• No results found

Eisteddfod in Suid-Afrika met spesifieke verwysing na die Paarl Vallei Eisteddfod

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Eisteddfod in Suid-Afrika met spesifieke verwysing na die Paarl Vallei Eisteddfod"

Copied!
252
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)EISTEDDFOD IN SUID-AFRIKA met spesifieke verwysing na die Paarl-Vallei Eisteddfod. Minette Du Toit-Pearce. Hierdie tesis is vir die gedeeltelike voltooïng (50%) van die graad M.Mus (Sang) aan die Departement van Musiek, Stellenbosch Universiteit. Maart 2009. Studieleier: Dr. Stephanus Muller.

(2) VERKLARING. Hiermee verklaar ek, Minette du Toit-Pearce, dat die werk vervat in hierdie tesis my eie, oorspronklike werk is en dat dit nog nooit gedeeltelik of in die geheel aan „n ander universiteit voorgelê of gepubliseer is nie.. ......................................... ........................................ Minette du Toit-Pearce. Datum. ii.

(3) OPSOMMING Die doel van hierdie tesis is tweeledig. In die eerste plek is dit om die oorsprong en geskiedenis van eisteddfod in die algemeen, maar dan meer spesifiek in SuidAfrika, te dokumenteer. Die tweede deel van die tesis wil probeer om die betekenis en rol van die eisteddfod-verskynsel in Suid-Afrika vandag te formuleer. Dit sal gedoen word aan die hand van 'n gevallestudie, wat sal behels dat „n plaaslike eisteddfod ondersoek en bespreek word. As gevolg van betrokkenheid by eisteddfods die afgelope vyf en twintig jaar (eers as deelnemer; later as onderwyser en beoordelaar), het die huidige skrywer met die verloop van tyd meer en meer gefassineerd begin raak deur die eisteddfod-verskynsel. Van die vrae wat deur hierdie deurlopende betrokkenheid ontstaan het, sluit die volgende in: Waarom bestaan eisteddfod vandag nog in Suid-Afrika? Watter rol speel dit in die hedendaagse kulturele opvoeding van leerders? Het dit nog „n bestaansreg in die hedendaagse musikale (spesifiek vokale) praktyk? Hierdie tesis is daarop gemik om vas te stel waarom daar in sekere gemeenskappe soveel waarde aan eisteddfod geheg word. Hoekom het hierdie eeu-oue tradisie, verplaas uit die noordelike halfrond na Suid-Afrika, behoue gebly in „n vreemde land? En hoekom is dit vir onderwysers, ouers en leerders so belangrik om daaraan deel te neem? Daar bestaan heelwat literatuur oor die internasionale geskiedenis van eisteddfod. Aangesien hierdie algemene geskiedenis reeds baie volledig opgeteken is, sal dit in die tesis slegs aangebied word as breë historiese raam vir die meer spesifieke geskiedenis van eisteddfod in Suid-Afrika. Die plaaslike geskiedenis van eisteddfod word egter gekenmerk deur baie min gepubliseerde inligting. Die literatuur wat wel bestaan is in baie gevalle onvolledig en handel oor die algemeen net tot die 1960s. Berigte in koerant- en tydskrifargiewe kan hoogstens help om eistedfodds in verskillende areas te identifiseer, datums daaraan te koppel, asook interressante voorvalle uit te lig. Wat akademiese literatuur betref dateer die jongste literatuur uit 1994. Die hipotese van die huidige studie hou verband met die vermoede dat daar in die afgelope veertien iii.

(4) jaar (sedert 1994) groot veranderinge ten opsigte van die betekenis en funksie van eisteddfod in Suid-Afrika ingetree het. Aangesien die literatuur ten opsigte van hierdie tydperk so gebrekkig is, sal hierdie hipotese dus empiries getoets word in 'n gevallestudie. Om eisteddfod in Suid-Afrika in 'n historiese konteks te plaas is dit belangrik om eers die oorsprong van eistedfood te ondersoek, en dus sal daar gekyk word na die ontstaan van eisteddfod in Wallis en die ontwikkeling daarvan tot op hede. Hierdie agtergrondstudie sal van hulp wees om vas te stel hoe eisteddfod in Suid-Afrika vergelyk met eisteddfod elders in die wêreld. Om die ontstaan en ontwikkeling van eisteddfod in Suid-Afrika te beskryf is egter meer gekompliseerd, aangesien die geskiedenis gebrekkig of glad nie opgeteken is nie. Die doel van hierdie navorsing is egter nie om „n uitgebreide en volledige geskiedenis op te stel nie. Dit sou buite die omvang van hierdie tesis se afbakening val. Daar word egter gepoog om die geskiedenis van plaaslike eisteddfod geleidelik en ten dele uit tydgenootlike dokumente (soos koerante) en dié sekondêre literatuur wat beskikbaar is (sien bronnelys) saam te stel. Die belangrikste en miskien ook mees uitdagende afdeling van die tesis bestaan uit „n diepte ondersoek van een spesifieke plaaslike Eisteddfod, die Paarl-Vallei Eisteddfod. Die doel van hierdie ondersoek was om „n empiriese studie na eisteddfod te loods om inligting te bekom oor die spesifieke eisteddfod, maar ook oor die gemeenskap wat daaraan deelneem en dit ondersteun. Hierdie inligting is ingespan om interpretasies te vorm oor of „n instelling soos eisteddfod nog relevant is en of dit enigsins nog waarde toevoeg tot die ontwikkeling van leerders/leerders/musici. Dit het ook spekulasie help rig oor die funksie en betekenis van eisteddfod vir deelnemers, ouers en onderwysers.. iv.

(5) ABSTRACT The purpose of this thesis is twofold. In the first instance, it is to document the origins and history of the eisteddfod in general, and more specifically, in South Africa. In the second instance, this thesis will attempt to describe the meaning and role of the eisteddfod in South Africa. This will be achieved with the help of a case study, which will require that a local eisteddfod be researched and discussed. As a result of involvement with eisteddfods over a period of twenty-five years (first as a participant and later as a teacher and a member of the judging panel), the writer has, over time, become increasingly fascinated with the phenomenon of the eisteddfod. Some of the questions that have arisen include: Why do eisteddfods still take palce in South Africa? What role do they play in the present-day cultural education of learners? Do they still bear relevance in current musical (specifically vocal) practice? This thesis is aimed at determining why such high value is attached to eisteddfods in certain communities. Why did this centuries-old tradition, brought from the northern hemisphere to South Africa, survive for so long? And why is it so important for some teachers, parents and children that they must participate? There is a large volume of literature concerning the international history of the eisteddfod. As this general history is already comprehensively described, it will only be presented in this thesis as a broad historical framework for the more specific history of the eisteddfod in South Africa. The local history of the eisteddfod is, however, poorly covered by published information. The literature in existence is often incomplete, and in most cases covers only up to the 1960‟s. News and magazine archives can only really help to identify the location and date of various eisteddfods, and to highlight some interesting aspects thereof. The latest academic literature was published as far back as 1994. The hypothesis of the current study relates to the suspicion that significant change has taken place in the last thirteen years (since 1994) regarding the meaning and. v.

(6) function of the eisteddfod in South Africa. As the literature relating to this period is so sparse, this hypothesis will be empirically tested in a case study. To place the eisteddfod in South Africa in a historical context it is important to first investigate its origins. Its origin in Wales and subsequent development will be examined. This background study will assist in determining how eisteddfods in South Africa compare with those in other countries. To describe the development of the eisteddfod in South Africa is more complicated, due to the lack of an accurately described history. The defined scope of this thesis does not, however, include the production of an accurate history. Rather, a partial history is compiled using contemporary sources such as newspapers and magazines, as well as secondary sources. The most important and possibly the most challenging aspect of this thesis concerns an in-depth investigation of the Paarl-Valley Eisteddfod. The purpose of this investigation was an empirical study to collect information regarding a specific eisteddfod as well as the community that participate and support it. This information was used to form interpretations as to whether an institution like the eisteddfod is still relevant, and if it still adds value to the development of children, learners and musicians. It also helped to direct speculation about the meaning and function of the eisteddfod to participants, parents and teachers.. vi.

(7) BEDANKINGS. Aan my studieleier, dr. Stephanus Muller, wil ek my opregte dank uitspreek vir die inspirerende wyse waarmee hy my deur hierdie navorsingsproses gelei het. Baie dankie vir al die gesprekke, raad en humor wat hierdie taak uiters aangenaam gemaak het.. Magdalena Oosthuizen vir haar ondersteuning en insig.. Aan alle persone wat goedgunstiglik inligting aan my beskikbaar gestel het. Hier wil ek spesifiek mnr. Vaughan Pietersen en mnr. Broidy Ortell van die Paarl Vallei Eisteddfod bedank wat my met hulle geskiedenis en dokumente vertrou het.. Aan almal wat onderhoude aan my toegestaan het, Ronel van Wyk, Leana Engelbrecht, Lynette Peterson, Maria van der Merwe, Sonja van Amstel, Suzanne Erasmus, Vaughan Pietersen en Broidy Ortell.. Aan my eggenoot en familie, baie dankie vir die geduld en ondersteuning wat ek van julle ontvang het.. Prof. Martin Kidd van die Departement Statistiek en Aktuariële Wetenskappe vir die hulp met die opstel van die vraelyste en verwerking van data.. vii.

(8) INHOUDSOPGAWE. Verklaring. ii. Opsomming. iii. Abstract. v. Bedankings. vii. Inhoudsopgawe. viii. INLEIDING. 1. HOOFSTUK 1 – HISTORIESE OORSIG. 5. 1.1. Historiese kontekstualisering. 5. 1.1.1 Agtergrondsgeskiedenis van eisteddfod. 5. 1.1.2 Die geskiedenis van die Llangollen Internasionale Musiek. 10. Eisteddfod. 1.2.. 1.1.3 Eisteddfod in Australië. 13. Eisteddfod in Suid-Afrika. 15. 1.2.1 Johannesburg. 16. 1.2.2 Kaapstad. 25. 1.2.3 Bloemfontein. 27. 1.2.4 Kroonstad. 31. 1.2.5 Durban. 34. 1.2.6 Oos-Londen. 34. 1.2.7 Port Elizabeth, Potchefstroom en Pretoria. 35 viii.

(9) 1.2.8 Stellenbosch. 36. HOOFSTUK 2 – EMPIRIESE STUDIE. 41. 2.1. Die Paarl-Vallei Eisteddfod. 41. 2.1.1 Die geskiedenis van die Paarl Vallei Eisteddfod. 42. Empiriese ondersoek: Paarl Vallei Eisteddfod. 52. 2.2.1 Graad 1 - 3. 54. 2.2. Opsomming van data 2.2.2 Graad 4 - 7 Opsomming van data 2.2.3 Graad 8 - 12 Opsomming van data 2.2.4 Ouers Opsomming van data. 2.3. 65 67 81 83 102 105 115. 2.2.5 Samevatting van vraelyste. 118. Aanbieding van data ingewin tydens onderhoude met ander. 122. belangrike rolspelers 2.3.1 Onderhoud met Ronel van Wyk. 123. 2.3.2 Onderhoud met Leana Engelbrecht. 126. 2.3.3 Kommentaar op onderhoude gevoer met Ronel van Wyk en. 129. Leana Engelbrecht ix.

(10) 2.3.4 Onderhoud met Maria van der Merwe. 131. 2.3.5 Onderhoud met Lynette Peterson. 134. 2.3.6 Kommentaar op onderhoude gevoer met Maria van der. 138. Merwe en Lynette Peterson. 2.3.7 Onderhoud met Vaughan Pietersen. 139. 2.3.8 Onderhoud met Broidy Ortell. 142. 2.3.9 Kommentaar op onderhoude gevoer met Vaughan Pietersen. 144. en Broidy Ortell 2.3.10 Onderhoud met Sonja van Amstel. 144. 2.3.11 Onderhoud met Suzanne Erasmus. 147. 2.3.12 Kommentaar op onderhoude gevoer met Sonja van Amstel. 150. en Suzanne Erasmus Slot. 152. Bronnelys. 154. Addendum A: Lys van eisteddfods in Suid-Afrika. 159. Addendum B: Vraelyste. 162. Addendum C: Resultate. 178. Addendum D: Items van die Paarl Vallei Eisteddfod. 238. x.

(11) INLEIDING Hierdie tesis bestaan uit twee gedeeltes, naamlik „n historiese oorsig en „n empiriese ondersoek. Die historiese oorsig handel oor die geskiedenis van die eisteddfod vanaf die ontstaan daarvan in Wallis tot en met die manifestasies daarvan in die hede in Suid-Afrika. Dit poog bloot om „n raamwerk te vorm van „n geskiedenis wat by tye uiters gebrekkig opgeteken is of glad nie meer beskikbaar is nie. In hierdie gedeelte word daar ook gekyk na die eisteddfod-verskynsel in ander lande soos Australië, Argentinië en Amerika. Aangesien daar reeds baie literatuur oor die internasionale geskiedenis van die eisteddfod bestaan, word hierdie konteks net kortliks bespreek. Die klem in hierdie afdeling val eerder op die ontstaan en groei van eisteddfod in Suid-Afrika. Die navorsing vir hierdie studie het aan die lig gebring dat hierdie geskiedenis onvolledig is, en die literatuur in baie gevalle verouderd. Daar is nietemin gepoog om „n chronologiese tydlyn te skep waardeur die groei van die eisteddfod in plaaslike konteks uitgebeeld kan word. Die empiriese ondersoek behels „n ondersoek wat in 2008 by die Paarl Vallei Eisteddfod gedoen is om sodoende die “eisteddfod-fenomeen” beter te verstaan. Die skrywer se betrokkenheid as beoordelaar by hierdie eisteddfod het 'n besondere insae in die funksionering van hierdie kultuurorganisasie beteken. Terselfdertyd het dit gelei tot heelwat vrae, soos waarom hierdie “volksvreemde” instelling deur die jare „n eg Suid-Afrikaanse instelling geword het, waarom daar so „n geweldige belangstelling in die eisteddfod is en hoekom leerders so graag daaraan deelneem. Dit het duidelik geword dat „n instelling soos die Paarl Vallei Eisteddfod die ideale plek kon wees om antwoorde op hierdie vrae te probeer kry. Danksy die skrywer se betrokkenheid as beoordelaar, was die bestuur en organiseerders baie positief oor die navorsing, wat die proses vergemaklik het. Vanuit die staanspoor kon daar verskillende rolspelers geïdentifiseer word, naamlik die leerders, onderwysers, ouers, beoordelaars en organiseerders. Elk van hierdie groepe sou „n spesifieke siening en ervaring ten opsigte van die eisteddfod hê en dit was dus belangrik om hulle almal by die studie in te sluit. 1.

(12) Daar is besluit om van twee metodes gebruik te maak om inligting te bekom. Die eerste sou vraelyste aan die leerders en ouers wees (sien Addendum B). Dit sou die mees effektiewe metode wees om baie inligting van baie respondente in „n beperkte tyd te bekom. Om onderhoude met individuele leerders en ouers te voer sou té tydrowend wees en ook nie prakties moontlik nie, aangesien die skrywer ook tydens hierdie studie as beoordelaar opgetree by dieselfde eisteddfod opgetree het. Die vraelyste was dus deur die loop van die verrigtinge aan die leerders en ouers beskikbaar en hulle kon dit op hulle eie tyd invul en in „n houer plaas wanneer hul die lokaal verlaat. Die leerders se vraelyste is in drie groepe verdeel wat hoofsaaklik deur ouderdom bepaal is. Die groepe was Graad 1-3, Graad 4-7 en Graad 8-12. Daar is vir elke groep „n ander vraelys opgestel wat gepas was vir die spesifieke ouderdomsgroep. Die vraelyste het verskil ten opsigte van taalgebruik en vraagstelling. Die Graad 1-3 vraelys was meestal JA/NEE antwoorde, terwyl die Graad 8-12 leerders meer geleentheid gekry het om hulle eie menings te gee. Aangesien die Graad 1-3 groep moontlik probleme sou ondervind met die invul van hierdie vraelyste is daar besluit om na afloop van die verrigtinge hul vraelyste op „n mondelinge wyse in te vul. Hier is gebruik gemaak van twee onpartydige persone wat die vrae aan elke deelnemer gestel het en die antwoorde neergeskryf het. Alle respondente van hierdie drie ouderdomsgroepe het vrywillig die vraelyste ingevul met die goedkeuring en toestemming van hul ouers. Verder was die vraelyste anoniem en kon geen inligting dus met spesifieke leerders verbind word nie. Daar was net een vraelys wat aan alle ouers gegee is en dit het ook hoofsaaklik uit JA/NEE vrae bestaan. Alle vraelyste is in Afrikaans en Engels verskaf aangesien dit die twee tale is waarin die leerders onderrig ontvang by die betrokke skole wat aan hierdie eisteddfod deelneem. Die vraelyste is met behulp van prof. Martin Kidd van die Sentrum vir Statistiese Raadgewing van die Departement vir Statistiese en Aktuariële Wetenskappe, Universiteit Stellenbosch opgestel om te verseker dat dit statisties korrekte en bruikbare antwoorde sou oplewer. Die data wat ingewin is, is ook deur prof. Kidd 2.

(13) verwerk en in historigramme (grafieke) saamgevat (sien Addendum C). Daar was egter gevalle waar respondente nie „n vraag beantwoord het nie of slegs „n gedeelte van „n vraag beantwoord het. In sommige gevalle het respondente meer as een opsie gekies. In „n situasie waar daar met vraelyste gewerk word, sou dit wenslik wees om „n voorafgaande gevallestudie (loodsprojek) te doen om te verseker dat die vraelyste die soort data oplewer wat verwag is. Die probleem in hierdie geval was egter dat die eisteddfod net een keer „n jaar plaasvind en dat die geleentheid om „n gevallestudie te doen nie binne die tydsbeperking van hierdie studie beskikbaar was nie. Waar daar in hierdie studie vrae was wat nie ingevul is nie, of slegs gedeeltelik ingevul is, is die uitkomste gebasseer op die hoeveelheid respondente wat wel die vraag beantwoord het. Alhoewel dit gebruiklik is om alle rou data in „n addendum te vervat, is daar besluit om in hierdie studie die data in tabelformaat in die teks in te sluit om dit sodoende makliker te maak vir die leser om te verwys na die data. Elke vraelys word afsonderlik bespreek en binne hierdie besprekings word elke vraag se data weergegee. „n Samevatting of interpretasie van die data volg na elke vraelys en „n algemene samevatting volg nadat al vier vraelyste bespreek is. Dit help om die data van die verskillende ouderdomsgroepe met mekaar te kan vergelyk en bepaalde afleidings te maak. Die tweede manier waarop inligting bekom is, was deur middel van persoonlike onderhoude met onderwysers, organiseerders en beoordelaars. Aangesien die huidige skrywer as beoordelaar opgetree het tydens die betrokke eisteddfod is daar besluit om met persone wat in dieselfde jaar by ander eisteddfods as beoordelaars opgetree het, onderhoude te voer. Daar is ook sekere onderwysers geïdentifiseer wat sou kon deelneem aan die onderhoude. Daar is besluit om twee onderwysers wat met laerskoolleerders werk en twee onderwysers wat met hoërskoolleerders werk te betrek by die onderhoude om verskeie insigte en opinies te bekom. Die skrywer het by die hoërskool onderwysers twee persone geïdentifiseer wat moontlik twee uiterste sieninge kon verteenwoordig. Die een 3.

(14) onderwyser is reeds meer as twintig jaar by die eisteddfod (spesifiek by eisteddfod in die Paarl) betrokke en die ander onderwyseres was tydens die studie vir die eerste maal by die spesifieke eisteddfod betrokke. Daar was „n groot ouderdomsverskil tussen die twee persone en die skrywer wou doelbewus sien watter verskille en ooreenkomste daar in die twee persone se sieninge oor die eisteddfod kon wees. Vir die onderhoude met die organiseerders is daar hoofsaaklik gefokus op die bestuur van die Paarl Vallei Eisteddfod en spesifiek die voorsitter en „n voormalige voorsitter. Vir elke rolspeler is daar „n lys vrae saamgestel om die onderhoud te struktureer, maar in baie gevalle het die persone heelwat inligting vrywillig en buite die beperkings van die struktuur verskaf. Die onderhoude word in hierdie studie een vir een bespreek, maar ook in bepaalde samehange ten einde vergelykings, ooreenkomste en verskille in die terugvoering uit te lig. Die slot dien as „n samevatting en bondige interpretasie van die resultate van die empiriese ondersoek en die studie as geheel.. 4.

(15) HOOFSTUK 1 – HISTORIESE OORSIG 1.1 Historiese kontekstualisering. 1.1 1 Agtergrondsgeskiedenis van eisteddfod. Die terme “musiekfees” of “eisteddfod” word in omgangstaal gebruik om te verwys na „n byeenkoms waar daar op “musiek-maak” gekonsentreer word. Dit is egter belangrik om vir die doel van hierdie navorsing „n duidelike onderskeid te tref tussen die betekenisse van hierdie twee terme. A.J. Westrup skryf in sy artikel “British Music Festivals” die volgende:. Sometimes the name “festival” has been used rather loosely…A festival is to be regarded as a number of different musical events, linked perhaps by some common purpose, which are performed at a particular place in reasonably close succession and within a reasonably short time (1949:1). 'n Voorbeeld van hierdie tipe fees wat deur Westrup beskryf word is die Glyndebourne Festival wat as 'n somerseisoen vir opera-uitvoering begin het en tans bestaan as 'n algemene musiekfees. Westrup skryf egter verder:. A particular type of festival is the competition festival. No doubt this is not a festival at all in the strict sense of the word…The British festivals of this kind date from the 1880‟s. In Wales the Eisteddfod (or “session”) is a slightly older institution, claiming its ancestry goes back to the time of the Druids (1949:2).. Dit wil dus voorkom of eisteddfod hoofsaaklik van „n musiekfees verskil deurdat dit „n soort kompetisie is waartydens deelnemers toekennings ontvang en 5.

(16) kategoriewenners en „n algehele wenner aangewys word. Vir die doel van hierdie navorsing sal daar op “eisteddfod”, soos omskryf deur hierdie onderskeid, gekonsentreer word. Die woordeboekdefinisie van die woord “eisteddfod” is 'n “Kunsfees met wedstryde in musiek, digkuns, ens.; kunswedstryd, - fees” (Odendal, 1994:189). Die term “eisteddfod” is afgelei van die Walliese woord “eistedd” wat “sit” of “sitting” beteken. Soos later in hierdie hoofstuk duidelik sal word, is hierdie term egter eers in die agtiende eeu in gebruik geneem. Boyd beskryf die eerste vorm van eisteddfod as „n kompeterende fees van Walliese oorsprong. Dit is deur barde (sangers)1 gehou en het hoofsaaklik op musiek en literatuur gekonsentreer. Aspirant musikante en digters het tydends hierdie geleenthede teen mekaar meegeding om „n ereposisie in die huishouding van adelikes te bekom (Grove Music Online:2007). Die vroegste geskiedenis van hierdie byeenkomste is baie onvolledig gedokumenteer. Die eerste melding wat daar van so „n byeenkoms gemaak word is in die jaar 517, toe die bard Taliesen waargeneem het as voorsitter van die fees by Ystem Llwdiarth in die Suide van Wallis. Twintig jaar later is daar weer „n samekoms gehou, hierdie keer in Conway, Noord Wallis (Young, Grove Music Online:2008). Die eerste gedokumenteerde byeenkoms het in 1176 plaasgevind toe Lord Rhys ap Gruffydd digters en musikante na sy hof by Cardigan genooi het vir „n groot feestelike byeenkoms (Boyd, Grove Music Online:2007). Kompetisies is gehou waartydens barde, digters, harp-, viool- en fluitspelers teen mekaar meegeding het (Klausner, 1989). Hierdie byeenkoms toon „n aantal ooreenkomste met die moderne eisteddfod, naamlik die kompetisiestruktuur, die oorhandiging van trofeë en die feit dat hierdie byeenkoms reeds vir „n jaar voor die aanvang daarvan oor die Britse Eilande aangekondig is (Boyd, Grove Music Online:2007). 1. Barde was Keltiese digters en musikante wat verantwoordelik was vir die ontwikkeling van letterkunde en sekulêre musiek in Ierland, Skotland en Wallis. Hul was gewoonlik in diens van ‘n koning of ‘n prins en is vir hul dienste betaal (http://www.geocities.com/Vienna/2662/bards.html:2008).. 6.

(17) Soortgelyke byeenkomste word in latere geskiedenis opgeteken. Belangrike voorbeelde hiervan is die byeenkoms wat Lord Gruffyd ap Nicolas in 1450 by Carmarthen gehou het en die twee geleenthede by Caerwys, Flintshire in 1523 en 1567. Die beskermheer van laasgenoemde was Koningin Elizabeth I, en die doel was “to rid the principality of numerous „vagraunt and idle persons naming theim selfes mynstrelles Rithmers and Barthes‟.” (Boyd, Grove Music Online:2007). Die sosiale belang van die barde het aansienlik afgeneem tydens die Tudor periode en daar is geen rekords van enige soort byeenkomste in die sewentiende eeu nie. In die agtiende eeu is daar hoofsaaklik “tavern” eisteddfods gehou. Die enigste bewyse wat bestaan rondom hierdie byeenkomste in die agtiende eeu is „n inskrywing op „n almanak van ene John Prys in 1760:. Be it known that an Eisteddfod of the Poets and Musicians of Wales will be held at the Bull in Bala Town, on Whit-Monday and Whit-Tuesday in 1760. It will be held under the same rules and in the manner as the ancient Eisteddfod of Caerwys in the days of Queen Elizabeth (Boyd, Grove Music Online:2007).. Jean Meiring skryf in sy artikel “en die meervoud is eisteddfodau” wat op 6 Augustus 2005 in Die Burger gepubliseer is dat Edward Williams, „n steenwerker van Wallis, en van sy landgenote in ongeveer 1803 in Londen byeengekom het, klippe in „n sirkel gepak en „n vergete seremonie uitgevoer het wat Williams in „n ou Walliese manuskrip gevind het. Hulle was geklee in die lang klede van druïdedigters en het eksentrieke rituele uit die verlede uitgevoer. Williams het glo die seremonie onder sy digtersnaam “Iolo Morganwg” behartig. So is die “Gorsedd Beirdd Ynys Prydain”, oftewel die Vereniging van die druïdedigters van die eiland van Brittanje, in die lewe geroep. Dit blyk egter dat daar nooit „n manuskrip bestaan het nie en dat Iolo Morganwg deur middel van „n ooraktiewe, patriotiese verbeelding die hele seremonie self uitgedink het. Dit het glo die Walliese verbeelding aangegryp en het „n instelling geword (Meiring: Die Burger, 6-Aug-2005). 7.

(18) In 1819 is „n histories-belangrike eisteddfod gehou by die Ivy Bush Inn in Carmarthen. Hierdie geleentheid word beskou as die eerste grootskaalse byeenkoms van volksmusiek en poësie. Dit is ook tydens hierdie geleentheid waar die Gorsedd vir die eerste keer met die eisteddfod geassosieër word (Royal National Eisteddfod webblad:2007). Die eerste Nasionale Eisteddfod is in 1861 in Aberdene in Glamorgan gehou. Uit die staanspoor was dit duidelik dat hierdie jaarlikse instelling deur finansiële probleme gekelder sou word. In 1880 word die Nasionale Eisteddfod Assosiasie gestig, wat groot steun van die Cymmrodorion Vereniging in Londen ontvang het (Royal National Eisteddfod webblad:2007).2 Sedertien was daar elke jaar „n nasionale eisteddfod gehou wat om die beurt plaasvind in Noord- en Suid-Wallis. Slegs in 1914 (met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog) en 1940 (weens die Tweede Wêreldoorlog) was daar geen eisteddfods nie. In 1947 is die eerste Internasionale Eisteddfod gehou in Llangollen in die Noorde van Wallis. Die doel hiermee was om vrede tussen die nasies te bevorder na die oorlogsjare (Royal National Eisteddfod webblad:2007). Walliese gemeenskappe wat hulle in die buiteland gaan vestig het sou voortbou op hul patriotiese liefde vir Walliese kultuur en het die eisteddfodtradisie voortgesit. Die eerste gedokumenteerde spore wat hierdie skrywer kon opspoor van eisteddfods buite die Britse Eilande, verwys na „n eisteddfod in Carbondale, Pennsylvania in die Verenigde State van Amerika in 1850. Eisteddfod het egter vinnig uitgekring na ander state en stede in die VSA, soos Ohio, New York en Los Angeles (Young, Grove Music Online:2008). In 1867 het „n Walliese gemeenskap hul eie eisteddfod op kersdag in Ballarat, Victoria, Australië gehou. Later het dit ook uitgebrei na ander stede soos Canberra, waar daar tot vandag toe jaarliks „n eisteddfod gehou word (History of the Australian National Eisteddfod:2008).. 2. Die Cymmrodorion Vereniging is in 1751 in Londen gestig vir die ondersteuning van Literatuur, Wetenskap en Kuns wat verband hou met Wallis. Die vereniging is selfonderhoudend en niepolities. Dit bestaan vandag nog en speel „n belangrike rol in die Walliese gemeenskap in Londen (http://www.cymmrodorion1751.org.uk/:2007).. 8.

(19) In die laat-negentiende eeu het „n groep setlaars hulle gaan vestig in die Chubutvallei in Patagonia, Argentinië. In 1875 word die eerste eisteddfod daar gehou. Dit het egter net vir „n paar jaar aangehou. In 1965 word die tradisie weer hervat en word daar jaarliks twee eisteddfods in die Chubutvallei gehou (http://www.enjoy-patagonia.org:2008). Die eerste word in September gehou en vind plaas in die dorpie Gaiman, en staan bekend as die “Youth Eisteddfod”. Leerders en jong volwassenes tot op die ouderdom van vyf en twintig mag hieraan deelneem. Die tweede eisteddfod wat in Trelew gehou word is egter die belangrikste. Persone ouer as vyf en twintig mag hieraan deelneem. Deelnemers kom van regoor Argentinië en daar is gewoonlik beoordelaars van Wallis op die beoordelaarspaneel. Die verrigtinge word hoofsaaklik in Wallies, Spaans en Engels aangebied. Twee interressante toekennings tydens die Chubut Eisteddfod is onder andere vir die beste Spaanse gedig, waarvoor die wenner „n silwer kroon en prysgeld ontvang. Die skrywer van die beste Walliese gedig ontvang „n gekerfde houtstoel. Laasgenoemde seremonie is gebasseer op die ou Bardiese seremonie waartydens God gevra word vir vrede en gesondheid (http://www.europeanschoolprojects.net/festival/Argentina/eisted.htm:2008). In 1908 is daar op die eiland Jersey „n eisteddfod gestig nadat een van die kerkvaders gevoel het dit is „n manier om spraak, musikale voordrag en kultuur op die eiland te verbeter. Die eisteddfod het baie vinnig gegroei en daar is nuwe katagorië soos “Handwerk”, “Naaldwerk”, “Dans”, “Fotografie” en “Kuns” bygevoeg om nog meer persone by die instelling te kon betrek. Met die uitsondering van die jare tydens die twee wêreldoorloë het hierdie eisteddfod nog elke jaar sedert sy ontstaan plaasgevind. Tans word daar elke jaar twee byeenkomste gehou: “The Festival of Creative Arts” in Maart en “The Festival of Performing Arts” in November, waarvoor daar elke jaar ongeveer 3000 inskrywings per fees ontvang word. Laasgenoemde fees is egter alombekend as die Herfsfees. In 1998 is die eisteddfod se negentigste bestaansjaar gevier met „n daglange byeenkoms by Samarès Manor en in 2008 is die Eeufeesviering deur die loop van die jaar gevier met konserte, uitstallings en straatfeeste (http://www.jerseyeisteddfod.org.je:2008). 9.

(20) 1.1.2 Die geskiedenis van die Llangollen Internasionale Musiek Eisteddfod. Die Llangollen Internasionale Musiek Eisteddfod word as die eerste werklike internasionale musiekfees beskou. Soos reeds vermeld het dit gespruit uit die Nasionale Eisteddfod wat jaarliks in Wallis gehou is. In 1947 het nie-Walliese groepe vir die eerste keer deelgeneem aan die Eisteddfod. Harold Tudor, „n amptenaar van die Britse Raad (“British Council”) in Wallis, was verantwoordelik vir die konsep om musiek te gebruik om verhoudinge tussen lande te bevorder na afloop van die Tweede Wêreldoorlog. Hy het in 1943 reeds lede van verskillende regerings wat in ballingskap was, na die Nasionale Walliese Eisteddfod in Bangor genooi. In 1945 het Tudor voorgestel dat daar „n Internasionale Koorkompetisie tydens die 1947 Nasionale Walliese Eisteddfod gehou word. Die Raad van die Nasionale Eisteddfod was egter besig om weer op die been te kom na die oorlog en het gevoel dit sou nie moontlik wees om Tudor se versoek toe te staan nie. Tudor het 'n ander heenkome vir sy planne gaan soek en het sukses behaal in Llangollen. W.S. Gwynn Williams, „n Walliese komponis en musiekpubliseerder en George Norting, „n onderwyser en voorsitter van die plaaslike raad, het die idee ondersteun dat die Eisteddfod na hul dorp moes kom ( Adams, 2006). Die ondersteuning van die publiek vir hierdie inisiatief was oorweldigend en in 1946 is die eerste vergaderings gehou. Daar was egter kommer dat daar nie kore uit die buiteland sou kom deelneem nie en die Britse Raad het onderneem om aktief Europese groepe te vind en uit te nooi om in Llangollen te kom deelneem. „n Ander probleem was dat daar nie „n lokaal was wat groot genoeg sou wees om „n byeenkoms van die voorgestelde grootte te huisves nie. Williams het egter by die Anglesey Eisteddfod „n markiestent gesien wat sitplek vir sowat sesduisend mense voorsien het en die tent is dadelik bespreek vir die eisteddfod wat in Junie 1947 in Llangollen sou plaasvind. Die dorp het „n aanbod 10.

(21) van die Britse Raad om die Eisteddfod te finansier van die hand gewys en £1000 is deur die publiek ingesamel. Komitees is gestig om die organisasie van onder andere die finansies, kaartjies, gronde, gasvryheid, huisvesting en bemarking te behartig.3 Drie van die belangrikste aspekte wat aangespreek moes word was huisvesting, voedsel en die taalkwessie. Die Komitee vir Gasvryheid en Akkomodasie het feitlik net uit vroue bestaan en in die maande voor die aanvang van die eisteddfod het hulle honderde huise in en om Llangollen besoek om geskikte akkomodasie vir besoekende kunstenaars en toeskouers te soek. Plaaslike deelnemers sou op kampbeddens in die skool en in kerksale slaap. Die tweede moeilike logistieke probleem het gehandel oor kos. Aangesien die oorlog pas verby was en voedseltekorte algemeen was, moes die organiseerders met die Britse Ministerie van Voedsel onderhandel om nood voedselrantsoen koepons te kry sodat genoeg kos vir almal beskikbaar gemaak kon word. Laastens moes daar dringend vertalers gevind word, aangesien Engels nie alle besoekers se tweede taal was nie. Onderwysers en leerlinge van die plaaslike skool is vir hierdie taak gebruik (Adams, 2006). Na al die harde werk om die Eisteddfod te reël was die organiseerders steeds nie seker of daar enige deelnemers uit die buiteland sou opdaag nie. Die verligting was dus groot toe daar in Junie veertig kore vanuit veertien lande, onder andere Frankryk, Spanje, Hongarye, Portugal en Holland opgedaag het (Adams, 2006).Vandag gaan hierdie eisteddfod steeds van krag tot krag en is daar jaarliks tussen tweeduisend en vyfduisend deelnemers en ongeveer vyftigduisend toeskouers (http://www.international-eisteddfod.co.uk:2007). „n Belangrike aspek van die Llangollen Eisteddfod is dat daar steeds groot klem gelê word op die rol wat musiek speel om vriendskapsbande te smee. Die deelnemers kom van ongeveer vyftig verskillende lande en neem deel in kategorieë soos “Volksmusiek en dans”, “Koor”, “Solosang” en “Instrumentaal”. 3. George Norting was die Voorsitter van die Uitvoerende Raad, Gwynn Williams was die Direkteur van Musiek, Harold Tudor die Direkteur van Bemarking en Publikasies en W. Clayton Russon, „n plaaslike besigheidsman, was die President. (Adams,http://www.international-eisteddfod.co.uk, 2006). 11.

(22) Die beste deelnemers van die dag se “uitdunne” tree elke aand op tydens groot gala-geleenthede saam met bekende kunstenaars. Placido Domingo het in in 1968 sy debuut in die Verenigde Koninkryk gemaak by dié eisteddfod. Ander bekende sangers wat met die eisteddfod verbind word is onder andere Luciano Pavarotti, Kiri Te Kanawa, James Galway, Montserrat Caballe en die Walliese tenoor Bryn Terfel (http://www.international-eisteddfod.co.uk:2007). Die leuse van die eisteddfod van 1947 was “Byd gwyn fydd byd a gano; Gwaraidd fydd ei gerddi fo”, wat vry vertaal na “Geseënd is „n wêreld wat sing; Sagmoedig is die liedere”. Hierdie leuse word vandag nog gebruik. Die Llangollen Internasionale Musiek Eisteddfod is in 2004 benoem vir „n Nobel Vredesprys, maar helaas was die aansoek onsuksesvol (Cousins, http://www.international-eisteddfod.co.uk, 2007). Die benoeming illustreer egter dat die mense van Wallis steeds baie waarde aan eisteddfods heg. Die feit dat die hooftaal by hierdie geleenthede in Wallis vandag steeds Wallies is, is „n aanduiding dat die eisteddfod as „n medium gebruik word om volkstrots en bewaring van die Walliese kultuur en karakter te bevorder.. 12.

(23) 1.1.3 Eisteddfod in Australië. Soos vroeër in die hoofstuk vermeld is, vind daar reeds sedert 1867 eisteddfods in Australië plaas. Walliese setlaars wat na Australië gegaan het om in die myne te gaan werk het jaarlikse musiekfeeste gehou. Dit het in Victoria begin en later uitgebrei na ander dele van Australië, soos Canberra (http://www.nationaleisteddfod.org.au:2007). In 1929 is die Canberra Mannekoor gestig en „n voorstel om „n eisteddfod te begin is deur die dirigent William J. Hunt gemaak. In 1937 is reëlings getref vir die eerste Jeug-Eisteddfod wat kategorieë vir “Sang”, “Instrumentaal” en “Dans” bevat het. Suksesvolle daaropvolgende eisteddfods is tot 1941 gehou, toe die Tweede Wêreldoorlog die voortsetting daarvan ontwrig het. Die tradisie is weer in die laat-veertigerjare hervat en die Australiese Nationale Eisteddfod Raad is gestig onder die beskerming van die Goewerneur-Generaal en die Eerste Minister. Die eisteddfod sou „n manier wees om die nasionale ontwikkeling van kultuur en uitvoerende kunste in Australië te bevorder (http://www.nationaleisteddfod.org.au:2007). Sedertdien vind daar elke jaar sedert 1955 „n eisteddfod in Canberra plaas waar daar ongeveer vierduisend vyfhonderd kandidate deelneem as individue, ensembles, kore en orkeste. Groot klem word by hierdie eisteddfod gelê op die rol wat eisteddfod as opvoedkundige geleentheid kan speel. Die Eisteddfod Vereniging is „n nie-winsgewende organisasie; dus word daar staat gemaak op die betrokkenheid van die gemeenskap vir finansiële skenkings en op vrywilligers wat help met alle aspekte van die organisasie van die Eisteddfod (http://www.nationaleisteddfod.org.au:2007). „n Nuwe eisteddfod-model het in die tagtigerjare in New South Wales, Australië begin, naamlik die “Rock „n Roll Eisteddfod”. Dit was die idee van „n plaaslike radiostasie in Sydney en is vir die eerste keer in 1980 gehou. Geborg deur Coca-Cola en die New South Wales Raad vir Kultuur het „n paar hoërskole in Sydney bymekaar gekom om te wys oor watter talente hulle leerders beskik. Dit was „n geleentheid vir deelnemers om hulself uit te druk in alle genres en 13.

(24) mediums – nie net deur middel van klassieke musiek nie (http://www.rockchallenge.co.au:2007). In 1988 het die Raad van Gesondheid die geleentheid raakgesien om die “Rock Eisteddfod” as „n platvorm vir gesondheidsopvoeding te gebruik en is die nie-rook program “Quit For Life” aan die eisteddfod gekoppel. In die negentigerjare het die naam verander na die “Rock Eisteddfod Challenge” en as gevolg van die reuse sukses wat dit behaal het, het dit posgevat in New Zealand en in Engeland.4 Sterk klem word gelê op die anti-rook, -dwelm en -alkohol beleid en daar word groot sukses met hierdie veldtogte behaal. In 2003 het die VSA se Ambassadeur vir HIV-VIGS, Jack Chow, die organiseerders van die “Rock Eisteddfod Challenge” gevra om te help met die verspreiding van die boodskap oor voorkoming van HIV in SuidAfrikaanse skole. Die “Global Rock Challenge” het ontstaan met die leuses “My Life – I Decide” en “Be Your Best”. „n Reuse byeenkoms is in die Coca-Cola Dome in Johannesburg gehou waartydens meer as tweeduisend leerders van sewe en twintig skole deelgeneem het (http://www.rockchallenge.co.au:2008). Die getalle in Suid-Afrika het intussen gegroei na tienduisend deelnemers uit honderd vyf en dertig skole uit die Wes-Kaap, Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal en Noordwes Provinsie. Die “Global Rock Challenge” vind tans in New Zealand, Duitsland, Engeland, Japan, die Verenigde Arabiese Koninkryk en Suid-Afrika plaas. Daar word beraam dat daar wêreldwyd al meer as een miljoen leerders tussen die ouderdom van ses en negentien jaar deelgeneem het aan “Global Rock Challenge”. Alhoewel hierdie byeenkomste afwyk van die tradisionele eisteddfod-model, bly die beginsels dieselfde. Dit is steeds „n kompetisie waartydens deelnemers in kategorieë teen mekaar deelneem en pryse en toekennings ontvang. Die hoofdoel van die byeenkoms is steeds vir die behoud en bevordering van kultuur en die opvoeding van die jeug speel „n baie groot rol. Wat opvoedings-ideaal betref, onderneem die deelnemers om geen tabak, alkohol of dwelms te gebruik nie en so word daar bewustheid gekweek oor die 4. In New Zealand is daar ongeveer sestienduisend deelnemers van honderd een en sewentig skole wat jaarliks aan hierdie Eisteddfod deelneem (http://www.rockchallenge.co.au:2008).. 14.

(25) nadele van die misbruik van hierdie middele. Die “Rock Eisteddfod Challenge” voer in hul manifes aan dat leerders nie net die geleentheid kry om hul kunsvorms te ontwikkel nie, maar ook om lewensvaardighede soos leierskap, organisasie, probleemoplossing, spanwerk en kommunikasie aan te leer. Deelnemers word ook opgelei in hul onderskeie kunsvorme en doen waardevolle ondervinding op in veral tegniese aspekte soos die ontwerp en bou van dekor, grimering, beligting, die ontwerp en maak van kostuums en die finansiering van die projekte. Pryse word toegeken aan individue, groepe en skole wat sukses behaal op alle vlakke van voorbereiding en deelname aan hierdie Eisteddfod (http://www.rockchallenge.co.au:2008).. 1.2. Eisteddfod in Suid-Afrika. Die ontstaan en groei van eisteddfod in Suid-Afrika is hoofsaaklik aan twee groepe mense te danke, naamlik Walliese setlaars en Afrikaners. Elkeen van hierdie groepe het 'n baie belangrike rol gespeel in die vormingsjare en elkeen het spesifieke redes gehad vir hul betrokkenheid by eisteddfod. In die SuidAfrikaanse konteks is die term “kunswedstryd”5 redelik algemeen deur Afrikaanssprekendes gebruik om hierdie byeenkomste te benoem. Reeds in die naamgewing word 'n verdeling tussen Afrikaans- en Engelssprekendes gesuggereer.. 5. Die term “kunswedstryd” beteken „n openbare wedstryd tot die bevordering van kunsvaardigheid, kunssmaak en kunswaardering in al die kunsvorme. Die woord is die Afrikaanse vorm van die woord eisteddfod (Van den Heever, 1973:6). In hierdie studie sal “kunswedstryd‟ as 'n sinoniem vir “eisteddfod” gebruik word.. 15.

(26) 1.2.1 Johannesburg. In 1891 word daar vir die eerste keer in die Zuid-Afrikaansche Republiek melding gemaak van musiekwedstryde met voorgeskrewe stukke. Alhoewel die woorde “kunswedstryd” of “eisteddfod” nie aan hierdie geleenthede gekoppel is nie, was hierdie musiekwedstryde moontlike voorgangers van wat vandag onder hierdie terme verstaan word. Pieter Kapp bring nie hierdie noordelike inisiatiewe in berekening wanneer hy skryf dat die eerste eisteddfods in 1902 voorkom en dan versprei vanaf die Kaapprovinsie na ander dele van die land nie. Tydens hierdie byeenkomste waarvan Kapp melding maak was die hele program in Engels en was daar slegs „n klein afdeling vir “Afrikaanse Voordrag”. Die Afrikaanssprekendes wat hieraan deelgeneem het, het gevoel dat daar nie genoeg geleentheid binne die kompetisie was om die Afrikanerkultuur en -idioom uit te bou nie (Kapp, 1975:147-148). In die Transvaal gaan die geskiedenis van eisteddfod hand aan hand met dié van die Goudvelde (Goud is in 1886 aan die Witwatersrand ontdek). Die Walliese setlaars wat op die myne gewerk het, het „n behoefte ontwikkel om te verenig as „n kultuurgemeenskap in hul nuwe omgewing. Die verloop van gebeure is hier egter nie deeglik opgeteken nie en dit lyk asof daar in die vormingsjare van plaaslike eisteddfod verskeie geleenthede gehou is wat bygedra het tot die amptelike stigting van die Nationale Eisteddfod.6 Op 9 November 1890 het ongeveer twintig setlaars in „n klein saaltjie in Johannesburg byeengekom vir die stigting van wat later as die “Cambrian Society”7 bekend sou. 6. In elk van die drie bronne wat die huidige skrywer hier geraadpleeg het, word daar verskillende datums en name aan die eerste eisteddfod in die Transvaal gekoppel. Daar is gepoog om hierdie gegewens chronologies korrek uiteen te sit, maar die geskiedenis is ten opsigte van hierdie gebeure nie akkuraat genoeg opgeteken is nie. 7. Hierdie vereniging het bestaan uit persone van Walliese afkoms wat wou bydra tot die versterking van die Walliese kultuur en identiteit. Later is nie-Walliese lede toegelaat, byvoorbeeld wanneer iemand homself met die Walliese nasionale gevoel vereenselwig het of. 16.

(27) staan. Twee jaar later is daar „n banket gehou ter viering van St. David‟s Day op 1 Maart 1892 en die volgende dag is daar „n vergadering belê waartydens die vereniging amptelik gestig is en planne gemaak is om die Walliese kultuurlewe aan die Witwatersrand lewend te hou. Een van die setlaars, Hugh Gwynn, was verantwoordelik vir die eerste gesprekke oor die moontlikheid om „n kulturele byeenkoms te reël waarin Walliese tradisies uitgeleef en beoefen kon word en daar is besluit om „n eisteddfod te hou. Volgens Van Hoogstraten, het die eerste eisteddfod egter eers in 1896 in „n klaskamer naby Von Bradis Square plaasgevind. „n Lid van die Vereniging, ene Mnr D.M. Williams, het die volgende te sê gehad: “That gathering was exclusively Welsh in character, and all the competitions were crowded into one day.” (Van Hoogstraten, geen datum:9). Ander gedokumenteerde byeenkomste in 1896 was in Julie in Benoni en op 25 Desember in Johannesburg (in „n saal in Turffontein) gehou. Die sillabus is deur Ds. E.P. Davies, Ds. J. Lloyd (Presbiteriaanse Kerk, Turffontein), Walliese mynwerkers en besigheidslui opgestel. Dit was „n jaarlikse instelling tot en met 1899 (toe dit vermoedelik gestaak is weens die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog) en is weer in 1905 hervat na die einde van die oorlog (Van Den Heever, 1973: 14). Die “Cambrian Society” het in 1899 die volgende verklaring uitgereik: “The Eisteddfod is Wales‟s great gift to South Africa. There are many appeals to the people and any of them would be sufficient to keep the Eisteddfod alive” (Van Hoogstraten, geen datum:5). Klem is gelê daarop dat een van die eisteddfod se hoofdoelwitte dié van kulturele opvoeding was. Amateurs van enige ouderdom kon op „n kompeterende vlak met ander meeding om sodoende standaarde te stel en groei en ontwikkeling aan te moedig (Van Hoogstraten, geen datum:5). Alhoewel die geskiedenis baie onvolledig opgeteken is, kan daar met redelike sekerheid afgelei word dat daar teen 1910 reeds etlike eisteddfods of musiekfeeste in Transvaal plaasgevind het. Volgens die burgemeester van Johannesburg was die Goudstad, naas Wallis, in hierdie tyd die grootste sentrum van eisteddfod-aktiwiteit: wanneer „n persoon kennis of „n spesiale kwalifikasie besit het wat die vereniging kon gebruik om hul ideale uit te leef (Van den Heever, 1973:15).. 17.

(28) ...there is hardly another place in the world outside Wales where so much interest had been taken in the festival...To the Welshmen, the Eisteddfod is a national event in which all Welsh people can (and do) share; an event calculated to promote unity and brotherhood through literature, music and dancing. And if these are the aims in Wales, they became precisely the same along the Reef (Van Hoogstraten, geen datum:4).. Die nasionalistiese teneur van hierdie uitspraak is opvallend. Later in hierdie hoofstuk sal daar gekyk word na hoe hierdie karakter van die beginjare van eisteddfod in Suid-Afrika voortgeleef het in die Afrikaanse opvolgers van hierdie tradisie. Hierdie spesifieke eisteddfod het oor die jare ontwikkel vanuit „n daglange byeenkoms na „n kompetisie wat twee weke geduur het en oggend-, middag- en aandbyeenkomste ingesluit het. Dit het aanvanklik net as die Eisteddfod bekend gestaan, 'n naam wat later ontwikkel het tot die Johannesburgse Eisteddfod en uiteindelik in 1924 die Nasionale Eisteddfod geword het (Van Den Heever, 1973:15). Met die geleidelike groei moes daar groter lokale gevind word om die byeenkoms te huisves, onder andere die Masonic Saal, die Drilsaal, die Wanderers Saal, die Selbourne en Duncan sale, die biblioteekteater en uiteindelik in 1945 die Stadsaal. Alles omtrent hierdie vroeë geleenthede was inderdaad Wallies. Reeds in 1910 word daar melding gemaak van dogters wat nasionale Walliese kostuums dra en die Walliese nasionale embleem, die rooi draak, wat gebruik is as agtergrond op die verhoog. Die mure van die sale is ook met patriotiese Walliese slagspreuke behang, byvoorbeeld “Cymry am byth” (“Wallis vir ewig”) en “Ein gwlad, ein, hiaith, ein cenedl” (“Ons land, ons taal, ons nasie”) (Van Hoogstraten, geen datum: 9). Die sillabusse was in Wallies en Engels en deelnemers kon in albei tale deelneem (Van den Heever, 1973:10). Tot 1910 was die Goewerneur-Generaal en die Goewerneurs van die vier provinsies die beskermhere van die Nasionale Eisteddfod; daarna (tot in 1961) was dit die Eerste Minister en die Administrateurs van die vier provinsies (Van Den Heever, 1973:15).. 18.

(29) Aanvanklik was die Walliese mynwerkers die belangrikste deelnemers aan hierdie eisteddfod, maar met die verloop van tyd het hul getalle verminder en het al hoe meer deelnemers uit ander gemeenskappe begin deelneem. Teen 1931 was die Nasionale Eisteddfod reeds gevestig in Suid-Afrika en het dit inderdaad nasionale status geniet. Van den Heever voer aan dat alle ander eisteddfods, feeste en kunswedstryde in Suid-Afrika en selfs Rhodesië hieruit gegroei het. Teen 1936 is die Nasionale Eisteddfod beskou as „n fees vir al die blankes woonagtig aan die Witwatersrand (Van den Heever, 1973:15-16). Reeds met die ontstaan was die ondersteuning baie goed en moes daar vanaf 1898 “uitdunne” gehou word sodat slegs die beste inskrywings gekies kon word om deur te gaan na die volgende rondtes. Die uitdunne het in die oggende plaasgevind en in die middae en aande is die finalistebyeenkomste gehou. Op 31 Maart 1899 het die volgende beriggewing in die dagblad The Star verskyn:. All forenoon the adjudicators in the musical section were busy with candidates who had to underdo a preliminary test as to whether their ability merited their being permitted to enter the final and public contests. (Van den Heever, 1973:16). Die finalistebyeenkomste is mettertyd met pryswennerskonserte vervang. Dié konserte het gewoonlik na afloop van die eisteddfod op „n Saterdagaand in die Stadsaal plaasgevind. In 1943 was daar twee pryswennerskonserte gehou, een op die Saterdagmiddag en een die aand. Die opbrengs van hierdie twee konserte is aan die oorlogsfonds geskenk. Die aantal pryswennerskonserte het deur die jare gewissel. In 1948 was daar drie konserte en in 1960 was daar vier, een was in die middag gehou en drie in die aand. Die konserte het soms so lank as drie en „n halfuur aangehou (Van den Heever, 1973:16).. 19.

(30) Die groei van die Nasionale Eisteddfod kan goed opgesom word in die hoeveelheid inskrywings wat oor die jare ontvang is. Van den Heever lewer die volgende getalle as bewyse hiervan:8. 1899. -. 150. 1906. -. 40. 1916. -. 2000. 1931. -. tussen 3000 en 4000. 1934. -. tussen 3000 en 4000. 1939. -. 5000. 1942. -. 5000. 1943. -. 6000. 1948. -. 10 000. 1949. -. tussen 8000 en 10 000. 1950. -. 9000. 1952. -. 9000. Deelnemers kon inskryf vir verskillende kategorieë, onder andere “Vokaal”, “Instrumentaal”, “Handwerk” en “Literêr”. Elke afdeling het met die verloop van tyd „n paar interressante ontwikkelings getoon, soos byvoorbeeld „n afdeling in 8. Geen rekords is gehou vir jare 1898-1923, 1927-1931 en 1944-1961 nie (Van den Heever, 1973:19).. 20.

(31) die “Drama” kategorie vir die vertaling van „n Latynse gedig na Wallies, Engels, Hollands en Afrikaans. In 1932 en 1933 is daar „n bal (dans) gehou wat deel uitgemaak het van die kompetisie. Deelnemers het as pare ingeskryf; elke paar kon twee en „n half minute lank dans en vier pare kon tegelyk op die dansvloer meeding. Die afdelings in hierdie kategorie was “Wals” en “Quick step”.9 Die opbrengs van hierdie danskompetisies is aan die Universiteit van die Witwatersrand geskenk. In 1937 is die publiek aangemoedig om „n Nasionale Volkslied te skryf wat deur almal gesing kon word. Hierdie lied sou in die toekoms in die eisteddfodprogram gedruk word en sou by bepaalde geleenthede gesing word.10 Ook die opstelafdeling wat vir die lede van die weermag gehou is, was uiters gewild en is dit in 1944 oopgestel vir die nie-blanke lede van die mag. Die wenopstelle is in die plaaslike koerant gepubliseer (van den Heever,1973:22). Die Nasionale Eisteddfod het ook oor die jare „n groot maatskaplike rol in die gemeenskap gespeel. Die instansie het geldelike en sosiaal-ondersteunende bydraes gemaak tydens die oorlogsjare deur die oorlogsfonds te steun en kompetisies vir die soldate en beseerdes van die oorlog te organiseer. Finansiële hulp is ook aan ander organisasies verleen, soos byvoorbeeld die Universiteit van die Witwatersrand, Daily Mail-Kersfonds, Johannesburgse Algemene Hospitaal, die Kerkfonds en ook aan individuele persone. Die Nasionale Eisteddfod in Wallis se hoogste toekenning wat „n deelnemer kan ontvang is „n kroon. Hierdie kroon is in 1934 deur die Nasionale Eisteddfod van Suid-Afrika aan Wallis geskenk (van den Heever,1973:25).. 9. Die South African Dancing and Teachers Association (SADTA) het sterk kapsie gemaak teen hierdie kompetisie en het al hulle lede verbied om hieraan deel te neem. Hulle het verder gegaan en al hulle bande met die eisteddfod verbreek en hulle eie dansfeeste gehou. Die eisteddfodkomitee het in reaksie hierop net persone wat nie lid van die S.A.D.T.A. was nie by die balletafdeling betrek (Van den Heever, 1973:21). 10. “Die Stem” is reeds in 1952 by „n eisteddfod byeenkoms gesing alhoewel dit eers in 1957 as amptelike volkslied aanvaar is (Van den Heever, 1973: 25).. 21.

(32) Twee instansies wat uit die Nasionale Eisteddfod liggaam ontstaan het was die Afrikaanse Kunsvereniging (1920) en die Transvaal African Eisteddfod (1931) (van den Heever, 1973:25). Hierdie strukturele ontwikkeling dui op meer subtiele identiteits- en kultuurverskille en skeiding tussen taalgroepe en rasse. Die redes vir die skeiding is verskillend ten opsigte van die twee organisasies. Die hoofbeweging was die Nasionale Eisteddfod wat, hoewel dit Afrikaans en Hollands as tale geakkommodeer het, steeds as „n Engelse instelling gesien is. Die Afrikaanse Kunsvereniging (soos later bespreek sal word) het ontstaan uit „n behoefte om aan Afrikaanssprekendes „n eie organisasie te gee waar die Afrikaanse taal en kultuur beskerm en ontwikkel kon word. Die stigting van die Transvaal African Eisteddfod was vermoedelik meer „n resultaat van die politieke segregasiedenke van daardie tyd. Alhoewel dit „n gewilde instelling onder nieblanke persone geword het, is hierdie deelnemers ontneem van die geleentheid om saam met blanke persone deel te neem. Soos reeds vermeld was die Nasionale Eisteddfod beskou as „n fees vir alle blankes aan die Witwatersrand. Om die ontstaan van die Afrikaanse Kunsvereniging in konteks te bring is dit noodsaaklik om na die geskiedenis van Afrikaans tot op daardie tydstip in Suid-Afrika te kyk. Afrikaans het sedert die aankoms van Jan van Riebeeck in 1652 aan die Kaap geleidelik ontstaan as „n spreektaal uit „n vermenging van Germaanse tale, dialekte en tale wat deur die slawe gepraat is. Teen 1750 het hierdie taal wat aan die Kaap gepraat is só van Nederlands verskil dat dit as „n afsonderlike taal beskou is. Tog was Nederlands steeds die enigste amptelike skryftaal. Teen die laat-negentiende eeu is pogings aangewend om die situasie van Afrikaans te verbeter en het daar „n strewe ontstaan om dit as „n skryftaal te verhef (Van den Heever, 1973:27). Met die tweede besetting van die Britte aan die Kaap het die volk baie meer bewus geword van Afrikaans toe die Engelse aangedring het op die uitsluitlike gebruik van Engels as landstaal. Uit reaksie hierop is die Eerste Afrikaanse Taalbeweging in die tweede helfte van die negentiede eeu gestig, 'n beweging wat egter van korte duur was (Van den Heever, 1973:28). Die Tweede Afrikaanse Taalbeweging was meer suksesvol, en oral het organisasies binne hierdie beweging hulle beywer vir die erkenning 22.

(33) en ontwikkeling van Afrikaans. Hulle het groot sukses behaal toe Afrikaans in 1925 as amptelike landstaal erken is. Die Afrikaner se pad was egter besaai met hindernisse en die Anglo-Boere oorloë en die Eerste Wêreldoorlog het die groei van die taal beïnvloed en onderdruk (Van den Heever,1973:29). As „n volk was die Afrikaner na afloop van die oorloë arm en verneder en moes hulle van vooraf kennis maak met hul eie taal en kultuur (Van den Heever, 1973:30). In 1920 word die Afrikaanse Kunsvereniging van Johannesburg op die aanbeveling van die Administrateur van die Transvaal, dr. W. Nicol gestig. Die Afrikaners het gevoel dat daar nie genoegsame geleentheid vir Afrikaanssprekendes op die Nasionale Eisteddfod was nie. In Johannesburg het die Dingaanfeeskomitee hulle begin beywer om „n Afrikaanse Kunswedstryd op die been te bring (Kapp, 1975:148).11 Die Cambrian Society, wat aan die hoof van die Nasionale Eisteddfod gestaan het, was ten gunste van so „n eg Afrikaanse eisteddfod waar Afrikaanssprekendes die geleentheid kon kry om aan „n eie identiteit te werk en het hul ondersteuning aan hierdie projek gegee (Van den Heever, 1973:30). dr. W. Nichol voer aan in „n memorandum wat hy ter viering van die Afrikaanse Kunsvereniging se vyf en twintigjarige herdenking geskryf het, dat hy vir die eerste keer met die idee van „n kunswedstryd te doen gekry het toe hy as verteenwoordiger van die Johannesburg-Oos kerkraad by „n Dingaansfeeskomitee-vergadering moes optree. Die eerste Dingaansfees is op 16 Desember 1920 in Aucklandpark gehou en hier is die Kunswedstryd gebore. 12 By hierdie fees is die besluit geneem om die stadsaal vir die volgende jaar se fees te huur en dat daar „n Afrikaanse kunsaand gehou sou word. Op die program was daar items vir “Sang”, “Orrel”, “Klavier”, “Voordrag”, “Opstelle” en 11. Hier word ook vir die eerste keer met die woord “kunswedstryd” kennisgemaak. Dit was duidelik dat Afrikaanssprekendes op die manier hulle verset teen die Engelse taal wou uitdruk en terselfdetyd die eisteddfod in iets Afrikaans wou omskep (Van den Heever, 1973:6). 12. Tussen 1900 en 1902 is daar meer as 4300 boere as krygsgevangenis na die eiland Bermuda geneem. Hierdie ballinge het geglo dat die oorlog in Suid-Afrika God se manier was om die boere te straf, omdat hulle nie die Gelofte van Bloedrivier gehou het nie. Hulle het toe „n eed binne „n eed afgelê dat hulle met hul terugkeer na Suid-Afrika Dingaansfeeste sou hou om die Afrikane saam te snoer en die kultuur op te bou (http://www.bermuda-online.org:2004). 23.

(34) “Skool- en Kerkkore”. Alhoewel deelname aan hierdie aand swak was, het daar reeds vier skoolkore aan die kompetisie deelgeneem. Teen 1924 was hierdie kunsaande reeds „n instelling (Van den Heever, 1973:7). Die Afrikaanse Kunsvereniging het hul hoofsaaklik toegespits op die kulturele opvoeding van die jeug en die meeste kompetisies was dus vir deelnemers van skoolgaande ouderdom. Wonderlike opvoedingswerk is gedoen en daar was selfs van die finalisteprogramme wat direk oor die radio uitgesaai is (Van den Heever, 1973:31). Die Kunswedstryd het „n jaarlikse instelling geword. Dit is slegs in 1948 onderbreek deur die uitbreek van polio en in 1951 toe die organisasie die kunswedstryd wou herorganiseer en ook beplan vir die volgende jaar se Van Riebeeckfees. Die destydse sekretaris, Mnr. E. Aapkes, het op 22 Maart 1951 soos volg aan The Star berig:. Die Afrikaanse kunswedstryd sal nie hierdie jaar plaasvind nie aangesien daar „n herorganisasie moet plaasvind. Die komitee sal by hulle volgende jaarlikse vergadering besluit of daar met die kunswedstryd as „n jaarlikse of twee-jaarlikse byeenkoms mee voortgegaan moet word. Stygende kostes van papier en ander uitgawes asook oorwerkte onderwysers wat op die komitee dien is alles probleme waarmee die kunswedstryd te kampe het. Alhoewel daar nie „n tekort aan inskrywings is nie sal meer finansiële hulp van die publiek waardeer word, aangesien die Afrikaanse Kunsvereniging net daarin slaag om kop bo water te hou. Die voorbereiding vir die Van Riebeeckfees van 1952 verg ook baie aandag en sal die ondersteuning van die kunswedstryd hierdie jaar in die wiele ry (Van den Heever, 1973:31).. Min inligting is beskikbaar oor die Transvaal African Eisteddfod wat in 1931 ontstaan het. Teen 1896 was daar reeds ongeveer 90 000 nie-blanke manlike mynwerkers in Johannesburg saam met nog 42 733 ander wat as klerke, onderwysers, ambagsmanne en bediendes gewerk het. Die musiek- en kultuurlewe onder hierdie gemeenskap was baie aktief. Christopher Ballantine maak melding van die Transvaal African Eisteddfod in sy artikel “Concert and Dance: The Foundations of Black Jazz in South Africa between the Thirties and 24.

(35) Early Forties” (1991). Alhoewel hy spesifiek hier verwys na die rol wat hierdie eisteddfod gespeel het in die ontwikkeling van sosiale dissipline met betrekking tot blaasorkeste, is dit „n bewys van die bestaan en die gewildheid van hierdie beweging (Ballantine, 1991:139). „n Ander persoon wat voordeel getrek het uit haar deelname aan hierdie eisteddfod was Marjorie Pretorius. Sy word bekou as een van die eerste nie-blanke vroue wat roem verwerf het as suiwer jazz sangeres. Sy het in 1935 aan die Transvaal African Eisteddfod deelgeneem waar Zulu Boy Cele haar hoor sing het en haar genooi het om by „n vaudeville groep, die Harlem Babies, aan te sluit wat saam met die Jazz Maniacs in die “Concert and Dance” produksies opgetree het. Pretorius was nog op skool en alle repetisies moes in die middae en aande plaasvind terwyl hulle oor naweke opgetree het (Women Marching Into the 21st Century, 2000:166).. 1.2.2 Kaapstad. Die Kaapse Cambrian Society het in 1903 hulle eerste eisteddfod in die ou operahuis in Kaapstad gehou. Aanvankilik was dit „n jaarlikse tradisie, maar dit het mettertyd doodgeloop. In 1937 word die tradisie egter weer voortgesit onder die leiding van mejuffrou Lily Diay-Darrol en die stadsklerk, meneer Mervyn B. Williams. Hulle ontvang finansiële hulp van die stadsraad en ondersteuning van verskeie musiek-, drama- en dansonderwysers wat werksaam was in die omgewing (Cape Times:13 April 1954). In 1949 is hierdie eisteddfod se vyftigste herdenking gevier te midde van groot feestlikheid.13 Groepe het van regoor die land gekom om deel te neem aan die byeenkoms in die Selborne Saal. Die afsluitingseremonie is geopen deur die sing van Hen wlad ty nhadau (die Walliese Volkslied), Die Stem en God save the Queen. Die spesiale feesprogram 13. Hierdie vyftigste herdenking is in 1949 gehou. Alhoewel die Nasionale Eisteddfod eers in 1898 gestig is was daar geen Eisteddfods gehou in 1900, 1901, 1902 en 1915 nie as gevolg van die Anglo-Boere oorlog en die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog (Van Hoogstraten, geen datum:12).. 25.

(36) het boodskappe bevat van onder andere generaal Jan Smuts, dr. W. Nicol, Ivor Novello en Walliese Verenigings in Amerika (Van Hoogstraten, geen datum:12). Die eisteddfod se naam het later verander na die Cape Town Eisteddfod. Latere bekendes wat aan hierdie eisteddfod deelgeneem het sluit bekendes in die SuidAfrikaanse musiekkringe in soos byvoorbeeld die operasangers Wendy Fine en Virginia Davids en die pianiste Francois du Toit en Mark Nixon (Inligting verkry van die kantoor van die Cape Town Eisteddfod, 2008). Teen 1951 is die Nasionale Eisteddfod in Johannesburg beskou as die belangrikste kulturele gebeurtenis in Suider Afrika. Dit het grotendeels betaan uit sangkategorieë, alhoewel daar sistematies „n verandering en vernuwing in kategorieë ingetree het soos met die instelling van „n trekklavier kategorie in 1953. Alhoewel die eisteddfod steeds deur die Cambrian Society bestuur is, het meer en meer nie-Walliese deelnemers begin deelneem en geleidelik het dit werklik 'n Nasionale Eisteddfod geword (Van Hoogstraten, geen datum:18). In die vroeë dertigerjare het eisteddfods ook elders in die land ontstaan. Die voorsitter van die Cambrian Society, Howell Davids, verwys in 1934 in „n toespraak na goeie werk wat elders in Suid-Afrika gedoen word met betrekking tot die stigting en ontwikkeling van eisteddfods. Hy het hier spesifiek van die Oos-Londense Eisteddfod, die Afrikaanse Eisteddfod en die Bantu Eisteddfod gepraat (Van Hoogstraten, geen datum:19). In die Kaap het Afrikaanse onderwysers hulle begin beywer vir groter erkenning van Afrikaans tydens die eisteddfod. Die Nasionale Pers het inisiatief geneem en “Die Huisgenoot”-skild geskenk vir die beste Afrikaanse koorsang op die Engelse Eisteddfod (Kapp, 1975:148). As gevolg van „n botsing tussen Afrikaanssprekendes en die Engelssprekende organiseerders van die South African Eisteddfod het daar in 1927 glad nie „n eisteddfod in Kaapstad plaasgevind nie. Dit het „n groepie Afrikaansprekendes gemotiveer om „n suiwer Afrikaanse kunswedstryd op die been te bring. Onder die leiding van die destydse hoof van die Hoërskool Jan van Riebeeck is die eerste Afrikaanse Eisteddfod op die model van die Engelse 26.

(37) Eisteddfod in Kaapstad gehou (Kapp, 1975:148).14 Verwysings bestaan ook wat op die bestaan dui van 'n Afrikaanse kunswedstryd in Potchefstroom in 1926. By hierdie geleentheid is daar voorsiening gemaak vir “Vokale”- en “Instrumentale” afdelings, asook kategorieë vir “Laer- en Hoërskoolkore” en “Slagorkeste” (Van Tonder, 1994:6).. 1.2.3 Bloemfontein. In die Vrystaat is die Vrystaatse Kunswedstrydvereniging op 15 Julie 1926 op „n spesiale vergadering te Bloemfontein op inisiatief van die “Ons Taal”-vereniging op die been gebring. Dit het ontstaan uit „n behoefte om die uitvoerende kunste in die Vrystaat te bevorder en om te help uitbou aan die Afrikaanse kultuur. Verskeie instansies was verteenwoordig by hierdie vergadering en die vereniging is uiteindelik saamgestel uit persone wat onder meer die volgende instansies verteenwoordig het: Grey-Universiteitskolledge, Die Oranje-Vrouevereniging, Die Vrystaatse Departement van Onderwys, Die Afrikaanse Studentebond, Die Nederlandse Verbond en die Voortrekkers (Human, 1976:43). Die Kunswedstrydvereniging het aanvanklik gefunksioneer as die Kunswedstrydvereniging van die Oranje-Vrystaat. Daar was egter onenigheid oor die naam en eers in 1930 is die naam “Die Vrystaatse Kunswedstrydvereniging”, soos dit vandag nog bekend staan, aanvaar (Human, 1976:44). Aanvanklik was die hoofdoel van hierdie Vereniging nie die vooruitsig van mededinging met ander nie, maar slegs om kultuur en kuns te bevorder (Human, 1976: 42). Die voorsitter van die uitvoerende komitee het in 1927 die volgende te sê gehad:. 14. Die naam Eisteddfod is op hierdie stadium behou, omdat dit reeds op wisseltrofeë gegraveer was (Kapp, 1975:148).. 27.

(38) Ons sien „n tyd tegemoet wanneer daar vir ons eenmaal in die jaar so „n kunsviering sal wees, so „n opkoms, wat „n waardige teenhanger sal wees van ons groot byeenkomste vir sport, voetbal of atletiese spele...Vanjaar word met hierdie stigting „n begin gemaak. In elke dorp of dorpie in die Vrystaat en selfs op die eensame boereplaas kan daar hartlike en belangelose samewerking wees, belangeloos omdat hier geen stoflike voordele beoog word nie, maar alleen die beoefening van die een of ander mooie kuns (Human,1976: 42).. Eerbetoon en beloning vir prestasies wat deur deelnemers behaal is, het egter weldrae deel geword van die Vrystaatse Kunswedstrydvereniging se bedrywighede. Medaljes en trofee‟s is uitgeloof aan wenners, en, miskien van groter belang, is reklame in die pers en uitnodigings van die radio en konsertorganiseerders deur wenners ontvang (Human,1976: 42). Afdelings waaraan deelnemers kon deelneem het “Musiek-Instrumentaal” en “Vokaal”, “Beeldende Kuns”, “Voordrag en Woordkuns” en „n afdeling vir “Hande-arbeid” ingesluit.15 Die voertaal vir die Kunswedstryd was uitsluitlik Afrikaans. Slegs in die sangkategorieë is liedere met Nederlandse tekste toegelaat. Daar was egter „n gebrek aan Afrikaanse sangstukke en die tekste van verskeie bekende komposisies is in Afrikaans vertaal. Voorbeelde hiervan is “Solvejg lied” van Edvard Grieg, “Rose softly blooming” van Louis Spohr en “On Wings of Song” deur Felix Mendelssohn Bartoldy. Verskeie pogings is deur die pers en publiek geloods om die byeenkomste toeganklik te maak vir Engelssprekendes, maar die Vereniging het gehou by die besluit wat met die stigting geneem is en die Kunswedstryd het uitsluitlik Afrikaans gebly (Human,1976:46). Die eerste Kunswedstryd wat op 7 en 8 September 1928 in Bloemfontein gehou is, het met ongeveer 500 inskrywings gespog en die geleentheid is as „n reuse sukses beskou. Die volgende het op 10 September 1928 in die Volksblad verskyn:. 15. Die afdeling “Hande-arbeid” het onder andere die volgende afdelings ingesluit: houtwerk, houtsneewerk, kleremakery, hekel en breiwerk, inmaak van vrugte, maak van konfyt, biltong, seep, lekkers, vetkerse, boerbeskuit, jukskeie, stroppe, osrieme, osswepe en artikels uit petrolblikke (Human,1976: 44).. 28.

(39) Uit die kamp van die opvoeders van ons tyd word daar een stem hoe langer, hoe meer gehoor en dit is: “Wek die skeppende kragte in die siel van die kind” en ons vra onsself af: Kan ons Kunswedstryde nie veel hiertoe bydra nie?” (Human,1976:47).. In 1929 het die Kunswedstryd oor drie dae plaasgevind en die getalle het van 500 gegroei na ongeveer 1300. Daar was ook „n toename in die getal skole wat deelgeneem het en veral die plattelandse skole het uitgeblink. Die organiseerders was optimisties dat die ondervinding wat hulle die vorige jaar opgedoen het sou bydrae om die byeenkoms nog meer suksesvol te maak. Ook die beoordelaars het hulle tevredenheid uitgespreek oor die hoë standaard wat gehandhaaf is, veral in die afdeling Musiek. Die beoordelaar vir hierdie afdeling, Mnr C.A.O. Duggon het veral in die sangafdeling werk van baie hoë gehalte aangehoor en het veral oor ene Anna du Toit die volgende gesê:“One competitor sang with so much refinement and taste that her standard not only reached distinction in comparison with the latest Bloemfontein standards, but would also reach similar distinction in comparison with almost any standard; indeed, she could gain a medal at any music festival in Africa or England” (Human, 1976:49). In 1930 was daar nie „n Kunswedstryd gehou nie, maar belangrike veranderings is aan die algemene struktuur van die Vereniging en byeenkoms aangebring. Een van die belangrikste veranderinge was die uitbreiding van die Vrystaatse Kunsvereniging se werksaamhede en „n uitvloeisel hiervan was die moontlikheid dat plattelandse dorpe hul eie kunswedstryde in affiliasie met die vereniging kon hou. Hierdie kunswedstryde sou plaasvind voor die hoofbyeenkoms in Bloemfontein en sou beskou word as “uitdunne” vir die “hoof” Kunswedstryd. Die plattelandese kunswedstryde kon dieselfde reëls en sillabusse as die Bloemfonteinse Kunswedstryd gebruik, maar sertifikate en medaljes is slegs by laasgenoemde geleentheid toegeken (Human,1976:50). Die Kunswedstryd van 1931 het weer eens bewys dat hierdie byeenkoms belangrik vir die Afrikaners van die Vrystaat was. Daar was 2000 leerders en volwassenes wat deelgeneem 29.

(40) het en sommige inskrywings het selfs uit ander dele van die land soos Durban gekom. Gedurende hierdie jaar is daar verdere wysigings aan die grondwet gemaak en nuwe ampsdraers is aangestel. Dr. C.F. Visser was steeds die voorsitter en die beskermheer van die Kunswedstryd was oud-president F.W. Reitz. Verskeie erelede is ook aangewys, onder andere die eerste minister van die Unie, genl. J.B.M. Hertzog; die minister van onderwys, dr. D.F. Malan; die administrateur van die Vrystaat, mnr. C.T.M. Wilcocks; die moderator van die N.G. Kerk, ds. Van Heerden; die burgermeester van Bloemfontein; mev. (pres.) M.T. Steyn; mev (genl.) De Wet en die voorsitter van die FAK,16 dr. N.J. van den Merwe (Human,1976:51). „n Mens kan aflei uit die belangrike persone van die tyd wat op die bestuur gedien het dat die Vrystaatse Kunswedstrydvereniging prominente ondersteuning geniet het en dat daar dus erns was met die behoud en uitbou van die Afrikaner se kultuur. In 1932 is daar weer eens nie „n kunswedstryd gehou nie, maar in Desember het afgevaardigdes op uitnodiging van die FAK in Bloemfontein byeengekom en is daar op die kongres besluit om 'n kunsfees te organiseer vir die FAK se tweejaarlikse kongres van 1936. Hierdie kunsfees sou die vorm van „n Uniale Kunswedstryd aanneem. In 1933 was daar 250 inskrywings in die “Vokale” afdeling alleen, waarvan 19 kore was. In 1934 was mnr. M.M. van der Bent die beoordelaar van die musiekafdeling en het hy gevoel die standaard was middelmatig, hy het selfs gevoel dat sommige voordragte onverskillig was (Human,1976:55). Soos beplan het daar in 1936 weer „n groot kunswedstryd in Bloemfontein plaasgevind. Op 11 April 1936 was die Vrystaatse Kunswedstrydvereniging verantwoordelik vir die reël en bestuur van „n konferensie vir kunswedstrydverenigings van oor die hele land. By hierdie konferensie is die besluit geneem om die FAK te vra om die werksaamhede tussen die verskillende kunswedstrydverenigings te korrelleer om sodoende botsings uit te skakel. Daar is ook besluit dat die FAK in 1938 „n Volkskunsfees. 16. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings is in 1929 gestig met die leuse “Handhaaf en Bou”. Dit is „n nie-winsgewende organisasie wat hoofsaaklik op skenkings en donasies staatmaak. Die FAK se hoofdoel is die bevordering van die Afrikaner se belange (http://www.fak.org:2008).. 30.

(41) vir alle vertakkings van kuns sou reël (Human,1976:58). Kenmerkend van die 1939 Kunswedstryd was die afwesigheid van vertaalde voorgeskrewe liedere, aangesien die keuses beperk was tot werke uit die FAK-sangbundel, die Afrikaanse liedkuns en komposisies van onder andere Stephen Eyssen, Johannes Joubert, M.L. de Villiers, S. le Roux Marais en Doris Beyers (Human,1976:61). In die daaropvolgende dekades toon die kunswedstryde konstante groei en handhaaf dit deurgans „n hoë standaard. Voormalige voorsitters van die vereniging sluit onder andere in prof. Gerhard Beukes, prof. Carel van Heerden en prof. Louis Venter. Dirkie de Villiers was vir lank die ondervoorsitter. Tans word die kunswedstryd elke twee jaar aangebied.. 1.2.4 Kroonstad. Elders in Suid-Afrika het kunswedstryde ook stelselmatig ontwikkel. In 1935 is die eerste kunswedstryd van die Kroonstadse Kultuurvereniging gehou. Hierdie byeenkomste het tweejaarliks plaasgevind, maar reeds vanaf 1905 is kleiner byeenkomste gehou waartydens talentvolle persone geleentheid gekry het om op te tree en mee te ding (Groenewald, 1986:277). In die dertigerjare is kunswedstryde gebruik om „n nasionale gevoel onder Afrikaanssprekendes aan te wakker, soos deur die volgende opmerking van G.D. Scholtz bevestig word: “...Hierdie kunswedstryde het op die duur een van die mooiste uitings van die Afrikaanse Kultuur geword. Dit het by oud en jonk „n gevoel van skoonheid gewek wat bevrugtend op die volkslewe ingewerk het...” (Groenewald, 1986:278). Tydens die Kunswedstryd in 1935 is 600 inskrywings ontvang en reeds uit die staanspoor is daar „n pryswennerskonsert gehou. P.J. Lemmer was die beoordelaar by hierdie geleentheid en was veral beïndruk met die hoë standaard van die sangitems, 'n oordeel wat bevestig is toe deelnemers aan die Kroonstadse Kunswedstryd in 1935 ook aan die Bethlehemse Kunswedstryd gaan deelneem het en met tien eerste pryse en vier tweede pryse weggestap het 31.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Deze techniek wordt vooral toegepast in robotica-applicaties waar- bij bijvoorbeeld een robotarm alleen die ene vrucht of bloem moet pakken die aan bepaalde oppervlak-

(2) Behoudens die bepalings van hierdie hoofstuk word godsdiensonderrig in elke openbare skool vir en op sodanige tye gegee as wat die Direkteur mag voorskryf:

Koppeling aan EPD’s is ingewikkeld, omdat die niet opgezet zijn met het doel er de informatie uit te halen die nodig is voor de registers.. Ze maken veel gebruik van vrije

In some cases, there is a break at the end of the statements inside each case, which will force an exit from the current switch block after the previous statement has been executed;

This researcher followed a mixed-methods design by implementing both quantitative and qualitative research designs in order to investigate, explore and understand

If the coalitions’ values are not known, we turn to consider the average games, that is, the games obtained by averaging the coalitions’ values up to a given time.. In this case, we

The concept that governmental influence is still very much present, and forms a key motivation for foreign M&A activities is also confirmed by other literature, such as

experiences of accessing HIV testing at public sector primary health care facilities or non-governmental mobile services in Cape Town, South Africa.. Sue-Ann Meehan 1* , Natalie Leon