• No results found

Die take, struktuur, beheer en befondsing van die geheime diens

'n Dokument met die titel Rules and Regulations for the Secret Service of the South

African Republic,44 moontlik opgestel deur die hoofspeurder Ferguson, gee 'n aanduiding van die denkrigting binne die Kommissaris van Polisie se kantoor rondom geheime diens-take. Alhoewel hierdie dokument nie onderteken is nie en daar geen verdere verwysings daarna opgespoor kan word nie, is dit tog deel van die dokumentasie van die Staatsprokureur se kantoor. Omdat daar mettertyd 'n kultuur en werkswyse ontstaan het om die Geheime- en Speurdierts saam te hanteer, was daar volgens die dokumentasie in 'n mate 'n oorvleueling van take.

Die Rules and Regulations-dokument toon vier basiese uiigangspunte aan wat dan ook beskou kan word as die hooftake van die Geheime Diens. Die eerste en belangrikste was om die staat te beskerm teen enige politieke beweging wat ten doel gehad het om die regering met sy republikeinse staatsvorm omver te werp. Die Jameson-inval het Afrikaners oor die hele Suid-Afrika weer verenig en hulle laat besef dat die republikeinse staatsvorm op die spel was.45 Dit is waarskynlik die rede dat dit as een

van die hoofoogmerke van die Geheime Diens gestel was. Die ander drie hoofoogmerke was die ondersoek na die bedrywighede van staatsamptenare, hulp aan die Speurdiens met hulle taak en ondersoeke en inspeksies van regeringskantore, fabrieke en persele van staatsleweransiers. Al hierdie sake het egter in die bree met die beveiliging van die staat te make gehad.

'n Verdere tipiese taak van die Geheime Diens is in 'n skrywe deur die Kommissaris van Polisie aan 'n geheime agent wat sy taak nie duidelik verstaan het nie, soos volg beskryf:

(O)m uit te vinden de geheime plannen die er mogen bestaan tegen ons land, wat hunne sterkte is, en andere geheime informatie....46

44 SP 193, Rules and Regulations for the South African Republic, ongedateer.

45 G.D. Scholtz, Die ontwikkeling van die politieke denke van die Afrikaner, IV, 1881 -1899, pp. 475 - 479.

114

Hiema word 'n verdere 33 take van die diens sowel as pligte van lede van die Diens beskryf. Agente van die Diens moes tweetalig wees; Engels en Hollands magtig wees en verkieslik ook 'n ander Europese taal kon praat. Die hoofkwartier van die Diens sou in Pretoria gesetel wees, onder die beheer van die Staatsprokureur.

'n Teenstrydigheid met geheime dienste en wat nie in die praktyk toegepas is nie, was dat daar geen melding van geheimhouding gemaak is nie, so asof dit 'n vanselfsprekendheid was. Volgens die voorskrif moes daar vir die insameling van inligting 'n kantoor met 'n persoon in beheer in elke distrik geopen word. Lede van die publiek kon dan sake by so 'n kantoor aanmeld. Dit kan wees dat die opsteller eerder die Speurdiens se behoefte hier in gedagte gehad het of die twee tipes dienste se behoeftes wou kombineer terwyl dit voor die handliggend en 'n voorvereiste vir 'n suksesvoile geheime diens was dat die agente klandestien moes optree. Voorsiening is ook gemaak dat groot stede of dorpe oor hul eie geheime agente sou beskik. Die praktyk sou egter later bewys dat die behoefte vir inligting in sommige dorpe en streke eerder sou bepaal waar agente aangewend word. Geheime agente is eerder na behoefte aangewend en uit die geledere van die Speurdiens aangestel. Die feit dat sekere dorpe en stede soos byvoorbeeld Kimberley, Mafeking, Durban, Lady smith, Kaapstad en Lourenco Marques, uit 'n strategiese en militere oogpunt van belang was, het bepaal waar agente geplaas word. Die inligtingsvereistes wat vir die Geheime Diens gestel is, is alreeds baie vroeg in die diens se bestaan deur militere oorweginge bepaal alhoewel die diens eers teen 1898 'n suiwer militere karakter begin aanneem het. Weens finansiele beperkings kon nie voldoende agente aangestel word om in al die behoeftes te voorsien nie.

Lede van die Diens sou vir identifikasiedoeleindes 'n metaalplaatjie ontvang wat hulle klandestien aan hulle moes dra. Die wapen van die ZAR sou daarop gedruk wees asook die nommer van die agent. Indien 'n persoon die Diens sou verlaat, moes die plaatjie ingehandig word. Aan die buitekant van die plaatjie is die woorde: GEHEIME POLITIE ZAR in hoofletters aangebring.47

Fig. 4: Gerrit Jacobus van Niekerk (6.7.1849-23.10.1896) wat in 1895 as Konunissaris van Polisie in die ZAR aangestel is. Bron: TA3669.

115

Dit wil voorkom of hierdie identifikasieplaatjie eintlik vir lede van die Speurdiens bedoel was aangesien daar heelwat verwarring oor die gebruik van die woorde "geheime polisie" en "geheime speurders" was.48 Dit is egter moontlik dat beide lede

van die Geheime- en Speurdiens hierdie soort van identifikasie gedra het.

Lede van die publiek, wat hulle as geheime agente voorgedoen het, kon gestraf word met 'n boete van £25 tot £100 of 3 tot 5 maande tronkstraf. Voorsiening is ook gemaak dat voltyds ingeskrewe geheime agente en agente vir spesiale doeleindes gehuur mag word. Sodanige agente was egter nie op 'n identifikasieplaatjie geregtig nie.

Die gebruik van die woordspeling "special service of the secret service" in die dokument kan moontlik 'n verklaring bied vir die verwarring wat daar geheers het tussen die Geheime Diens en Speurdiens. Dit kan beteken dat die Geheime en Speurdiens beide gesien is as deel van 'n geheime diens wat verrig is. Die woord "geheim" dui dan op die klandestiene aard van sommige opdragte wat met beide tipe dienste gepaard gegaan het. Die sogenaamde "geheime diens" wat die speurdienstake uitgesluit het, is dan deur die opsteller van die Rules and Reglations-dokument gesien as 'n spesiale vertakking van die soort van diens wat 'n geheime diens verrig het. Tydgenootlike skrywers, wat gespekuleer het oor die ZAR se Geheime Diens, het egter die gebruik van die woorde "secret service" in die korrekte konteks gebruik as synde 'n tipiese staatsveiligheidsdiens alhoewel hulle geheime fondse se aanwending vir byvoorbeeld fortbou ook as "secret service" gesien het. Heyer50 beskryf tipiese

geheime dienssake en so ook Blackburn,51 asook Blackburn en Caddell52 heelwat later.

Sekere magte van arrestasie is ook aan lede van die Geheime Diens toegese in gevalle waar die landdros dit gemagtig het. As lede van die Diens was hulle ook geregtig op gratis gebruik van die pos- en telegraafdienste asook treindienste van die staat deur

48 KykHoofstuk 1.

49 SP 193, Rules and Regulations of the Secret Service of the South African Republic, ongedat. artikel 14.

50 A.E. Heyer, A brief history of the Transvaal Secret Service System, Kaapstad, 1899. 51 D. Blackburn, Kruger's Secret Service by one who was in it, Londen, 1900.

slegs hulle identifikasieplaatjie aan beheerbeamptes te toon. Weer eens was hierdie voordeel nie altyd voordelig vir spioene om te gebruik nie. Lede kon dan maklik gei'dentifiseer gewees het. Dit kon hulle taak bemoeilik net. Daarom is daar in die kasboek van die Geheime Diens talle inskrywings gemaak waar 'n voorskot aan geheime agente gemaak is om hulle reiskoste te betaal.53 Klein bedrae vir sekere

uitgawes is aan agente voorgeskiet. Lede van die Geheime Diens is ook verbied om omkoopgeld te ontvang. Sodanige oortreding was strafbaar met 'n boete van £50. Die dokument word afgesluit met 'n privaatkode wat in korrespondensie gebruik kon word.

Wat duidelik is uit die reels en regulasies is dat daar by die opstel daarvan onduidelikheid was oor die aard en take van die Geheime Diens. Die dokument vat in 'n sekere sin die Geheime- en Speurdiens se take saam, nieteenstaande die inleidende en eerste doelwit wat gestel is, dit 'n tipiese geheime diens-taak was. Dit is ook duidelik dat die opsteller nie veel praktiese ervaring gehad het ten opsigte van die funksionering van 'n geheime diens nie. Dit was egter 'n bree raamwerk wat gestel is en teen die einde van 1896 sou die Geheime Diens se funksionering en take deur praktiese bekampingsaksies gevestig gewees het.

Die struktuur van die Geheime Diens as organisasies het ook 'n bepaalde karakter gekry. Sedert 15 Desember 1895 het Taylor as geheime agent direk aan die Kommissaris van Polisie, G.A. van Niekerk, gerapporteer en nie meer aan die Staatsprokureur nie. Daarmee het die Kommissaris se kantoor die beheer van die Geheime Diens oorgeneem. Die Kommissaris was ook in beheer van die Speurdiens. Die Geheime Diens sou egter oorhoofs ontwikkel as deel van die Staatsprokureur se departement.

Die Kommissaris van Polisie se kantoor was in Pretoria gesetel en die Geheime Diens het as deel van die Kommissaris se kantoor gefunksioneer.55 Gedurende 1896 is

Westvilla House, 'n onaansienlike sinkgebou in Kerkstraat, aangrensend aan die

53 SP 902, Kassaboek Geheime Dienst, p. 1.

54 SP 880, GR 462/95, Verslag no. 1 Taylor - Kommissaris van Polisie, 15.12.1895.

55 G.N. van den Bergh, Die Polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek in Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 38, 1975, p. 302.

117

Staatspresidentswoning betrek waaruit die Geheime Diens se administrasie gehanteer is.56 «n Addisionele klerk, ene Beukes, is vir Speur- en Geheime Diens sake in die

kantoor aangestel.5 Die geheime sekretaris vir wie daar £500 per jaar in 1896 begroot

is, was waarskynlik vir Beukes bedoel. Buiten die geheime sekretaris is daar vir nog sewe klerke in die hoofkantoor van die kommissaris begroot.58

Die ligging van die Kommissaris se kantoor, so na aan die presidentswoning, het daartoe aanleiding gegee dat daar beweer is dat geheime agente soms direk aan die President gaan rapporteer het waar hy op sy stoep gesit het.59 Uit die aard van die

ligging van die kantore was die bewering waarskynlik nie vergesog nie. Trouens, die aanduidings is dat die President self 'n gewilde oor van agente was.

Beukes, as klerk, het as skakel gedien tussen die verskillende amptenare belas met veiligheid wat inligting ontvang het. Die poste wat in hierdie proses betrokke was, sluit die Kommissaris van Polisie, die Hoofspeurder, Kommandante van Polisie, die Staatsekretaris en die Kommandant-generaal in.60 Vanaf 10 Desember 1895 is 'n

geheime minuteregister in die kantoor van die Kommissaris in gebruik geneem. Hierdeur is die ontvangs en versending van alle tipe dokumentasie georden. Hierdie register het kolomme bevat waarin onder andere die datum van ontvangs, die afsender se besonderhede, 'n kort opsomming van die inhoud van die verslag of rapport, opmerkings asook 'n verwysing na wie die dokument verwys is, aangeteken is. Hierdie stelsel het die vloei en beheer van alle inkomende informasie redelik georden. Alle verslae wat vanaf geheime agente of ander instansies ontvang is, is hierin aangeteken. Hierdie kantoor en register was die nodale punt van alle informasie. Hier is die meriete van elke verslag beoordeel en verwys. Talle inligtingsverslae wat vanaf agente ontvang is, is vanaf hierdie kantoor verwys na die staatsekretaris B wat beteken het dat die inligting aan die Uitvoerende Raad voorgele is. In sekere gevalle is daar

56 Ibid., p. 216.

57 VRN, Artikel 80, 12.5.1897, Jaarverslag van die kommissaris vir 1896. 58 SP 879, Supplementaire Begroting 1896.

59 E. Rosenthal, Geheime Diens in The Nongqai, Augustus 1927, p. 762.

60 G.N. van den Bergh, Die Polisiediens in die Zuid-Afrikaansche Republiek in Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 38, 1975, p. 302.

ook verwys na die sekretaris van die kabinet. In September 1894 is die kantoor van die Staatsekretaris verdeel in Afdeling A - belas met buitelandse sake, en Afdeling B - be las met binnelandse sake. Twee onderstaatsekretarisse is ook vir die doel aangestel om Leyds se taak as Staatsekretaris te verlig. Die Geheime Diens se verslae is dus as 'n binnelandse aangeleentheid deur die Staatsekretaris se kantoor hanteer.

Indien agente opdrag gekry het om 'n sekere saak verder te ondersoek, is die tipe van inligting ook in die register aangeteken. Soms is die aantekening gemaak dat die regering bloot kennis neem van 'n sekere saak. Hierdie wyse van beoordeling deur 'n nodale punt was die begin van 'n inligtingsproses wat die evaluasie, rangskikking, vertolking en verspreiding van die informasie of inligting behels het. Die aanvang van hierdie inligtingskringloop, alhoewel dit nog nie in al sy fasette deurgevoer is nie, het gedui op 'n redelike vlak van gesofistikeerdheid van die regering se Geheime Diens. Nog 'n effektiewe stelsel wat vanaf die begin vanaf 1896 in die kantoor van die Kommissaris in gebruik geneem is, was die gebruik om elke geheime agent se verslag in 'n leer of omslag te plaas. Hierdie leer wat "venroulik" gemerk was en voorop 'n ruimte gehad het waarop die onderwerp aangedui was, was dan met die nodige verwysings na die relevante amptenare of departementshoofde versprei. Elke afdelingshoof het sy nodige kommentaar, verdere navraag of opdrag op die leer geskryf. Gewoonlik het Kommissaris Van Niekerk, of H.C. Bredell, wat as eerste klerk in die Kommissaris se kantoor opgetree het, persoonlik 'n opmerking daarin geskryf en die leer verder verwys.64

Gedurende Julie 1896 is T.A.P. Kruger, die Staatspresident se seun, as sekretaris in die Kommissaris se kantoor aangestel. Hy sou as sekretaris vir die Speurdiens optree en ook inspeksies soos 'n inspekteur-generaal op die Speurdiens uitvoer. Reeds teen September 1896 is magtiging aan T.A.P. Kruger verleen om dokumentasie namens die Kommissaris, in sy afwesigheid, te teken. Kruger het korrespondensie aanvanklik

62 L.E. van Niekerk, Kruger se regterhand: 'n Biografie van dr. W.J. Leyds, pp. 74-75. 63 SP 887, Volg no. 27, 3.3.1896. Taylor word opdrag gegee om verder ondersoek te gaan instel

na die teenwoordigheid van die Rhodesian Horse lede in Johannesburg. 64 SP 882, Verskeie voorbeelde in hierdie band.

119

onderteken as Confidensiele sekretaris Commissaris van Politic66 later as confid secrts

spr Pof en ook as Conf seer Geh Diens.6* Hierdeur het T.A.P. Kruger self 'n onderskeid begin tref tussen die hantering van die Speurdiens en die Geheime Diens. T.A.P. Kruger sou mettertyd so by die beheer van die Geheime Diens betrokke raak dat hy deur Abercrombie as die hoof daarvan beskou is:

I was very fond of Tjaart, who was head of the "geheime dienst" i.e. Secret Service of the State.69

Na die dood van kommissaris Van Niekerk as Kommissaris van Polisie, is D.E. Schutte op 5 November 1896 aangestel.70 Dit het beteken dat alle geheime agente soos

voorheen aan sy kantoor gerapporteer het.

Hierdie stelsel om die oorspronklike verslag onder senior amptenare te versprei, het groot voordele vir die funksionering van die hele Geheime Diensstelsel ingehou. Deurdat verskillende senior amptenare die oorspronklike verslae onder oe gehad het, kon hulle eerstehands kennis neem van die inhoud van die verslae wat die kantoor bereik het. Verder kon hulle 'n oordeel vel oor die waarde sowel as die gehalte van die geheime agente se werk. Die Geheime Diens het hierdeur die geleentheid gehad om hulleself onmisbaar te maak; nogal iets wat nodig was en wat nie altyd gewerk het nie, te oordeel aan wat deur die eeue heen met agente gebeur het. Hierin was die Geheime Diens nie 'n uitsondering nie.

Soms is ook besluite deur die Uitvoerende Raad op aanbeveling van geheime agente se waarnemings geneem. Veral meer senior en ervare geheime agente soos Taylor, se aanbevelings het besonder gewig gedra. Gedurende November 1896 het Josef in 'n omvattende verslag gerapporteer dat daar groot getalle troepe in die Kaapkolonie, Natal, St. Helena en in Mashonaland aanwesig was. Kommissaris Schutte het aan die Uitvoerende Raad aanbeveel dat geheime agente in Durban, Kaapstad, Oos Londen,

66 SP 892, Kruger - Kommandant Generaal, 10.8.1896, p. 96. 67 SP 892, Kruger - Beukes, 2.11.1896, p. 111.

68 SP 892, Kruger - Bain, 2.11.1896, p. 115.

69 H.R. Abercrombie, The secret history of South Africa or sixty five years in the Transvaal, p. 49.

70 A. Wessels, "Daniel Egnatius Schutte" in Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, Vol. V, p. 739.

boekgehou van alle bedrae wat bestee is. Daarmee saam is ook 'n aparte "Geheime Diensten"-tjekboek ingestel waarvan die eerste tjek op die 30 Desember uitgeskryf is en die laaste tjek no. 392 op die 26 Julie 1899. Die noukeurigheid en gehalte van finansiele rekordhouding is indrukwekkend en spreek van goeie beheer oor geheime fondse. Selfs die kleinste detail oor die doel waarvoor spesifieke fondse aangewend is, is aangetoon. Sake wat so aangedui is was onder andere reiskoste soos karhuur en treingeld, voorskotte, geheime dienste in verband met die onluste in Johannesburg, inwoning in 'n hotel, stuur van telegramme, salarisse en gehuurde dienste.79

Die Kommissaris het fondse vir geheime dienste direk by die Uitvoerende Raad aangevra. Die bedrae is tydens geheime Uitvoerende Raadsvergaderings per notule spesifiek vir geheime dienste goedgekeur. Die eerste bedrag van £2 000 is goedgekeur na die aanstelling van die nuwe Kommissaris van Polisie.80 In die state van die

Ouditeur-generaal is die fondse vir geheime dienste aangedui as uitbetaal aan J.H.M de Kock die notulehouer van die Uitvoerende Raad se geheime notules.81 Tot in 1897

is die goedkeuring van fondse soos volg genotuleer:

Voorschot £ 2 000 aan den Heer J.H.M de Kock notulehouder Uitv. Raad

82

voor geheime diensten.

Hierdie gebruik was eienaardig aangesien die Kommissaris van Polisie se kantoor die geld ontvang het en verantwoordelik was aan die Tesourier-generaal aan wie verslag oor die besteding van fondse, gerapporteer moes word. Die bewoording van die notule is moontlik so gedoen om die bestaan van die Geheime Diens te verdoesel en befondsing daarvan met so min informasie moontlik op papier te beskerm.

Die basiese salaris, wat geheime agente met 'n permanente aanstelling ontvang het, was £25 per maand. Dit is opvallend dat 'n ervare agent soos Taylor, teen Maart 1896 steeds slegs £25 per maand verdien het. Dit was dieselfde maandelikse bedrag wat

77 SP 902, Kassaboek Geheime Dienst 1895 - 1899.

78 SP 903, Geheime Diensten, Chequeboek 30.12.95 - 26.7.1899. 79 SP 902, Kassaboek Geheime Dienst 1895 - 1899, pp. 2 -10. 80 URN (Geheim), Artikel 39, 27.12.1895.

81 AG 317, Register van spesiale uitgawes 1895 - 1900. 82 URN (Geheim), Artikel 13, 2.3.1897.

<?•: ©•*

Pit lioek is voor kwitaatiea voor Spoorwegbelasting, Hoot'd-

bt-lasting, Weghelasting, Invoerbelusting, Licentie3, Pl.-uits- „ ■^beksting, Erfbelasting, Heerenrechten, Boeten, enz. ^ .\" O

**' ■ jt ^ s^ £-~ ! f -' ^

<AkpsJjJ)/Life

_2

k

y^r=^>/

v=#*

■^Az.£^J___ A^-t

V i

i-k is-voor kv.-itanii'js vu<>r S i ^ - r u r ;_-'•..!.~-;ir:_. II- ■ 1'i-!'^Mr.'. M"fjrl><;l:isii:i<r, Invoerbt-l:i.~tiiig. I-kmiilcs, L'b.:

T>ri:-.jliiii:. iLrfbeiastiug, Ileereiirecliien, Hocten, ens.

Jfc

/ 2

^

a-

c

^.3

^

*£\\

Fig. 6: Voorbeeld van die eerste twee kwitansies in die "Geheime Diensten Chequeboek 30.12.95 - 26.7.1899". Volgens kwitansie no. 2 is 'n uitbetaling van £10 gemaak aan geheime agent G.W. Taylor,

nuutaangestelde geheime agente soos A.H. Evans, W.D. v.d. Berg, P.G.W. Kruger , C. Daniell, en F.W. Rhurhs in die loop van 1896 ontvang het. Teen die einde van Maart 1896 het die Uitvoerende Raad egter die bedrag van £40 per maand vir Taylor gemagtig. Die bedrag was net van toepassing vir die tyd wat hy hom in Bulawayo sou bevind.83 Aan die begin van 1897 was die maandelikse bedrag van £25 na £30

84

verhoog. Hierdie bedrag was gelykstaande aan dit wat n derdeklas-speurder aan die

85

einde van 1895 ontvang het.

Dit is interessant dat die Geheime Diens steeds agente met die swak salaris kon lok. Moontlik was die addisionele reis- en verblyfkoste. wat geheime agente ontvang het en die tipe van poste, aantrekliker as die speurdiensposte. Nog 'n rede kon wees dat potensiele geheime agente 'n voorliefde vir die soon van werk gehad het en dat die misterie, romantiek en avontuur verbonde aan spioenasie. die poste gesog gemaak het. Geheime agente het ook, voordat hulle op 'n sending vertrek het. 'n voorskot ontvang wat soms hulle maandelikse salaris ingesluit het. 'n Addisionele bedrag vir reis- en verblyfkostes is dan betaal. Die standaardvergoeding vir reiskostes was 15/- per dag.86

Volgens die kasboek vir geheime dienste is daar vanaf 28 Desember 1895 tot en met 31 Desember 1895 £237 op geheime dienste bestee. Dit is uitgesluit 'n addisionele bedrag van £250 wat die Kommissaris direk by die Tesourier-generaal aangevra het.