• No results found

Empiriese ondersoek: Paarl Vallei Eisteddfod

HOOFSTUK 2 – EMPIRIESE STUDIE

2.2 Empiriese ondersoek: Paarl Vallei Eisteddfod

Die volgende afdeling van hierdie studie sal poog om op empiriese wyse sekere vrae te beantwoord wat ontstaan het tydens die huidige skrywer se

betrokkenheid as beoordelaar by eisteddfod. Die eisteddfod wat hier bespreek sal word is die Paarl Vallei Eisteddfod, waar die skrywer vir die afgelope drie jaar as beoordelaar opgetree het. Een van die dinge wat opval van die Paarl Vallei Eisteddfod is die groot hoeveelhede deelnemers wat elke jaar deelneem. Die standaard by hierdie eisteddfod is volgens persoonlike ervaring baie hoog en die soort musiek wat aangebied word, is nie beïnvloed deur mikrofoonsang nie. Hierdie studie probeer vasstel waaraan hierdie sukses toegeskryf kan word, watter soort kind dit is wat aan eisteddfod deelneem, hoekom hulle deelneem, hoe hulle die geleentheid ervaar, wie verantwoordelik is vir afrigting, ens. Ten einde hierdie vrae te beantwoord is daar besluit om met die hulp van vraelyste en onderhoude omvangryke terugvoer van alle betrokke partye te bekom. Vir die deelnemers was daar drie vraelyste, vir kandidate van Graad 1-3, kandidate van Graad 4-7 en vir hoërskool kandidate van Graad 8-12. Ook die ouers het die geleentheid gekry om „n vraelys in te vul. Die organiseerders, beoordelaars en onderwysers is per onderhoud ondervra (Sien Addendum B). Aangesien die huidige skrywer self by hierdie spesifieke eisteddfod waar die steekproef gehou is, beoordeel het, het sy dit goed gedink om met beoordelaars van ander

eisteddfods wat in 2008 plaasgevind het onderhoude te voer.

Met die opstel van die vraelyste moes sekere apekte in gedagte gehou word. Die belangrikste oorweging was dat tyd by enige eisteddfod baie beperk is. Dit is gewoonlik die geval dat die program baie knap beplan word en dat persone nie noodwendig baie tyd tot hul beskikking het om „n langdradige vraelys in te vul nie. Die skrywer het begin deur „n lang lys vrae op te stel wat stelselmatig verfyn is tot die mees noodsaaklike vrae wat die inligting sou verskaf wat verlang word vir hierdie studie. Die vraelyste moes kort en bondig wees om te verseker dat respondente nie verveeld raak of belangstelling verloor nie. Vrae moes ook só

53

geformuleer word dat dit spesifieke antwoorde sou oplewer en daar is in meeste gevalle antwoord-moontlikhede verskaf. Die spesifieke teikengroep vir elke

vraelys moes in gedagte gehou word, veral met betrekking tot die ouderdom van respondente en die keuse van taalgebruik in die vraelys. Vrae moes voorts ook duidelik en spesifiek wees, aangesien respondente maklik vrae wat hulle nie ten volle verstaan nie onbeantwoord laat, en dít sou uiteindelik die uitkoms van hierdie studie negatief beïnvloed. Dit was ook belangrik om die vrae op so „n manier te vrae dat respondente die vraelyste eerlik en met „n positiewe instelling sou invul.

Nadat konsepvraelyste opgestel is, is dit aan prof. Martin Kidd van die Sentrum vir Statistiese Raadgewing van die Departement vir Statistiese en

Aktuariële Wetenskappe, Universiteit Stellenbosch, voorgelê. Met sy hulp kon die vraelyste op so „n wyse geformuleer word dat dit moontlik sou wees om „n

statisties-bruikbare resultaat daaruit te verkry. Die huidige skrywer moes ook deurentyd die moontlikheid in gedagte hou dat respondente nie noodwendig alle vrae sou beantwoord nie. Die vrae moes dus ook van so „n aard wees dat die resultaat wat dit sou oplewer steeds in so 'n geval sinvol en bruikbaar sou wees. Dit het inderdaad gebeur dat respondente soms nie al die vrae op die vraelys beantwoord het nie. Soms het respondente twee antwoorde gekies en soms het hulle hul eie antwoord neergeskryf al was daar „n keuse van antwoorde verskaf. Hierdie inligting is so korrek moontlik geïnterpreteer. Dit verklaar egter die rede waarom sommige totale nie altyd korrek optel nie. Die data wat tydens hierdie ondersoek ingesamel is, is statisties verwerk deur prof. Kidd en in grafiekvorm voorgelê (Sien Addendum C). Die resultate is verwerk en verskyn hier onder in tabelvorm. In elke geval word die keuses, aantal respondente en persentasies deurgegee.

In sommige van die vraelyste word daar melding gemaak van “Eie keuse” en “Voorgeskrewe” afdelings waaraan leerders kan deelneem. In die “Eie keuse” afdeling kan die deelnemer enige lied in enige taal sing. In die “Voorgeskrewe” afdeling is daar egter net „n keuse tussen twee liedere per afdeling waaruit deelnemers kan kies. Hierdie liedere word gewoonlik deur die sameroepers van die onderskeie afdelings gekies en verander elke paar jaar. Daar is altyd twee liedere vir dogters en twee liedere vir seuns van elke ouderdomsgroep tot en met Graad.7 en meestal in Afrikaans en Engels.

2.2.1 Graad 1-3

Die vraelys vir die Graad 1-3 leerders is deur middel van „n vinnige mondelinge onderhoud na afloop van die betrokke eisteddfod-item ingevul, aangesien hierdie ouderdomsgroep te jonk is om „n vraelys suksesvol en vinnig te kan invul. Dit was belangrik om die deelnemers direk na die geleentheid te ondervra

aangesien die gebeure vars in hulle geheue sou wees en dit die eerlikste

antwoorde sou oplewer. Die vrae was van so „n aard dat dit meestal net JA/NEE antwoorde verlang het met sommige keusevrae. In laasgenoemde gevalle is die keuses aan die respondent gestel. Daar is gepoog om die vrae so eenvoudig en gefokus as moontlik te hou om sodoende tyd te bespaar en ook verwarring by respondente tot die minimum te beperk.

Aangesien dit in hierdie ouderdomsgroep in baie gevalle die eerste keer was dat „n respondent aan die eisteddfod deelgeneem het, wou die huidige skrywer uitvind wie die besluit geneem het om die kind in te skryf. Daar was 'n vermoede by die skrywer dat deelnemers op hierdie ouderdom nog nie volkome bewus is van die doel van eisteddfod nie en dat dit vir die meeste leerders net „n lekker aktiwiteit is wat ver verwyderd is van die idee van “kompetisie”. Persoonlike ondervinding het geleer dat daar onder hierdie jong deelnemers gewoonlik „n gevoel van vreesloosheid heers, wat lei tot „n ongeïnhibeerde optrede.

55

Kenmerkend van hierdie deelnemers is ook baie goeie ondersteuning van die ouers, wat dikwels baie moeite doen om die byeenkoms by te woon (hier is veral baie pa‟s wat die geleentheid bywoon). As gereelde beoordelaar by plaaslike eisteddfods kan die huidige skrywer getuig dat dit dikwels die geval is dat daar deelnemers in die jonger ouderdomsgroepe is wat nie noodwendig oor vokale talent beskik nie. Hierdie leerders kry dus die geleentheid om aan „n

kultuuraktiwiteit deel te neem wat moontlik op „n later stadium in hul lewe nie moontlik sal wees nie. Vrae 1-3 op die vraelys aan hierdie groep het basiese inligting ingewin oor die deelnemers en vrae 4-22 het spesifiek betrekking gehad op hulle deelname aan hierdie eisteddfod.

Vraag 1.1: OUDERDOM

OUDERDOM AANTAL RESPONDENTE PERSENTASIE

6 Jaar 8 18% 7 Jaar 7 16% 8 Jaar 16 36% 9 Jaar 13 30% TOTAAL 44 100% Vraag 1.2: GRAAD

GRAAD AANTAL RESPONDENTE PERSENTASIE

Gr. 1 12 27%

Gr. 2 18 41%

Gr. 3 14 14%

Vraag 2.1: GESLAG

GESLAG AANTAL RESPONDENTE PERSENTASIE

SEUN 14 32%

DOGTER 30 68%

TOTAAL 44 100%

Vraag 2.2: HUISTAAL

HUISTAAL AANTAL RESPONDENTE PERSENTASIE

AFRIKAANS 40 91%

ENGELS 4 9%

57 Vraag 3: SKOLE SKOLE AANTAL RESPONDENTE PERSENTASIE LAERSKOOL HUGO RUST 25 57% LAERSKOOL HUGENOTE 9 20% LAERSKOOL GIMNASIUM 5 13% LAERSKOOL DRAKENSTEIN 1 2% LAERSKOOL NOORD- EIND 1 2% LAERSKOOL AMSTELHOF 1 2% GIRLS HIGH 1 2% BOYS HIGH 1 2% TOTAAL 44 100%

Vraag 4: IS DIT DIE EERSTE KEER DAT JY AAN DIE EISTEDDFOD