• No results found

Advokaat Ewald Esselen, as Staatsprokureur, was die middelpunt waarom die Krugerregering se inligtingsfunksie gedraai het. Die enigste voltydse geheime agente in diens van die staat, nl. Howcroft en Taylor, het direk aan horn gerappoiteer en direk van horn opdragte ontvang. Daarbenewens was hy ook in beheer van die speurdiens wat nog 'n bron van inligting was.

Esselen het ook na samesprekings met die Kommissaris van Polisie in Kimberley, asook met die prokureur-generaal van die Kaapkolonie, vir Andrew Trimble as waarnemende hoofspeurder van die ZAR aangestel gekry. Trimble het vanaf 20 November 1894 ses maande verlof gekry om sy pos as diamantspeurder in Kimberley te laat vaar en in Esselen se diens te tree.16

Trimble het 'n bree militere- en polisie-agtergrond gehad. Hy en Esselen het mekaar, wat ywer en bekwaamheid betref, baie goed aangevul. Esselen het soveel vertroue in Trimble gehad dat hy die totale Speurdiens in sy hande gelaat het. Trimble het slegs op 'n maandelikse basis aan Esselen verslag gedoen.17 Dit wil ook voorkom uit die

dokumentasie in die Staatsprokureur se kantoor en die aantekeninge wat daarop aangebring is, dat Esselen persoonlik besluit het oor die aanstelling van speurders en

15 URN (Geheim), Artikels no. 22 dd 25.11.1894, no. 1 dd 26.1.1895, no.6 dd 12.3.1895, no. 9 dd 2.4.1895.

16 SP 462, Skrywe Esselen - Komm. van Polisie, Kimberley, 28.8.1894, pp. 12-13.

17 G.N. van den Bergh, Die Polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek in Argiefiaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 38, 1975, p. 173.

geheime diensagente.18 Een van die belangrike take wat deur Esselen aan Trimble

opgedra is, was om die smokkelhandel in wapens vas te vat. Trimble het hieroor alle instruksies direk en slegs vanaf die Staatsprokureur ontvang.19

Weens probleme binne die Speurdiens en agterdog wat teen Trimble en Esselen aan die oplaai was, sou Trimble nooit werklik sy taak kon vervul nie. Hy het self 'n spioenasieteiken geword. So het speurders Ueckermann en Donovan gedurende Februarie 1895 opdrag ontvang om Trimble dop te hou. Voordat Ueckermann gedurende Mei 1895 deur Esselen weens sy houding en gesindheid teenoor Trimble ontslaan is, het hy 'n verslag aan die Staatspresident voorgele.20 Hieruit het die

Staatspresident tot die slotsom gekom dat beide Esselen en Trimble ontslaan moes word. '

Dit was te midde van hierdie interne spanning en agterdog binne die geledere van die staat se veiligheidsdienste dat die geheime diens gevestig sou word. Alhoewel die Jameson-inval deur die loop van 1895 beplan en die regte klimaat daarvoor geskep was, was die Kruger- regering nie werklik toegerus om die tekens en tendense van die bedreiging vinnig en doelmatig te identifiseer en te verstaan nie.

'n Verdere probleem wat bestaan het, was die gebrek aan fondse om die wordende geheime diens te bedryf. In die begroting van die Administrasie van Justisie vir 1894 word slegs £1 000 uit 'n totale begroting van £30 700 vir geheime dienste aangedui.22

Om by hierdie probleem verby te kom, is gewone speurders soms as geheime agente gebruik alhoewel hierdie agente vir doeleindes van die departement se boekhouding as speurders aangedui word. Deur hierdie optrede het Esselen die Speurdiens en Geheime Diens begin verweef.23 Dit het baie verwarring veroorsaak deurdat daar

soms in die dokumentasie van die speurafdeling waarin fondse gemagtig is, ingeskryf

18 SP 58, SPR 2944/94, Dekblad: Aansoek van A.J. Bain as speurder, 27.12.1894. 19 SP 58, GR 30/94, Skrywe Staatsprokureur - Trimble, 20.11.1894.

20 SP 81, GR 47/95, Skrywe Trimble - Staatsprokureur, 28.5. 1895.

21 G.N. van den Bergh, Die Polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek in Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 38, 1975, p. 179.

22 SP 58, Skrywe Staatsprokureur - Tesourier-Generaal, 17.8.1895.

23 G.N. van den Bergh, Secret Service in the South African Republic 1895-1900, in Krygshistoriese Tydskrif, 3(3), 1974, p. 59.

76

is dat die fondse bewillig is vir "geheime diensten". Hierdie fondse is dan bewillig vir sake wat niks met geheime diens te make gehad het nie, maar byvoorbeeld oor gouddiefstal gehandel het.

Die afleiding kan derhalwe gemaak word dat Esselen in sy gebruik van die woorde "geheime diens" verwys het na die staatsveiligheidsaspek van speurwerk en intelligensiewerk. Sy speurhoof, Trimble, daarenteen het inderdaad normale speurdienssake ook binne die konteks van geheime diens gesien. Dat buitestaanders ook Trimble se sienswyse gedeel het, word deur die volgende sinsnede bewys:

The overworked ZARPS with their straightforward methods not proving a match for experts in the higher branches of crookery, the Government of the Republic resolved, when the fields were some years old, to create a Detective Department or, as it was officially known, a "Geheime Diens.25

Lede van die publiek wat aansoek gedoen het vir 'n betrekking in die Speurdiens, het ook in hulle aansoeke verwys daarna dat hulle aansoek gedoen het vir 'n pos in die Geheime Diens. In sekere skrywes vanaf die Staatsprokureur se kantoor aan J.F. de Beer, wat as Taylor se tussenganger opgetree het, word na Taylor as geheime

speurder verwys. Op die omslag van die persoonsleer wat vir Taylor bygehou was, word sy pos as "Geheime Speurdienaar" aangedui en was hy uit die begrotingspos

28

"Geheime Dienst" vergoed. Dit dui daarop dat Esselen reeds so vroeg as Junie 1894 'n sogenaamde "Geheime Diens" gehad het. Dit was egter nie duidelik van die Speurdiens te onderskei nie. Aan die begin van 1895 het die terminologie, wat deur die speurders gebruik is, verwarrend begin raak.

Die Staatsprokureur se kantoor het alle inligting gekoordineer, verwerk en verdere opdragte uitgereik. Esselen het dan op grond van sy waardering en verwerking van feite, ander staatsdepartemente getaak om verdere inligting te bekom. 'n Gerug het

24 SP 81, Verskeie magtigingsdokumente onderteken deur Trimble vanaf Febi. 1895 - Nov. 1895.

25 E. Rosenthal, "Geheime Diens" in The Nongqai, Augustus 1927, p. 762. 26 SP 61, SPR 1420/95, A.C. Walker - Staatsprokureur, 18.2.1895.

27 SP 462, Staatsprokureur - J.F. de Beer, 23.4.1895, p. 92. 28 SP 238, Omslag van leer vir William Taylor.

onder andere sy kantoor in 1894 bereik dat meer as 2 000 gewere te Kaapstad

29

ontskeep is wat vir die ZAR bedoel was.

Sy kantoor het skrywes in hierdie verband aan die Inspekteur-generaal van Invoerregte, die Kommandant-generaal te Pretoria en die hoof van die Speurpolisie in

30

Johannesburg gerig waarin hulle versoek is om op die uitkyk daarvoor te wees. Deur hierdie optrede het die Staatsprokureur se kantoor begin om nie net bloot inligting in te win nie, maar om dit ook te verwerk en om dit tot voordeel van die ZAR aan te wend. Aangesien Esselen op daardie lydstip slegs oor twee voltydse tipiese geheime agente beskik het, het hy egter geen keuse gehad nie as om ander staatsdepartemente in belang van staatsveiligheid te betrek.

Dit wil ook voorkom of Esselen aan die einde van 1894 reeds deur middel van dr. W.J. Leyds as Staatsekretaris, buitelandse bande aangeknoop hei. wat sy departement met spioenasie behulpsaam sou wees. So het hy byvoorbeeld die hoof van die Speurpolisie, Ferguson, ingelig dat 'n sekere aktivis. Paul Reclus, onder 'n vals naam, G. Paul, met 'n boot, die Spartan, na Kaapstad op pad was. Hy het Ferguson versoek om die persoon dop te hou wanneer hy in die ZAR aankom.31 Hierdie

inligting het Esselen in 'n persoonlike skrywe vanaf Leyds gekry wat toe reeds in Europa werksaam was. Alle inligting wat onder Leyds se aandag gekom het, is derhalwe na Esselen se departement verwys wat daarop neergekom het dat Leyds nie

'n "geheime diens" op sy eie bedryf het nie. Dit is in teenstelling met verskeie skrywers uit daardie tyd wat die stigting en beheer van die geheime diens van die ZAR aan Leyds toeskryf. Blackburn en Caddell wys onder andere ook daarop dat:

The secret service introduced by Dr. Leyds mainly took a perfectly legitimate form: that of defending the Republic from the prejudicial attacks and criticisms which appeared from time to time in the British and Continental Press, and "writing up" the country.33

29 SP 462, Staatsprokureur - Inspekteur Generaal van Invoerregte, 26.10.1894, p. 64.

30 SP 462, Staatsprokureur - Kommandant Generaal, 26.10.1894, p. 65, Staatsprokureur - Hoof van die Speurpolisie Johannesburg, 6.11.1894, p. 66.

31 SP 462, Staatsprokureur - Hoof van Speurpolisie, 6.11.1894, p. 67. 32 SP 58, Staatsekretaris - Staatsprokureur, 5.10.1894.

78

Wat wel waar is, is dat Leyds vanaf 1899, net voor en net na die uitbreek van die Anglo- Boereoorlog as gesant van die ZAR in Europa, spioene in Europa en Amerika ontplooi het. Hulle take het veral gesentreer rondom die invoer van wapens en wapentuig na die ZAR en die dophou van ha wens. Wat wel waar kon gewees het, was dat Leyds 'n invloed kon gehad het op Esselen om 'n geheime diens tot stand te bring.34 Wat egter duidelik na vore kom uit korrespondensie tussen Leyds en Esselen

se kantore, is dat hulle baie nou saamgewerk het en gereeld met mekaar oor staatsveiligheidsake geskakel het.35

Die vervoer van wapens en wapentuig na die ZAR, ter voorbereiding van 4n

moontlike opstand, was vir Esselen 4n bron van kommer. Gedurende Augustus 1894

het die Staatsekretaris die Staatsprokureur ingelig dat Magato, kaptein van die Venda,36 diamante in die Soutpansbergdistrik geruil het vir 'n Maxim-kanon wat

reeds vanaf die ooskus na Soutpansberg op pad was. Leyds het Esselen in dieselfde skrywe versoek om voorstelle te doen in verband met die saak. Hy het ook 'n koerantuitknipsel van The Star vir horn ingesluit waarin melding van die smokkelhandel in wapens in die Soutpansberg-distrik gemaak is.37 Taylor het in

dieselfde tyd berig dat hy vermoed het dat wapens vir die Rand Rifle Association

(KRA) ook deur die Portugese gebied tot by Magato ingesmokkel is en daarna na 38

Johannesburg gebrmg is.

Om die probleem van smokkelhandel in wapens en ammunisie deur Magato die hoof te bied, is aanbeveel dat 'n speciaal geheime politie corps, onder bevel van C.G.S.

39

Sandberg, opgerig word.

34 L.E. van Niekerk, Dr. WJ. Leyds as gesant van die Zuid-Afrikaansche Republiek, in Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 43(1), pp. 191-229.

35 SP 58, Verskeie skrywes vanaf Staatsekretaris aan Staatsprokureur bv. GR 559/94 gedateer 6.10.1894 i.v.m. 'n Franse aktivis Paul Rechus, GR 538/94 gedateer 22.10.1894 i.v.m. Dr.Neumann alias Zalewski.

36 J.H. Coetzee, "Magato", in Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, III, p. 576. 37 SP 58, Staatsekretaris - Staatsprokureur, 8.8.1894, p. 68.

38 SP 238, Taylor - Staatsprokureur, 4.8.1894.

Hierdie saak het so 'n hoe prioriteit by die owerheid geniet dat 'n Geheime Uitvoerende Raadsbesluit40 geneem is waarvolgens 'n bedrag van £100 gemagtig is

om die insmokkel van die Maxim-kanon te ondersoek. 'n Paar weke later sou die Uitvoerende Raad 'n verdere bedrag van £100 magtig waarmee smokkelhandel in vuurwapens vanuit Lourenco Marques hokgeslaan moes word. C.G.S. Sandberg het in 1889 vanaf Java na die ZAR gekom. Hy het sy loopbaan as tydelike klerk in die kantoor van die Staatsekretaris begin. In 1890 het hy 'n kleiminspekteur op die Selati- goudveld geword waarna hy vanaf 1894 tot 1899 agtereenvolgens sekretaris vir Staatsekretarisse W.J. Leyds en F.W. Reitz, was.42

Sandberg het Esselen se sekretaris, Rorke, versoek om horn aan te stel as Vrederegter van die ZAR sodat hy 'n sekere persoon, genaamd L. Gates, wat horn op sy ekspedisie moes vergesel, kon insweer in Pietersburg. Vanaf September 1894 tot en met begin Desember 1894 sou Sandberg op 'n gereelde basis vanuit Leydsdorp aan die Staatsprokureur se kantoor verslag doen. Telegramme wat hy aan die Staatsprokureur se kantoor gestuur het, is geenkripteer of in kode terwyl hyself die kodenaam, Manager, gebruik het.

Die aanstelling van Sandberg en sy opdrag om die smokkelroete in vuurwapens na Magato te ondersoek, was 'n ad /wc-aanstelling en het nog by die Speurdiens nog by die Geheime Diens ingepas. Dit het egter in die bree sin van staatsveiligheid ingepas wat een van die Staatsprokureur se verantwoordelikhede was.

Sandberg het sy spioenasietaak op 'n baie professionele wyse beplan en uitgevoer. Hy het eerstens een van die stamhoofde, Sokororo, die se seun, ene Dieos, besoek en hulle oorreed om in die omgewing van "Palabora" te gaan spioeneer om die smokkelroete vanaf Lourenco Marques na Magato, vas te stel. Dit sou geen agterdog wek indien van die plaaslike bevolking as spioene sou optree nie.

40 URN (Geheim), Art. 12, 20.9.1894, p. 11. 41 URN (Geheim), Art. 16, 17.10.1894, p. 12.

42 J.W. Ploeger, "Christoph George Sigismund Sandberg" in C.J. Beyers en J. L. Basson (Reds.), Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, V, p. 714.

43 SP 58, Sandberg - Rorke, Pretoria, 2.9.1894, p.79. 44 SP58, BB3/94, p. 117.

80

Sandberg het Sokororo verder meegedeel dat hy in opdrag van die President van die ZAR gekom het en 'n stuk grond aan hom belowe wat vir 'n "lokasie" benut sou kon word. Sokororo het ingestem om saam te werk.4 Uit van die telegramme46 vanaf

Sandberg aan die Staatsprokureur se kantoor, kan afgelei word dat Sokororo sy eie spioene vir die taak in diens geneem het. Sandberg het verder gereeld 'n gedetailleerde rekening aan die Staatsprokureur se kantoor vir al sy uitgawes gestuur.47 Hierdie goeie beheer en kontrole rondom die aanwending van geheime

fondse, was deurentyd kenmerkend van Esselen se administrasie. Die uiteinde van hierdie ekspedisie van Sandberg was nie heeltemal suksesvol nie. By die Olifantsrivier het Sandberg die smokkelaars aan die oorkant van die rivier gesien maar kon hulle nie vastrek nie. 8

Sandberg is later - Augustus-September 1895 - ook gebruik om in die geheim 'n opname van 'n konsessieterrein van die firma Seemann en Eiffe, te gaan maak. Die opdrag het behels dat hy die bevaarbaarheid van die Ubelosi-rivier moes vasstel. Verder moes hy bepaal of daar 'n gemaklike roete oor die Lebomboberge na die ZAR was. Sandberg is vergesel deur 'n voormalige Staatsprokureur, E.J.P. Jorrisen. Hulle moes hulleself voordoen as jagters en is deur die ZAR se Konsul-generaal in Lourenco Marques, G. Pott bygestaan.49

Aan die begin van 1895 het Esselen vir J.F.E. Markus, Kommissaris van Polisie in Bloemfontein, versoek om die firma Barsdorff in Kroonstad dop te hou. Esselen se vermoede was dat hierdie firma by die smokkel van vuurwapens na die ZAR betrokke was.50 Die feit dat hy die vrymoedigheid gehad het om hierdie versoek te rig, het

gedui op gesonde bande tussen die ZAR en die Oranje Vrystaatse Republiek se veiligheidsdienste wat reeds bestaan het.

45 SP 58, Rapport: Sandberg - Staatsprokureur, Leysdorp, 20.9.1894. 46 SP 58, Telegram: Sandberg - Rorke, 4.12.1894.

47 SP58, SPR 1361/94, 11.10.1894.

48 C.G.S. Sandberg, Twintig jaren onder Krugers boeren in voor- en tegenspoed,, p. 135. 49 Ibid., pp. 145-146.

Vanaf Augustus 1894 het geheime agent Howcroft skielik kodes in sy verslae aan die Staatsprokureur begin gebruik.51 Alle name van persone in sy verslae is gekodeer tot

en met sy verslag op 25 Augustus 1894 toe hy weer sy verslae in normale taal ingedien het. Alhoewel hy geen rede vir die verandering gegee het nie, was dit waarskynlik dat hy 'n vermoede gehad het dat sy verslae onderskep word. Trouens, enkriptering was lank reeds 'n tipiese gebruikswyse deur geheime dienste ter wille van sekerheid.

Howcroft het weekliks vanuit Pretoria aan Esselen verslag gedoen. Hy het homself as agent so geloofwaardig ingegrawe in die Uitlander-geledere dat Abercrombie horn later gebruik het om vergaderings vir die Uitlander Association te reel.52 Howcroft is

ook deur Esselen as goudspeurder benut om die smokkelhandel in goud te help ontrafel.53 Dit was 'n tendens in die Staatsprokureur se departement dat daar soms nie

'n onderskeid tussen take vir geheime agente en take vir speurders getref is nie. Howcroft se eerste ongeveer 25 verslae vanaf einde Junie 1894 tot en met 10 Augustus 1894 het merendeels oor die politieke klimaat en verskillende Engelse organisasies se doelwitte in Pretoria gehandel. Die feit dat hy hierna oor o.a. smokkelhandel in goud begin rapporteer het, kon beteken dat Esselen horn sodanig getaak het. Vir Esselen was die opspoor van skuldiges in verband met die onwettige goudhandel hoe prioriteit en Esselen het ook baie aandag aan die hersiening van die Goud wet gegee.54

In 'n skrywe aan Esselen aan die begin van November 1894, het Howcroft die Staatsprokureur versoek om sy dienste in Pretoria te beeindig en om horn na Johannesburg oor te plaas.55 Hy het persoonlike huislike omstandighede aangegee as

sy hoofrede vir die versoek. Howcroft is waarskynlik nie in Johannesburg in diens geneem nie want geen verdere verslae is van horn ontvang in die kantoor van die Staatsprokureur nie.

51 SP 238, Verslag no.23, Howcroft - Staatsprokureur, 3.8.1894. 52 SP 238, Verslag no.22, Howcroft - Staatsprokureur, 2.8.1894. 53 SP 238, Verslag, Howcroft - Staatsprokureur, 24.8.1894.

54 G.N. van den Bergh, Die Polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek in Argiejjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 38, 1975, p. 173.

82

'n Verdere aspek wat van belang was vir die inligtinggemeenskap van die ZAR, was die identifisering en dophou van sekere individue wat as aktiviste in die Uitlandergemeenskap opgetree het. Een so 'n persoon, wat deur die Hoof van die Speurpolisie in Johannesburg onder die Staatsprokureur se aandag gebring is, was ene Darrel Smith.56 Smith is as 'n "staatkundige oproermaker" deur Trimble beskryf en

hy was van plan om 'n agitasie teen die Krugerregering op tou te sit.57