• No results found

Direk na die inval sou die Geheime Diens, in samewerking met die Speurdiens, behulpsaam wees om te probeer vasstel wat Jameson se kommisariaatbeplanning behels het en om ook getuienis teen Jameson en sy medewerkers te versamel. Soos in alle intelligensiedienste kon dit 'n geleentheid wees vir die evaluering van die Geheime Diens se suksesse en mislukkings veral omdat die diens nog in sy kinderskoene gestaan het.

Vir die regering was dit van die uiterste belang om die feite en bewyse rondom die inval so vinnig as moontlik en so korrek as moontlik te versamel. Hiervoor was 'n gesamentlike poging van sowel die Speur- as Geheime Diens en die gewone polisie nodig. Die Geheime Diens het te min agente in diens gehad om so 'n omvangryke inligtingstaak vinnig en suksesvol af te handel. Net soos met die Geheime Diens se eweknie aan Britse kant, was 'n tekort aan personeel deurentyd 'n probleem.

Die Krugerregering het vermoed dat die Britse regering selfs op die hoogste vlak by die komplot betrokke was. Kruger wou dus die maksimum politieke en diplomaticke voordeel uit die situasie probeer trek. Verder het die pers, veral koerante soos The

Star en De Volksstem, met voorbladopskrifte dekking verleen aan die inval, die

oorgawe, die uitlewering van Jameson aan die Britse regering en die verhoor van die

Reform Committee-lede. De Volksstem het in sy inleidingsartikels van Januarie tot

Junie 1896 die inval veroordeel en die feit gestel dat Rhodes en Chamberlain, die Britse Koloniale Sekretaris, aandadig was. Daarenteen het The Star veral die Uitlanders en die Britse pers se siening weerspieel. Teen hierdie agtergrond het die Speur- en Geheime Diens ingespring en feite begin versamel. Reeds op die 30 Desember 1895 is 'n tjek van £100 aan die Kommandant van Polisie in Johannesburg uitgemaak vir:

(W)erkzaamheden in verband met onlusten te Johbg en het opsporen van

29

ingesmokkelde kanonnen.

27 Ibid., p. 300.

28 A.H. Jeeves, The Consequences of the Raid in J. Carruthers (Red.), The Jameson Raid: A centennial retrospective, p. 162.

110

Die onweerlegbaarheid van 'n gewelddadige opstand het stimulerend op die Speur- en Polisiediens ingewerk. Dieselfde dag is die Geheime Diens ook verder geaktiveer met

30

'n bedrag van £10 wat aan Josef vir sy werksaamhede in verband met die toe nog voorsienbare gewapende onluste betaal is.

Die Britse regering het in Februarie 1896 hulle verslag oor die inval gepubliseer vir voorlegging aan beide huise van die Britse parlement. Die ZAR se amptelike weergawe van die gebeure is eers later in April gepubliseer.33

Die invallers het op 2 Januarie naby Krugersdorp oorgegee waar hulle in hegtenis geneem is. Die hoogverraadsaak het op 27 April 1896 voor regter Gregorowski begin. Nadat die advokate, wat vir die beskuldigdes opgetree het, die dokumentere bewyse wat die Staatsprokureur sou voorle, gesien het, het hulle besef dat hulle saak nie 'n redelike mate van sukses het nie.34 Die Speurdiens en Geheime Diensagente het 'n

wesenlike rol gespeel om die Staatsprokureur van hierdie sterk bewyse te voorsien. Die Kommissaris van Polisie het aan sersant Bracht van die Krugersdorpse polisie opdrag gegee om saam met Taylor (Josef) ondersoek te gaan instel na die invalsroete wat Jameson gevolg het. Hulle moes veral vasstel waar die verskillende "stores" gelee was waar die invalsmag hulle proviand en aanvulling vandaan gekry het. Verder moes hulle alle bewyse en getuienis versamel wat teen die invallers gebruik kon word. Die Kommissaris van Polisie het hulle versoek om al hulle aandag aan die saak te gee en die opdrag so spoedig as moontlik af te handel.35

Reeds op 22 Januarie 1896 het hulle 'n gesamentlike, omvattende verslag, deur beide Bracht en Taylor onderteken, by die kommissaris se kantoor ingegee.36 Bracht en

Taylor het vanaf Krugersdorp te perd op die roete wat Jameson gevolg het, inligting

30 Josef was die kodenaam van G.W. Taylor wat op daardie stadium 'n geheime agent in die ZAR se diens was.

31 SP 903, Geheime diensten, Chequeboek, no. 2. 30.12.1895.

32 C 7933, Britse Blouboek, Correspondence on the subject of the recent disturbances in the South African Republic, 1896.

33 1/96, ZAR Groenboek, Correspondentie van De Zuid-Afrikaansche Republiek met betrekking tot de beroeringen in den aanvang van 1896, 1896.

34 J. v.d. Poel, The Jameson Raid, pp. 166 - 168.

35 SP 892, R 73/96, Skrywe kommissaris - Sersant Bracht en Josef, 13.1.1896. 36 SP 880, Verslag Bracht en Taylor - Kommissaris van Polisie, 22.1.1896.

en bewyse versamel. Daar is met allerlei detail name van betrokkenes gei'dentifiseer en bewyse is gevind vir spesifieke bedrae wat as vergoeding betaal is.

Ten eerste het hulle by die winkel van F.C. Hinds aangedoen waar Jameson vir ongeveer twee ure met sy troepe vertoef het. By die winkel het die invalsmag goedere ter waarde van £150 aangekoop.37 Net voor die voorhoede Hinds se winkel bereik het,

38

het hulle met 'n klompie Boere slaags geraak.

Hierna het die twee speurders die plase Kaalfontein van Alexander Hotz, Vlakfontein van Christoffel Meyer en Doornpoort van Jakobus Malan, die Volksraadslid vir Rustenburg, gei'dentifiseer waar die mag aangedoen het. Wat duidelik uit hulle verslag blyk, is dat dr. H.A. Wolff onder die naam van The Rand Produce & Trading

Syndicate die aanvoorwerk op die roete gedoen het. Jameson het dr. H.A. Wolff,

wat hy in Kimberley leer ken het, gebruik om die verskiUende depots op te rig. Wolff het aan die begin van November met sy taak begin. Die besigheid van die maatskappy, wat hy as dekmantel gebruik het, was om graan en ander plaasprodukte op te koop en dit weer in Johannesburg van die hand te sit.

Die ondersoeke na die inval wat deur die Speur- en Geheime Diens gedoen was, het geweldige koste vir die staat meegebring. Ferguson, die hoof van die Speurpolisie, het 'n verslag by die Kommissaris in hierdie verband ingedien. Daarin bevestig hy dat sy departement rofweg £240 op die saak bestee het. Dit het kostes behels in verband met die arrestering van oproermakers, die opspoor van dokumente, en van verborge vuurwapens, karhuur, regskostes in die saak, die staat vs die Reform Committee, salaris aan speurder J.J. Donovan en voer vir perde. In die verslag is slegs die ongespesifiseerde bedrag van £7 aangedui wat op Geheime Dienste bestee is.41

37 SP 880, Verslag Bracht en Taylor - Kommissaris van Polisie, 22.1.1896, p. 1.

38 W.J. du Plooy, Die militere voorbereidings en verloop van die Jameson - inval 1895 1896, (MA,UP, 1958), p. 102.

39 SP 880, Verslag Bracht en Taylor - Kommissaris van Polisie, 22.1.1896, pp. 3-4.

40 W.J. du Plooy, Die militere voorbereidings van die Jameson - inval 1895 1896, (MA, UP, 1958), p. 11.

41 SP 882, A/242/8/96, Verslag Ferguson - Konfidensiele Sekretaris Kommissaris van Polisie, 20.8.1896.

112

Die finansiele state en bewyse het getoon dat die Geheime Diens 'n groter rol in die ondersoeke na die inval gespeel het. Die totale bedrag van £283 is tot einde Maart op die nadraai van die inval uit Geheime Diens-fondse betaal. Dit het ingesluit die salarisse van die geheime agente G.W. Taylor alias Josef, A.H. Evans alias Derfla, J.T. Bain, C.J. Sheppard, J.T. Neumann, W.D. v.d. Berg42 alias Van Der Werf en

P.G.Z. van der Bijl, wat uitsluitlik op die inval gewerk het.43

Hieruit kan afgelei word dat beide die Speur- en Geheime Diens vanuit die Kommissaris van Polisie se kantoor aangewend is in hierdie ondersoek na die Jameson-inval. Alhoewel van die take wat uitgevoer is oorvleuel het, is die Speurafdeling meer ingespan om bewystukke te versamel en vuurwapens op te spoor. Die Geheime Dienslede aan die ander kant was meer aangewend om die wegsteekplekke van die vuurwapens te help identifiseer deur gesprekke met die Jameson-simpatiseerders te voer, verdagtes te identifiseer en die politieke klimaat te monitor. In die geval van Bracht en Taylor, wat ondersoek gaan instel het na Jameson se kommissariaatbeplanning, het 'n gewone speurder en 'n geheime agent dus saamgewerk.

Die vinnige en gereelde verandering van geheime agente en speurders was vanuit 'n operasionele- sowel as 'n teenspioenasie-oogpunt nie noodwendig 'n slegte gebruik nie. Dit het waarskynlik in daardie stadium tot voordeel van die klein groepie agente binne die Geheime Diens gewerk. Hierdie fyn onderskeid, wat tussen die aanwending van die Speur- en Geheime Diens vanuit die Kommissaris se kantoor getref is, is van groot belang. Op die oog af wil dit voorkom asof die verskillende afdelings binne die Staatsprokureur se departement halsoorkop aangewend is. Dit was egter nie die geval nie aangesien die Geheime Diensafdeling deur sy aanwending homself in terme van sy take begin definieer het.

42 Willem Daniel v.d. Berg is op 3.1.1896 as 'n geheime agent voor Kommissaris van Niekerk vir 'n onbepaalde tyd ingesweer.