• No results found

Kommentaar op onderhoude gevoer met Ronel van Wyk en Leana Engelbrecht

Vraag 26: SOU U WEER U KIND LAAT DEELNEEM?

2.3 Aanbieding van data ingewin tydens onderhoude met ander belangrike rolspelers

2.3.3 Kommentaar op onderhoude gevoer met Ronel van Wyk en Leana Engelbrecht

Albei hierdie onderwysers is reeds vir baie jare betrokke by eisteddfod en beskik oor „n groot bron van kennis en kundigheid. In die vraelyste wat die kandidate moes invul, het dit aan die lig gekom dat die grootste persentasie van die laerskool deelnemers uit hierdie twee skole kom (grade 1 tot 3: Laerskool Hugo Rust – 57% en Laerskool Hugenote – 20%; grade 4 tot 7: Laerskool Hugo Rust – 25% en Laerskool Hugenote – 27%). Dit is „n teken van albei onderwysers se toewyding en betrokkenheid tot eisteddfod-deelname. Albei verrig hierdie taak vrywillig en sonder vergoeding. Dit is uit die staanspoor baie duidelik sigbaar dat die afrigting en ontwikkeling van jong leerders se talente vir altwee baie na aan die hart lê en dat hulle in die leerders se beste belange op die hart dra. Hulle betrokkenheid by die skool se kore vergemaklik die identifiseringsproses van geskikte kandidate, maar tog voel albei dat enige kind wat hom/haar

beskikbaarstel om deel te neem „n kans moet kry. Alhoewel daar van tyd tot tyd ouers is wat onbillike versoeke rig, ondervind albei dat ouers hulle leerders ondersteun en bystaan en dat hulle gesindheid teenoor die eisteddfod, die

Te danke aan jare se ondervinding het albei „n soort “sesde sintuig” ontwikkel ten opsigte van die geskiktheid van kandidate en die geskiktheid van liedere. Altwee het tydens hulle onderhoud bevestig dat dit elke jaar makliker word om die regte keuses te maak. Hier voel hulle dat die kommentaar van die beoordelaar „n groot rol speel en albei vind dit baie leersaam en insiggewend. Van Wyk en

Engelbrecht word deur hulle onderskeie skole ondersteun, hoewel hulle soms nog voel dat sport oor die algemeen belangriker as kultuur in die skoolkonteks geag word. Hulle dring daarop aan dat dit nie gaan oor die eer wat hulle toekom vir harde werk nie, maar dat die belangrikste aspek die kind is en die geleentheid wat die kind kry om iets te doen wat hom/haar positief beïnvloed. Nie een van hulle glo dit is gesond om te veel aandag op die toekennings wat ontvang word te plaas nie, maar erken dat dit vir die leerders self „n motivering is en dat dit iets is waarna hulle kan streef. Die erkenning wat die leerders by hulle skole kry is ook elke jaar „n groot aansporing om die volgende jaar weer deel te neem en hard te werk. Daar is duidelike ooreenstemming tussen hierdie uitgangspunte en die terugvoer wat uit die vraeslyste aan die deelnemers ontvang is. Hierdie onderwysers is kenners op hulle gebied en kan as gevolg daarvan sterk leiding neem. Dit is ook sigbaar in die feit dat albei as sameroepers van die “Solosang”- afdeling betrokke is. In hierdie hoedanigheid word daar van hulle verwag om al die inskrywings te ontvang, „n geskikte program vir die afdelings op te stel, „n beoordelaar aan te stel en tydens die gebeure as opsiener op te tree. Al hierdie werk word op „n vrywillige basis verrig, wat weer eens bevestig dat dit „n

onbaatsugtige toewyding tot die kind is van beide onderwysers. Ten slotte voel albei dat eisteddfod „n groot rol as bewaarder van kultuur speel en voel dat dit in die huidige formaat nog „n lang lewe vorentoe kan hê.

131 2.3.4. Onderhoud met Maria van der Merwe

Van der Merwe is vir die afgelope twintig jaar die hoof van die

musiekdepartement by Hoërskool Gimnasium in die Paarl en skryf feitlik op „n jaarlikse basis van haar leerlinge in vir die eisteddfod. Sy beskik oor „n

Meestersgraad in Sang van die Universiteit van Kaapstad en het as kunstenaar oor die jare diep spore in die gemeenskap getrap. Sy tree ook gereeld self op as beoordelaar by eisteddfods. As deel van haar posbeskrywing by die skool rig sy sang, klavier, blokfluit en klassieke kitaar af. Volgens haar is dit meestal leerders wat sang as „n vak by die skool neem, wat deelneem aan die eisteddfod. Dit is net in uitsonderlike gevalle dat sy „n privaat persoon sal afrig. Sy skryf hierdie leerders ook gewoonlik net vir Paarl Vallei Eisteddfod in, omdat hulle programme in baie gevalle so vol is dat daar eenvoudig nie tyd is vir deelname aan streeks- eisteddfods nie. In 2008 het sy vier skoliere en een volwassene (vir die ope-klas) ingeskryf. Die kategorieë waaraan hulle deelneem is gewoonlik Hoërskool sang en Hoërskool ope-afdeling wat items soos “Kunslied”, “Aria Antiek”, “Volkslied” en “Lied met eie begeleiding”21 insluit. Sy voel dit is belangrik dat „n kandidaat net

aan soveel kategorieë deelneem as wat hanteerbaar is, en voel dit is sinneloos om iemand te dwing om aan „n afdeling deel te neem as hul nie oor die nodige ondervinding beskik nie.

Daar is nie werklik „n amptelike keuringsproses wat sy volg om geskikte kandidate te identifiseer nie, aangesien sy hulle stemme goed ken as hulle sang as „n skoolvak neem. Sy lê egter klem daarop dat sy nie as „n reël met

sangonderrig voor graad 10 begin nie. Indien „n kandidaat aandui dat hy/sy nie aan die eisteddfod wil deelneem nie, sal sy nooit die kind dwing nie, want in baie gevalle sal dieselfde kind die volgende jaar spontaan bereid wees om deel te neem. Die ouers van die kandidate is gewoonlik op geen manier betrokke by die

21

In hierdie afdeling kry ‘n kandidaat wat baie vaardig op die klavier is geleentheid om haarself te begelei terwyl sy sing.

keuringsproses of afrigting nie, maar indien daar „n situasie sou ontstaan waar „n ouer verwag dat „n kind moet deelneem sal Van der Merwe nie bereid wees om betrokke te raak ten koste van die kind of die stem nie. Sy ag haarself gelukkig dat sy oor die jare feitlik net met werklik positiewe, ondersteunende ouers te doen gekry het, maar in gevalle waar ouers onnodig druk op „n kind uitoefen om te presteer voel sy dit is baie belangrik dat sy as onderwyser eerlik met die ouers kommunikeer. In baie gevalle is dit bloot uit onkunde dat ouers onbillike eise aan hulle leerders stel en sy voel dat hulle ingelig moet word oor die skade wat dit aan die kind se stem en psige kan doen. Die eisteddfod is ook die enigste soort kompetisie waaraan sy „n kind van hoërskool ouderdom sal blootstel. Volgens Van der Merwer is realiteits-kompetisies soos “Idols” baie ongesond vir die jong stem en ook die kind self.

Van der Merwe gehartig alle afrigting self en dit vind tydens die kandidaat se weeklikse lestyd plaas. Volgens haar is beskikbare tye vir voorbereiding „n probleem, aangesien leerders in die nuwe kurrikulum selfs vir vakke soos liggaamsoefening bepunt word. In die verlede was hierdie “nie-kurrikulum” periodes ideale tye om tydens die skooldag met deelnemers te werk. Nou moet dit in die middae ná skool gebeur. Dit is vir haar belangrik dat haar studente nie te veel by die huis oefen nie. Volgens haar is hulle nog te onervare en onseker oor die korrekte tegnieke en word daar te maklik foute vasgelê as hulle sonder haar oefen. Sy vind die deelnemers baat daarby as hulle vir die laaste paar weke voor die eisteddfod elke dag „n kort les het waartydens daar intens gewerk word. In klasverband behartig sy al die begeleiding, maar tydens die eisteddfod of konserte by die skool sal een van die ander musiekonderwysers die begeleidings hanteer. Sy voel dit is goed dat die leerders ook aan iemand anders blootgestel word en sodoende kan leer hoe om saam met verskillende mense musiek te maak. Soos almal wat betrokke is by eisteddfod is dit vir haar „n liefdestaak en ontvang sy geen vergoeding daarvoor nie.

Dit is beslis die meer spontane kind wat geneig is om aan die eisteddfod deel te neem, maar leerders wat nie soveel selfvertroue het nie baat ook

133

geweldig baie by hierdie blootstelling aangesien dit „n simpatieke gehoor is en daar opbouende kritiek aan die kind gegee word. Van der Merwe maak „n punt daarvan om nie vooraf met die leerders oor die toekennings te praat nie, sodat die indruk nie geskep word dat dit daaroor gaan om beter as almal te vaar nie. Eisteddfod is volgens haar vir deelnemers „n optreegeleentheid, „n kans om kritiek te ontvang en sodoende te verbeter. Sy bieg egter dat sy elke jaar uitvind wie die beoordelaar is voordat sy kandidate inskryf aangesien sy nie haar

studente onnodig aan verwarrende kritiek wil blootstel nie. Volgens haar moet dit altyd vir die kind „n positiewe ervaring wees waaruit hulle kan leer.

Hoërskool Gimnasium erken leerders se prestasie op drie vlakke. Hulle kan „n balkie, half ere-kleure of vol ere-kleure vir hul prestasies ontvang. „n Leerder kan byvoorbeeld „n balkie ontvang indien hy/sy in twee of meer kategorieë tydens die eisteddfod uitgeblink het. Hierdie toekennings word gewoonlik tydens prysuitdelings oorhandig. Ongelukkig is die skool se

jaarprogram so vol dat die eisteddfod nie as „n belangrike jaarlikse gebeurtenis beskou word nie, maar slegs as nog „n aktiwiteit. Wanneer dit by liedkeuses kom is dit vir haar belangrik om die kind se stemtipe, stemomvang en persoonlikheid in ag te neem. Dit is vir haar baie belangrik dat die lied die kandidaat geleentheid en ruimte gee om reeds „n eie identiteit en karakter te laat deurskemer. Alhoewel sy gebruik maak van musiek uit musiekblyspele voel sy die standaard

repertorium is uiters noodsaaklik en dat dit die materiaal is wat aan elke jong sanger struktuur en dissipline leer. Laasgenoemde verskaf ook aan die sanger die geleentheid om in ander tale te sing.

Volgens Van der Merwe speel die beoordelaar „n uiters belangrike rol aangesien hy/sy grootliks bepaal of die eisteddfod suksesvol is al dan nie. Die persoon moet te alle tye die ouderdom van die kandidaat in ag neem en op daardie vlak sinvol met die kind kan kommunikeer. Van der Merwe voel dit is sinneloos as die beoordelaar die kind met hoogdrawende sangterminologie bombardeer en die kind gewoonlik geen benul het wat dit beteken nie. As

dit dan op te volg met opbouende raad of „n slim voorstel. In meeste gevalle vind sy die beoordelaar se kommentaar leersaam en beklemtoon dat dit in soveel gevalle dinge is wat sy as onderwyser op „n gereelde basis self aan haar

leerlinge sê. Sy vind dat die ouers graag die leerders ondersteun en na hulle kom luister wanneer hulle aan die eisteddfod deelneem. As kind het sy self vanaf Sub A aan die eisteddfod deelgeneem en sy glo dat dit haar oor haar hele

skoolloopbaan bevoordeel het en in „n mate voorberei het op „n loopbaan in musiek. Tog vind sy dat leerders vandag net in uitsonderlike gevalle nog musiek as „n loopbaan kies, maar dat hulle wel in ander aspekte van hulle lewens by hierdie blootstelling sal baatvind. Sy beklemtoon dat hierdie jong mense die toekomstige gehore in konsertsale en operahuise is en dat hulle op hierdie manier leer om kulturele bydraes van ander te waardeer en hoe om hulself in daardie situasies te kan handhaaf.