• No results found

Vraag 26: SOU U WEER U KIND LAAT DEELNEEM?

2.3 Aanbieding van data ingewin tydens onderhoude met ander belangrike rolspelers

2.3.5. Onderhoud met Lynette Peterson

Peterson is sedert 2008 aan Bridge House School in Franschoek as voltydse sangonderwysseres betrokke. As deel van haar verpligtinge by die skool moet sy leerders onderrig wat sang as „n vak neem, en moet sy klasmusiek afrig.

Deelname aan die Paarl Vallei Eisteddfod is verpligtend en die skool verwag elke jaar dat die leerders aktief hierby betrokke sal wees. Volgens Peterson is die kulturele ontwikkeling van elke leerder van Bridge House „n baie belangrike aspek van hulle skoolloopbaan en maak die skool ruim voorsiening daarvoor in terme van tyd en geld. Sy was in 2008 vir die eerste keer by die Paarl Vallei Eisteddfod betrokke, maar het reeds „n lang verbintenis met eisteddfod in die algemeen. As kind het sy gereeld aan die eisteddfod in George deelgeneem en sy kan vandag getuig van die voordele wat dit vir haar ingehou het. Dit het haar destyds laat besef daar is baie persone wat dieselfde stukke as sy op die klavier bespeel en dieselfde liedere as sy sing en in baie gevalle dit beter doen as sy

135

self. Dit was dan altyd vir haar „n aansporing om nog harder te werk en beter te vaar. As onderwyseres was sy vir „n hele aantal jare by die eisteddfod in Oos- Londen betrokke en het sy op „n jaarlikse basis kandidate daarvoor ingeskryf. Sy maak „n punt daarvan om streeks-eisteddfods soos Stellenbosch te ondersteun en voel dit is nog geleentheid wat leerders het om op te tree en raad te kry. Die kandidate wat sy afrig is almal verbonde aan die skool en sy rig glad nie persone in „n privaat hoedanigheid af nie. Sy het in 2008 23 kandidate van alle

ouderdomsgroepe en vir „n groot verskeidenheid afdelings ingeskryf. Sy voel dit is belangrik om die kind volgens sy/haar eie vermoëns te laat deelneem en nie die kind vir te veel kategoriëe in te skryf nie. Sy stem saam dat die

“Voorgeskrewe”-afdeling „n baie nuttige kategorie is vir die jonger deelnemer en dat hulle self hul eie standaard teen die ander kandidate kan meet.

Dit is gewoonlik die leerlinge wat sang as „n vak neem wat aan die eisteddfod deelneem, maar leerders kan ook vrywillig aanmeld as hulle wil

inskryf. Sy vind dat daar in die betrokke skool „n gebruik is dat enige iemand mag inskryf as hulle sou belangstel en dat dit, veral by die jonger leerders, „n

wonderlike manier is om blootstelling te bekom en selfvertroue te ontwikkel. Basiese stemtoetse word tog gedoen om te verseker dat die kind die vermoë het om noot te kan hou. Die ouers is in meeste gevalle nie betrokke by die

keuringsproses nie, maar Peterson kry soms met ouers te doen wat uit onkunde voorstel dat hulle kind moet deelneem, al weet hulle nie presies wat die

eisteddfod behels nie. In so „n situasie voel sy dat dit belangrik is om openlik met die ouers te kommunikeer. Peterson vind soms dat leerders nader aan die tyd van uitvoering onwillig raak om te sing. Sy sal die betrokke kandidate dan die geleentheid gee om tydens „n saalbyeenkoms by die skool te sing vir groter blootstelling. Indien dit nie die gewensde uitwerking het nie sal sy die kind onttrek, aangesien sy baie sterk daaroor voel dat niemand teen sy/haar sin aan die eisteddfod moet deelneem nie.

Peterson behartig al die afrigting self en soos vroeër vermeld maak die skool ruim voorsiening vir oefentye tydens die skooldag. Sy voel egter nie dat die

ouers kan help met die afrigting nie, aangesien meeste van hulle bloot net nie oor „n musikale opvoeding beskik nie. Sy kan wel staatmaak op die ouers se ondersteuning en hulle doen volgens haar baie moeite om die eisteddfod by te woon wanneer hulle leerders sing. In die klas behartig sy self die begeleiding, maar wanneer die leerders by die die eisteddfod optree word hulle deur ander lede van die ander musiekpersoneel begelei. Dit gee haar as onderwyser die geleentheid om werklik na die leerders te luister en te sien wat hulle doen terwyl hul sing. Volgens haar is die eisteddfod „n sinvolle soort kompetisie aangesien dit in groepsverband plaasvind en „n kandidaat verskillende vlakke van talent en vermoëns ervaar. Deelnemers dien gewoonlik as inspirasie vir mekaar en kandidate kan daarna streef om beter te sing en harder te werk.

Daar word nie baie klem op die toekennings wat leerders ontvang geplaas nie. Petersen vind die leerders het „n baie volwasse uitkyk hierop en besef dat dit oor meer as „n goue sertifikaat gaan. Die skool gee ook ruim erkenning vir

deelname aan die eisteddfod deurdat kandidate hulle toekennings tydens

prysuitdelings ontvang en in baie gevalle ook tydens hierdie geleenthede optree. Die eisteddfod is „n uiters belangrike jaarlikse gebeurtenis op die skoolkalender.

Peterson kies in die meeste gevalle self die kandidate se liedere, maar gee aan veral die ouer deelnemers „n keuse van twee of drie liedere waaruit hulle dan self kan kies. Sy voel dit is belangrik om die kind se stemtipe, ouderdom en peroonlikheid in ag te neem met liedkeuse. Dit is soms belangrik om juis „n uitdagende lied aan sekere leerders te gee aangesien dit in baie gevalle as motivering dien. Volgens haar moet „n beoordelaar „n kenner van sy/haar vakgebied wees wat met „n goeie sin vir humor die deelnemers se aandag kan behou en advies gee. „n Beoordelaar moet simpatiek wees en moet in enkele oomblikke elke kind se vermoë kan identifiseer en daarvolgens sinvolle, opbouende terugvoering gee. Die kommentaar is vir almal leersaam, selfs die ouers. Indien „n beoordelaar vir „n tydperk van 2-3 agtereenvolgende jare „n eisteddfod beoordeel gee dit aan die kandidate „n geleentheid om konstante groei te toon en skep dit volgens haar „n gevoel van kontinuïteit.

137

Ten slotte voel sy dat die gemeenskap nie meer vandag betrokke is bymekaar nie omdat almal geweldig besig is. Sy voel die eisteddfod is „n geleentheid waar persone met „n gemeenskaplike belangstelling en ooreenstemmende talente elke jaar bymekaar kan kom om aan hierdie belangstelling uitdrukking te gee. So leer mense mekaar ken en word daar vriendskappe gebou. Leerders van ander skole leer mekaar deur jaarlikse deelname aan die eisteddfod ken en dit is elke jaar opwindend om te hoor hoe almal gevorder het. Dit is „n geleentheid van eerlike en opregte

musiekbeoefening waar almal op „n gelyke vlak met mekaar meeding sonder dat daar noodwendig een wenner aangewys word.

2.3.6. Kommentaar op onderhoude gevoer met Maria van der Merwe en