• No results found

Vrese vir *n tweede inval en die oprigting van forte

Die verslae van agente, waarin gewaarsku is oor 'n tweede moontlike gewapende inval, het bygedra tot die oprigting van forte om Pretoria. Reeds in die eerste week van Januarie 1896 het Taylor gewaarsku dat hy verneem het dat ongeveer 300 man in

95 A.E. Heyer, The Transvaal Secret Service System. 1899, p. 15.

96 C. Andrew, Secret Service: The Making of the British Intelligence Community, London, 1985, p. 30.

97 URN (Geheim), Artikel 16, 16.4.1896.

126

Pretoria gereed was om die regering 'n gewapende stryd aan te se. 'n Sekere Alfred Crosnier het horn meegedeel dat hy aan luitenant Peterson van die Johannesburgse polisie gerapporteer het dat wapens nog steeds na die Simmer en Jack-myn gesmokkel word. Verslae het ook teen die moontlike sabotasie en opblaas van staatsgeboue gewaarsku.

Die Jameson-inval, gekoppel aan al die gerugte van verdere vuurwapenstapeling en 'n moontlike tweede inval, het die regering voortydig laat besef dat die fortifikasie van die ZAR, heeltemal ontoereikend was. Selfs die Kommandant-generaal het dit in sy verslag oor die gebeure van 1895 erken. Die feit dat Jameson en sy mag die ZAR so maklik binnegedring het, was eweneens onrusbarend. Nie net was die Geheime Diens as 'n beskermingsmaatreel geaktiveer nie, maar die Uitvoerende Raad het ook groot bedrae geld vir wapenaankope en ander projekte vir die jare 1896, 1897 en 1898 goedgekeur. So het die gemiddelde uitgawes op militere aankope voor die inval £57 284 per jaar beloop. In 1896 het die bedrag gestyg tot £495 618 en in 1897 was dit £396 384.101

Selfs die Kommandant-generaal het 'n ander ingesteldheid teenoor die insameling van inligting openbaar. Gedurende Junie 1896 is 'n "Circulaire aan Commandanten" deur die Kommandant-generaal se kantoor uitgereik:

Er is nieuwe verontrustende tyding door de Regeering ontvangen van geheimzinnige beweging op onze grenzen. Gij moet opnieuwd uwe veldcornetten en burgers opmerkzaam wakker maken. Gij moet gedurig laten spioeneeren en alle bewegingen op onze grenzen nauwkeurig gadeslaan.102

Dit het dus voorgekom of daar 'n besef gekom het dat daar 'n behoefte aan 'n inligtingstelsel binne die staatsopset van die ZAR bestaan het. Veral wat die kwessie van militere inligting betref het die Jameson-inval die nodige insig gebring. Die Kommandant vir Vryheid, Louis Botha, het op hierdie opdrag gereageer en twee van

99 SP 882, Verslag van Taylor - Kommissaris van Polisie, 6.1.1895. (Eintlik 6.1.1896). 100 SP 882, Verslag van Taylor - Kommissaris van Polisie, 9.1.1896.

101 J. Ploeger, Die fortifikasie van Pretoria, p. 11.

127

sy veldkornette, te wete Haveman en Potgieter opdragte in die verband gegee. Toe hy later 'n skrywe rig om vergoeding vir die twee veldkornette te eis vir kostes wat hulle

103

aangegaan het om hulle taak te verrig, is dit egter geweier.

Die beginsel om landsburgers of amptenare te betaal vir inligting wat ingesamel is, is in 'n nota onder kommandant-generaal P.J. Joubert se handtekening nie aanvaar nie, omdat dit volgens horn 'n swaar las op die staat sou plaas indien dit goedgekeur sou word.

Al hierdie teenmaatreels deur die regering kan toegeskryf word aan die ontnugterende ervarings wat die gebeure voor, tydens en na die inval meegebring het. Die Uitvoerende Raad het dan ook tydens hulle geheime sittings die inisiatief geneem om die probleem van staatsveiligheid en die weerbaarmaking van die ZAR en sy mense aan te spreek.105 'n Opname, na die inval, het getoon dat slegs 41 persent van die

burgers tydens die inval bewapen was. Op 21 Januarie 1896 het die Uitvoerende Raad besluit om aan die Kommandant-generaal opdrag te gee om 'n verdere 10 000 gewere met die nodige ammunisie te verkry, benewens 59 kanonne wat reeds aangekoop is.106

Verslae deur geheime agente het verder bygedra tot hierdie weerbaarmaking van die ZAR en sy burgers. Dit was veral 'n lywige verslag van 21 bladsye wat Taylor, alias Josef, na 'n spioenasietog, onder andere na Matabeleland, wat onrusbarende

107

besonderhede bevat het. Vanaf 27 Januarie 1896 het hy vir 'n maand lank eers na Kimberley en De Aar, daarna na Mafeking en vandaar na Bulawayo, gereis. Reeds op De Aar het hy verskeie van Jameson se troepe op hulle terugtog ontmoet. Daar het twee sersante, genaamd Davis en Douglas, horn meegedeel dat die inwoners van Matabeleland nie met die Jameson-inval se uitkoms tevrede was nie. Die aanduidings was dat 'n tweede inval georganiseer sou word. Hierdie keer sou die inval nie via Mafeking en die Malmani-goudvelde plaasvind nie, maar die grens sou hoer op

103 KG450, CR6339/96, Skrywe Louis Botha -Kommandant-generaal, Vryheid, 10.9.1896. 104 KG 450, CR6339/96, Nota op leer van P.J. Joubert - Staatsekretaris (Kabinet), 26.9.1896. 105 Sien verskeie besluite in die notules van die Uitvoerende Raad (Geheim) wat vanaf 15.1.1896

tot 5.5.1896 in die verband geneem is.

106 J.H. Breytenbach, Die geskiedenis van die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrika, 1899 - 1902, I. DieBoere-offensiefOkt.-Nov. 1899, pp. 77 - 86.

oorgesteek word. Die invalsmag sou Pretoria dan direk binneval. Alhoewel Taylor nie 'n moontlike datum vir so 'n inval kon bevestig kry nie, is hy meegedeel dat beplanning aan die gang was.

Wat Taylor se vermoedens waarskynlik bevestig het dat 'n tweede inval beplan is, is die feit dat hy oral troepe aangetref het wat met voorbereidings besig was. In Kimberley het kol. Harris van die Diamond Field Horse hom meegedeel dat hy sy troepe gereed kry vir enige moontlike gebeurlikheid. Hy was ook besig om 'n artillerie-eenheid in samewerking met die Kimberley Volunteers te vorm. Die

Diamond Field Horse het vier maal per week gedril en was gereed om enige tyd op te

marsjeer.

Taylor het ook bevestiging gekry oor die betrokkenheid van die Chartered Company in die Jameson-inval. In Gaberone het hy verskeie Maxims en 'n groot hoeveelheid ammunisie gekry wat aan die Chartered Company behoort het. In Tati het hy ongeveer 200 man aangetref wat veronderstel was om op die myn te werk. Hulle het vir hom verdag voorgekom omdat hulle rondgedraal het. In Bulawayo het Taylor ook verskeie kanonne en Maxims aangetref asook ongeveer 'n duisend goed bewapende berede soldate. Hierdie groep het openlik gepraat van 'n tweede inval in die ZAR. In Gwelo het hy ook sogenaamde mynwerkers aangetref wat drie maal per week gedril het. Hier het hy ook een Maxim en 'n sespond-kanon aangetref.

Taylor kon nie anders as om te waarsku dat die Chartered Company ongeveer 2 000 goed bewapende lede in die veld kon stoot nie. Die feit dat 'n luitenant Tancreea van die English Royal Artillery klandestien deur die Chartered Company na Johannesburg gestuur is om goedgesinde lede in die gebruik van Maxims op te lei vir 'n moontlike tweede inval, het agterdog gewek. Die Tswana-hoofde, Khama en Linchewe, met wie hy gepraat het, het hulle ook bereid verklaar om die ZAR aan te val.

Terug in die ZAR het Taylor ook gerapporteer dat die Reform Committee besig was met beplanning om die Krugerregering weer te verras.108 In Johannesburg het hy lede

van die Rhodesia Horse opgemerk wat rondgeloop het en geld spandeer het.10 'n

108 SP 882, Verslag Taylor - Kommissaris van Polisie, 28.2.1896. 109 SP 882, Verslag Taylor - Kommissaris van Polisie, 3.3.1896.

129

Geheime agent, A.H. Evans (Derfla), het ook berig dat 'n nuwe komitee gevorm is met die doel om manskappe te werf om na die wesgrens te vertrek.110 Hierdie

tendense is ook bevestig deur 'n ander spioen, W. Watson, wat verslag gedoen het. Volgens horn het geloof-waardige persone horn meegedeel dat die probleme nie verby was nie. Sy afleiding was dat oorlog teen Mei-Junie verwag kon word.111

Al hierdie inligting, wat die Kommissaris vanaf sy geheime agente ontvang het en wat mekaar se verslae bevestig het, moes horn oortuig het dat 'n tweede aanval met die hoofstad, Pretoria, as teiken 'n waarskynlikheid was. Gedurende Maart het die Kommissaris 'n skrywe aan die Kommandant-generaal gerig waarin hy verklaar het dat:

(I)k (het) van mijn geheime speurders informatie ontvangen...waaruit ik kan afleiden dat het niet onmogenJijk is dat wij in nieuwe moeilijkheden gedompeld kunnen worden. Zou dit gebeuren dan zal Pretoria aangevallen worden.... Ud gestr er op te wijzen van de noodzakelijkheid om dadelijk een begin te maken met de forten die zeer noodzakelijk zijn ter verdediging v/dit dorp bij een tweede aanval.112

Die Geheime Diens het dus hier vanwee die relevante informasie wat hulle verskaf het 'n direkte invloed gehad op die besluit om met die fortbouprogram deur te druk. Kort hierna het die Uitvoerende Raad die bou van twee forte te Schanskop en Wonderboompoort goedgekeur. 'n Bedrag van £96 500 is ook by dieselfde sitting vir die doel bewillig.1 Die gedagte om Pretoria te beveilig deur 'n aantal forte op te rig,

was afkomstig van L. Grunberg, 'n voormalige artillerie-offisier van die Franse leer. Hy het in 1895 na die ZAR gekom om mynmasjinerie op te stel en het ook 'n terreinstudie vir die bou van die forte voltooi.114

Deur 'n reeks besluite vanaf 10 April 1896 tot en met 3 Desember 1896 is 'n totale bedrag van £158 337 bewillig onder die hoof: geheime dienste. Hierdie geld was

110 SP 882, Verslag Derfla - Kommissaris van Polisie, 13.1.1896. 111 SP 882, Verslag W. Watson - Kommissaris van Polisie, 25.2.1896.

112 SP 892, Skrywe Kommissaris van Polisie - Kommandant - Generaal, 10.3.1896, p. 38. 113 URN (Geheim), Artikel 16, 16.4.1896.

eintlik bedoel vir die fortebouprogram. Die Uitvoerende Raad het tydens die sitting besluit om die geld oor te plaas na die diensterekening van die Kommandant- generaal.115 Hierdie groot bedrae wat vir geheime dienste aangedui is, maar eintlik vir

die fortbouprogram bedoel was, het ook die indruk by nuuskieriges soos die Britte geskep dat massiewe bedrae vir spioenasie aangewend is.

Van Britse kant was daar ook spioenasiebedrywighede rondom die forte aan die gang. Gedurende September 1896 het Taylor, alias Josef, uit Johannesburg berig dat hy inligting tot sy beskikking het dat die Engelse party poog om planne van die forte te bekom en ook gepoog het om die kanonne se posisies te bepaal. Die bedoeling was om die inligting die land uit te stuur.11 Daar is redelik breedvoerig oor die bewapening

van die forte berig. In die verband het 'n sekere kaptein C. Delme Radcliffe asook majoor H.P. Northcott verslae oor die ZAR se bewapening aan die Britse militere inligtingsdiens deurgestuur. Ene luitenant R.J. Vernon het gedurende Desember 1896 'n spioenasieverslag ook oor die forte deurgestuur. Hy het gemeld dat baie min van die forte en hulle uitleg vanaf Pretoria gesien kon word. Later, gedurende Januarie 1897, het majoor E.A. Altham ook verkenning oor die forte gaan doen. Hy het gemeld dat daar krag geinstalleer gaan word. Verder meld hy in sy verslag dat daar kanonne in Delagoabaai vir die forte ontskeep is.118

Selfs die Britse agent, W. Conyngham Greene, het verskeie verslae opgestel waarin hy oor die bou en bewapening van die forte berig het. Conyngham Greene het in 'n spioenasieverslag melding gemaak van die andersheid van Fort Daspoortrand en ook sketsplanne van forte aan die Britse Militere Inligtingsdiens verskaf.119 Later,

gedurende November 1896, het die Uitvoerende Raad ook die bou van 'n fort te Hospitaalheuwel in Johannesburg goedgekeur. Taylor het egter in sy maandverslag

115 Leydsargief, Band 679, Geheime UR besluit, 12.1.1897.

116 SP 882, GCP 138/96, Verslag Josef - Kommissaris van Polisie, 8.9.1896.

117 A.C. van Vollenhoven, Die militere fortifikasies van Pretoria 1880-1902: 'n Studie in die historiese argeologie, p. 60.

118 J. Ploeger, Die fortifikasie van Pretoria, Publikasie no.l, pp. 33 - 35.

119 A.C. van Vollenhoven, Die militere fortifikasies van Pretoria 1880-1902 'n Studie in die historiese argeologie, pp. 60-61.

131

vir Oktober gewaarsku dat as gevolg van die politieke klimaat die Krugerregering meer as ooit tevore op hulle hoede moet wees.

Wat egter duidelik is, is dat spioenasie van beide kante rondom die forte buite Pretoria aan die orde van die dag was. Van die ZAR se kant het die Geheime Diens die nodige inligting verskaf wat gewys het op die noodsaakhkheid vir die bou van die forte. Van Britse kant moes hulle geheime agente die fisiese uitleg van die forte bespied nadat hulle gebou is. Vir beide Boer en Brit was die bestaan van 'n spioenasiediens in daardie spesifieke omstandighede noodsaaklik.

WERKSAAMHEDE VAN DIE GEHEIME DIENS IN SUIDER-AFRIKA,

1896 - 1897