• No results found

Kommentaar op onderhoude gevoer met Sonja van Amstel en Suzanne Erasmus

Vraag 26: SOU U WEER U KIND LAAT DEELNEEM?

2.3 Aanbieding van data ingewin tydens onderhoude met ander belangrike rolspelers

2.3.12. Kommentaar op onderhoude gevoer met Sonja van Amstel en Suzanne Erasmus

Dit is baie duidelik uit die onderhoude wat met albei beoordelaars gevoer is dat hul saamstem oor die kriteria waaraan „n suksesvolle beoordelaar moet voldoen. Albei beklemtoon dat die persoon oor „n baie goeie kennis van sy of haar

vakgebied moet beskik, dat daar „n deeglike kennis van gepaste repertorium moet wees en dat „n beoordelaar aanpasbaar moet wees by die ouderdomme van die deelnemers waarmee daar gewerk word. Die kritiek wat volg op die optredes moet opbouend, positief en leersaam wees. Die beoordelaar moet waak daarteen om negatiewe en persoonlike of afbrekende kritiek te gee. Hulle stem ook grotendeels saam oor wat „n beoordelaar van „n deelnemer kan verwag: „n mooi stemtoon of timbre van die stem is „n bonus, maar basiese tegniese aspekte soos goeie, duidelike diksie, „n lewendige vertolking en veral by ouer kandidate, „n vrye ondersteunde klank is noodsaaklik. Klem word daarop gelê dat leerders nie vanself sal weet hoe om hulself op „n verhoog te handhaaf nie en dat dit die taak van die onderwyser is om hierdie fyner afrondingswerk te doen om op so „n manier die kind as „n geheel beter voor te berei.

Van Amstel en Erasmus beskou die eisteddfod as „n baie belangrike geleentheid waar kandidate voor „n simpatieke gehoor kan optree en waardevolle

ondervinding kan opdoen. Daar is genoeg speling in die toekenningstruktuur om goeie deelnemers te beloon en swakker deelnemers aan te moedig, maar albei waarsku dat dit nie oor die toekenning gaan nie. Hulle voel dat ouers in sommige gevalle te veel van hulle leerders verwag en leerders in sekere gevalle

eenvoudig aan elke denkbare buitemuurse aktiwiteit deelneem om die ouer tevrede te stel. Dit is vir hulle belangrik dat kandidate hulle deelname aan eisteddfod en eintlik aan enige kulturele aktiwiteit moet geniet. Hulle glo dit leer

151

jong musici dissipline, deursettingsvermoë en gee hulle selfvertroue wat op die lange duur „n positiewe uitwerking op hul lewens sal hê.

SLOT

152

Die mate van ooreenstemming wat bestaan tussen die terugvoer wat ontvang is van vraelyste en semi-gestruktureerde onderhoude, help om 'n beeld te skep van die betekenis en funksionering van die Paarl Vallei Eisteddfod. So is daar deur die bank genoeg bewyse van die belangrike rol wat die eisteddfod speel in die verskaffing van 'n infrastruktuur vir die kulturele opvoeding van laer- en

hoërskoolleerders. Die empiriese ondersoek na die Paarl Vallei Eisteddfod suggereer dat hierdie rol nie afgeneem het na 1994 nie, maar eerder in belang toegeneem het. Die infrastruktuur ter sprake is grootliks afhanklik van vrywillige diens van lede van die gemeenskap en onderwysers wat sonder vergoeding die bedrywighede van die eisteddfod bestuur en die deelnemers daarvoor oplei. Op hulle beurt is deelnemers en ouers bewus van die belangrike rol wat die

eisteddfod speel as 'n kulturele instelling. Die historiese narratief wat geskep is in Hoofstuk 1 en die empiriese ondersoek wat in Hoofstuk 2 gedoen is, suggereer inderdaad dat eisteddfod histories en vandag 'n belangrike onderdeel uitmaak van die struktuur van musiekopvoeding en –geletterdheid in Suid-Afrika. Dit is 'n rol en funksie wat heel moontlik in die verlede onderskat is, aangesien die strukturele vlakke van primêre, sekondêre en tersiêre instellings wat lei na professionele kunsbeoefening, nie altyd rekening hou met die nie-kurrikulêre strukture soos eisteddfod nie. Hierdie studie dui daarop dat musiekopvoeding in Suid-Afrika moontlik in groter mate op eisteddfod steun as wat deur die informele en gemeenskaps-aard van die geleentheid te kenne gegee word.

Die historiese konteks wat vir hierdie empiriese ondersoek geskep is, maak dit ook duidelik dat hierdie spesifieke eisteddfod 'n arena in die kleine was waarin die kwessies van nasionale versoening en dialoog ná die politieke

omwentelinge van 1994 uitgespeel het. As 'n gemeenskapsgebaseerde instelling is eisteddfod by uitstek geskik as 'n geleentheid waar die verdeeldheid en

vooroordele van die verlede ontmasker en afgetakel kan word. Waar groter politieke verwikkelinge in Suid-Afrika dikwels minder bemoedigende rigtings

153

inslaan, is dit merkbaar dat op gemeenskapsvlak waar die welsyn van 'n

gemeenskap se leerders afhanklik is van samewerking, politieke vooroordele en wantroue suksesvol bestuur en verander kan word.

Dit is moontlik dat die groot mate van ooreenstemming wat blyk uit die empiriese ondersoek se antwoorde en onderhoude oor kontensieuse kwessies soos beloning, druk op deelnemers, politieke verdeeldheid, ens., 'n gevolg is van beleefdheid of gretigheid om aan die navorser die soort antwoorde te verskaf wat die deelnemers aan die studie kon dink die huidige skrywer graag sou wou hê. Om hierdie soort vals persepsies te ontmasker sou die empiriese ondersoek uitgebrei moes word tot 'n volskaalse etnografiese ondersoek wat ook die resultate van waarneming, in-diepte beskrywing, deelname en interpretasie sou behels. Dit sou moontlik wees om deur hierdie aktiwiteite miskien perspektiewe oop te maak op sekere kwessies wat heel anders sou lyk as die perspektiewe wat hier gedokumenteer is. Hierdie soort etnografiese uitbreiding val egter buite die perke van wat in hierdie studie moontlik is, sodat dit sal moet voldoen om hier net op die moontlikheid te wys.

In die geheel gesien bied hierdie studie van eisteddfod 'n blik op die graad van gemeenskapsbetrokkenheid by die ontwikkeling van veral Westerse

kunsmusiek in Suid-Afrika. Westerse kunsmusiek word dikwels gesien as 'n gedwonge, onnatuurlike, onverankerde kunsvorm in die Suid-Afrikaanse konteks. Die geskiedenis van eisteddfod in Suid-Afrika en die empiriese ondersoek na die Paarl Vallei Eisteddfod gee 'n ander perspektief, een waarin die beoefening van Westerse kunsmusiek in gemeenskappe self bevorder word. Eisteddfod skep 'n beeld van gemeenskappe waarin Westerse kunsmusiekpraktyk sentraal in die musikale opvoeding van leerders van alle rasse staan.

BRONNELYS

Adams, C. 2006. “A thousand Fathers” The origins of the Llangollen International Musical Eisteddfod. http://www.eisteddfod-ryngwladol.co.uk/about-the-

eisteddfod/history/ (2007/05/24)

Amssa Eisteddfod, http://www.teluga.co.za/AMSSA_Eisteddfod.htm, (2008/04/12) Ballentine, C. 1991. “Concert and Dance: The Foundations of Black Jazz in South Africa between the Twenties and Early Forties”. Popular Music, Vol. 10, No.2, pp.121 – 145.

Bennett, J. 1885. “Co-operation in Music.” , The Musical Times and Singing Class Circular, Vol. 26, No.512, pp.577-588.

Bernard, K. 2003 “The National Eisteddfod and the Evolution of the all-Welsh Rule”, North American Journal of Welsh Studies, Vol.3.1, http://www.jstor.org

Boyd, M. 2007 “Eisteddfod”, Grove Music Online. http://www.grovemusic.com, (2007/02/16)

Coplan, D. 1979. “The African Musician and the Developement of the Johannesburg Entertainment Industry, 1900-1960”. Journal of Southern African Studies, Vol. 5, No.2, pp.135-164

Eisteddfod in Argentina, http://www.european-

schoolprojects.net/festival/Argentina/eisted.htm, 2008/04/12

Groenewald, J. 1986. “Die musieklewe in Kroonstad tussen 1904-1985”. MMus. Universitieit van die Oranje Vrystaat.

Guthrie, D. 1950. “Music at the Festival of Britain, 1951” The South African Music Teacher No. 39, p.23-24

Haines, Aubrey B. 1959. “Significance of the eisteddfod”. Music Journal, 17:8 p. 86. History of Chubut Eisteddfod in Puerto Madryn Trelew, Patagonia, http://www.enjoy-

155

History of the Australian National Eisteddfod, http://www.nationaleisteddfod.org.au, 2007/04/12

History of the Balaklava Eisteddfod , http://www.balaklavaeisteddfod.org.au, 2008/ 04/16

History of the Jersey Eisteddfod, http://www.jerseyeisteddfod.org.je, 12/09/2008 Human, J.L.K., 1976. “Die Musieklewe in Bloemfontein 1900-1939”. DPhil,

Universiteit van Oranje Vrystaat.

Inligting van die Tygerberg Internasionale Eisteddfod (TIE). Verkry deur sekretaresse, Elize Heyman. 2007, http://www.tygerbergeisteddfod.co.za.

International Eisteddfod, http://en.wikipedia.org/wiki/International_Eisteddfod, 2008/04/12

Jones, Bill. 2001. “Welsh Identities in Colonial Ballarat” , Journal of Australian Studies. 01 June 2001, University of Queensland Press,

http://www.accessmulibrary.com/coms2.

Kapp, P.H. 1975. “Die Afrikaner en sy Kultuur, Deel III, Ons Volksfeeste”. Onder redaksie van Pieter W. Grobbelaar. Tafelberg Uitgewers.

Kennedy, M. “Eisteddfod”. The Oxford Dictionary of Music, (revised edition) Oxford: Oxford University Press, 2006.

Klausner, David N. 1989. “Eisteddfod.” Dictionary of the Middle Ages. 13 Vol.

American Councel of Learned Societies. Charles Scribner‟s Sons, Reproduced in History Resource Center. Farmington Hulls, MI:

Lemmer, P.J. 1955. “Kunswedstryde”. The South African Music Teacher. No 48, bl. 6-7.

Llangollen International Musical Eisteddfod, http://www.llangollen.com, 2008/04/12 Malan, 1982. The South African Ensyclopedia of Music, Deel II

Marais, Elizabeth M. 1989. “Die Musieklewe van Swellendam”. 1743-1975. M.Mus, Universiteit van Stellenbosch.

Notule: 18 Februarie 1992, Paarl Vallei Eisteddfod Notule: 18 September 1995, Paarl Vallei Eisteddfod Notule: 22 September 1995, Paarl Vallei Eisteddfod Notule: 12 Maart 1996, Paarl Vallei Eisteddfod Odendal. 1994 “HAT woordeboek” Perskor.

Program van die Gala Konsert van die Paarl Skole Kultuurvereniging, 12 Oktober 1969

Program van die Paarl Skole Kultuurvereniging se Openingsaand, 3 September 1994 Rock Eisteddfod Challenge, http://www.rockchallenge.co.au, 2008/04/12

Royal National Eisteddfod, http://www.wales-calling.com/culture/eistedffod.htm, http://eisteddfod.org.uk, 2007/05/10

Sameroepersverslag vir die Afdeling Solosang: 1997, Paarl Vallei Eisteddfod Sameroepersverslag vir die Afdeling Solosang: 1999, Paarl Vallei Eisteddfod Sameroepersverslag vir die Afdeling Solosang: 2008, Paarl Vallei Eisteddfod Sillabus: 2008, Paarl Vallei Eisteddfod

“The Lessons of the Eisteddfod”. 1887. The Musical Times and Singing Class Circular, Vol. 28, No.535. pp.521-522, http://www.jstor.org

Urdd GobaithCymry-Youth Eisteddfod, http://www.urdd.org, 2008/04/12

Van Blerk, B., 1986. “Die Musieklewe van Stellenbosch”, 1679 – 1950. Deel III, DPhil, Universiteit van Stellenbosch.

Van den Heever, J.P. 1973. “Die bydrae wat die Nasionale Eisteddfod van Suid-Afrika en die Afrikaanse Kunsvereniging van Johannesburg op kulturele en

157

Van Hoogstraten, Hermine Rosemarie. “Monograph on the musical development of the National Eisteddfod in South Africa”. Geen datum.

Van Tonder, Rénea. 1994. “Vokale Kunswedstryd as kultuur en opvoedingsaksie:‟n handleiding”. Universiteit Pretoria.

VKV –Vrystaatse Kunswedstryd Vereniging, Webblad, http://www.kunswedstryd.org.za/head.html, 2008/04/13

Voorendyk, Lavinia H. D. 1971.” Die Musiekgeskiedenis van Wes-Transvaal” (1838- 1960). M.Mus. Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O.

Voorsittersverslag: 1995, Paarl Vallei Eisteddfod

Westrup, A.J. 1949. “British Music Festivals”, The South African Music Teacher No.36, P. 1-3.

“Women Marching Into the 21st Century: Wathint' Abafazi, Wathint' Imbokodo”. 2000 By Human Sciences Research Council Group: Democracy and Governance, Human Sciences Research Council, Published by HSRC Press.

Wood, J. 1997. “Perceptions of the past in Welsh Folklore studies”. Folklore, Vol. 108, bl.93-102. http://www.jstor.org

Young, Percy M. “Festivals”. Grove Online. 2007

Zürich, P.L. 1983. “Riglyne vir die voorbereiding en optrede by kunswedstryde”. Pretoria.

Koerantbronne:

Beeld. 2002. “Deelname aan „Asmal se eisteddfod‟ nie verpligtend”. 5 Junie Die Burger. 1987 “Musiekkonsert in Paarl” 26 Februarie

Die Burger. 1989 “Paarlse Kunswedstryd lok 1500”. 7 Julie

Die Burger . 2005. “En die meervoud is eisteddfodau” , Meiring Jean. 16 Augustus.

Cape Times. 1988. “Lecturer refuses to judge at racial eisteddfod”. 5 Augustus. Cape Times. 2004. “The talent stops here as opera singers thrill Langa”. 6

September.

Sowetan. 1997. “Eisteddfod has always been free of raciscm”. 13 Oktober.

Sowetan. 2002. “Breaking down the barriers with song”. 28 Junie. The Star. 1997. “Eisteddfod enters the electronic era”. 4 Febrauarie.

E-bronne: http://www.geocities.com/Vienna/2662/bards.html:2008 http://www.cymmrodorion1751.org.uk/:2007 http://www.international-eisteddfod.co.uk:2007 http://www.fak.org:2008 http://www.bermuda-online.org:2004

ADDENDUM A

159 Lys van Eisteddfods in Suid-Afrika

Afrikaanse Kunsvereniging Eisteddfod Bethlehem Eisteddfod

Bloemfontein Eisteddfod

Buffalo City Eisteddfod (Oos London) Calvinianse Eisteddfod

Cape Town Eisteddfod Centurion Eisteddfiod Di Konokono Kunstefees Eastern Christian Eisteddfod Goue Sirkel-fees

Grahamstown Eisteddfod Groot Marico Eisteddfod Harrismith Eisteddfod Helderberg Eisteddfod Hindi Eisteddfod

Kaapse Afrikaanse Eisteddfod Kimberly Eisteddfod

Klawer Eisteddfod Kroonstad Eisteddfod Lady Grey Eisteddfod

Nasionale Eisteddfod van Suid-Afrika Nasionale Eisteddfod vir Spesiale Skole Oos-sirkel Eisteddfod

Oos-Vrystaat Eisteddfod Overbergse Eisteddfod Paarl-Vallei Eisteddfod

Port Rex Eisteddfod (Oos-Londen) Post Office Eisteddfod

Pretoria Beeld Eisteddfod Queenstown Eisteddfod Randburg Eisteddfod

Rentmeester Jeugkunstefees Roodepoort Afrikaanse Eistedfodd Roodepoort Internasionale Eisteddfod Sentraal - Gauteng Kunswedstryd Seragona Kunstefees

161

Stellenbosch Eisteddfod Tirisano Eisteddfod

Tygerberg Internasionale Eisteddfod Tzaneen Eisteddfod

Virginia Eisteddfod Vrystaatse Eisteddfod Witteberg Arts Festival Worcester Eisteddfod

ADDENDUM B

162

Vraelys: Graad 1-3

1. Hoe oud is jy?______ 1.2 Graad: ____________________________

2. 1 Seun/ Dogter? 2.2 Huistaal: ___________________________

3. Skool: __________________________________________________________

4. Is dit die eerste keer dat jy aan die Eisteddfod deelneem? JA / NEE

5. Indien NEE, hoe lank neem jy al deel?_________________________________

6. Wie het besluit jy moet deelneem aan die Eisteddfod? MA

PA JUFFROU JY

7. Wie het jou gehelp om jou lied te leer?

8. Het Mamma/Pappa jou by die huis gehelp?

9. Het Mamma/Pappa ooit by die skool kom luister hoe jy en juffrou oefen?

10. Was jy bang toe jy moes sing?

11.1 Wat is vir jou lekker van die Eisteddfod?

11.2 Wat is vir jou sleg van die Eisteddfod?

12. Is jy tevrede met jou uislae?

13. Dink jy juffrou sal tevrede wees?

14. Dink jy Mamma en Pappa sal tevrede wees?

15. Gaan jy „n beloning kry omdat jy vandag deelgeneem het?

16. Sal jy volgende jaar weer sing?

17. Was dit vir jou lekker om na die ander maats te luister?

18. Dink jy hulle was bang toe hulle moes sing?

19. Was jy bang vir die beoordelaar?

20. Dink jy sy is gaaf?

21. Dink jy sy het gehou van die liedjie wat jy gesing het?

163

Vraelys: Graad 4-7 Questionnaire: Grade 4-7

1. Hoe oud is jy?/ How old are you? _______ 1.1 Graad/Grade: ________

2. Seun/Boy □

Dogter/Girl □

3. Naam van skool/Name of school: _____________________________

4. Huistaal/ Language: ________________________________________

5. Sing jy koor?/Do you sing in a choir JA/YES □

NEE/NO □

6. Watter/Which: SKOOLKOOR/SCHOOL CHOIR □

TYGERBERG KINDERKOOR/CHILDRENS CHOIR □

7. Hoeveel keer het jy al aan die Eisteddfod deelneem? _____________

How many times have you taken part in the Eisteddfod? ___________

8. Wie het besluit jy moet deelneem aan die Eisteddfod?

Who decided you should take part in the Eisteddfod? MA/MOTHER □

PA/DAD □

JUFFROU/TEACHER □

JY/YOU □

ANDER/OTHER □

Indien IEMAND ANDERS spesifiseer asseblief:__________________________ In case of SOMEBODY ELSE please specify: ___________________________

9. Wie het jou gehelp om jou lied te leer? MA/MOTHER □

Who helped you to learn your song? PA/DAD □

JUFFROU/TEACHER □

JY/YOU □

ANDER/OTHER □

10. Het jy jou liedjie by die huis geoefen? JA/YES □

Did you practise your song at home? NEE/NO □

11. Was jy op jou senuwees toe jy moes sing? Kies die getal wat jou antwoord die beste beskryf.

Were you nervous when you had to sing? Choose the number that best describes your answer.

BAIE /A LOT NIKS/ NOT AT ALL

5 4 3 2 1

12. Is jy tevrede met jou uislae? JA/YES □

13. Dink jy jou onderwyseres sal tevrede wees? JA/YES □

Do you think your teacher will be satisfied? NEE/NO □

14. Dink jy jou ouers sal tevrede wees met jou uitslae? JA/YES □

Do you think your parents will be satisfied? NEE/NO □

15. Gaan jy enige vorm van beloning vir jou deelname? JA/YES □

Will you get any form of reward for participating today? NEE/NO □

16. Sal jy volgende jaar weer sing? JA/YES □

Will you sing again next year? NEE/NO □

17. Dink jy dit is belangrik om na deelnemers van jou eie ouderdom te luister?

Do you think it is important to listen to other participants? JA/YES □

NEE/NO □

18. Dink jy hulle was op hul senuwees toe hulle moes sing? JA/YES □

Do you think they were nervous when they had to sing? NEE/NO □

19. Was jy bang vir die beoordelaar? JA/YES □

Were you afraid of the judge? NEE/NO □

20. Dink jy die beoordelaar was regverdig? JA/YES □

Do you think the judge was fair? NEE/NO □

21. Dink jy die beoordelaar se kommentaar is leersaam? JA/YES □

Did you learn anythig from the judge‟s comments? NEE/NO □

22. In watter kategorieë het jy deelgeneem?

In which categories did you take part?

VOORGESKEREWE/PRESCRIBED □

EIE KEUSE/OWN CHOICE □

VOLKSLIEDJIE/FOLK SONG □

23. Wie het jou lied gekies JUFFROU/TEACHER □

Who chose your song? MA/MOTHER □

PA/DAD □

JY/YOU □

ANDER/OTHER □

24. Het jy van die lied gehou? JA/YES □

Did you like your song? NEE/NO □

25. Sal jou sertifikaat tydens saalbyeenkoms uitgedeel word? JA/YES □

Wil you receive your certificate during assembly at school? NEE/NO □

26. Beoefen jy enige sport? JA/YES □

Do you participate in any sports? NEE/NO □

27. Gaan jy hierdie jaar ook aan ander Eisteddfods deelneem? JA/YES □

Are you going to take part in other Eisteddfods this year? NEE/NO □

28. Watter ander instrumente bespeel jy? ________________________________

165

29. Gaan jy ook met die instrumente aan die Eisteddfod deelneem?

Are you going to take part in the Eisteddfod with these instruments?

JA/YES □

Vraelys: Graad 8-12 Questionnaire: Grade 8-12

1. 1 Ouderdom/Age: ________ 1.2 Graad/Grade: ___________

2. Manlik/Male □

Vroulik/Female □

3. Huistaal/Language: _______________________________________

4. Naam van skool/Name of school: _____________________________

5. Vir hoeveel jaar neem jy al deel aan Eisteddfod? ___________________________________

How many years have you been taking part in the Eisteddfod?_________________________

6. Wie het besluit jy moet deelneem? Self/ Myself □

Who decided you should take part? Ouers/ Parents □

Onderwyser/Teacher □

7. Wie het jou inskrywing hanteer? Self/ Myself □

Who entered you into the Eisteddfod? Ouers/Parents □

Onderwyser/Teacher □

8. Aan watter kategorieë neem jy deel/ In which categories did you participate?______________

___________________________________________________________________________

9. Wie het jou gehelp met die voorbereiding vir die Eisteddfod? Jyself/Myself □

Who helped you to prepare for the Eisteddfod? Ouers/Parents □

Onderwyser/Teacher □

10. Neem jy ook aan ander streekseisteddfods deel? Ja/Yes □

Do you also take part in Eisteddfods in other areas? Nee/No □

INDIEN JY “NEE” GESÊ HET VIR VRAAG 10 KAN JY DIREK NA VRAAG 15 GAAN