• No results found

Kommentaar op onderhoude gevoer met Maria van der Merwe en Lynette Peterson

Vraag 26: SOU U WEER U KIND LAAT DEELNEEM?

2.3 Aanbieding van data ingewin tydens onderhoude met ander belangrike rolspelers

2.3.6. Kommentaar op onderhoude gevoer met Maria van der Merwe en Lynette Peterson

In albei onderwysers se gevalle word daar met hoërskool leerders gewerk en is die hoeveelheid kandidate wat hul jaarliks inskryf aansienlik minder as

byvoorbeeld die laerskool onderwysers. Dit is „n aanduiding dat die leerders wat deelneem baie meer gefokus is op die kuns van sang en die algemene

ontwikkeling van die stem en dat hulle om hierdie redes deelneem om

blootstelling en opbouende kritiek te kry. Albei getuig van „n aangename band wat tussen onderwyser en leerder bestaan en voel dat die leerders hulle ten volle vertrou as opvoeders. Dit gaan oor die holistiese ontwikkeling van die kind en daarom lê hulle klem daarop dat die toekenning „n bysaak is. Dit is opvallend hoe die twee skole se ingesteldheid teenoor die eisteddfod verskil en dat „n skool soos Bridge House erkenning moet kry vir die wonderlike ondersteuning wat die skoliere ontvang. Dit is duidelik dat die balans by hierdie skool regverdig tussen sport en kultuur verdeel word.

Van der Merwe en Peterson stem saam oor die algemene eienskappe waaroor „n suksesvolle kandidaat moet beskik asook dié van „n goeie

beoordelaar. Dit is vir altwee belangrik dat kandidate uit hul betrokkenheid by die eisteddfod sal leer en nie afgekraak of verneder word nie. Hulle vind die

eisteddfod is „n ontspanne, simpatieke platform waar leerders geleentheid kry om voor ander op te tree en van mekaar te leer. Dit is hier waar die jeug „n

belangrike kulturele opvoeding opdoen en uiteindelik sal deel word van toekomstige gehore.

139 2.3.7. Onderhoud met Vaughan Pietersen

Pietersen het „n lang verbintenis met die Paarl Vallei Eisteddfod en hy was die eerste voorsitter van hierdie eisteddfod ná die samesmelting van die Paarl

Kunswedstryd en die Paarl Skole Kultuurvereniging. Hierdie pos het hy beklee tot einde 2003 en na „n paar jaar se afwesigheid is hy weer in 2008 tot voorsitter verkies. Hy voel dat daar oor die jare nie veel aan die algemene struktuur van die eisteddfod verander het nie. In die geval van hierdie eisteddfod het wit en bruin gemeenskappe spontaan bymekaar gekom en net gefokus op die hoofdoel van die eisteddfod, naamlik om kultuur onder die jeug in die Paarl te bevorder. Oor die algemeen word die eisteddfod goed deur alle gemeenskappe in die

omgewing ondersteun. Veral inskrywings uit die eerstydse Model C skole is verteenwoordigend van alle rasse en tale. Hy voel egter baie sterk daaroor dat daar meer gedoen kan word om uit te reik na die Mbkweni gemeenskap wat hoofsaaklik „n Xhosa-sprekende gemeenskap in die Paarl is. Hy voer aan dat meeste pogings van die bestuur se kant tot dusver nie die gewenste uitwerking gehad het om hierdie gemeenskap te betrek nie. Hy voel die sillabus kan

moontlik aangepas word om hulle te betrek en selfs in Xhosa vertaal word om „n moontlike taalkwessie uit die weg te ruim. Op die oomblik word die

eisteddfodprogram in die plaaslike koerante gepubliseer, maar daar is geen advertensies wat die eisteddfod van jaar tot jaar bemark aan potensiële nuwe deelnemers nie. Volgens Pietersen was dit tot op hede nie werklik nodig nie, aangesien die grootste bemarkingswerk direk met die hulp van die skole, wat aan die eisteddfod geaffiliëer is, gedoen word. Dit is dan ook hierdie groep skole wat tradisioneel elke jaar inskryf, tensy die skool self „n groot konsert of

musiekblyspel aanpak. Die inskrywingsgetalle het oor die jare stewig en konstant gegroei. Aanvanklik was die bestuur bekommerd toe daar begin is om van

musiekposte by skole ontslae te raak, maar hulle was verras met die privaat inisiatiewe wat persone in die gemeenskap geneem het om die kultuurlewe aan die gang te hou.

Die grootste struikelblok waarmee die eisteddfod elke jaar worstel is om „n tydsgleuf in die jaar te kry wat vir die meeste betrokkenes aanvaarbaar is.

Verskeie voorstelle is reeds oor die jare gemaak oor wanneer die beste tyd sal wees om die eisteddfod te hou. Tans is die eisteddfod opgedeel in drie dele en is daar vanaf Mei tot begin September elke jaar afdelings wat in verkillende

maande plaasvind. “Ballet” en “Voordrag” vind in Mei plaas, “Nasionale danse” en “Sangspeletjies” in Julie en die musiekafdelings in Augustus met die

pryswennerskonsert in September. Volgens Pietersen blyk dit „n goeie oplossing vir die deelnemers en onderwysers te wees, aangesien dit in baie gevalle

dieselfde persone is wat betrokke is by die afrigting, organisasie of deelname aan hierdie kategorieë. Dit skakel in „n groot mate botsings uit, maar dit beteken ook dat die bestuur die hele jaar besig is met eisteddfod, wat volgens hom soms „n veeleisende taak kan wees. „n Ander probleem wat knaend haper, is „n tekort aan geld. Die eisteddfod genereer elke jaar „n beperkte inkomste uit

affiliasiegelde, inskrywingsfooie en deurgelde. Daar is egter geen finansiële steun vir hierdie inisiatief van die plaaslike Munisipaliteit nie. Pietersen droom egter van die dag dat daar aan die einde van die eisteddfod, nadat alle onkostes gedek is en beoordelaars betaal is, nog geld oorbly, sodat die bestuur aan groter planne kan aandag gee. Daar is ook „n groot behoefte om „n sekretaresse

permanent aan te stel in diens van die eisteddfod. Dit sal net moontlik gemaak kan word as die eisteddfod se finansiële situasie bestendig word. Die bestuur is tans op soek na „n borg.

Pietersen stem saam dat die struktuur van die eisteddfod gepas is vir die huidige kulturele klimaat in Suid-Afrika en dat dit die een standhoudende

kulturele organisasie is wat elke jaar dieselfde doel voor oë het: om aan die jeug van vandag die geleentheid te gee om hulle talente uit te leef en blootstelling te kry. Hy voel egter dat die hele gemeenskap beter gedien kan word deur meer aandag aan ope-klas kategorieë te gee, waaraan volwassenes kan deelneem. In hierdie opsig verwys hy spesifiek na voorbeelde soos die Llangollen

Internasionale Eisteddfod in Wallis en selfs die destydse Roodepoort Eisteddfod waar „n baie groot persentasie van die deelnemers volwassenes was. Die hele

141

gemeenskap beskou die eisteddfod as „n baie belangrike jaarlikse gebeurtenis en as bewys daarvan verwys hy na „n insident toe daar „n paar jaar gelede voorgestel is dat die eisteddfod slegs elke tweede jaar gehou word. Die meerderheid skole se reaksie hierop was dat hulle hul eie byeenkoms vir die “oop” jare sou organiseer. Dit is vir Pietersen „n bewys van die belangrike rol wat die eisteddfod in die gemeenskap speel en hoe belangrik die behoud daarvan vir almal is. Alle betrokkenheid van komiteelede en sameroepers is vrywillig en niemand ontvang betaling vir hulle werk nie.

Volgens Pietersen hou hy nie persoonlik van die idee van “kompetisie” nie en voel hy dat dit net tot op „n sekere vlak gesond is. Dit is vir hom belangrik dat toekennings as „n bonus beskou word. Belangriker is dat elke deelnemer die geleentheid gegun word om opbouende kritiek of „n tweede opinie te kry en dat „n mens dit as „n leerskool moet sien. Hy voel dat ouers soms te veel druk op hulle leerders plaas om te presteer en dat hulle altyd die beste móét wees. Daar is van tyd tot tyd situasies wanneer persone ontevrede is oor hulle uitslae. Indien dit nie daar en dan deur „n beoordelaar opgelos of verduidelik kan word nie, moet die beswaar skriftelik aan die bestuur voorgelê word waarna dit op „n vergadering bespreek sal word en die nodige aandag sal geniet. Gelukkig gebeur dit nie gereeld nie, aangesien die eisteddfodbestuur en sameroepers werklik moeite doen om goeie, opgeleide beoordelaars aan te stel. Hy voel dit is uiters belangrik dat „n beoordelaar „n kenner van sy/haar vakgebied moet wees en met oorgawe en selfvertroue daaroor kan praat. In die verlede was daar enkele gevalle waar „n beoordelaar nie na wense saamgewerk het nie en was Pietersen verplig om die situasie met die betrokke beoordelaar te bespreek. Hy voel egter dit is ook „n belangrike leerskool vir beoordelaars en dat eisteddfod aan hulle „n geleentheid bied om ondervinding in hierdie veld op te doen. Die algemene patroon by die Paarl Vallei Eisteddfod is om „n beoordelaar vir twee tot drie agtereenvolgende jare in diens te neem, aangesien dit „n gevoel van kontinuïteit vir die deelnemers en onderwysers skep. Dit gee ook aan die deelnemers die geleentheid om kritiek wat hulle „n vorige jaar ontvang het, toe te pas en die volgende jaar nog beter te

kan vaar. Ten slotte lê Pietersen klem daarop dat die jonger generasie

onderwysers aangemoedig moet word om leerders in te skryf vir die eisteddfod.