• No results found

Vraag 26: SOU U WEER U KIND LAAT DEELNEEM?

2.3 Aanbieding van data ingewin tydens onderhoude met ander belangrike rolspelers

2.3.10. Onderhoud met Sonja van Amstel

Van Amstel is reeds „n aantal jare as beoordelaar by die eisteddfod betrokke. „n Groot deel van hierdie betrokkenheid was by die Pretoria Beeld Eisteddfod in Pretoria en vir die laaste paar jaar by die Stellenbosch en Tygerberg

Internasionale Eisteddfod. Sy is ook „n sangonderwyser wat „n groot aantal skoliere onder haar leerlingtal het. Dit is vir haar „n baie opwindende ervaring om as beoordelaar op te tree en sy ervaar elke deelnemer as uniek en uitdagend om te beoordeel. Sy beskou dit as „n soort sielkundige ervaring om na „n kandidaat te luister, kritiek te lewer en opbouend en eerlik met die kind te kommunikeer. Dit is soms uitdagend om dieselfde “taal” as die kandidate te praat en die

beoordelaar moet aanpas by die ouderdomsgroep wat beoordeel word. Van Amstel voel dat „n beoordelaar altyd positief moet bly, selfs in sommige gevalle waar die uitvoering dalk nie so suksesvol was nie. Die rol van die beoordelaar is

145

om te leer, op te voed en te motiveer. Wanneer sy na kandidate luister verwag sy goeie intonasie, duidelike diksie, meelewing, goeie voordrag. Goeie timbre van die stem beskou sy as „n bonus. Sy voel „n suksesvolle kandidaat bied „n gebalanseerde pakket aan wanneer hy of sy optree; dus is verhoogetiket en voorkoms ook belangrik. „n Eienskap wat baie belangrik is, is die vermoë om met die gehoor te kommunikeer en Van Amstel lê klem daarop dat kandidate wat nie natuurlik kommunikeer nie, geleer moet word hoe om dit te doen.

Volgens Van Amstel is die toekenningstruktuur oor die algemeen sinvol en is daar genoeg vlakke waarvolgens „n kind kan presteer op sy/haar eie terme. Sy voel egter baie sterk daaroor dat daar vernuwing in die trofeë-sisteem moet intree. Volgens haar is daar te min trofeë wat gewen kan word en is dit

onregverdig teenoor „n kind om „n beker met iemand anders te deel net omdat daar nie nog „n toekenning is nie. Sy glo dit sal nog meer kandidate inspireer om nog beter te vaar. Van Amstel stem saam dat die algemene struktuur van die eisteddfod oor die jare dieselfde gebly het, maar voeg by dat die ondersteuning deesdae uit alle groepe van die gemeenskap kom. Dit is in baie gevalle dieselfde skole, onderwysers en kandidate wat elke jaar deelneem en soms is dit veral deelnemers uit skole in meer gegoede areas wat betrokke is. Sy noem iets algemeen soos vervoerprobleme wat kan bydra tot „n kandidaat se laat onttrekking as die kind nie op die dag by die eisteddfod kan kom nie.

Die geleentheid om aan „n eisteddfod te kan deelneem is „n reg en „n voorreg vir leerders. Almal moet „n gelyke kans gegun word om te mag deelneem, maar hulle moet die geleentheid waardeer en die meeste daarvan maak. In haar ervaring voel sy dat ouers nogal swaar druk op leerders plaas om deel te neem en te presteer. Sy kry soms die gevoel dat ouers hulle eie drome deur hulle kind uitleef deur die kind aan elke moontlike aktiwiteit te laat deelneem en te verwag dat hy of sy in elkeen moet presteer. Alhoewel sy nog nooit

gekonfronteer is met „n situsie waar die ouer na afloop van die verrigtinge hulle kind se uitslae met haar wil bespreek nie, glo sy dat sy so 'n situasie sinvol en simpatiek sal probeer oplos.

Die eisteddfod gee geleentheid aan baie leerders wat graag wil sing en optree. Veral die jonger kandidate word in haar ervaring glad nie deur die proses geïntimideer nie en ervaar die geleentheid om voor mense en klasmaats op te tree as erg opwindend. Van Amstel het self as kind aan eisteddfods deelgeneem en alhoewel sy nie toe die belangrikeheid daarvan besef het nie, vind sy nou dat dit baie waardevolle ondervinding vir haar was. Sy sou graag wou sien dat die standaard effens hoër is en sy voel daar is soms „n tekort aan energie en passie in die voordrag van deelnemers. Dit is vir haar belangrik dat kandidate erkenning by hulle onderskeie skole ontvang vir die prestasies wat hul tydens die

eisteddfod behaal. Dit skep „n gevoel van trots, bou selfbeeld en kan as

aansporing dien om die volgende jaar weer deel te neem en harder te werk. Sy glo daar bestaan „n sterk moontlikheid dat kandidate wat op „n gereelde basis gedurende hulle skoolloopbane aan die eisteddfod deelneem, meer geneig is om ná skool hul musiek verder te beoefen. Eisteddfod, volgens Van Amstel, help om jong musikante te dissiplineer en verantwoordelikheid te leer.

Van Amstel lê sterk klem daarop dat onderwysers nie genoeg erkenning kry vir die harde werk wat hulle tydens die jaar met betrekking tot die eisteddfod verrig nie. Sy voel ook daar meer gedoen kan word om skole aan te moedig om met mekaar in kompetisie te tree en dat daar belonings moet wees vir skole wat die meeste kandidate inskryf of bo-gemiddeld goed presteer. Sy glo dit kan help om deelnemer-getalle te verhoog en aan nog meer leerders die geleentheid te gee om op hierdie gebied blootstelling te kry. Sy stel voor dat „n beoordelaar nie langer as 2 jaar opeenvolgens moet beoordeel nie, aangesien die hele

geleentheid dan té voorspelbaar raak. Kontinuïteit skep wel vir kandidate die geleentheid om kommentaar wat in die een jaar gegee is, toe te pas en en die volgende jaar se resultate weer by dieselfde persoon te “meet”. Sy glo leerders hou daarvan om vir „n eisteddfod in te skryf weens die wedywering, en dat dit 'n ontspanne platform vir deelnemers bied om voor mekaar op te tree. Dit gee ook aan die kind wat nie noodwendig aan iets soos „n musiekeksamen of formele musiekkompetisie kan of wil deelneem nie, die geleentheid om talente te ontwikkel. Sy vind die uitvoerings oor die algemeen baie spontaan en gemaklik

147

en nie so styf en formeel soos byvoorbeeld in „n musiekeksamen nie. Ten slotte lê sy klem daarop dat die vernaamste uitgangspunt vir elke kind en deelnemer moet wees om die geleentheid en betrokkenheid by die eisteddfod te geniet.