• No results found

Die eerste paar maande na die Jameson-inval het agente in en om Johannesburg gekonsentreer om wapenopslagplekke te identifiseer en subversie binne die politieke klimaat te lees, 'n Verdere belangrike taak was om verdagte persone te identifiseer en veral organisasies soos die Unal Colonial League en die South African League te infiltreer46 en penetreer.4

Spioenasie en teen-spioenasie by beide die ZAR en Britte was aan die orde van die dag. Taylor het alreeds gedurende Maart 1896 gerapporteer dat hy 'n vermoede het dat 'n sekere Cohen en Roberts in Pretoria met spioenasie vir die Britte besig was.48

44 SP 462, Staatsprokureur - Hoof van die Telegraaf Depanement, 24.9.1896, p. 227. 45 SP 462, Staatsprokureur - Hoof van die Telegraaf Depanement, 11.2.1897, p. 240. 46 Infiltreer is wanneer die agent self die organisasie of groep binnedring.

47 Penetreer is wanneer die geheime agent iemand binne die teiken self werf om te spioeneer. 48 SP 882, Verslag van Taylor (Josef) - Kommissaris van Polisie, 6.3.1896.

Die spanning en atmosfeer van onsekerheid en suspisie wat op die Jameson-inval gevolg het, sou voortduur vir die res van 1896. Dit het 'n natuurlike teelaarde vir geheime vergaderings, die beplanning van komplotte en die ontstaan van gerugte geskep waarvan sommiges slegs gerugte gebly het. Van veral Britse kant is dit aanvaar dat die ZAR-spioene elke beweging van Britse spioene dophou.49 Onder

hierdie omstandighede sou dit die taak van elke spioen wees om tussen feite, gerugte en wolhaarstories te onderskei.

Die opspoor, verkoop en wegsteek van wapens aan die Witwatersrand sou die Speur- en Geheime Diens vir 'n geruime tyd nog besig hou. In 'n atmosfeer van onsekerheid en spanning was dit noodsaaklik dat die regering moes kennis dra van die feite rondom moontlike verdere wapenstapeling of wapenhandel.

Gedurende Maart 1896 het die Geheime Diens gerapporteer dat vuurwapens wat deur die Reform Committee uitgegee is, en nie volgens opdrag ingehandig is nie, deur Joodse handelaars opgekoop is. Dit kon nie met sekerheid vasgestel word of die vuurwapens vir spekulasiedoeleindes opgekoop is nie, en of die wapens namens die

Reform Committee opgekoop is nie. Om sekerheid te kry is toestemming gevra dat

Taylor sy eie vuurwapen in 'n lokval kon gebruik. Hy het 'n sekere W. Massey, sy swaer, vir die doel gebruik.50

'n Verdere suspisieuse tendens, wat in Johannesburg voorgekom het, was dat groot getalle mans gewerf is om na Mafeking te vertrek en daarvandaan na Bulawayo te gaan. Taylor het aanbeveel dat 'n bekwame geheime agent na Kimberley en Mafikeng gestuur moet word om die saak verder te ondersoek. Die Kommissaris en die Uitvoerende Raad het soveel geloofwaardigheid aan Taylor se aanbevelings geheg dat die Uitvoerende Raad die aanstelling van twee agente vir Bulawayo en Magatoland goedgekeur het. 'n Salaris van £40 per maand is vir die opdrag vir Taylor goedgekeur.52

49 M.F. Bitensky, The South African League, (MA, UW, 1950), p. 13. 50 SP 880, Taylor - Kommissaris van Polisie, 21.3.1896.

51 SP 880, Taylor - Kommissaris van Polisie, 21.3.1896 en Taylor - Kommissaris van Polisie, 5.4.1896.

143

Die Uitvoerende Raad en die Kommissaris het baie nou begin saamwerk in verband met staatsveiligheidsake. Die Uitvoerende Raad het nie gehuiwer om te reageer op aanbevelings van die Geheime Diens nie. Die inligting moes derhalwe van besondere waarde gewees het. Net so het hulle ook nie geskroom om 'n mening uit te spreek oor waardelose verslae wat geheime agente ingestuur het nie. Die Uitvoerende Raad het aangedui dat inligting wat W.D. van der Berg gedurende Maart 1896 gerapporteer het, van geen nut was nie. In dieselfde maand het hy 'n skrywe vanaf die Kommissaris se kantoor ontvang waarin hy meegedeel is dat sy dienste nie verder benodig word nie. Hy is ook meegedeel dat hulle horn sou laat weet indien sy dienste weer benodig word.54

Later, gedurende Mei 1896, het Van der Berg weer 'n verslag ingestuur nadat 'n persoon wat hy vroeer as informant leer ken het, horn in verband met wapensmokkelary in Johannesburg deur die Reform Committee ingelig het. Hy het ook 'n brief uit Vryburg van 'n kontakpersoon ontvang. Omdat hy nie meer in die regering se diens was nie, het hy die skrywe nie deurgestuur nie. Hy meld verder dat hy 'n getroue landsburger is wat enige iets sou doen om die ZAR sy onafhanklikheid te laat behou. Indien die kommissaris die betrokke inligting wat hy ontvang het benodig, sou hy dit deurstuur. Hierdie geskimp om weer aangestel te word as 'n geheime agent, het horn niks gebaat nie. Op 4 Mei 1896 het hy sy laaste salaristjek van £25 ontvang.56

Hierdie optrede van die Kommissaris van Polisie se kantoor is 'n bewys daarvan dat getrouheid en lojaliteit teenoor die regering van die dag, nie die belangrikste kriteria in die aanstelling van geheime agente was nie. Effektiwiteit en die vermoe om die vyand of opposisie se geledere te infiltreer of penetreer en inligting van wesenlike belang te bekom en te rapporteer, was die maatstaf. In hierdie spesifieke omstandighede het dit voorgekom of Engelssprekende agente in diens van die ZAR die minste onder verdenking vir spioenasie was. Dit het ook soms gebeur dat hulle deur die opposisie oor die name en bewegings van die ZAR se geheime agente uitgevra is.

53 SP 887, Minuteregister, Inskrywing no. 39, 18.3.1896.

54 SP 892, Geheime Brieweboek, Kommissaris van Polisie - W.D. v.d. Berg, 5.3.1896, p. 36. 55 SP 882, GCPM 62/96, Leer W.D. v.d. Berg - Pretoria, 8.5.1896.

So het 'n sekere Davis, wat 'n sersant in Jameson se invalsmag was, gedurende Oktober 1896 by Taylor navraag gedoen oor die name van speurders en agente.57

Die Uitvoerende Raad het deur middel van sy sekretaris, P.L.A. Goldman, die Kommissaris se kantoor leiding probeer gee oor die hantering en verwerking van inligting. Lex Goldman is deur sommige waarnemers as die hoof van die "Transvaal

C O

Secret Agency" gesien. So het Goldman 'n bewering van 'n agent uit Durban, by name Roedema, in verband met die oproep van troepe as fabelagtig beskryf.59 Dit was

omdat die nodige bewyse ontbreek het. Die Uitvoerende Raad het dus nie bloot net enige informasie aanvaar nie. Die Uitvoerende Raad het deur middel van sy sekretaris, Goldman, nie gehuiwer om kritiek op geheime agente uit te spreek nie. Een van die minder suksesvolle agente, T. Roberts, wat in Johannesburg werksaam was om vuurwapens op te spoor, het die hulp en beskerming van 'n polisieman versoek. Die Kommissaris se kantoor het die volgende opmerking in Goldman se handskrif as reaksie gekry:

Een detectief die een ander persoon (zijn politie) voor zijn eigen veiligheid op zijn diensten meeverwacht, is geen detectief.

Persepsies wat op straatvlak bestaan het dat die Kruger-regering so desperaat was vir inligting dat hulle maklik groot bedrae betaal het vir opgemaakte inligting, is ook nie waar nie. 'n Voormalige lid en kritikus van die geheime diens, Blackburn, het beweer dat:

Probably no Government was ever so keen on purchasing information and so frequently hoodwinked and fooled as that of the Transvaal... It was common to meet men who boasted that they had taken in the Government by fairy tales, and, as they often supported their boasting by an unwanted display of ready cash... .61

57 SP 882, Verslag van Taylor - Kommissaris van Polisie, 6.10.1896. 58 D. Blackburn, Kruger's secret service by one who was in it, p. 86. 59 SP 882, GCPM 248/96, Lier Roedema - Durban, 10.12.1896. 60 SP 882, GCPM 241/96, Lier T. Roberts - Johannesburg, 8.12.1896.

145

Hierdie stelling word tot 'n mate gesteun deur 'n koerant soos die Standard and

Diggers' News. In die berig onder die opskrif "Secret Service Money" is beweer dat

veral onbelangrike agente informasie of inligting soms "gefabriseer" het om hulle poste en betaling te regverdig.

Die praktyk wat gevolg is deur die Kommissaris se kantoor en die sekretaris van die Uitvoerende Raad, Goldman, bewys egter die teendeel. Dit is wel waar dat weldoeners en gewone burgers inligting op 'n vrywillige basis ingesfuur het soos te alle tye oral in die wereld gebeur. Die goeie beheer en kontrole oor flnansies, asook die Uitvoerende Raad se standaard en verwagtings rondom agente se verslae, het dit onwaarskynlik gemaak dat die Kruger-regering geflous sou kon word en groot bedrae vir waardelose inligting betaal sou word.

Goldman se opmerkings op van die leers het soms in 'n mate van ongeduld gespreek. 'n Agent, J.G. Malcolm, het gerapporteer dat ene L. Turpie, met 14 jaar diens by die Kaapse regering, vir 'n pos by die telegraafdepartement aansoek gedoen het. Dit het vir Malcolm verdag voorgekom dat iemand na soveel jare, diens opse. Die sekretaris van die Uitvoerende Raad het dit aan die Kommissaris se kantoor gestel dat sulke verslae sinloos was indien dit nie aan die Speurdiens deurgegee word nie. Nadat die saak aan Ferguson deurgegee is, het hy in 'n skrywe uiters negatief teenoor die betrokke geheime agent, Malcolm, as persoon gereageer en horn as 'n skurk beskryf. Ferguson het ook terugverwys na die tydperk onder Esselen toe Malcolm horn benadeel het.64 Te midde van spanning en professionele jaloesie tussen veral

Ferguson, as hoof van die Speurdiens, en die Geheime Diens se agente, is die saak nie altyd gedien en voorop gestel nie. Dit het geensins bygedra om die ZAR tot diens te wees nie. Ook hierdie soort probleme was nie uniek aan die ZAR nie.

Geheime agente is gedurende 1896 meerendeels buite die ZAR se grense aangewend. Vir inligting uit Johannesburg is daar hoofsaaklik op Taylor se verslae staat gemaak. Vanwee sy kundigheid het die Kommissaris horn met tussenposes na Betsjoeanaland

62 Standard and Diggers' News, 26.8.1898, p. 3.

63 SP 882, GCPM 238/96, Verslag J.G. Malcolm - Johannesburg, 9.12.1896.

64 SP 882, GCPM 238/96, Skrywe Ferguson - Corns van Politie Confid. Sekretaris Pretoria, 21.2.1897.

en Matabeleland gestuur. Gedurende Mei 1896 was hy weer terug in Johannesburg nadat hy vanaf die 9 April 1896 na die weste vir spioenasie vertrek het.65

Hierdie optrede mag die indruk skep dat die Witwatersrand nie 'n prioriteit ten opsigte van spioenasie vir die Kruger-regering was nie. Die Speurdiens het egter hierdie leemte op die tuisfront gevul. Die hoof van die Speurdiens in Johannesburg, Rob Ferguson, het feitlik weekliks aan die Kommissaris se kantoor verslag gedoen. Hy het sy speurders opdrag gegee om veral die spoorwegstasies in en om Johannesburg en Pretoria dop te hou. Met daardie informasie ter hand het hy 'n saamgestelde verslag aan die Kommissaris deurgestuur ten opsigte van getalle en enige ander abnormale bewegings van mense en vrag wat op spoorwegstasies waargeneem is.66 Dat die hoof

van die Speurdiens ook in die gees en gesindheid van die Geheime Diens begin funksioneer het, blyk uit die feit dat hy alreeds gedurende Februarie 1896 'n dekkingsadres naamlik "Acta Post Office Buildings Johannesburg", gebruik het.67

Die hoof van die Speurdiens het ook soms in die binneland speurders in die rol van geheime agente aangewend. Twee speurders, J.L. van Dijk en R. Barrett, is na Marthinus Wesselstroom gestuur om ondersoek te gaan instel. Die landdros het laat weet dat 'n inwoner van die omgewing gesien het dat 'n offisier van die Dragonders, majoor Northcote, sketse gemaak het van die heuwels en berge in die omgewing. Dit het gepaard gegaan met 'n gerug in die omgewing dat Britse troepe die ZAR deur Charlestown wou binneval. Die twee speurders het suidwaarts tot by Newcastle beweeg. Alhoewel hulle kon bevestig dat die offisier wel die plaas in die omgewing besoek het, kon hulle geen bevestiging kry van die gerugte rondom 'n moontlike inval

(TO

nie. Dit is duidelik dat wanneer die staat se veiligheid op die spel was, daar nie gehuiwer is om speurders in die rol aan te wend nie. Wat egter belangrik is, is die feit dat alle inligting van waarde na die Kommissaris van Polisie se kantoor gekanaliseer is. Dit was hier waar die eerste stadium van evaluering en ontleding plaasgevind het.

65 SP 882, Verslag Taylor - Kommissaris van Polisie, 17.5.1896.

66 SP 882, GCPM 274/96, Hoof van Speurpolisie - Kommissaris van Polisie, 17.12.1896. 67 SP 123, Skrywe Ferguson - Staatsprokureur, 21.2.1896.

147

Botsings tussen geheime agente en die Speurdiens was onvermydelik omdat die twee instansies se terreine nie duidelik afgebaken is nie. 'n Hele polemiek, waarby die Uitvoerende Raad en die Staatsekretaris betrek was, het ontstaan nadat Taylor 'n verslag gedurende September 1896 ingestuur het. Daarin het hy beweer dat vyf verdagte mans per trein vanaf Kaapstad vuurwapens deur die Johannesburgse stasie ingesmokkel het. Die mans het oor die Robinson- en Bonanza-myne se ligging navraag gedoen. Hulle bagasie se grootte en formaat het ook verdag gelyk. T.A.P. Kruger, die kommissaris se sekretaris wat die Geheime Diens geadministreer het, het by die Staatsekretaris aanbeveel dat twee geheime agente aangestel word om die aankoms van treine dop te hou. Hierdie aanbeveling het by die Uitvoerende Raad twyfel laat ontstaan of daar gewerk word in die Speurpolisie, want die taak is aan hulle opgedra. 'n Hele debat het ontstaan of die Speurdiens uitgebrei moet word sodat hulle hul taak meer effektief sou kon uitvoer. Taylor was skielik ook onder die vergrootglas. Die waarnemende Staatsprokureur het in 'n naskrif opgemerk dat Taylor horn aan "indringing", bedoelende inmenging op die speurdiens se terrein, skuldig gemaak het. Ferguson het as hoof van die speurders horn baie skerp teen Taylor uitgespreek:

Ik moet zeggen dat ik verbaasd ben over het rapport van Taylor, een weinig kennis is soms gevaarlijk, het is te belachelijk om te lezen, zynde vol van onbestaanbaarheden; om het volledig te critiseeren zal het geheele ding in duien val.

Hierdie spanning en professionele jaloesie binne die Speurdiens, Geheime Diens en Polisie was kenmerkend van die ZAR se veiligheidsdienste. Ferguson se aanstelling as eerste hoofspeurder in 1890, gelyk in rang aan D.E. Schutte, Hoofkommandant van Polisie in Johannesburg, het ontevredenheid veroorsaak. Ferguson is ook nie verplig om opdragte van die Hoofkommandant te ontvang nie. Gedurende Maart 1895 het Ferguson weer aanstoot geneem oor Trimble se aanstelling bo horn. Hy het toe

69 SP 882, GCPM 152/96, Leer - G.W. Taylor Johannesburg, "Zendt in rapport re toestanden in Johannesburg", 1.10.1896.

bedank. Verder moet in gedagte gehou word dat Taylor reeds in sy tweede verslag gedurende Augustus 1894 vir Ferguson by die destydse Staatsprokureur, Esselen, verkla het. Hy het horn van swak hantering van die Speurpolisie en van betrokkenheid by korrupsie beskuldig.72 Selfs 'n agent soos Blackburn het beweer dat hy opdrag

gehad het om Ferguson dop te hou omdat hy van smokkelhandel in goud verdink is. Hy het egter geen substantiewe aantyging teen Ferguson gehad nie.

Met al hierdie feite as agtergrond, is dit nie vreemd dat die Speurdiens die lede van die Geheime Diens as 'n bedreiging gesien het nie. Dit is ook nie vreemd dat daar van tyd tot tyd botsings tussen die twee departemente voorgekom het nie. Verder was dit in elk geval 'n taak van die Geheime Diens om op ander staatsamptenare te spioeneer. Al voordeel uit hierdie gees en gesindheid wat geheers het, was die feit dat speurders sowel as geheime agente besef het dat hulle nie lyf kon wegsteek nie. Omdat beide afdelings deur die Kommissaris beheer is, kon hulle nie die Kommissaris of die Uitvoerende Raad mislei nie.

Ten spyte van botsings wat daar tussen die verskillende vertakkings binne die veiligheidsgeledere van die staat voorgekom het, is dit nie net die Geheime Diens wat gefokus was op die staat se veiligheid nie. Selfs die gewone voetpolisie het relevante inligting gerapporteer. Luitenant F. de Witt Tossel, die eerste luitenant van die voetpolisie in Johannesburg, het 'n gesprek met 'n belangrike persoon van die

Consolidated Gold FfeWs-maatskappy gevoer. Die het horn meegedeel dat 'n sekere

C.S. Goldman 'n telegram ontvang het waarin gemeld is dat Engeland reeds stappe teen die ZAR sou geneem het as dit nie vir die probleme op die eiland Kreta,74 in die

Middellandse See was nie. Die persoon het horn ook meegedeel dat daar 'n Britse militere mag van 52 000 man in die geheim vir diens in Afrika voorberei word. F. de Witt Tossel het die Kommissaris ook daarvan vergewis dat hy nie die tipe persoon was

71 SP 58, GR 30/94, Waarnemende hoofspeurder - Staatsprokureur, 27.3.1895. 72 SP 238, Verslag van Taylor - Staatsprokureur, 4.8.1894.

73 D. Blackburn, Kruger's Secret service by one who was in it, p. 110.

74 Duitsland en Engeland het hulself in twee kampe bevind toe daar in 1897 'n oorlog tussen Griekeland en Turkye uitgebreek het oor die eiland Kreta. Hierdie saak het die Britte se aandag in beslag geneem en enige moontlike optredes teen die ZAR vertraag. Kyk G.D. Scholtz, Die oorsake van die Tweede Vryheidsoorlog, II, pp. 13-14.

149

wat horn aan allerhande los praatjies gesteur het nie. Hy het egter gemeen dat daar iets aan die broei was. Hy het dit sy plig geag om die Kommissaris daaroor in te lig. Gedurende Mei 1896 is uit Johannesburg gerapporteer dat 'n groot vyandige skare op die Wanderers vergader het. Botsings met die polisie het voorgekom. Die gees en gesindheid van die skare was baie negatief en liedere soos God save the queen en Rule

Brittania, is gesing. In dieselfde maand is die moontlike stigting van 'n tak van die Loyal Colonial League in Johannesburg ook genoem. Dat hierdie saak die regering

bekommer het, word bewys deur die feit dat die sekretaris van die Uitvoerende Raad onmiddellik verdere feite daaroor aangevra het.

Die Loyal Colonial League het sy oorsprong gedurende Maart 1896 in die Oos-Kaap gehad as gevolg van die inisiatief van dr. Darley Hartley. Na die skok van die Jameson-inval het die Afrikanerbond in die Kaap groeperinge wat simpatie met die Kruger-regering gehad het, merendeels verenig. Die Engelse gemeenskap was verdeeld en die Loyal Colonial League het gepoog om die Engelse te verenig in 'n organisasie wat lojaal teenoor die Britse troon was. Die naam van die organisasie het later verander na die South African League. Takke is deur die hele Kaapkolonie en ook Natal gestig. Die organisasie het mettertyd ook takke in die ZAR gestig.78

Die Geheime Diens se agente het baie vinnig landwyd die organisasie as 'n potensiele bedreiging geidentifiseer. Die sekretaris van die organisasie in Johannesburg, C. Webb, het in gesprekke aan 'n geheime agent 'n onrusbarende prentjie geskets. Webb het horn meegedeel dat die organisasie vir Rhodes ondersteun en nie gaan toelaat dat hy bedank as direkteur van die Chartered Company nie. Verder is hy meegedeel dat die organsisasie geld ingesamel het en na die Kaap gestuur het met die doel om mense te bewapen vir 'n tweede gewelddadige inval in Transvaal.

75 SP 883, GCPM 435/97, Skrywe F. de Witt Tossel - Commissaris van Politie, Johannesburg, 17.3.1897.

76 SP 882, Verslag van Taylor - Kommissaris van Polisie, 26.5.1896. 77 SP 887, Geheime minuteregister, Inskrywing no. 76, 26.5.1896.

78 M.F. Bitensky, The South African League, (MA, UW, 1950), pp. 22-24. 79 SP 882, Verslag van Taylor - Kommissaris van Polisie, 7.7.1896.

Hierdie waarskuwing is herhaal deur Weeber wat oor die S.A. League aan die Staatsekretaris geskryf het:

Deze South African League is niets anders dan een tweede National Union met een anders naam, en het is hoogs noodsakelyk om een wakende oog

HO

over dit indenting te houden en het in tyds den kop in te slaan.

Kenmerkend van die staat se inligtingsdiens en agente was die feit dat hulle werklike potensiele probleme vinnig geidentifiseer het. Sodanige inligting het dan ook