• No results found

Vraag 26: SOU U WEER U KIND LAAT DEELNEEM?

2.3 Aanbieding van data ingewin tydens onderhoude met ander belangrike rolspelers

2.3.2 Onderhoud met Leana Engelbrecht

Leana Engelbrecht is sedert die vroeë tagtigerjare „n onderwyser by Laerskool Hugenote in Wellington. Sy is verantwoordelik vir die afrigting van klavier, blokfluit, koor en gee ook Afrikaans by die skool. As onderwyser strek haar betrokkenheid met die Paarl Vallei Eisteddfod oor die afgelope 15 jaar en sy is ook vir die laaste 4 jaar betrokke as sameroeper van die “Solosang”-afdeling. Engelbrecht behartig die afrigting van verskeie afdelings van die eisteddfod, soos byvoorbeeld “Klavier”, “Blokfluit”, “Koor”, “Orff-orkes” en “Voordrag”, maar vir die doel van hierdie studie is daar tydens die onderhoud slegs op haar

betrokkenheid by die sangafdeling gekonsentreer. Alhoewel daar „n verwagting van haar skool is dat leerders ingeskryf sal word vir die jaarlikse eisteddfod, het Engelbrecht nog nooit verplig gevoel om hierdie taak te verrig nie. Sy doen dit omdat sy dit geniet om met die leerders te werk en hulle te sien ontwikkel. Sy behartig self die afrigting en begeleiding en ontvang geen vergoeding daarvoor nie. Alle kandidate wat ingeskryf word, is verbonde aan die Laerskool Hugenote en sy skryf hulle slegs in vir die Paarl Vallei Eisteddfod. In 2008 het sy 53 items ingeskryf, wat nie die deelname van 53 kandidate impliseer nie, aangesien sommige aan meer as een afdeling deelgeneem het. Die inskrywings het kandidate in klasse vanaf graad 1 tot graad 7 ingesluit. Die kandidate was Afrikaans- en Engelssprekend en was verteenwoordigend van alle

gemeenskappe in die omgewing.

Engelbrecht skryf hoofsaaklik leerders in wat in haar koor sing en ander talentvolle, gewillige kandidate wat sy self identifiseer om deel te neem. Sy kry

127

van tyd tot tyd te doen met ouers wat graag wil hê dat hulle kind moet deelneem al is die kind nie „n geskikte kandidaat nie. Sy hanteer die gevalle afsonderlik en gee gewoonlik vir die kind „n kans. In haar ondervinding is dit gewoonlik ouers wat nie oor die nodige kennis beskik om te weet wat die vereistes en

verwagtinge is wat van 'n kind gestel word om suksesvol te kan deelneem nie. Dit is uitsonderlik wanneer „n kandidaat teen sy/haar wil deelneem en indien „n kind met die aanloop na die eisteddfod tekens toon dat hy/sy nie meer wil sing nie, onttrek sy die kind. Sy glo nie daaraan om „n kind te dwing om deel te neem nie. Volgens Engelbrecht beskik 'n geskikte kandidaat oor „n goeie stem, toon meelewing en is dit ook in meeste gevalle die meer ekstroverte kind wat sal deelneem. Sy poog om aan soveel as moontlik die geleentheid te gee om deel te neem en skryf net kandidate vir meer as een kategorie in as daar nie ander belangstellendes is nie. Sy beskou die “Voorgeskrewe”-afdeling as nuttig

aangesien kandidate hulself met ander kan vergelyk. Dit is ook „n goeie afdeling vir „n nuwe kandidaat om aan deel te neem om te sien waaroor die eisteddfod gaan voordat daar vir 'n volgende jaar in die “Eie keuse”-afdeling ingeskryf word. Soos reeds genoem, hanteer Engelbrecht al die afrigting en begeleiding self en maak sy van enige beskikbare tyd binne die skooldag gebruik om met kandidate te oefen. Dit sluit pouses en na-skoolse sessies in. Aangesien die leerders se deelname aan die eisteddfod vir die skool belangrik is, word leerders toegelaat om van tyd-tot-tyd in gewone klasperiodes te gaan oefen. Sy maak „n punt daarvan om reeds baie vroeg in die jaar met afrigting te begin om seker te maak almal is goed voorbereid. Sy vind in meeste gevalle raak die ouers nie spontaan by die afrigting betrokke nie en sy rig altyd „n versoek aan hulle om te help met die aanleer van woorde. Sy voer ook aan dat meeste ouers nie eintlik kan help met die musikale afrigting van die kandidate nie en dat sy dit so verkies, omdat dit soms die kind kan verwar om advies en afrigting uit twee oorde te ontvang. „n Algemene neiging, meen Engelbrecht, is dat leerders deesdae aan elke

moontlike aktiwiteit moet deelneem. In baie gevalle is dit die ouers wat die leerders toelaat en selfs van hulle verwag om betrokke te wees by so baie aktiwiteite. Engelbrecht voel dat hierdie druk om aan alles deel te neem en in

alles te wil of moet presteer ongesond is en dit die kind gespanne maak en uitput. Slegs in enkele gevalle oor al die jare wat sy reeds betrokke is by eisteddfod was daar ouers wat druk op hul kinders uitgeoefen het om deel te neem en te presteer tydens die eisteddfod. Die kandidate wat inskryf vir die eisteddfod is almal leerders wat graag sing en die toekenning wat hulle op die dag verdien is net „n bonus. Haar ervaring is dat almal gewoonlik baie tevrede is met die uitslae. Sy beskou die eisteddfod as „n toonbeeld van gesonde

kompetisie, aangesien daar altyd „n gemoedelike atmosfeer tussen die

deelnemers heers en hulle mekaar ondersteun. Die ouers doen baie moeite om die eisteddfod by te woon as hulle leerders sing en hulle is in meeste gevalle baie dankbaar vir die werk wat gedoen word.

Oor die jare het Engelbrecht „n groot hoeveelheid musiek versamel wat geskik is vir gebruik by eisteddfod, maar sy maak steeds „n punt daarvan om gereeld nuwe musiek te bekom, veral by onderwysers van ander streke. As dit kom by liedkeuses kyk sy na die kandidaat se ouderdom, stemtipe en

belangstellings. Sy vind die beoordelingsproses leersaam en voel ook dat dit vir die kandidate baie sinvol is om goeie, opbouende kritiek te ontvang. „n Geskikte beoordelaar moet volgens Engelbrecht vriendelik en simpatiek wees en oor „n goeie kennis van sy/haar vakgebied beskik. Dit is ook vir haar sinvol om

dieselfde beoordelaar vir 2 of 3 jaar te hê, aangesien dit „n geleentheid aan die onderwyser sowel as die kandidaat gee om die kritiek en wenke wat hulle ontvang te verwerk en vir die volgende jaar te implimenteer.

Engelbrecht bevestig dat dit elke jaar meestal dieselfde skole is wat deelneem. Sy stel voor dat skole met die eisteddfod moet affilier om sodoende toegang tot die geleentheid te verkry. Daar kan miskien meer mense bereik word as afdelings op verskillende plekke of dorpe kon plaasvind, maar sy weet nie of so iets prakties moontlik sou wees nie. Die algemene struktuur het grootliks onveranderd gebly oor die jare en werk volgens haar goed. Daar sal altyd botsings met sport en ander aktiwiteite wees, maar in so „n geval moet die kandidaat self kies waaraan hy/sy wil deelneem. Die eisteddfod is „n baie

129

belangrike gebeurtenis op Laerskool Hugenote se jaarlikse kalender en die kandidate kry volgens Engelbrecht groot erkenning vir hulle prestasies. Sertifikate word tydens saalbyeenkomste uitgedeel en berigte verskyn in die weeklikse skoolblad, nuusbriewe en plaaslike koerant. Alle uitslae word ook op die elektroniese bord buite op die skoolterrein geflits, iets wat groot aftrek onder die kandidate geniet. Engelbrecht voel die eisteddfod is „n wonderlike platform vir jong musikante om aan hulle kunsvorm te werk en motiveer haar kandidate deur aan hulle voor te hou hoeveel bekende Suid-Afrikaanse musici hulle deelname aan plaaslike eisteddfods beskou as die begin van hul loopbane.

2.3.3 Kommentaar op onderhoude gevoer met Ronel van Wyk en Leana