is waarmee hulle te doen het, asook ʼn taak is wat hierdie deelnemer sien as meer van pas vir die ander geslag, kan tot verdere probleme lei. By die vyfde kort vraag