• No results found

ANDER ASPEKTE, BYVOORBEELD OM VOOR VREEMDE MENSE TE PRAAT?

ANTWOORD AANTAL RESPONDENTE PERSENTASIE

JA 17 100%

NEE 0 0%

TOTAAL 17 100%

Vraag 36a: SING JY IN „N KOOR?

ANTWOORD AANTAL RESPONDENTE PERSENTASIE

JA 18 95%

NEE 1 5%

Vraag 36b: HET JY AL OOIT IN EEN VAN DIE VOLGENDE KORE GESING?

ANTWOORD AANTAL RESPONDENTE PERSENTASIE

SKOOLKOOR - 95% TYGERBERG KINDERKOOR - 5% SA JEUGKOOR - 0% PRO CANTO JEUGKOOR - 0%

Opsomming van data

Die grootste hoeveelheid van die respondente was 15 en 16 jaar oud en die meeste was in Graad 9 (21%) of Graad 10 (37%). 84% was dogters en die taalverdeling was onderskeidelik 63% Afrikaans en 37% Engels. Die skole wat die grootste hoeveelheid inskrywings hanteer het was La Rochelle Meisies Hoërskool (32%), Bridge House School (32%) en Hoërskool Gimnasium (16%). Op die vraag oor hoeveel jaar die respondente reeds by eisteddfod betrokke is, was daar „n wye verskeidenheid van antwoorde, maar die grootste hoeveelheid (42%) het bevestig dat hulle slegs vir een jaar by eisteddfod betrokke was. Die daaropvolgende getalle was 3 jaar (16%), 5 jaar (11%) en 9 jaar (11%). Die besluit om aan die eisteddfod deel te neem is hoofsaaklik deur die onderwyser (79%) of die respondent self (68%) geneem, of dit was „n gesamentlike besluit. Slegs 16% van deelnemers voer aan dat hulle ouers die besluit geneem het. In alle gevalle was dit die onderwyser wat die inskrywings hanteer het. Die

kategorieë waaraan die respondente kon deelneem was “Eie Keuse”, “Kunslied”, “Aria Antiek” en “Duet”. Dit is belangrik om daarop te let dat hier nie meer „n “Voorgeskrewe” kategorie vir hierdie ouderdomsgroep bestaan nie. 71% het

103

ingeskryf vir die “Eie Keuse” afdeling, 6% het „n “Kunslied” en „n “Aria Antiek” gesing, 6% het “Eie Keuse”, “Kunslied” en “Duet” gesing en 18% het aan die “Eie Keuse” en “Duet” afdelings deelgeneem. Die resultate van Vraag 9 dui ook reeds op „n groter selfstandigheid van hierdie ouderdomsgroep, met 26% wat self hulle lied aangeleer het. Slegs 11% het aangedui dat hulle ouers hulle gehelp het, maar dit was oorwegend die onderwyser (95%) wat verantwoordelik was vir die aanleer en afronding van die lied. Slegs 26% (5 persone) van die respondente het aan ander streeks-eisteddfods deelgeneem en die spesifieke eisteddfods was hoofsaaklik Stellenbosch (21%) en Helderberg Eisteddfod (5%). Deelnemers het aangevoer dat deelname aan hierdie eisteddfods aan hulle nog „n

geleentheid gee om blootstelling en ondervinding op te doen. Twee van die 5 is deur hul ouers ingeskryf en die ander 3 deur hul onderwyser. 40% het dieselfde musiek gesing as wat hulle by die Paarl Eisteddfod gesing het en 60% het nuwe musiek aangeleer.

58% van die respondente het privaat sangonderrig ontvang en 50% het „n ander instrument bespeel wat onder andere klavier, kitaar, viool en saksofoon insluit. Slegs 43% het ook met hierdie instrumente ingeskryf vir die eisteddfod. Die huidige skrywer wou vasstel watter waarde hierdie ouderdomsgroep heg aan hulle eisteddfod deelname en wou weet of die respondente vrywillig deelneem en of hul verplig voel om dit te doen. 89% het aangevoer dat deelname uit vrye wil is, het hul deelname beskou as „n belangrike aspek van hulle ontwikkeling en het dit gesien as „n goeie geleentheid om blootstelling te kry. Dit het, volgends hulle antwoorde, vir hulle „n platvorm geskep om hulle talente te ontwikkel, mee te ding teen ander persone van hul eie ouderdomsgroep en om „n opinie en opbouende kritiek oor hul uitvoering te kry. Respondente het gevoel dat dit hulle weer help om te verbeter en sodoende selfvertroue op te bou. „n Verdere bewys van hierdie groep se positiewe uitkyk op eisteddfod is dat 100% van hulle gevoel het dat dit „n voorbeeld van gesonde kompetisie is. Hulle het die beoordelingsproses as regverdig, onpartydig en professioneel beskou (95%). 42% het gevoel dat daar elke jaar „n nuwe beoordelaar moet wees terwyl 58% gevoel het dat „n

voorkoms en kleredrag die beoordelaar op „n positiewe of negatiewe wyse sou beïnvloed. Almal was dit eens dat die beoordelaar se kommentaar opbouend en leersaam was. Hulle het eisteddfod gesien as „n geleentheid om hulle talente te ontwikkel eerder as om 'n toekenning te ontvang. Om hierdie antwoord te verfyn is daar weer van die Likert-skaal gebruik gemaak en respondente kon die syfer kies wat hulle antwoord die beste weërspieël. “1” het beteken dat die toekenning glad nie belangrik is nie en “5” het beteken dat die toekenning uiters belangrik is. Die resultaat van hierdie vraag was as volg: 1 (0%), 2 (6%), 3 (28%), 4 (50%) en 5 (17%).

Nog „n bewys dat hierdie ouderdomsgroep meer selfstandig en

onafhanklik is, is dat 63% bevestig het dat hulle ouers glad nie betrokke was by hulle voorbereiding vir die eisteddfod nie, alhoewel 100% se ouers hulle

deelname ondersteun het. Iets wat vir die huidige skrywer opvallend was ten tye van die eisteddfod was hoe min ouers die deelnemers van hierdie

ouderdomsgroep ondersteun het deur die verrigtinge by te woon. Respondente se terugvoer het daarop gedui dat 89% se ma, 26% se pa en 5% se broer/suster en of ouma die eisteddfod bygewoon het. 67% sou geen beloning vir hul

deelname ontvang nie. Die 33% wat wel iets sou kry het aangedui dat dit iets kleins sou wees, soos „n roomys. Almal was dit eens dat dit goed is om na ander deelnemers te luister en dat dat hulle baie daaruit kan leer.

Die aspek van liedkeuse was vir hierdie ouderdomsgroep baie belangrik en 63% was betrokke by die uitkies van repertorium. 93% het gevoel die musiek is gepas vir hul ouderdom, 100% het gevoel dit is gepas vir hul stemtipe, 14% het gevoel die musiek is oudmodies terwyl 57% gesê het dat hulle het nie gedink het dit was die beste keuse om die beste resultaat te verkry nie. 61% van hierdie respondente oorweeg dit om „n loopbaan in musiek te volg en glo dat deelname aan eisteddfod „n goeie voorbereiding is. Almal het gevoel dat hulle deelname aan eisteddfod hulle in ander aspekte van die lewe help, soos om voor mense te praat en om meer selfvertroue te hê. 95% van hierdie ouderdomsgroep het in „n

105

koor gesing. Dit was hoofsaaklik skoolkore met een respondent wat in die Tygerberg Kinderkoor gesing het.

Die inligting wat deur middel van hierdie vraelys ingewin is, maak dit duidelik dat die klem by hierdie ouderdomsgroep effens meer op die belangrikheid van deelname aan die eisteddfod val en dat dit beskou word as „n baie belangrike aspek van deelnemers se musikale en persoonlike ontwikkeling. Dit was egter opvallend om te sien dat dit vir die deelnemers, ten spyte daarvan dat hulle meer doel-georieënteerd is as ander jaargroepe, nie net oor die uitslae en toekennings gaan nie, maar dat hulle dit as „n leerskool sien om hulle talente nog beter te ontwikkel.

2.2.4 Ouers

Oor „n tydperk van 5 dae was daar 88 respondente wat die vraelys vir die ouers ingevul het. Met hierdie vraelys wou die huidige skrywer meer vasstel oor die ouers se betrokkenheid en gesindheid teenoor eisteddfod in die algemeen. Die vraelyste het hoofsaaklik uit vrae bestaan waar die antwoordkeuses Ja/Nee was met enkele vrae waar die opinie van die ouers gevra is.

Vraag 1: HUISTAAL

ANTWOORD AANTAL RESPONDENTE PERSENTASIE

AFRIKAANS 68 77%

ENGELS 17 19%

XHOSA 3 3%

Vraag 2: HOEVEEL VAN U KINDERS NEEM VANJAAR AAN DIE