• No results found

Die geskiedenis van die Paarl Vallei Eisteddfod

HOOFSTUK 2 – EMPIRIESE STUDIE

2.1.1 Die geskiedenis van die Paarl Vallei Eisteddfod

Die Paarl Vallei Eisteddfod het in 1996 tot stand gekom. Om die gebeure rondom die stigting van hierdie eisteddfod beter te verstaan is dit belangrik om verder in die verlede terug te gaan en ondersoek in te stel na die kultuurbewegings wat voor hierdie datum in die Paarl gefunksioneer het. Dit is ook belangrik om die politieke klimaat van die tyd in gedagte te hou. Die Paarl, soos enige dorp in Suid-Afrika tydens die apartheidsjare, was in twee verdeel, en blanke en nie- blanke gemeenskappe het hul eie kultuurverenigings en liggame ondersteun. Vanaf die 1980s het die Paarl Kunswedstryd as die blanke eisteddfod

gefunksioneer. Ten spyte van verskeie pogings om meer inligting oor die hierdie instansie te bekom, kon daar slegs 'n paar berigte in Die Burger gevind word wat historiese inligting bevat. Dit wil voorkom asof die kunswedstryd aktief was vanaf 1983 in die westelike gedeelte van die Paarl. Op 26 Februarie 1987 het daar „n advertensie verskyn vir „n konsert wat gehou sou word in die Lutherse Kerk as deel van die dorp se driehonderdste bestaansjaar. Onder die persone wat sou optree was onder andere Magaretha Deysel, Wayne Long, Eva Tamassy, Sandy Voortman, Helena van Heerden en Tilla Diederichs. Die opbrengs van hierdie konsert sou aan die Paarl Kunswedstryd geskenk word (Die Burger, 26

Februarie, 1987). „n Berig wat op 5 Augustus 1988 in die Cape Times verskyn dui op die onderliggende verpolitisering van die Paarl Kunswedstryd. Gerda Hartman, „n eerstydse dosent aan die Konservatorium op Stellenbosch het haarself as beoordelaar van die Paarl Kunswedstryd onttrek nadat sy verneem het die geleentheid is nie oop vir alle rasse nie. In die berig is sy as volg

aangehaal: “...Art should be open to everbody. I object to the principle that art is only for white people...”. Die komitee het op daardie stadium geen kommentaar gelewer nie en het volgehou dat hulle nie lokale het wat groot genoeg sou wees om al die deelnemers te kan akkommodeer as hulle die eisteddfod oopstel nie (Cape Times, 5 Augustus 1988). „n Volgende berig, gedateer 7Julie 1989, adverteer die kunswedstryd wat daardie jaar sou plaasvind vanaf 28 Julie tot 26

43

Augustus. Die kunswedstryd was daardie jaar vir die eerste keer „n veelrassige kompetisie en uit „n total van 1500 algemene inskrywings was slegs 14 nie-

blanke inskrywings. Van die beoordelaars wat daardie jaar betrokke was, sluit die volgende name in: Roland Thomson (klavier), Suzie van Dijk en Sarita Stern (sang), Marina Louw (viool) en Marie Blignaut (blokfluit en dwarsfluit). Die

afdelings het by verskeie lokale plaasgevind, onder meer skool- en kerksale. Vir die beste presteerders sou daar „n uitnodigingskonsert in die OKP-saal gehou word tydens die eerste week van September waar toekennings en pryse oorhandig sou word (Die Burger, 7 Julie, 1989).

Aan die Oostekant van die dorp was die Paarl Skole Kultuurvereniging verantwoordelik vir die ontwikkeling van die kunste in daardie gebied. Hierdie vereniging het aanvanklik nie-kompeterende musiekfeeste vir skoliere van die nie-blanke gemeenskap aangebied. In die voorwoord van die program vir die tweede musiekfees, skryf wyle mnr. Frank Pietersen die volgende:

This Non-Competitive Music festival welcomes groups of different character and offers them the wonderful opportunity of learning from one another. It further provides them the means to come together in a true spirit of cooperation, to enjoy and experience the thrill of combined music-making. Besides, both teacher and pupil are positively set on serving their audience to a thoroughly palatable musical dish. None other than the teachers themselves are fully conscious of present shortcomings with regard to their work, but, considering the notable strides made since their initial effort last year, the standard of work is most likely to reach greater heights yet (program van die Gala konsert van die Paarl Skole Kultuurvereniging se musiekfees gehou op 22 Oktober 1969 in die Paarl Stadsaal).

Die vereniging het tot stand gekom toe Pietersen, destydse Inspekteur van Skoolmusiek, alle skoolhoofde van laerskole in die Paarl-oos distrik in Maart 1968 byeengeroep het. By hierdie geleentheid is daar klem gelê op die

noodsaaklikheid om musiek en spesifiek die Sangfees weer tot herlewing te bring in die Paarl. Op die vergadering is die volgende belangrike besluite geneem:

Daar sou reeds in September van 1968 „n Sangefees gehou word;

Die program sou voorsiening maak vir bydraes van alle ouderdomsgroepe – kleuter, junior en senior primêr;

Die program sou elke aand ook „n paar verrassings-items deur belowende leerlinge insluit;

Elke konsert sou met „n massakoor item afsluit;

Elke skool kon 2 inskrywings per afdeling instuur en elke afdeling sou uit 40 deelnemende leerlinge bestaan;

Die Inspekteur van Skoolmusiek en die hoofde van die betrokke skole sou die Musiekfeeskomitee vorm (Program van die Gala konsert van die Paarl Skole Kultuurvereniging se musiekfees gehou op 22 Oktober 1969 in die Paarl Stadsaal).

Die skole het dadelik begin met voorbereidings en Pietersen het gereeld besoek afgelê by die betrokke skole om vas te stel of daar vordering gemaak word en om advies te gee. Ongelukkig was die stadsaal nie beskikbaar vir die fees wat vir 1968 beplan was nie en het die musiekfees oor drie agtereenvolgende aande in die Noorder-Paarl Hoërskoolsaal plaasgevind. Die ondersteuning van die

gemeenskap en die ouers was uitstekend en elke aand is mense weggewys by die deur omdat die saal stampvol was. Dit was blykbaar „n algemene gesig dat die gehoor selfs die verhoog en vensterbanke van die saal as ekstra sitplek gebruik het. In Mei 1969 is die voorsitter, mnr. “Duggie” Theunissen, oorlede en het mnr. David Samaai die amp oorgeneem. Die musiekfees van daardie jaar is weer op 22, 23 en 24 September gehou. Deelnemende skole was onder andere Huguenot V. K. K . Laer, Ebenezer Laer, Paulus Joubert Laer, Noorder Paarl N.G.K. Laer, Paarl Primêr, Moslem Laer, William Lloyd Laer, Nederburg Laer, Paarlstasie Laer, Klein Drakenstein Laer, Amstelhof Laer en St. Stephen‟s Laer. Vir die volgende aantal jare was die sangfeeste in die saal van die Noorder Paarl Sekondêre skool gehou (Program van die Gala konsert van die Paarl Skole

45

Kultuurvereniging se musiekfees gehou op 22 Oktober 1969 in die Paarl Stadsaal). Daar was herhaaldelik versoeke aan die stadsraad gerig om die stadsaal vir die “Grand Finale” te bespreek, maar die versoek is geweier aangesien apartheid op daardie stadium aan die orde van die dag was en die gebruik van die stadsaal vir kleurlinge vermoedelik buite perke was. Die

Sangfeeskomitee het egter „n beroep op die Direkteur van Onderwys gedoen om hulle te hulp te snel en hy het by die Munisipaliteit toestemming gekry dat die stadsaal slegs vir een aand beskikbaar sou wees en nie twee aande soos aanvanklik beplan is nie. As gevolg van die gebrek aan „n openbare saal in die Paarl-Oos gemeenskap het hierdie episode aanleiding gegee tot die bou van die Paarl-Oos Gemeenskapsaal, 'n saal wat ironies genoeg nooit vir die sangaande gebruik is nie (Program van Paarl Skole Kultuurverening se Openingsaand: 3 September 1994).

Die winste van die sangfeeste is weer teruggeploeg in die uitbreiding van musiek en kultuur in die gemeenskap en elke skool het ook „n bedrag ontvang wat gebruik moes word vir die aankoop van nuwe slaginstrumente en blokfluite. Die Paarl Skole Musieksentrum (nou bekend as die Frank Pietersen

Musieksentrum) is ook „n bedrag bewillig, wat gehelp het dat hierdie sentrum in 1970 deur inspekteur Frank Pietersen op die been gebring is. Die Paarl Skole Kultuurvereniging het egter vinnig uitgebrei en onder die bekwame leiding van David Samaai, wat vir sewentien jaar die voorsitter was, is ander kunsvorme betrek, sameroepers aangestel en sub-komitees gestig. Die afdelings het gegroei en kon spoedig op hulle eie aangebied word. Die belangrikstes was “Blokfluit”, “Klavier”, “Solosang”, “Voordrag” en “Spreekkore”. Die koorafdelings het steeds oor „n tydperk van vier agtereenvolgende aande plaasgevind en die Zions N.G. Kerksaal is vir hierdie geleentheid gebruik (Program van Paarl Skole

Kultuurverening se Openingsaand: 3 September 1994). Soos vroeër vermeld, het die Paarl Kunswedstryd reeds in 1989 sy deure vir almal in die gemeenskap oopgemaak, alhoewel deelname aanvanklik beperk was. Tydens die algemene jaarvergadering van die Paarl Skole Kultuurvereniging is daar in die notule aangedui dat die uitnodiging wat die Paarl Kunswedstryd aan die skole gestuur

het „n wonderlike gebaar was, maar dat elke skool self oor sy deelname aan die geleentheid moet besluit. Daar was kommer uitgespreek dat skole nie ten koste van die Kultuurvereniging aan die Kunswedstryd moet deelneem nie (Notule van die Algemene Jaarvergadering: 18 Februarie 1992). Met die aanbreek van „n nuwe demokratiese Suid-Afrika in 1994 het dit duidelik geword dat dinge op die kultuurfront in die Paarl aan die verander was. Mnr. Vaughan Pietersen vertel dat hy as voorsitter van die Paarl Skole Kultuurverening tydens die apartheidsjare gereeld aan sy komitee, sameroepers en die onderwysers gesê het:

...Ons moet hard werk, want die dag wat die Bergrivier opdroog en oos en wes bymekaar kom en ons kan oorstap na die anderkant [van die dorp] moet ons gereed wees om te kan meeding op „n gelyke vlak en „n hoë standard kan handhaaf (Persoonlike

mededeling, 17 Oktober 2008).

Daar is begin werk aan planne om die Paarl Kunswedstryd en die Paarl Skole Kultuurvereniging te laat saamsmelt en as „n nuwe organisasie – die Paarl Vallei Eisteddfod te laat voortbestaan. In sy laaste voorsittersverslag van die Paarl Skole Kultuurvereniging in 1995 het Pietersen gevra dat hulle met „n nuwe ingesteldheid, entoesiasme en visie hierdie nuwe era moet binne gaan:

...dit is die jaar waarin geskiedenisboeke herskryf word...laat ons nooit vergeet waarvandaan ons kom en bewus wees waarheen ons oppad is... (Voorsittersverslag 1995).

Uit verskeie gesprekke wat die onderskeie voorsitters en komitees met mekaar gehad het, kan afgelei word dat „n opwindende nuwe era in die vooruitsig gestel is, 'n era waartydens die Paarl se gemeenskap op die lange duur grootliks op „n kulturele gebied vooruit sou gaan. Ongelukkig het alles rondom die

47

samesmelting nie so glad verloop soos wat almal gehoop het nie. Tydens „n vergadering wat gehou is op Maandag, 18 September 1995, het dit aan die lig gekom dat die Paarl Kunswedstryd nie meer ten gunste van die samesmelting was nie. Die voorsitter van die Paarl Kunswedstryd, mnr. Abri Wenzel, het genoem dat hulle nie meer daarvoor kans sien nie en dat die samesmelting uitgestel moet word. Volgens mnr. Wentzel het hy ook met sommige van die skoolhoofde in die gebied gepraat en hulle kon nie die nodigheid insien waarom daar net een kultuurliggaam in die Paarl moes wees nie. „n Aantal bestuurslede van die Paarl Skole Kunsvereniging het hulle teleurstelling en hartseer

uitgespreek oor hierdie skielike ommeswaai en het gevoel die Paarl

Kunswedstryd het terug gegaan op hulle woord. Die Kultuurvereniging het bevestig dat hulle sou voortgaan met hulle planne om saam te smelt met die Mbekweni gemeenskap (hoofsaaklik „n Xhosa-sprekende gemeenskap) en as „n nuwe liggaam met „n nuwe naam en grondwet sou funksioneer. Indien die Paarl Kunswedstryd op enige stadium in die toekoms by hulle sou wou aansluit, sou hulle moes inskakel by hierdie nuwe reëls. Die Kunswedstryd is tyd gegee om hulle besluit te herroep en die Paarl Skole Kultuurvereniging moes tot tyd en wyl die besluit so aanvaar (Notule van vergadering gehou te Frank Pietersen

Musieksentrum op 18 September 1995, Paarl). Die volgende dag het Wentzel egter vir Pietersen gebel om te laat weet dat die Kunswedstryd tot ander insigte gekom het en dat die samesmelting moet voortgaan. Dit blyk asof die hoofde van sekere skole in die omgewing op hierdie stadium ingegryp het om die situasie te

beredder.18 Wentzel het ook die Kunswedstryd se vrese oor samesmelting met

Pietersen bespreek. Volgens hom was hulle bang vir “oorheersing”, dat hulle uit hul posisies onthef sou word en dat die standaard van die Kunswedstryd gaan daal. Die bal is egter aan die rol gesit en op 30 Oktober 1995 is daar „n

vergadering by die Frank Pietersen Musieksentrum belê waar die sameroepers

18

Op hierdie stadium is die Hoofdevereniging gestig. Alle skoolhoofde van die Paarl, Wellington en Franschoek omgewings het aan hierdie vereniging behoort en het dit as ‘n forum gebruik om ‘n

toesighoudende oog oor gebeure in en om die skoolgemeenskap te hou en ook probleme op te los. Van die hoofde het gevoel dat indien die kultuurlewe nie kan verenig nie, die hoofde ook nie sal kan integreer nie.

van beide kante aan „n nuwe sillabus moes werk (Notule van vergadering gehou te Frank Pietersen Musieksentrum op 22 September 1995, Paarl). Op 12 Maart 1996 is die amptelike stigtingsvergadering van die Paarl Vallei Eisteddfod by die Frank Pietersen Musieksentrum gehou. Daar is besluit dat die komitees van die twee liggame onveranderd sou bly en vir „n tydperk saam die nuwe Eisteddfod sou bestuur, waarna „n ope verkiesing gehou sou word om „n nuwe komitee te vorm. Die tussentydse komitee het as volg gelyk:

Voorsitter: mnr. V. Pietersen / mnr. A. Wenzel

Onder-voorsitter: mnr. M. Jacobs / mev. E Lubbe

Sekretaresse: mev. F. Adams / mev. Kock

Kassier: mnr. Q. Theron / mev. Kock

Addisionele lede: mev. C. Brink, mev. C. Robertson, mev. B. Moll en

mev. Y. Weiss

Hierdie reëling sou aanvanklik net vir „n jaar geldig wees, maar die komitee het uiteindelik vir twee jaar suksesvol saamgewerk, waarna Vaughan Pietersen as nuwe voorsitter verkies is. Abri Wentzel het op die stigtingsvergadering die Paarl Vallei Eisteddfod se visie voorgelees, wat as volg lui:

- Om elke kind in die vallei die geleentheid te gee om deel te neem.

- Om leerders kultureel op te voed. (Uit notule van stigtings vergadering: 12 Maart 1996 te Frank Pietersen Musieksentrum).

49

Daar was ook heelwat verteenwoordigers van skole in die omgewing by die vergadering teenwoordig daardie aand, insluitende New Orleans Primêr, Paulus Joubert Primêr, Frank Pietersen Musieksentrum, Hugenote Hoërskool,

Simondium Primêr, L.K. Zeeman Primêr, Klapmuts Primêr, Laerskool

Gimnasium, Laerskool Drakenstein, Primêre Seunskool, Laerskool & Hoërskool La Rochelle, Dalweide Primêr, Klein Nederburg Sekondêr, Paarlzicht Primêr, Sonop Primêr, New Orleans Sekondêr, Laerskool Noord-Eind en Groendal Sekondêr (notule van stigtingsvergadering: 12 Maart 1996 te Frank Pietersen Musieksentrum).

Soos enige nuwe organisasie het die Paarl Vallei Eisteddfod aanvanklik groeipyne gehad wat mettertyd opgelos is. Aanvanklik was een van die grootste knelpunte die keuses van lokale waar byeenkomste ná die samesmelting

aangebied is. Lede van die wit gemeenskap was ontevrede en het gevoel dat lokale wat nie noodwendig geskik was nie, gebruik is om “intergrasie af te druk”. Ander het weer gevoel dat sekere lokale in sekere areas veral in die aande onveilig is. Sommige mense uit die bruin gemeenskap het weer aangevoer dat die beoordelaars en pryswenners steeds net uit die wit gemeenskap kom.

Mettertyd is daar besef dat daar van die beste lokale met die beste akoestiek en geriewe vir die betrokke afdeling gebruik gemaak moet word en is daar besluit dat die Frank Pietersen Musieksentrum oor die beste geriewe vir hierdie doel beskik. So het die sentrum die tuiste vir die eisteddfod geword. In 1997 was daar reeds 170 inskrywings vir die “Solosang”-afdeling wat tussen 14 en 16 Augustus by La Rochelle Meisieskool plaasgevind het. By hierdie geleentheid het Helen van Eeden van die Tygerberg Kollege as beoordelaar opgetree

(Sameroepersverslag vir die Afdeling Solosang:1997). In 1999 was daar 178 inskrywings en het Antoinette Theron van die Universiteit Stellenbosch die beoordeling behartig (Sameroepersverslag vir die Afdeling Solosang:1999).

In die afgelope dekade het hierdie eisteddfod van krag tot krag gegaan. Vandag sluit dit afdelings in soos “Ballet”, “Nasionale Danse”, “Sangspeletjies”, “Voordrag” en verskeie musiekafdelings in, waaronder “Vokaal”, “Instrumentaal”,

“Orkes” en “Koor”. In 2008 (ten tye van hierdie studie) was daar 138 inskrywings in die “Solosang”-afdeling (met enkele onttrekkings) en het die verrigtinge oor vyf dae plaasgevind (Sameroepersverslag:2008). Deelnemers kon vir „n wye

verskeidenheid afdelings inskryf. In die hoërskool en opeklas was daar kategorieë soos “Kunslied”, “Afrikaanse Kunslied”, “Aria”, “Aria Antiek”,

“Sangsiklusse”, “Volkslied”, “Opera”, “Oratorium”, “Duet”, “Trio” en “Kwartet”, om maar net „n paar te noem. Die Laerskool kandidate kon kies tussen

“Voorgeskrewe” en “Eie Keuse” en in die Senior Primêr was daar ook afdelings vir ensemble sang, soos duette en trio‟s (Sillabus van die Paarl Vallei

Eisteddfod:2008).

„n Totaal van 132 skole, musiekskole en privaat persone is tans met die eisteddfod geaffilieer. Hoewel die meeste van hierdie affiliate uit die Paarl Vallei kom, is daar ook affiliate van ander streke soos Tygerberg, Stellenbosch,

Tulbagh, die Weskus, Hermanus, Moreesburg, Ceres en die Koue Bokkeveld (Lys van Affiliate soos verskaf deur bestuur:2008). Hierdie skole en persone betaal elke jaar „n affiliasiefooi aan die eisteddfod wat hulle toegang tot deelname verleen. Hierdie fooi, tesame met die inskrywingsfooie en deurgelde van

sommige van die groter byeenkomste, is „n baie belangrike bron van inkomste vir die eisteddfod aangesien daar geen munisipale subsidies of borge is nie.19 Die eisteddfod is „n baie groot jaarlikse gebeurtenis op die kultuurkalender van elke skool en onderwyser en die program vir die jaar se verrigtinge word elke jaar in die plaaslike koerant, die Paarl Pos, geplaas om die eisteddfod te adverteer. Die Bestuur van 2008 het uit die volgende persone bestaan:

Voorsitter: mnr. Vaughan Pietersen

Vise-voorsitter: me. C. van der Watt

19

Die Paarl Kunswedstryd was voor die samesmelting met die Paarl Skole Kultuurvereniging deur Saambou geborg. Hierdie borg is egter sonder rede met die stigting van die Paarl Vallei Eisteddfod onttrek.

51

Addisionele lede: mnr. Broidy Ortell, me. P. Marthinussen, me. M.

Williams, me. H. Potgieter (Sillabus van die Paarl Eisteddfod:2008).

Daar is ook „n groot groep sameroepers wat saam met die bestuur werk en verantwoordelik is vir die hantering van elke afdeling se inskrywings, die opstel van die rooster en die aanstelling van „n geskikte beoordelaar. Die

toekenningstruktuur wat die eisteddfod oor die jare gebruik het, het grootliks dieselfde gebly:

Cum Laude - 90% en hoër

Goud + - 85% - 89% Goud - 80% - 84% Silwer + - 75% - 79% Silwer - 70% - 74% Brons + - 65% - 69% Brons - 60 % - 64%

( 2008 Sillabus van die Paarl Eisteddfod).

In 2008 is daar vir die eerste keer van die “Cum Laude”-toekenning gebruik gemaak vir persone wat werklik bo-gemiddeld presteer. Die eisteddfod het ook begin om medaljes toe te ken as bykomende beloning aan kandidate wat uitblink. Hierdie toekennings en trofeë word op die jaarlikse pryswennerskonsert